Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 5/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Is dit verkeerd om te dagdroom?
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 5/22 bl. 30

Van ons lesers

Toorkuns Noudat ek die artikel “Die Bybelse beskouing . . . Hou die beoefening van toorkuns gevaar in?” (8 September 1993) gelees het, verstaan ek werklik waarom baie soorte toorkuns verkeerd is. Dit het onlangs by ons skool gewild geword om geeste op te roep om die toekoms te voorspel. ‘Kom doen dit saam met ons’, sê die ander kinders vir my, en al het ek geweier, het ek gewonder waarom dit verkeerd is. Ek het ’n antwoord probeer kry, maar ek kon nie een kry wat my tevrede stel nie. Net toe ek ophou soek het, het julle artikel verskyn. Dit het ’n bevredigende antwoord gegee. Dankie dat julle dit gepubliseer het.

M. K., Japan

Tekenprente Ek het gehou van julle artikel “Is gewelddadige TV-tekenprente skadelik?” (8 Desember 1993). Ek het dit regtig geniet omdat so baie kindertjies deur sulke gewelddadige programme beïnvloed word. Ek is 13 jaar oud.

D. L., Verenigde State

’n Verenigde wêreld Ek was diep ontroer deur die artikels “Wat sal die wêreld verenig?” (22 Desember 1993). Ek was hartseer oor die nuus wat ons steeds uit Bosnië en Herzegowina sowel as uit Somalië hoor—hoe mense noodgedwonge met oorlog, hongersnood en die dood te kampe het. Maar hierdie artikels het getoon wat die ware oplossing is en hoe dit te midde van hierdie wêreld se ellende in werklikheid welslae behaal. Ek was in 1989 ’n afgevaardigde by die internasionale byeenkoms van Jehovah se Getuies in Pole en ek besef dat die liefdevolle, verenigde broederskap wat Jehovah se Getuies geniet ’n hedendaagse wonderwerk is.

H. K., Japan

Vroueverminking Ek wil julle graag opreg bedank dat julle die artikel oor vrouebesnydenis (“Miljoene ly—Kan hulle gehelp word?”) in julle nommer van 8 April 1993 gepubliseer het. Vandat ek hierdie artikel gelees het, voel ek innig jammer vir die hulpelose slagoffers van hierdie gebruik. Ouers wat deur misvattings oor die geslagslewe van vroue beïnvloed word, laat hierdie gebruik voortbestaan. Maar dit is nie ’n blyk van liefde om kinders aan hierdie onredelike gebruik te onderwerp wat dikwels ernstige fisiese en sielkundige gevolge het nie.

J. O. K., Nigerië

Ons beskou die wêreld Ek wou net graag skryf om te sê dat julle ’n wonderlike werk doen. Die rubriek “Ons beskou die wêreld” het my al baie gehelp wanneer ek op skool kort nuusberigte moet skryf.

J. W., Verenigde State

Ek is 14 en lees gereeld die Ontwaak!. Ek geniet al die artikels terdeë. Maar een spesifieke gedeelte waarvoor ek julle graag wil bedank, is “Ons beskou die wêreld”. Ek leer soveel verskillende dinge daaruit. Dit bevat altyd die jongste inligting en ek vind dikwels onderwerpe daarin wat ons tans op skool bespreek. Ek waardeer dit ook dat julle nooit julle eie mening oor hierdie sake gee nie. Dit maak dit makliker om met ander oor die inligting te gesels sonder om in ’n argument gewikkel te raak.

T. M., Verenigde State

Dagdromery Ek skryf om julle hartlik te bedank vir die leersame “Jongmense vra . . .”-artikels oor dagdromery (“Is dit verkeerd om te dagdroom?”, 8 Julie 1993, en “Hoe kan ek ophou om so baie te dagdroom?”, 22 Julie 1993). Nadat ek die tweede artikel gelees het, het ek besef dat ek al baie jare lank ’n gewoontedagdromer is. Ek is gedurende my kinderjare mishandel en my ontvlugting (dagdromery) het tydens my volwasse lewe geleidelik in ’n verstandelike tronk verander. Dagdromery het ’n nadelige uitwerking op my werk en ook wanneer ek bestuur. Dit het selfs my huwelik benadeel. Danksy julle artikels het ek my konsentrasie- en denkvermoë met groot selfbeheersing, inspanning en gebed begin verbeter.

L. G., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel