Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 8/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Wanneer geweld die huis tref
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Wat veroorsaak gesinsgeweld?
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 8/22 bl. 30

Van ons lesers

Westerse armoede In julle nommer van 22 Desember 1992 het ’n nuusbrokkie in “Ons beskou die wêreld” (“Arm kinders in Amerika”) gesê: “In die Verenigde State, een van die welvarendste lande in die wêreld, woon daar ook van die armste kinders.” Dit is misleidend. Daar is arm kinders in baie lande wat die meeste arm kinders in Amerika as ryk sal beskou. Dit is inderdaad ’n tragedie dat baie kinders in Amerika swaar kry. Maar met al die beskikbare hulpmiddele is dit weens hulle ouers se skandelike versuim.

W. H., Verenigde State

Hoewel daar baie gevalle van uitsonderlike armoede in die Verenigde State voorkom, wou ons nie te kenne gee dat die lewenstandaard onder diegene wat in daardie land as arm beskou word oor die algemeen dieselfde is as dié van verarmdes in ander lande nie. Die feit dat wydverspreide armoede van enige soort in so ’n welvarende land voorkom, is ontstellend. Party kinders ly weliswaar weens hulle ouers se versuim. Maar baie ouers het nie die nodige vaardighede om hulle situasie te verbeter of die hulpbronne tot hulle beskikking wat ander geniet nie.—RED.

Gesinsgeweld Ek wil julle hartlik bedank vir die reeks “Sal gesinsgeweld ooit ophou?” (8 Februarie 1993). Ek het die laaste 10 jaar van my huwelik van 22 jaar gesinsgeweld verduur. Sielkundige mishandeling is die ergste. Op ’n listige, maar stelselmatige manier word jou persoonlikheid in so ’n mate misvorm dat jy nie hulp kan vra nie. Ek het die punt bereik waar ek tot selfmoord oorweeg het. Ek het my man eindelik verlaat en woon nou alleen. Maar die artikels in julle tydskrif het my versterk en bemoedig.

B. S., Duitsland

My ma is ’n slagoffer van fisiese mishandeling deur my pa, en ons drie kinders is baie ontsteld daaroor. Elke keer as hy my ma slaan, is dit asof hy ons slaan. Min mense besef wat dit beteken om ’n deel van ’n gesin te wees waar geweld en haat hoogty vier, waar daar nie meer enige begrip of liefde is nie. Dit bemoedig ons om te weet dat iemand ons verstaan.

T. G. D. A., Italië

Dit is baie bemoedigend om te sien dat hierdie kwessie openlik bespreek word. Ek het 14 jaar lank die mishandeling verduur van ’n huweliksmaat wat gesê het hy is ’n Christen. Daar is dikwels vir my gesê dat ek hom nie kwaad moet maak nie. Dit was onmoontlik! Op die ou end moes ek hom verlaat. Dankie vir die artikels; hulle was bemoedigend en kan ander wat nog nooit geslaan, geskop of op gespuug is nie, help om te verstaan waarom ons emosionele letsels het.

L. T., Verenigde State

Die artikels raak die hart van baie vrouens wat al alleen en afgesonderd gevoel het; vrees en skaamte het ons laat swyg. Julle het ons gehelp om te besef dat, in teenstelling met wat ons deur breinspoeling laat glo is, ons dit nie self veroorsaak het nie.

B. A., Verenigde State

Weke het verbygegaan sedert ek my Ontwaak! deur die pos ontvang het. Ek moes baie bid om bloot die omslag van die tydskrif te kon afhaal en dit het dae geduur voordat ek my eindelik kon dwing om dit te lees. Baie dankie dat julle hierdie kwessie bespreek het! Ek was ’n slagoffer van gesinsgeweld. My man het my eenkeer wreedaardig geslaan terwyl ek geslaap het; plastiese chirurgie was nodig om my wangbene te herstel. Met behulp van die polisie en ’n goedhartige Christengesin wat naby ons gewoon het, kon ek van hom af wegkom. Hy is tot etlike maande tronkstraf gevonnis. Ek is nou met ’n goeie Christenman getroud.

P. H., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel