Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 6/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 6/22 bl. 30

Van ons lesers

Kommunikasie Dankie vir die wonderlike artikels “Kommunikasie in die huwelik” (22 Januarie 1994). Ek is al 26 jaar getroud. ’n Paar jaar gelede was my huwelik onder groot druk en was ons op die randjie van ’n krisis. Ons probleem was ’n gebrek aan kommunikasie. Ek het die Wagtoringgenootskap se publikasies bestudeer en probeer toepas wat ek gelees het. My man het ook die Bybel begin studeer. Maar hierdie artikels het my meer gegee om aan te werk. Hierdie artikels help my om onderskeidingsvermoë te ontwikkel en het my beweeg om die voorstelle toe te pas.

Y. K., Japan

Jongmense vra Die artikel “Jongmense vra . . . Wat van ’n bietjie uithang?” (22 Junie 1993) het my werklik die regte leiding gegee. Ek woon in ’n omgewing waar dit baie algemeen is om uit te hang. Ek is oortuig daarvan dat baie jongmense soos ek by hierdie artikel baat sal vind.

T. S., Nigerië

Die artikel “Waarom is my ouers so buierig?” (8 November 1993) was vir my van spesiale belang omdat my pa vir my kwaad word oor dinge wat my broer doen. Soms gaan ek saam met my pa werk toe, en nou besef ek hoeveel druk hy ondervind.

A. K., Verenigde State

Baie dankie vir die artikels “Ontwikkel ek normaal?” en “Waarom ontwikkel ek so vinnig?” (22 September en 8 Oktober 1993). Ek is 11 jaar oud en party mense sê dat ek te klein vir my ouderdom is. Die artikels was regtig wonderlik.

J. R. P., Duitsland

Ek is 11 jaar oud en word dikwels oor my lengte gespot. Dankie dat julle my gehelp het om te sien dat ek nie al een met dié probleem is nie en dat ek wel normaal is. Ek ontwikkel net vinniger as ander. Hierdie artikels het my werklik gehelp.

E. Q., Engeland

Ek wens ek het hierdie artikel etlike jare gelede gehad toe een van ons seuns puberteit bereik en baie vinnig tot sy huidige lengte van 2,1 meter gegroei het. Ek kan julle nie vertel hoe dikwels mense se eerste opmerking was, ‘Sjoe, maar jy’s lank!’ of ‘Hoe lyk die weer daarbo?’ pleks van, ‘Hallo, hoe gaan dit?’ Dit het ’n moeilike ouderdom vanselfsprekend selfs moeiliker gemaak. Ons moet jongmense gemaklik laat voel met die liggaam wat hulle ontvang het. Ek het julle artikel baie waardeer.

M. D., Verenigde State

Getroue pa Dankie vir die bemoedigende artikel “My pa se getroue voorbeeld” (22 Desember 1993). My pa het bykans twee jaar gelede getrou gesterf. Sy bene was so geswel dat hy daardie laaste maand glad nie kon loop nie. Maar hy het tot op sy laaste dag met almal gepraat wat hom by sy bed besoek het. Hy het gedurende sy laaste maand byna 20 uur daaraan bestee om vir ander van sy geloof te vertel. Die artikel het my daaraan herinner dat ‘dieselfde dinge in die vorm van lyding in die hele gemeenskap van ons broers in die wêreld veroorsaak word’.—1 Petrus 5:9, NW.

D. P., Verenigde State

Bloedoortappings Ek wil graag my dank uitspreek vir die artikel “Samewerking tussen Jehovah se Getuies en die mediese beroep” (22 November 1993). Dit het Jehovah se besorgdheid vir ons fisiese sowel as ons geestelike welsyn getoon. Byna 13 jaar gelede is daar ’n bloedoortapping op my afgedwing nadat ek geboorte gegee het. Ek besef dus hoe belangrik dit is om Christenmanne te hê wat opgelei is om ons te hulp te kom wanneer dit nodig is. Ek hoop en bid dat ander my ondervinding gespaar sal word.

K. T., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel