Waarom in ander godsdienste belangstel?
Die meeste mense ken net die godsdiens van hulle ouers en dan dikwels net oppervlakkig. Moet jou godsdiens deur jou geboorteplek bepaal word? Of moet jy ’n intelligente keuse maak deur jou godsdiens met ander godsdienste te vergelyk?
In hulle soeke na God het manne en vroue baie rigtings ingeslaan. Daarom is daar so ’n verskeidenheid godsdienste—Hindoeïsme, die Islam, Boeddhisme, Judaïsme, die Sjinto, Taoïsme, die Christelike godsdiens. Weet jy hoe hulle van mekaar verskil? In watter opsigte stem hulle ooreen? Die boek met 384 bladsye Die mensdom se soeke na God sal baie van jou vrae beantwoord. Dit kan jou ook na die ware God toe lei.
Ek wil graag die studieboek met 384 bladsye en kleurillustrasies Die mensdom se soeke na God ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 5.)
[Foto-erkennings op bladsy 32]
Links bo: G. Deichmann, Transglobe Agency, Hamburg
Links onder: Ladislav Janicek, Transglobe Agency, Hamburg
Regs onder: Camerapix