Gee God om?
Waarom laat hy lyding toe?
Sal dit ooit ophou?
Interessante vrae, nie waar nie? Hulle verskyn op die buiteblad van ’n brosjure wat deur Jehovah se Getuies uitgegee word. Het jy dit al gelees? Dit het reeds aan baie vertroosting en hoop gebied. ’n Vrou van Philadelphia, Pennsilvanië, VSA, skryf oor hierdie brosjure:
“Ek het nie gedink dat dit moontlik is om woorde op so ’n pragtige en hartroerende manier saam te stel nie. Dis asof ek in ’n donker kamer was en iemand skielik ’n lig aangeskakel het; ek het besef: ‘God gee om!’
“Ek was altyd wetenskaplik georiënteerd. Toesprake, artikels of rolprente met ’n wetenskaplike strekking het my dus altyd bemoedig wanneer ek mismoedig geraak het. Hierdie brosjure het my egter nie net bemoedig nie, maar ek was ook op ’n sagte, liefdevolle manier daardeur geraak.
“Die eerste ding wat jou aandag trek, is die buiteblad. Dis treffend omdat dit werklike mense is. Elkeen se gesig toon dat hy bekommerd is oor die vraag wat in vet, swart letters gedruk is: ‘Gee God werklik vir ons om?’ Hierdie mense se gesigsuitdrukking weerspieël hoe mense deesdae voel.
“Die materiaal is baie maklik om te verstaan. Dis eenvoudig, saaklik en het sin. Dis redelik. Dis so aangenaam en maklik om te lees dat jy net nie kan ophou as jy eers begin het nie.”
As jy graag meer inligting wil hê, skryf gerus aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.
[Prent op bladsy 32]
GEE GOD WERKLIK VIR ONS OM?
Indien wel, waarom laat hy lyding toe?
Sal dit ooit ophou?