Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 2/22 bl. 3
  • Die verspreiding van dodelike mikrobes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die verspreiding van dodelike mikrobes
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Moet ek ’n kredietkaart hê?
    Ontwaak!—1999
  • Weerwraak van die mikrobes
    Ontwaak!—1996
  • Peste in die 20ste eeu
    Ontwaak!—1997
  • Nuwe voorsiening om ons te help om ons van bloed te onthou
    Ons Koninkryksbediening—2005
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 2/22 bl. 3

Die verspreiding van dodelike mikrobes

Eloise en haar medepassasiers is ’n Gesondheidswaarskuwingskaart gegee nadat hulle aan boord van die vliegtuig gegaan het vir ’n vlug vanaf Londen na New York. Dit was Mei 1995. Die voorkant van die kaart het gesê:

“AAN die reisiger: Hou hierdie kaart 6 weke in jou beursie of handsak. As jy gedurende hierdie tydperk siek word, moet jy hierdie kaart aan jou geneesheer gee en hom/haar vertel van jou onlangse reis buitekant die Verenigde State.

“Jy was moontlik blootgestel aan ’n oordraagbare siekte voordat jy in die Verenigde State aangekom het, en kennis hiervan kan jou geneesheer help om ’n diagnose te maak.”

Die vlugpersoneel het ook koerante uitgedeel wat ’n vlaag van Ebola beskryf het, ’n virussiekte wat besig was om talle mense in Zaïre dood te maak.

Eloise het van Ebola gelees—’n verskriklike en dodelike siekte. Besmette pasiënte het eers koors, seerkeel en hoofpyn ontwikkel, wat gou deur vomering, maagpyn en diarree gevolg is. Daarna het swaar, onbeheerste bloeding ontstaan, inwendig sowel as uitwendig. In 9 uit 10 gevalle het die dood vinnig gekom.

Maande vantevore was daar berigte oor ander vreemde en dodelike siektes: byvoorbeeld ’n pes in Indië. Elders het mense binne ure gesterf aan wat die media ’n “vleesetende kiem” genoem het.

Eloise het die kaart in haar hand omgedraai. Die keersy het gesê:

“Aan die geneesheer: Die pasiënt wat hierdie kaart aan jou oorhandig, was onlangs in die buiteland en was moontlik blootgestel aan ’n oordraagbare siekte wat nie algemeen in die Verenigde State voorkom nie. As jy ’n vreemde aansteeklike siekte in hierdie geval vermoed (cholera, hemoragiese koors, malaria, geelkoors, ens.), moet jy dit asseblief onmiddellik aanmeld by die Gesondheidsbeampte van jou stad, distrik of staat en ook (per telefoon—tolvry) aan die Kwarantynafdeling, Sentrums vir Siektebeheer, Atlanta, Georgia . . . ”

Die kaart het toenemende internasionale besorgdheid weerspieël oor die verspreiding van dodelike mikrobes—parasiete, bakterieë en virusse—wat soos ’n veldbrand na ander plekke kan versprei nadat dit ’n epidemie op een plek op die aarde laat ontstaan het. In teenstelling met Eloise en haar medepassasiers dra mikrobes nie paspoorte nie en ook laat hulle hulle nie deur nasionale grense keer nie. Binne-in ’n besmette persoon reis hulle ongelooflik maklik sonder om opgemerk te word.

Terwyl sy die Gesondheidswaarskuwingskaart versigtig in haar handsak gesit het, het Eloise gewonder: ‘Waar kom al hierdie dodelike siektes vandaan? Waarom lyk dit asof die hedendaagse mediese wetenskap hulle nie kan bekamp nie?’ Miskien het jy ook al hieroor gewonder.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel