“Die skade van die verlede word uitgewis”
“Ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.” Dit was waar toe hierdie woorde byna 2000 jaar gelede geskryf is, en dit is ook vandag waar. Maar kan die skade van die verlede, met al sy menselyding, uitgewis word?—Romeine 8:22.
DIE volkleurbrosjure met 32 bladsye Gee God werklik vir ons om? bespreek hierdie einste onderwerp. Dit sê: “God sal vergoed vir die lyding wat ons moontlik in hierdie wêreld moes verduur.” “God sal . . . met groot ootmoedigheid vergoed vir die slegte verlede wat ons moes deurmaak, en hy gaan dit op ’n manier doen wat ons stoutste verwagtinge sal oortref.”
Die publikasie bespreek oortuigende bewyse dat ’n blink toekoms op ons wag. Nadat ’n 20-jarige Kanadese vrou hierdie brosjure gelees het, het sy geskryf: “Ek kan nie die woorde vind om te sê hoeveel hierdie publikasie my hart geraak het nie! Dit is werklik ’n kosbare juweel. Dit herinner ons aan die wonderlike hoop wat God vir ons in die vooruitsig stel. Ek dink dat die deel ‘Die skade van die verlede word uitgewis’ liefdevol geskryf is. Dankie dat julle ons daaraan herinner hoe lief Jehovah ons het.”
As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar van hierdie brosjure kan ontvang of wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om hierdie onderwerp met jou te bespreek, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.