Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 11/22 bl. 31
  • Die rotslang—Gemaak om te klim

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die rotslang—Gemaak om te klim
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Die vel van ’n slang
    Ontwaak!—2014
  • Die koperslang
    My boek met Bybelverhale
  • Slange in aanbidding—In die hede en die verlede
    Ontwaak!—2010
  • Algemene mites oor slange
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 11/22 bl. 31

Die rotslang—Gemaak om te klim

’N BOEK oor slange in Alabama beskryf die rotslang as ’n bedrewe klimmer. Hierdie een wys sy vaardigheid deur die baksteenkant van ’n gebou uit te klim. Hy is blykbaar nog jonk, aangesien hy netjies in die groefies tussen die bakstene inpas. Hy eet graag rotte en muise.

The Audubon Society Encyclopedia of Animal Life verklaar sy spesiale klimvermoë: “Rotslange het swak gekielde maagskubbe. Ten minste een funksie van die kielbeen is om ’n skerp hoek of uitsteeksel te voorsien wat die slang teen boombas kan druk en waardeur hy ’n beter houvas kan kry. Die slang kan teen die stam van ’n groot boom opklim deur sy liggaam tussen die riwwe van die bas in te druk en teen die boom op te beweeg, ten minste gedeeltelik deur middel van die gekielde maagskubbe.”

Sy teenwoordigheid in ’n boom kan hom die teiken maak van ’n swerm blougaaie wat al skreeuend op hom afduik. As hy teen die kant van hierdie gebou opklim, sal hy waarskynlik nie voëls of voëleiers op die spyskaart vind nie, maar hy sal dalk ’n middagslapie op warm bakstene kan geniet.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel