Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 10/8 bl. 32
  • ’n Skat in die rommel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Skat in die rommel
  • Ontwaak!—1994
Ontwaak!—1994
g94 10/8 bl. 32

’n Skat in die rommel

Dit is hoe ’n persoon in Hongarye gevoel het oor iets wat hy in die rommel opgetel het. Hy het aan Jehovah se Getuies geskryf en verduidelik:

“Ek wil graag ’n versoek aan julle organisasie rig. Ek wil graag Die Wagtoring—Kondig Jehovah se Koninkryk aan en die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe by julle bestel.

“Laat ek die rede vir my versoek verduidelik. In ons stad werk ek met ’n vuilgoedwa waar ek die tydskrif gevind het. Ek het dit skoongemaak en saam met my huis toe geneem. By die huis het ek dit saam met my gesin gestudeer. Ons wil graag die bietjie kennis wat ons het, vermeerder. Daarom vra ons julle begrip en hulp.”

Jehovah se Getuies voldoen graag aan sulke versoeke om Bybellektuur en om mense die Bybel beter te help verstaan. As jy dus inligting wil hê oor hoe jy Die Wagtoring kan ontvang of as jy graag wil hê dat iemand jou by jou huis moet besoek en die Bybelse hoop met jou moet bespreek, soos dit in die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe aangebied word, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel