Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 7/8 bl. 32
  • ‘Sy ken al die Bybelantwoorde’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Sy ken al die Bybelantwoorde’
  • Ontwaak!—1990
Ontwaak!—1990
g90 7/8 bl. 32

‘Sy ken al die Bybelantwoorde’

’n Tyd gelede het ’n vrou in die staat New York ’n eksemplaar van My boek met Bybelverhale aan ’n oud-klasmaat, wat ’n gesin grootmaak, gestuur. Na ’n rukkie het die vrou ’n brief van haar ontvang waarin sy die volgende omtrent haar dogtertjie Elizabeth geskryf het:

“Sy is eenvoudig versot op die boek—dit is die enigste een waaruit sy wil hê ek in die aand vir haar moet voorlees. Ek lees elke aand vir haar vyf verhale (want sy is vyf), en verlede week het haar Sondagskoolonderwyseres vir my gesê dat sy altyd op Elizabeth kan staatmaak om al die antwoorde op Bybelse vrae te ken. Die skrywer móét dus iemand wees wat werklik weet waarvan kinders hou.”

Die New Yorkse vrou sê aangaande haar vriendin: “Dit was haar eerlike opinie, want sy is baie reguit en sou nie die boek geprys het as sy nie daarvan gehou het nie.”

Ons meen dat jy ook hierdie pragtig geïllustreerde boek wat in groot druk verskyn, sal waardeer. Die 116 Bybelverhale daarin gee die leser ’n idee van waaroor die Bybel handel. Hierdie verhale verskyn in die volgorde waarin die gebeure in die geskiedenis plaasgevind het. Dít sal jou werklik help om vas te stel wanneer gebeure in verhouding tot ander gebeure in die geskiedenis plaasgevind het. Ontvang hierdie waardevolle boek met 256 bladsye deur die koepon in te vul en te pos.

Ek wil graag die hardebandboek My boek met Bybelverhale ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 4.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel