Waarom laat God dit toe?
Slegte nuus is ’n lewensfeit, maar waarom is dit so alledaags? Waarom is daar soveel goddeloosheid? Hoe kan die bestaan daarvan met geloof in ’n liefdevolle God vereenselwig word? Sal goddeloosheid ooit ophou?
Die Bybel verskaf die antwoorde op hierdie en ander belangrike vrae. Die antwoorde raak jou en jou gesin. Jou geluk word geraak. Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe is ’n boek wat hoop gee deur jou aandag op die Bybelantwoorde te vestig.
Die boek se 256 bladsye, dieselfde bladsygrootte as hierdie tydskrif, bevat meer as 150 leersame illustrasies, waarvan die meeste in pragtige kleur is. Bestel nou. Net R7,50.
Stuur asseblief die hardebandboek met 256 bladsye, Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe, posvry aan my. Ek sluit R7,50 in.
[Prent op bladsy 32]
Agtergrondfoto: U.S. National Archives