Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 5/22 bl. 31
  • Die natuur se trane

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die natuur se trane
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Is jou bediening soos die dou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Jehovah se “doudruppels” onder baie volke
    Sing lofliedere voor Jehovah
  • Is jy verkwikkend vir ander?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Die seën van eenheid onder broers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 5/22 bl. 31

Die natuur se trane

DIT is vroeg in die oggend en die lug is koel en stil. Elke blaar en grashalm glinster van die druppeltjies, wat in die eerste daglig skitter. Op ’n manier lyk dit of die groenigheid trane van vreugde gestort het toe dit die sonsopkoms begroet het. Dit is geen wonder dat dou digters—en fotograwe—inspireer nie.

Maar dou doen meer as om net die mens se gees te verkwik. Hierdie atmosferiese verskynsel, wat regoor die planeet behalwe in die poolstreke voorkom, is ’n kombers lewensonderhoudende vog. Jehovah God het die atmosfeer so ontwerp dat dit, wanneer dit gedurende die nag onder sekere toestande afkoel, ’n punt bereik wat as doupunt bekend staan. Dit is die temperatuur waarby die lug sy vog nie langer kan hou nie en dit dan neerlaat op oppervlaktes wat koeler as die omringende lug is. Deur die blare absorbeer dors plante hulle eie gewig in doudruppels, en baie daarvan word deur die wortels in die grond vir berging afgegee.

In Bybellande, waar daar ’n lang droë seisoen is, is dou soms so te sê die enigste bron van water vir plante. Daarom word dou in die Bybel dikwels met die produk van die oes geassosieer—en die gebrek aan dou met hongersnood.

Dou kan ook ’n persoonliker betekenis hê. Moses het in sy afskeidslied aan God se volk geskryf: “Laat my leer drup soos die reën, my woord vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante” (Deuteronomium 32:2). Moses het woorde gespreek wat lewegewend soos dou was. Aangesien hy die sagmoedigste mens was, was hy sonder twyfel ook in sy spraak gewoonlik vriendelik en bedagsaam (Numeri 12:3). Soos dou of sagte reën het sy woorde gevoed sonder om skade te doen.

Die volgende keer as jy jou verwonder oor die delikate skoonheid van die oggenddou—die natuur se eie trane—sal jy dalk die ontsagwekkende wysheid van die Skepper van die dou wil bepeins.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel