Wie heers werklik oor die wêreld?
Daardie boeiende vraag is die titel van ’n traktaat wat deur Jehovah se Getuies versprei word. Verlede jaar het ’n vrou van Mississippi, VSA, geskryf: “Toe ’n jongman my daardie vraag gevra het, kon ek nie besluit wat om te antwoord nie.” Sy het gesê: “Dit het vir my gelyk of die wêreld nouliks bestuur word op ’n wyse wat God sou goedkeur.”
Toe het sy bygevoeg: “Die tekste wat in die traktaat aangegee word, het vir my gewys dat ek voorheen nie ten volle verstaan het wat die Bybel omtrent die saak sê nie. Een van ons Kersliedere, ‘Joy to the World’, sê dat God oor die wêreld heers, maar dit is in der waarheid misleidend.”
Die vrou het afgesluit: “Ek skryf nie gewoonlik so ’n brief nie, maar ek het gemeen dat julle verseker moet word dat julle werk ten minste in hierdie geval waardeer word.”
Jehovah se Getuies vestig mense se aandag op wat die Bybel sê oor belangrike onderwerpe wat ons lewe raak. As jy graag ’n eksemplaar van die bogenoemde traktaat wil ontvang, of as jy ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.