’n Monnik leer die waarheid
In Djiboeti, Afrika, het ’n Katolieke monnik genaamd Louis Pernot die boek Jou Jeug—Hoe om dit ten beste te benut by een van Jehovah se Getuies gekry. Louis, wat hoof van ’n Katolieke skool was, het dikwels gewonder waarom sy godsdiens nie duidelike inligting voorsien om jongmense met hulle probleme te help nie.
Daardie selfde aand het Louis die Jeug-boek begin lees. Trouens, hy was so verdiep daarin dat hy dit nie kon neersit nie. Hy het gevoel dat die ware godsdiens betroubare leiding aan mense moet gee sonder om die leringe van die Bybel prys te gee, en nou het hy so ’n boek gevind!
Die volgende dag het Louis aan die Getuie wat hom die boek gegee het, gesê dat hy die waarheid gevind het. Dieselfde week nog het hy, nie net as monnik nie, maar ook as Katoliek bedank. Hy het een van Jehovah se Getuies geword en die Bybelwaarhede wat hy geleer het aan ander begin leer.
Jehovah se Getuies is ’n internasionale organisasie van meer as viermiljoen Bybelstudente wat hulle daarop toelê om mense te help om meer omtrent God se voornemens te leer. As jy graag meer inligting of ’n gratis tuisbybelstudie met een van Jehovah se Getuies wil hê, skryf gerus aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.