Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 8/8 bl. 7
  • Die Skepper kry die eer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Skepper kry die eer
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Boek wat mense help
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Moderne ongeloof—Moet die soeke voortgesit word?
    Die mensdom se soeke na God
  • Wetenskap, godsdiens en die soeke na waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Wat kan jy van die Skepper uit ’n boek leer?
    Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 8/8 bl. 7

Die Skepper kry die eer

“BLOMME is daar om mooi te lyk en vrugte om gebruik te word. Maar baie van die vrugte is mooi. Ons hemelse Vader hou daarvan as bruikbare dinge ook mooi is.” Hierdie aanhaling kom nie uit ’n godsdienshandboek nie. Dit kom uit ’n wetenskapboek met die titel The Child’s Book of Nature. Dit is in 1887 geskryf en die skrywer, Worthington Hooker, M.D., wou hê dat die boek in gesinne en skole vir die onderrigting van kinders gebruik word.

Die skryfstyl in hierdie boek gee blyk van die skrywer se geloof in en ontsag vir die Skepper. Dr. Hooker skryf voorts: “Die verskeidenheid van aangename smake in die vrugte van die aarde is baie groot, soos jy sal sien as jy probeer dink aan soveel as wat jy kan. Wat ’n bewys is dit tog van God se oorvloedige goedheid! Hy bevredig ons nie net met ’n paar dinge nie, maar met baie. Die aangename dinge van hierdie wêreld is feitlik oneindig in hulle verskeidenheid. Hoe vreemd is dit tog dat enigiemand hiervan bewus kan wees en dag vir dag sonder enige dankbaarheid teenoor sy Maker kan voortleef!”

Toe The Child’s Book of Nature vir die eerste keer uitgegee is, was Darwin se teorieë al amper drie dekades lank algemeen bekend. Dr. Hooker se boek het egter getoon dat ’n handboek selfs laat in die 19de eeu die eer vir die natuurwonders openlik aan God kon gee, eerder as aan blinde toeval.—Vergelyk Jesaja 40:26.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel