Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 5/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 5/8 bl. 30

Van ons lesers

Die grootmaak van kinders As ’n laerskoolonderwyser het ek die artikels oor “Jou kinders—Doen wat die beste vir hulle is” (22 September 1992) baie waardeer. Een van die grootste uitdagings wat onderwysers vandag die hoof moet bied, is om met kinders te werk wie se ouers eenvoudig té besig is om werklik in hulle belang te stel. Tydens ’n onlangse jaarlikse Oueraand by ons skool het ek met die ouers oor ’n paar van die waarnemings gepraat wat in hierdie nommer verskyn het. Die ouers het ons bespreking insiggewend en gedagteprikkelend gevind.

M. P., Verenigde State

Julle het die kol getref! Dit was eenvoudig die beste artikels wat ek nog gelees het. Julle het nie net op slegte voorbeelde gewys nie, maar julle het ook getoon hoe dit reggestel kan word.

M. R., Duitsland

Die artikels was goed, maar ek moet beswaar maak teen julle eksplisiete verwysing na kindermolestering. Dit was vir my ’n skok.

F. M., Kanada

Dit is inderdaad skokkend om te lees hoe volwassenes onskuldige, weerlose kinders molesteer. En hoewel ons besef dat party lesers dit dalk onsmaaklik vind om hiervan te lees, moet ouers ingelig word oor die werklike gevare waarmee kinders vandag te kampe het. (Vergelyk 2 Korinthiërs 2:10, 11.) Ons het dus verplig gevoel om spesifiek te wees in hierdie saak en dit so smaakvol moontlik te doen.—RED.

Skooldanse Ek het die artikel “Jongmense vra . . . Moet ek skooldanse bywoon?” (8 Maart 1993) insiggewend en nuttig gevind. Maar het julle Christene aangemoedig om groot formele gesellighede te hou?

N. P., Verenigde State

Die artikel het nie aangemoedig dat groot sosiale geleenthede gereël word nie. Ons het slegs toegegee dat dit ’n betekenisvolle gebeurtenis is wanneer iemand matrikuleer. Party jong Christene en hulle ouers verkies dus dalk om die vreugde van hierdie geleentheid met ander te deel. Ons het aangemoedig dat enige sosiale bedrywighede in hierdie verband ‘matig, nie te groot nie en goed georganiseerd’ moet wees. Sien “Die Wagtoring” van 15 Augustus 1992.—RED.

Olyfolie Dankie vir die goeie artikel “Veeldoelige olyfolie” in die nommer van 8 Oktober 1992. Ek werk as ’n dieetkundige in ’n hospitaal, en ek gee mense raad oor diëte wat ’n lae vet- en cholesterolinhoud bevat. Hierdie artikel was baie akkuraat en was nuttig in my onderrigting.

D. S., Verenigde State

Vloektaal My dogter, wat amper 15 is, het ná skool huis toe gekom en vir my gesê dat sy met ’n probleem te kampe het omdat die meeste kinders in haar skool gereeld vloektaal gebruik. Sy wou weet wat nou eintlik daarmee verkeerd is om vloekwoorde in alledaagse gesprekke te gebruik. Ons het probeer verduidelik, maar het gevoel dat ons dit nie goed genoeg gedoen het nie. Groot was my verbasing daardie aand toe ek die Ontwaak! van 8 Desember 1992 neem en die artikel “Die Bybelse beskouing—Waarom Christene vloektaal moet vermy” sien. Ek het dit dadelik na my dogter se kamer geneem en dit saam met haar gelees. Sy kan iemand wat haar vra hoekom sy nie vloek nie nou met vertroue antwoord.

P. P., Engeland

Nuwe wêreld Die artikels “’n Nuwe wêreld wat almal tevrede stel” (22 Oktober 1992) was een van die beste in onlangse jare oor hierdie onderwerp. Die aangehaalde tekste en die pragtige prente het ’n gevoel van innige waardering in my laat ontstaan. Ek is oortuig dat dit baie lesers se harte sal raak.

I. Z., Italië

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel