Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 2/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
  • Estrogeenvervangingsterapie—Is dit vir jou?
    Ontwaak!—1991
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 2/22 bl. 30

Van ons lesers

Hulp vir die sterwendes Dankie vir die reeks artikels oor “Hulp vir die sterwendes” (22 Oktober 1991). Dit het presies op die regte tyd opgedaag. Ek is ’n verpleegster, en ek kom elke dag in aanraking met terminale pasiënte. As ’n Christin het ek al baie daaroor gewonder of dit nodig is om die dood op elke moontlike manier te beveg. Die artikels het my gehelp om God se beskouing van die saak te verstaan.

C. C., Italië

My ma het kanker. Toe die dokter vir my sê: ‘Dit is te laat om haar nou te help’, het ek ineengestort en selfmoord oorweeg! Maar een van Jehovah se Getuies het my aangemoedig om my studie van die Bybel te hervat. Ek het ook ’n eksemplaar van die artikels oor “Hulp vir die sterwendes” gekry. Nou verstaan ek waarlik die teks wat toon dat dit nie is dat “ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het” (1 Johannes 4:10). Ek sal nou hard probeer om een van Jehovah se knegte te word.

S. M., Japan

Rommel ’n Duisend dankies vir julle pragtige artikel “Wanneer rommel hand-uit ruk” (8 Augustus 1991). Gedurende my 12 jaar van getroude lewe het ek met propvol kaste gesukkel waarin ek nooit enigiets kon vind nie! (Ek het allerhande redes gehad om aan dinge vas te klou.) Nadat ek julle artikel gelees het, kon ek ’n hele paar vullissakke met onnodige dinge volmaak. My reggepakte kaste het soos selde voorheen vir my geglimlag. Ek sal die artikel in my kas plak waar ek dit kan sien om te voorkom dat dit ooit weer so deurmekaar raak!

L. W., Nederland

Ek, my ma en my suster het ’n weg-met-rommel-veldtog aangepak. Ons het ons klerekaste reggepak en ’n klomp klere weggegee. My innige waardering vir die artikel.

Z. M., Jamaika

Aanneming Dankie vir die artikel “Die Bybelse beskouing . . . Aanneming—Is dit ’n vereiste vir Christene?” (8 Augustus 1991). Ek het die Skrif maar onlangs begin bestudeer, maar ek het steeds vrae gehad oor die doop. Ek het ’n twee maande oue dogtertjie en met behulp van daardie artikel kon ek uiteindelik verstaan dat daar geen skriftuurlike ondersteuning is om ’n baba te doop nie.

J. M. S., Brasilië

Bevogtigers Ek wil graag kommentaar lewer op die punt “Probleme met bevogtigers” wat in “Ons beskou die wêreld” verskyn het (22 September 1991). Dit is jammer dat julle nie gesê het dat hierdie siektes slegs deur bevogtigers met filters versprei word nie.

S. G., Duitsland

Filters wat minerale filtreer, verminder wel die gevaar van lugbesoedeling as gevolg van klein mineraledeeltjies soos aluminium, lood of asbes. Nogtans beveel deskundiges aan dat filters gereeld vervang word en dat die masjien self ’n streng, deeglike skoonmaakroetine ondergaan.—RED.

Estrogeenvervanging Dankie vir die artikel “Estrogeenvervangingsterapie—Is dit vir jou?” (22 September 1991). Dit het net betyds gekom. My dokter het toe so pas voorgestel dat ek estrogeen neem. Hoe gelukkig was ek om die volgende dag breedvoerige besonderhede oor hierdie onderwerp te kon lees.

M. R. S., Verenigde State

Ek ondervind die afgelope twee jaar al ernstige warm gloede en ander simptome. My dokter het medisyne voorgeskryf, maar dit het aaklige newe-effekte, soos hoofpyne, gehad. Ek het my eie navorsing probeer doen en uiteindelik besluit om aan julle te skryf en voor te stel dat julle ’n artikel oor hierdie onderwerp skryf. Net ’n week later het ek die Ontwaak! oopgemaak en daar was ’n duidelike en verstaanbare verduideliking van estrogeenvervangingsterapie. Ek is seker dat die artikel baie vroue sal help.

B. S., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel