‘Dis vertroostend om te weet dat iemand omgee’
Dit lyk of sommige mense goed voel, maar hulle voel aaklig. Wat kan help? Besorgdheid en begrip is belangrik. Verlede jaar het so iemand aan die Wagtoringgenootskap in Brooklyn, New York, geskryf:
“Ek het pas die traktaat Vertroosting vir dié wat aan depressie ly gelees. Ek ly aan periodieke depressie wat deur ’n chemiese wanbalans veroorsaak word. Die traktaat is baie vertroostend.
“Dit is vertroostend om te weet dat daar hoop is vir mense wat aan depressie ly en dat daar maniere is om dit die hoof te bied. Dit is ook vertroostend om te weet dat daar iemand is wat vir mense soos ek wat aan depressie ly, omgee en ons verstaan.”
Hoewel hierdie traktaat klein is, bevat dit ’n waardevolle boodskap. As jy ’n eksemplaar daarvan of meer inligting wil hê, skryf asseblief aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.
[Prent op bladsy 32]
Vertroosting vir dié wat aan depressie ly