Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 5/8 bl. 32
  • ’n Hedendaagse barmhartige Samaritaan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Hedendaagse barmhartige Samaritaan
  • Ontwaak!—1994
Ontwaak!—1994
g94 5/8 bl. 32

’n Hedendaagse barmhartige Samaritaan

’N VROU in Kanada het ’n motorongeluk gehad. ’n Hedendaagse barmhartige Samaritaan het haar te hulp gekom (Lukas 10:29-37). Sy goedhartigheid het haar beweeg om die volgende aan The Georgetown Independent te skryf:

‘Geagte Redakteur:

‘Ek skryf om twee redes. Eerstens wil ek graag ’n inwoner van Georgetown bedank wat my die afgelope naweek gehelp het nadat ek beheer oor my motor verloor en in ’n sloot beland het.

‘Mnr. John Saunders het daar verbygekom en stilgehou. Hy het met noodhulpbehandeling begin en was baie gerusstellend. Hy het by my gebly totdat die ambulansspan en die polisie oorgeneem het. U gemeenskap is gelukkig om ’n barmhartige Samaritaan soos mnr. Saunders in hulle midde te hê.

‘Mnr. Saunders het my en my man in die hospitaal kom besoek net om te verneem hoe dit met my gaan. Dit het my geskok toe ek uitvind dat mnr. Saunders by die hoofkantoor van Jehovah se Getuies in Georgetown werk. Ek het altyd gedink dat dié mense nie aan die geneeskunde glo nie, en hier het een van hulle noodhulp- mediese opleiding op my toegepas. Dit bring my by die tweede rede waarom ek skryf.

‘Ek wil graag al Jehovah se Getuies om verskoning vra vir die onbeskoftheid waarmee ek hulle behandel het wanneer hulle my besoek het. Ek was altyd onder die indruk dat julle dwepers is. Mnr. Saunders het hierdie aaklige beskouing verkeerd bewys. Julle is almal net doodgewone mense wat probeer doen wat julle glo reg is.

‘Nogmaals dankie, mnr. Saunders, en hou vas aan die geloof. God seën u.

‘T.M., Toronto’

Jehovah se Getuies glo dat ‘jy jou naaste moet liefhê soos jouself’ (Lukas 10:27). Indien jy graag meer oor Jehovah se Getuies te wete wil kom of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel