Die oplossing vir rasseprobleme
’n Man van Oklahoma, VSA, het onlangs ’n eksemplaar van die Ontwaak! ontvang wat gehandel het oor die onderwerp “Sal alle rasse ooit verenig wees?” In sy brief wat aan “Geagte Wagtoring-uitgewers” gerig was, het hy geskryf:
“Ek het nou net die geleentheid gehad om die Ontwaak! van 22 Augustus 1993 te lees wat die probleem van rasseverhoudinge bespreek. Ek was verbaas oor en beïndruk deur julle redelike, insiggewende begrip van hierdie komplekse probleem.
“Ek het onlangs ’n kollegekursus in Amerikaanse geskiedenis voltooi. Maar in slegs 9 bladsye van julle tydskrif het julle ’n beknopte geskiedenis, verduideliking EN OPLOSSING van hierdie subtiele probleem gegee wat ’n hele semester van kollegehandboeke en -lesings oortref. Die artikels was so gebalanseerd dat dit onmoontlik is om die ras van die skrywers te bepaal.
“Namate die wêreld op etniese gebied al hoe meer verdeeld raak, moet almal hierdie soort inligting ontvang, soveel as wat julle kan publiseer. Dankie dat julle die moed het om die waarheid en nugter beskouings bekend te maak.”
As jy meer inligting verlang oor hoe jy ’n eksemplaar van die Ontwaak! kan ontvang, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.