Toe sy oupa dood is
’n Moeder van Virginia Beach, Virginië, VSA, het geskryf: “Verlede maand het ek my vader aan die dood afgestaan. Hy en my jongste seun was baie geheg aan mekaar, ondanks die afstand wat hulle van mekaar geskei het. Toe ek vir hom vertel dat sy oupa gesterf het, het hy hartseer begin huil.
“Ek het gou na die traktaat Watter hoop vir afgestorwe dierbares? gesoek. Toe ek dit vind, het ek dit dadelik vir hom begin lees terwyl sy gesig nog nat van die trane was. Toe ek klaar was, was hy heelwat kalmer. Baie dankie vir hierdie waardevolle inligting, wat baie prakties was tydens so ’n hartseer tyd.”
Jy kan hierdie vertroostende traktaat, asook ander, ontvang deur die bygaande koepon in te vul en te pos.
Ek sal graag die traktaat Watter hoop vir afgestorwe dierbares?, asook ander, wil ontvang. (Skryf buite die RSA aan plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 5.)