Die onderwyser het dit geniet
“ONS het verlede jaar in my standerd agt- Engelse klas ’n paar dae lank die groot verskeidenheid godsdienste in die wêreld bestudeer”, het ’n jong persoon van Michigan, VSA, geskryf. Die seun het ’n eksemplaar van die boek Die mensdom se soeke na God skool toe geneem. Hy het verduidelik:
“Ek het veral gedink dat my onderwyser dit persoonlik interessant sou vind. Ek was bly om te sien dat hy die boek gelees het terwyl die leerlinge hulle werk doen. Julle kan julle egter voorstel hoe verbaas ek was toe my onderwyser, voor die periode om was, die klas onderbreek het en die hele eerste hoofstuk hardop vir ons gelees het. Hy het ons selfs aantekeninge daarvan laat maak.
“’n Paar dae later het hy die boek weer tydens sy les gebruik en die leerlinge nog ’n opdrag gegee en gesê dat hulle die boek Die mensdom se soeke na God as grondslag kon gebruik. Die boek is gedurende die hele periode gebruik.”
As jy graag ’n eksemplaar van Die mensdom se soeke na God of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.