Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 10/8 bl. 3
  • Enkelouergesinne—’n toenemende tendens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Enkelouergesinne—’n toenemende tendens
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Enkelouers, baie uitdagings
    Ontwaak!—2002
  • Hoe moet ek my ouer behandel wat die huis verlaat het?
    Ontwaak!—1990
  • Hoe om ’n suksesvolle enkelouer te wees
    Ontwaak!—1995
  • Enkelouergesinne aan die toeneem
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 10/8 bl. 3

Enkelouergesinne—’n toenemende tendens

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN BRITTANJE

“DAAR is meer eenouergesinne in die VK as in enige ander land in Europa”, berig The Times van Londen. “Enkelouers . . . staan nou in die VK aan die hoof van byna een uit vyf gesinne met kinders onder 18, vergeleke met een uit sewe Deense gesinne en een uit agt in Duitsland en Frankryk.”

Nege uit elke tien enkelouers in Brittanje is vroue. Die tradisionele gesin, of sogenaamde kerngesin, wat uit ’n vader en ’n moeder tesame met hulle kinders bestaan, is blykbaar nou net een van ’n paar “gesinsbegrippe”. Maar waarom is die enkelouergesin nou algemener as voorheen?

Egskeiding en skeiding is bo-aan die lys van oorsake. Brittanje volg hier die tendens in die Verenigde State, waar ongeveer die helfte van alle huwelike op ’n egskeiding uitloop. Mense se verwagtinge met betrekking tot die huwelik het ook verander. Volgens Zelda West-Meads van Relate, ’n organisasie wat huweliksvoorligting gee, “was die man en vrou se rol in die huwelik [20 of 30 jaar gelede] baie duideliker. Die man was die broodwinner; die vrou die versorger.” Maar wat van vandag? “Vandag se huwelike is dalk meer stimulerend en genotvoller, maar dit kan ook moeiliker wees. Vrouens verlang meer van die huwelik as wat hulle moeders en grootmoeders verwag het. Hulle verlang gelykheid, ’n goeie minnaar, ’n goeie vriend, beroepsgeleenthede vir hulleself—en ook kinders.”

Losse geslagsomgang wat oral in die vermaaklikheidswêreld uitgebeeld word, veroorsaak dat die tradisionele gesin met minagting bejeën word. Jongmense wat op ’n vroeë ouderdom seksuele ervaringe het, is dikwels nie bewus van die moontlike gevolge nie. Hulle beskou die huwelik as ’n ontbering, ’n inkorting van hulle persoonlike vryheid, ’n onnodige komplikasie in die lewe.

Sommige is enkelouers omdat hulle dit so verkies; ander word dit weens omstandighede. Talle getroude persone wat in ’n enkelouersituasie gedwing word, is ongelukkig oor hulle outonomie. Onder hulle is mense wat gelukkig getroud was, maar hulle huweliksmaat aan die dood afgestaan het.

Aan die ander kant is daar diegene wie se huwelike deur bittere vyandighede gekenmerk was. Dit is vir hulle ’n verligting om hulle kinders alleen groot te maak. Baie van hulle meld die noue verhouding wat hulle met hulle kinders ontwikkel het.

Alhoewel daar baie oorsake is vir die toenemende tendens tot enkelouergesinne, het enkelouers besondere bekommernisse wat die verantwoordelikhede en uitdagings van die alledaagse lewe betref. Wat is hierdie bekommernisse? En hoe kan enkelouers hulle verantwoordelikhede met welslae dra?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel