Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 4/22 bl. 31
  • Sterf die siel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sterf die siel?
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Het jy ’n onsterflike siel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Die siel volgens die Bybel
    Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?
  • Jou beskouing van die siel raak jou lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Die siel
    Ontwaak!—2015
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 4/22 bl. 31

Sterf die siel?

DAARDIE vraag het moontlik opgekom by ’n persoon wat die tydskrif Time van 30 Julie 1990 gelees het. In sy bespreking van die verhoogde padverkeer in Oos-Duitsland voor die eenwording van die twee Duitslande op 3 Oktober 1990 het die tydskrif in sy artikel “’n Gejaag oor die bulte” berig: “Padsterftes in die Ooste het gedurende die eerste ses maande van 1990 met 60% toegeneem en 1078 siele geëis.”

Dit is duidelik dat die artikel bedoel het dat 1078 mense dood is in motorongelukke; hulle het gesterf. Maar het 1078 siele gesterf? Was die tydskrif Time verkeerd in sy gebruik van die woord “siele” vir mense van vlees en bloed? Wat is die siel werklik?

Deur die geskiedenis heen was daar verskeie opvattings van die siel. Baie ou volke het geglo dat ’n onstoflike siel na die dood voortlewe en dat die dood in werklikheid ’n deurgang tot ’n ander lewe is. Sommige heersers uit die ou tyd het selfs hul slawe laat teregstel wanneer die heersers self gesterf het, omdat hulle geglo het dat hierdie mense se siele kan voortgaan om hulle te dien.

Alhoewel baie mense vandag ook glo dat die siel ’n onstoflike, of geestelike, deel van ’n mens is wat oorleef wanneer die liggaam sterf, leer die Bybel dit nie. Trouens, Numeri 6:6 praat van “enige dooie siel” (NW). Nee, die siel is nie die een of ander onstoflike ding in jou nie. Jy is ’n siel. Die siel kan sterf, soos die tydskrif Time berig het.

The Jewish Encyclopedia (1910) merk op: “Die opvatting dat die siel ná die dood van die liggaam voortbestaan, is ’n saak van filosofiese of teologiese bespiegeling eerder as van eenvoudige geloof, en word dienooreenkomstig nêrens uitdruklik in die Heilige Skrif geleer nie.”—Deel VI, bladsy 564.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel