Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 12/22 bl. 24
  • Gebede om vrede en herinneringe aan oorlog

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebede om vrede en herinneringe aan oorlog
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Sal die Kerk se dade met die pous se woorde strook?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Die Katolieke Kerk in Afrika
    Ontwaak!—1994
  • Godsdiens kies kant
    Ontwaak!—1994
  • Die Pous se besoek aan die VN—Wat is daardeur bereik?
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 12/22 bl. 24

Gebede om vrede en herinneringe aan oorlog

IN November 1994 was pous Johannes-Paulus II die gasheer vir ’n interkerklike vergadering in die Vatikaan. Die geleentheid is gekenmerk deur gebede om wêreldvrede. “Wat die konflikte van die verlede en selfs die hede ook al is”, het die Pous in sy openingsrede gesê, “dit is ons gemeenskaplike taak en plig om die verhouding tussen godsdiens en vrede beter bekend te maak.”

Die ironie is dat die godsdienste van hierdie wêreld ’n slegte reputasie in hierdie verband het. William Vendley, die sekretaris-generaal van die konferensie, het erken dat “godsdienste baie betrokke is by konflikte in verskeie wêrelddele”. Dink aan die slagtings in Rwanda, ’n oorwegend Rooms-Katolieke land.

In Mei 1994 het pous Johannes-Paulus II erken dat die Rwandese tragedie “’n regte en ware rassemoord [was] waarvoor selfs Katolieke ongelukkig verantwoordelik is”. Het Katolieke deelname ’n uitwerking gehad op mense se geloof in die kerk? “Die slagtings het mense se geloof geskok”, het André Bouillot, ’n Belgiese Jesuïet, gesê. En heel tereg ook.

Volgens ’n Reuters-verslag in die Herald van Miami “is priesters, pastore en nonne onder die 40 000 Hutu-gevangenes wat verhoorafwagtend is vir dade van rassemoord”. The New York Times het berig: “Baie Rwandese sê dat hulle biskoppe en aartsbiskoppe die slagtings nie vinnig of sterk genoeg veroordeel het nie, en dat hulle te betrokke was by die Habyarimana-regering, wat gehelp het om die moordbendes op te lei. Ten minste een priester is reeds deur die nuwe oorwegend Tutsi-regering gearresteer op aanklagte van medepligtigheid aan die slagtings.” Dit is geen wonder nie, voeg die Times by, dat “die nuwe regering sê dit nie wil hê dat die Katolieke Kerk weer soveel mag soos vantevore moet hê nie, en soldate het priesters wat te uitgesproke of te onafhanklik is lastig geval en selfs gedreig om hulle te arresteer”.

Hoe beskou Jehovah God gebede om vrede wat deur bloedskuldige godsdiensyweraars gedoen word? Jesaja 1:15 antwoord: “As julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed.”

Intussen bly Jehovah se ware knegte “geen deel van die wêreld” en sy konflikte. Gedurende die slagtings in Rwanda het Jehovah se Getuies van elke stam toevlug in hulle huise gebied aan bedreigde Getuies van die ander stam, en só hulle eie lewe in gevaar gestel om mekaar te beskerm. Die “groot skare” Getuies, wat wêreldwyd uit alle etniese agtergronde getrek word, bid vir en verkondig God se Koninkryk as die enigste hoop vir ware vrede en veiligheid.—Johannes 17:14; Openbaring 7:9; Matteus 6:9, 10; 24:14.

[Foto-erkenning op bladsy 24]

Luc Delahaye/Sipa Press

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel