Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 3/22 bl. 32
  • ’n Spesiale geleentheid—Sal jy kom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Spesiale geleentheid—Sal jy kom?
  • Ontwaak!—1992
Ontwaak!—1992
g92 3/22 bl. 32

’n Spesiale geleentheid—Sal jy kom?

AS VERDRUKTE slawe in Egipte meer as 3500 jaar gelede het die Israeliete baie dringend verlossing nodig gehad. Maar Farao het geweier om sy slawe te laat gaan. Daarom het Jehovah God die Israeliete ’n lam laat slag en die bloed daarvan op die deurposte en bo-drumpels van hulle huise laat sprinkel. Daardie selfde nag het Sy engel by die huise met bloed aan die deurposte verbygegaan maar die eersgebore seuns in die huise van al die Egiptenaars gedood. As gevolg daarvan het Farao die Israeliete vrygelaat. Sedertdien vier die Jode hierdie gebeurtenis op die gedenkdag toe die engel by die Israeliete se huise verbygegaan het.

Later het Jesus Christus op die aardse toneel verskyn. Eendag het Johannes die Doper, deur wie Jesus gedoop is, na hom gewys en gesê: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Johannes 1:29). Soos die bloed van die Pasgalam verlossing vir die Israelitiese eersgeborenes beteken het, kan die vergote bloed van Christus ons van sonde en die dood verlos.

Jesus het ’n maaltyd ingestel om sy offerdood te herdenk. Hy het vir sy getroue apostels brood gegee en gesê: “Neem, eet. Dit beteken my liggaam.” Toe het hy vir hulle ’n beker wyn gegee en gesê: “Drink almal hieruit; want dit beteken my ‘bloed van die verbond’, wat ten behoewe van baie uitgestort sal word tot vergifnis van sondes.” Jesus het ook gesê: “Doen dit tot my gedagtenis” (Mattheüs 26:26-28, NW; Lukas 22:19, 20). Jesus wou dus gehad het dat dit ’n jaarlikse herdenking van sy dood moes wees.

Jehovah se Getuies nooi jou hartlik uit om saam met hulle hierdie Gedenkmaal te vier. Jy kan dit bywoon by die Koninkryksaal wat die naaste aan jou huis is. Vind by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit wat die presiese tyd en plek is. Die datum van die viering in 1992 is Vrydag, 17 April.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel