“Die beste natuurwetenskapboek wat ek nog gelees het”
Dit is ’n voormalige evolusionis se opinie van die boeiende boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Hy skryf:
“As ’n voormalige natuurwetenskapstudent is ek verstom oor die duidelikheid en die krag van hierdie boek. Die ontsagwekkende beskrywings van die heelal, die melkweë en al die ingewikkelde besonderhede wat lewe op die planeet Aarde moontlik maak, het my aangegryp. Ek is verbaas en verheug oor die skat van hartroerende inligting oor dierelewe en die instinktiewe wysheid oral rondom ons. En die beskrywings van die mens se brein en sy ontsaglike prestasies laat my nederig voel.
“Al sou hierdie boek nie ’n persoon help om die kwessie van evolusie versus die skepping op te los nie, dink ek dat dit die beste natuurwetenskapboek is wat ek nog gelees het om waardering vir die lewe en die ingewikkeldhede van lewende dinge op te bou. Dit is wetenskaplik hoogs gesofistikeerd, maar tog op ’n vlak wat enigeen kan waardeer.”
As jy graag hierdie pragtig geïllustreerde boek met 256 bladsye wil ontvang, moet jy asseblief die bygaande koepon invul en pos.
Ek wil graag die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? ontvang. (Skryf buite die RSA aan plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 4.)