Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 1/22 bl. 32
  • “Die beste algemene tydskrif ter wêreld”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Die beste algemene tydskrif ter wêreld”
  • Ontwaak!—1993
Ontwaak!—1993
g93 1/22 bl. 32

“Die beste algemene tydskrif ter wêreld”

DÍT is hoe ’n brief aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Nigerië die Ontwaak! verlede jaar beskryf het. Die skrywer het verduidelik:

“Ek werk met die tydskrif Eko, ’n plaaslike uitgawe van Newswatch, Nigerië se gewildste internasionale tydskrif. Hoewel ek nie ’n Getuie is nie, teken ek sedert 1985 op die Ontwaak! in. Terwyl ons die ander dag besig was met Eko se volgende nommer het ek die Ontwaak! wat ek op daardie tydstip gelees het [22 April 1991] op die tafel neergesit om na ’n takie om te sien.

“Een van my kollegas het dit opgetel om dit gou deur te blaai, maar sy het die tyd geneem om die hele reeks artikels oor egskeiding te lees. Iemand anders het die tydskrif by haar gekry, en nog iemand, en nog iemand. Een van hulle, ’n belydende Ortodokse Christen, het vir my gesê dat sy die Ontwaak! nog altyd geïgnoreer het en nooit gedink het dat julle ‘sulke interessante, verbasend opvoedkundige [glans]artikels’ kon publiseer nie, en sy het my dadelik gevra hoe sy kon inteken. ’n Ander werksmaat het my gevra of hy my tydskrifte kon kry wanneer ek hulle ontvang het.

“Ek wil werklik nie ’n Getuie word nie, maar ek was nog nooit spyt oor my besluit om op die Ontwaak! in te teken nie. Dankie, en veels geluk met die beste algemene tydskrif ter wêreld.”

Jehovah se Getuies is ’n internasionale organisasie van meer as viermiljoen Bybelstudente wat hulle daarop toelê om mense te help om meer omtrent God se voornemens te leer.

Indien jy meer inligting of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel