“Ek het nog nooit sulke organisasie teëgekom nie”
“Ek het verskillende godsdienste en sektes ondersoek”, skryf ’n man uit Mexiko. “Maar ek het nog nooit sulke organisasie teëgekom nie.” Die man het kort tevore die brosjure Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd deurgelees. Hy het verduidelik: “Wat my die meeste beïndruk, is die erns waarmee julle die opdrag uitvoer om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig, van huis tot huis, by die werk, op straat, in busse. Dit is wonderlik om mense te vind wat die uitvoering van God se wil ernstig opneem in hierdie tyd wanneer daar soveel godsdiensskynheiligheid is.”
Vind uit wat Jehovah se Getuies glo en hoe hulle wêreldwyd georganiseer is. As jy graag ’n eksemplaar van die brosjure met 32 bladsye Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd wil ontvang, moet jy asseblief die onderstaande koepon invul en dit pos.
Ek wil graag die brosjure met 32 bladsye Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 5.)