Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 6/22 bl. 23
  • “Ek is sy oë en hy is my voete”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ek is sy oë en hy is my voete”
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • “Ek het soos ’n leeu geveg”
    2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Hy het ’n doel in die lewe gevind
    2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Behep met skoonheid
    Ontwaak!—2004
  • Die waarheid verander lewens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 6/22 bl. 23

“Ek is sy oë en hy is my voete”

JOSÉ Luis Escobar en Artemio Duran dien as ouere manne in ’n Christengemeente van Jehovah se Getuies in Mexiko. José Luis is blind, en Artemio is verlam.

Toe José Luis 16 jaar oud was, het hy baie van boks gehou. Eendag is hy genooi om vir ’n professionele bokser in ’n geveg in te staan. Teen die vierde rondte het die twee mekaar so erg geslaan dat die geveg gestaak is. Hoewel die oorwinning aan José Luis toegeken is, het die slae wat hy ontvang het, veroorsaak dat hy blind geword het.

José Luis het van een dokter na die ander gegaan en ook spiritiste besoek. Maar niemand kon hom help nie. Hy was baie terneergedruk en het verskeie kere probeer selfmoord pleeg. Later het hy met Jehovah se Getuies in aanraking gekom, Bybelwaarhede geleer en eindelik sy lewe aan God toegewy. Hy is in Augustus 1974 gedoop.

Artemio, aan die ander kant, was in 1981 in ’n ernstige motorongeluk betrokke. Dit het gebeur terwyl hy onwettig in die Verenigde State gewoon en gewerk het. Verteenwoordigers van verskillende godsdiensgroepe het hom in die hospitaal besoek en vir hom gesê dat God hom vir sy slegte leefwyse gestraf het. Artemio het ook later met Jehovah se Getuies in aanraking gekom. Hy het die Bybel bestudeer, die nodige veranderinge in sy lewe aangebring en is in Mei 1984 gedoop.

Hierdie twee mans is tans in dieselfde Christengemeente. Hulle vergesel mekaar gereeld in die huis-tot-huisbediening, doen saam herbesoeke by belangstellende persone en besoek saam lede van die gemeente om hulle geestelik op te bou. José Luis stoot die rolstoel terwyl Artemio vir hom sê waarheen om te gaan. Artemio praat van hulle as ’n eenheid: “Ek is sy oë en hy is my voete.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel