’N OPENBARING AAN JOHANNES
1 ’n Openbaring* deur Jesus Christus, wat God hom gegee het,+ om vir sy slawe die dinge te wys+ wat binnekort moet plaasvind. En hy het sy engel gestuur en dit deur hom in tekens aan sy slaaf Johannes+ oorgedra. 2 Johannes het getuig van die woord wat God gegee het en van die getuienis wat Jesus Christus gegee het, ja, van alles wat hy gesien het. 3 Gelukkig is die een wat die woorde van hierdie profesie hardop lees en dié wat dit hoor en wat gehoorsaam is aan die dinge wat daarin geskryf is,+ want die vasgestelde tyd is naby.
4 Van Johannes. Aan die sewe gemeentes+ wat in die provinsie Asië is:
Mag julle onverdiende goedheid en vrede hê van “die Een wat is en wat was en wat kom”,+ en van die sewe geeste+ wat voor sy troon is, 5 en van Jesus Christus, “die Getroue Getuie”,+ “die eersgeborene uit die dood”+ en “die Heerser van die konings van die aarde”.+
Aan hom wat ons liefhet+ en wat ons deur middel van sy eie bloed van ons sondes bevry het+ – 6 en hy het ons ’n koninkryk gemaak,+ priesters+ vir sy God en Vader – ja, aan hom behoort die eer en die mag tot in ewigheid. Amen.
7 Kyk! Hy kom met die wolke,+ en elke oog sal hom sien, ook dié wat hom met ’n spies deurboor het. En al die stamme van die aarde sal treur* as gevolg van hom.+ Ja, Amen.
8 “Ek is die Alfa en die Omeʹga,”*+ sê Jehovah* God, “die Een wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.”+
9 Ek, Johannes, is julle broer en iemand wat die koninkryk+ met julle deel en ook moeilike tye deurmaak+ en volhard+ as ’n volgeling van Jesus.+ Ek was op die eiland Patmos omdat ek oor God gepraat en van Jesus getuig het. 10 Deur middel van die heilige gees het ek my bevind in die dag van die Here, en ek het ’n sterk stem agter my gehoor, so hard soos ’n trompet, 11 wat gesê het: “Skryf wat jy sien in ’n boekrol en stuur dit aan die sewe gemeentes: in Efeʹse,+ in Smirna,+ in Perʹgamum,+ in Tiatiʹra,+ in Sardis,+ in Filadelʹfia+ en in Laodiseʹa.”+
12 Ek het omgedraai om te sien wie met my praat, en toe ek omdraai, het ek sewe goue lampstaanders+ gesien, 13 en tussen die lampstaanders iemand soos ’n seun van die mens.+ Hy het ’n kleed gedra wat tot op sy voete hang en het ’n goue band om sy bors gehad. 14 Verder was sy kop en sy hare wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë was soos ’n vuurvlam,+ 15 en sy voete was soos suiwer koper+ wanneer dit in ’n oond gloei, en sy stem was soos die geluid van baie waters. 16 En in sy regterhand het hy sewe sterre+ gehad, en ’n skerp, lang, tweesnydende swaard+ het uit sy mond gekom, en sy gesig was soos die son wanneer dit op sy helderste is.+ 17 Toe ek hom sien, het ek soos ’n dooie mens voor sy voete neergeval.
En hy het sy regterhand op my gesit en gesê: “Moenie bang wees nie. Ek is die Eerste+ en die Laaste,+ 18 en die lewende,+ en ek het doodgegaan,+ maar kyk! ek lewe vir ewig en altyd,+ en ek het die sleutels van die dood en van die Graf.*+ 19 Skryf dan die dinge neer wat jy gesien het, en die dinge wat is en die dinge wat hierna sal plaasvind. 20 Die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het en die sewe goue lampstaanders is ’n heilige geheim, en dít is wat dit beteken: Die sewe sterre beteken die engele van die sewe gemeentes, en die sewe lampstaanders beteken sewe gemeentes.+
2 “Skryf aan die engel+ van die gemeente in Efeʹse:+ Hierdie dinge sê hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, hy wat tussen die sewe goue lampstaanders+ loop: 2 ‘Ek ken jou dade en jou harde werk en jou volharding. Ek weet dat jy slegte mense nie kan verdra nie en dat jy dié getoets het wat sê dat hulle apostels+ is maar eintlik nie is nie, en jy het gevind dat hulle leuenaars is. 3 Jy volhard, en jy het ter wille van my naam+ uitgehou en nie moeg geword nie.+ 4 Maar ek het dít teen jou: Jy het die liefde verloor wat jy eers gehad het.
5 “‘Onthou dan waarvandaan jy geval het en toon berou+ en doen wat jy voorheen gedoen het. Anders sal ek na jou toe kom en jou lampstaander+ van sy plek verwyder, tensy jy berou toon.+ 6 Maar dít tel in jou guns: Jy haat die dade van die sekte van Nikolaʹus,+ en ek haat dit ook. 7 Laat die een wat ore het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê:+ Ek sal die een wat oorwin,+ toelaat om van die boom van die lewe te eet,+ wat in die paradys van God is.’
8 “En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: Hierdie dinge sê hy, ‘die Eerste en die Laaste’,+ wat doodgegaan het en weer lewend geword het:+ 9 ‘Ek weet dat jy swaarkry en arm is, maar jy is ryk.+ Ek weet van die lastering deur dié wat sê dat hulle Jode is en eintlik nie is nie, maar hulle is ’n sinagoge van Satan.+ 10 Moenie bang wees vir die dinge wat jy binnekort gaan ly nie.+ Kyk! Die Duiwel sal aanhou om party van julle in die tronk te gooi sodat julle ten volle getoets kan word, en julle sal tien dae lank ly. Bewys dat jy getrou is, selfs tot die dood toe, en ek sal jou die kroon van die lewe gee.+ 11 Laat die een wat ore het, hoor+ wat die gees vir die gemeentes sê: Die een wat oorwin,+ sal glad nie die tweede dood ondervind nie.’+
12 “Skryf aan die engel van die gemeente in Perʹgamum: Hierdie dinge sê hy wat die skerp, lang, tweesnydende swaard het:+ 13 ‘Ek weet waar jy woon, daar waar die troon van Satan is, en tog hou jy vas aan my naam,+ en jy het jou geloof in my behou,+ selfs in die tyd van Anʹtipas, my getroue getuie+ wat daar by julle doodgemaak is,+ daar waar Satan woon.
14 “‘Maar ek het ’n paar dinge teen jou: Daar is party by jou wat vashou aan die leringe van Biʹleam,+ wat vir Balak+ geleer het om ’n struikelblok voor die Israeliete te lê, om afgodsoffers te eet en om seksuele onsedelikheid* te pleeg.+ 15 Net so is daar ook by jou dié wat vashou aan die leringe van die sekte van Nikolaʹus.+ 16 Toon dan berou. As jy dit nie doen nie, kom ek gou na jou toe, en ek sal met die lang swaard van my mond teen hulle oorlog voer.+
17 “‘Laat die een wat ore het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê:+ Aan die een wat oorwin,+ sal ek van die weggesteekte manna+ gee, en ek sal hom ’n wit klippie gee, en op die klippie is ’n nuwe naam geskryf wat niemand ken nie, behalwe die een wat dit ontvang.’
18 “Skryf aan die engel van die gemeente in Tiatiʹra:+ Hierdie dinge sê die Seun van God, die een wat oë het soos ’n vuurvlam+ en wie se voete soos suiwer koper is:+ 19 ‘Ek ken jou dade en jou liefde en geloof en bediening en volharding en weet dat jou dade in die laaste tyd meer is as dié wat jy vroeër gedoen het.
20 “‘Maar ek het dít teen jou: Jy doen niks omtrent daardie vrou Iseʹbel+ nie. Sy noem haarself ’n profetes, en sy leer en mislei my slawe om seksuele onsedelikheid*+ te pleeg en om afgodsoffers te eet. 21 En ek het haar tyd gegee om berou te toon, maar sy wil nie berou toon oor haar seksuele onsedelikheid* nie. 22 Kyk! Ek staan op die punt om haar siek te maak en om groot swaarkry te bring oor dié wat met haar egbreuk pleeg, tensy hulle berou toon oor wat sy gedoen het. 23 En ek sal haar kinders met dodelike plae doodmaak, sodat al die gemeentes sal weet dat dit ek is wat die diepste gedagtes* en harte deursoek, en ek sal aan elkeen van julle gee volgens wat julle gedoen het.+
24 “‘Ek sê egter vir die res van julle wat in Tiatiʹra is, almal wat nie hierdie lering volg nie, dié wat nie die sogenaamde “diep dinge van Satan”+ leer ken het nie: Ek lê geen ander las op julle nie. 25 Hou net vas aan wat julle het totdat ek kom.+ 26 En aan die een wat oorwin en my dade tot die einde toe navolg, sal ek gesag oor die nasies gee,+ 27 net soos ek gesag van my Vader ontvang het. Hierdie persoon sal met ’n ysterstaf as herder teenoor die mense optree+ en hulle soos kleivoorwerpe in stukke breek. 28 En ek sal hom die môrester+ gee. 29 Laat die een wat ore het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê.’
3 “Skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Hierdie dinge sê hy wat die sewe geeste van God+ en die sewe sterre+ het: ‘Ek ken jou dade, dat jy die reputasie* het dat jy lewend is, maar jy is dood.+ 2 Bly wakker,+ en versterk die oorblywende dinge wat op die punt was om te sterf, want ek het gevind dat jou werke nie ten volle voor my God gedoen is nie. 3 Onthou dan wat jy ontvang het en wat jy gehoor het, en hou aan om dit te bewaar, en toon berou.+ Ja, as jy nie wakker word nie, sal ek soos ’n dief kom,+ en jy sal glad nie weet in watter uur ek op jou sal afkom nie.+
4 “‘Maar jy het ’n paar persone* in Sardis wat nie hulle klere onrein gemaak het nie,+ en hulle sal in wit klere saam met my loop+ omdat hulle dit waardig is. 5 Die een wat oorwin,+ sal dus wit klere dra,+ en ek sal sy naam glad nie uit die boek van die lewe+ uitwis nie, maar ek sal voor my Vader en voor sy engele sê dat ek sy naam ken.+ 6 Laat die een wat ore het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê.’
7 “Skryf aan die engel van die gemeente in Filadelʹfia: Hierdie dinge sê hy wat heilig is,+ wat waar is,+ wat die sleutel van Dawid het,+ wat oopmaak sodat niemand sal sluit nie, en sluit sodat niemand oopmaak nie: 8 ‘Ek ken jou dade – kyk! ek het ’n deur voor jou oopgemaak,+ wat niemand kan sluit nie. En ek weet dat jy ’n bietjie krag het, en jy het my woord bewaar en was getrou aan my naam. 9 Kyk! Daar is dié uit die sinagoge van Satan, wat sê dat hulle Jode is, en tog is hulle nie+ – hulle lieg. Ek sal hulle laat kom en voor jou voete laat neerbuig* en hulle laat weet dat ek jou liefgehad het. 10 Omdat jy die woord oor my volharding bewaar het,*+ sal ek jou ook bewaar in die uur wanneer ek die hele aarde gaan ondersoek+ om dié wat daarop woon, te toets. 11 Ek kom gou.+ Hou vas aan wat jy het, sodat niemand jou kroon wegneem nie.+
12 “‘Ek sal die een wat oorwin, ’n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal beslis nie meer daar uitgaan nie. Ek sal die naam van my God op hom skryf+ en die naam van die stad van my God, die Nuwe Jerusalem,+ wat uit die hemel van my God af neerdaal, en my eie nuwe naam.+ 13 Laat die een wat ore het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê.’
14 “Skryf aan die engel van die gemeente in Laodiseʹa:+ Hierdie dinge sê die Amen,+ die getroue en ware+ getuie,+ die begin van die skepping deur God:+ 15 ‘Ek ken jou dade, dat jy nie koud of warm is nie. Ek wens jy was koud of anders warm. 16 Omdat jy dan nou lou is en nie warm+ of koud+ nie, gaan ek jou uit my mond spoeg. 17 Jy sê: “Ek is ryk+ en het rykdom verkry en het niks nodig nie,” maar jy weet nie dat jy bejammer moet word en dat jy arm en blind en kaal is nie. 18 Daarom raai ek jou aan om by my goud te koop wat deur vuur gesuiwer* is, sodat jy ryk kan word, sowel as wit klere, sodat jy jou kan aantrek en nie skaam hoef te voel omdat ander jou kaal liggaam sien nie,+ en ook oogsalf om in jou oë te smeer,+ sodat jy kan sien.+
19 “‘Almal vir wie ek lief is, wys ek tereg en dissiplineer ek.+ Wees dus ywerig en toon berou.+ 20 Kyk! Ek staan by die deur en klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal ek in sy huis inkom en die aandmaal saam met hom eet, en hy saam met my. 21 Die een wat oorwin,+ sal ek toelaat om saam met my op my troon te sit,+ net soos ek oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.+ 22 Laat die een wat ore het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê.’”
4 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk! ’n oop deur in die hemel, en die eerste stem wat ek gehoor het, was so hard soos ’n trompet en het vir my gesê: “Kom op hierheen, en ek sal vir jou die dinge wys wat moet gebeur.” 2 Daarna het ek onmiddellik onder die krag van die gees gekom, en kyk! ’n troon het in die hemel gestaan, en iemand het op die troon gesit.+ 3 Die voorkoms van die Een wat daarop sit, was soos jaspis+ en sardius,* en reg rondom die troon was ’n reënboog wat soos smarag gelyk het.+
4 Reg rondom die troon was daar 24 trone, en op hierdie trone het ek 24 ouderlinge+ sien sit, wat wit klere aangehad het en goue krone op hulle koppe gehad het. 5 Daar het weerligstrale+ en stemme en donderslae+ van die troon af gekom, en voor die troon het daar sewe vuurlampe gebrand, wat die sewe geeste van God beteken.+ 6 Voor die troon was daar iets wat gelyk het soos ’n see van glas,+ soos kristal.
In die middel van* die troon en rondom die troon was daar vier lewende wesens+ wat aan die voorkant en agterkant vol oë was. 7 Die eerste lewende wese was soos ’n leeu,+ die tweede lewende wese soos ’n jong bul.+ Die derde lewende wese+ het ’n gesig soos dié van ’n mens gehad, en die vierde lewende wese+ was soos ’n vlieënde arend.+ 8 En die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke gehad. Die vlerke was reg rondom en aan die onderkant vol oë.+ En dag en nag sê hulle aanhoudend: “Heilig, heilig, heilig is Jehovah*+ God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom.”+
9 Elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en dank gee aan die Een wat op die troon sit, die Een wat vir ewig en altyd lewe,+ 10 val die 24 ouderlinge+ neer voor die Een wat op die troon sit en aanbid hulle die Een wat vir ewig en altyd lewe. Dan gooi hulle hulle krone voor die troon en sê: 11 “U is waardig, Jehovah* ons God, om die heerlikheid+ en die eer+ en die krag+ te ontvang, want u het alles geskep,+ en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskep.”
5 En in die regterhand van die Een wat op die troon sit,+ het ek ’n boekrol gesien waarop daar aan albei kante* geskryf is, en dit was goed verseël met sewe seëls. 2 En ek het ’n sterk engel gesien wat met ’n harde stem uitroep: “Wie is waardig om die boekrol oop te maak en sy seëls te breek?” 3 Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boekrol oopmaak of dit lees nie. 4 Ek het baie gehuil omdat niemand waardig was om die boekrol oop te maak of dit te lees nie. 5 Maar een van die ouderlinge het vir my gesê: “Hou op huil. Kyk! Die Leeu uit die stam van Juda,+ die wortel+ van Dawid,+ het oorwin,+ en hy kan die boekrol en sy sewe seëls oopmaak.”
6 En ek het in die middel van die troon en van die vier lewende wesens en in die middel van die ouderlinge+ ’n lam+ sien staan wat gelyk het asof hy geslag is,+ met sewe horings en sewe oë, en die oë beteken die sewe geeste van God+ wat oor die hele aarde uitgestuur is. 7 Hy het onmiddellik vorentoe gekom en dit uit die regterhand geneem van die Een wat op die troon sit.+ 8 Toe hy die boekrol neem, het die vier lewende wesens en die 24 ouderlinge+ voor die Lam neergeval, en elkeen van hulle het ’n harp en goue bakke vol reukwerk gehad. (Die reukwerk beteken die gebede van die heiliges.)+ 9 En hulle sing ’n nuwe lied+ en sê: “U is waardig om die boekrol te neem en sy seëls oop te maak, want u is geslag, en met u bloed het u mense uit elke stam en taal en volk en nasie+ vir God gekoop,+ 10 en u het hulle ’n koninkryk+ en priesters vir ons God gemaak,+ en hulle sal as konings oor die aarde regeer.”+
11 En ek het gesien, en ek het ’n stem van baie engele rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge gehoor, en hulle getal was tienduisende maal tienduisende en duisende maal duisende.+ 12 Hulle het met ’n harde stem gesê: “Die Lam wat geslag is,+ is waardig om die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid te ontvang en om geloof te word.”+
13 En ek het elke wese in die hemel en op die aarde en onder die aarde+ en op die see, en alles wat in hulle is, hoor sê: “Mag die Een wat op die troon sit+ en die Lam+ geloof word, en mag hulle vir ewig en altyd die eer+ en die heerlikheid en die mag ontvang.”+ 14 Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” en die ouderlinge het neergeval en aanbid.
6 En ek het gesien toe die Lam+ een van die sewe seëls oopmaak,+ en ek het een van die vier lewende wesens+ met ’n stem so hard soos ’n donderslag hoor sê: “Kom!” 2 En ek het gekyk en ’n wit perd gesien,+ en die een wat daarop sit, het ’n boog gehad, en ’n kroon is vir hom gegee,+ en hy het uitgegaan om te oorwin en om sy oorwinning te voltooi.+
3 Toe hy die tweede seël oopmaak, het ek die tweede lewende wese+ hoor sê: “Kom!” 4 ’n Ander een het verskyn, ’n vuurkleurige perd, en die een wat daarop sit, het gesag ontvang om vrede van die aarde weg te neem sodat hulle mekaar sou doodmaak, en ’n groot swaard is vir hom gegee.+
5 Toe hy die derde seël oopmaak,+ het ek die derde lewende wese+ hoor sê: “Kom!” En ek het gekyk en ’n swart perd gesien, en die een wat daarop sit, het ’n weegskaal in sy hand gehad. 6 Ek het iets tussen die vier lewende wesens gehoor wat soos ’n stem geklink het, en dit het gesê: “’n Liter* koring vir ’n denaʹrius,*+ en drie liter gars vir ’n denaʹrius, en moenie die olyfolie en die wyn beskadig nie.”+
7 Toe hy die vierde seël oopmaak, het ek die stem van die vierde lewende wese+ hoor sê: “Kom!” 8 En ek het gekyk en ’n vaal perd gesien, en die een wat daarop sit, het die naam Dood gehad. En die Graf* het hom gevolg en was reg agter hom. En hulle het gesag oor die vierde deel van die aarde ontvang, om dood te maak met ’n lang swaard en voedseltekorte+ en dodelike plae en die wilde diere van die aarde.+
9 Toe hy die vyfde seël oopmaak, het ek onder die altaar+ die siele*+ gesien van dié wat doodgemaak is weens die woord van God en weens die getuienis wat hulle gegee het.+ 10 Hulle het met ’n harde stem uitgeroep: “Hoe lank sal dit nog neem, Soewereine Heer, heilig en waar,+ voordat u dié wat op die aarde woon, oordeel en wraak neem vir ons bloed?”+ 11 En ’n wit kleed is vir elkeen van hulle gegee,+ en daar is vir hulle gesê om nog ’n klein rukkie te rus, totdat die getal van hulle medeslawe en hulle broers wat binnekort net soos hulle doodgemaak gaan word, volledig is.+
12 En ek het gesien toe hy die sesde seël oopmaak, en daar was ’n groot aardbewing, en die son het swart geword soos saklinne wat van hare* gemaak is, en die hele maan het soos bloed geword,+ 13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos wanneer ’n sterk wind die groen vye van ’n vyeboom laat afval. 14 En die hemel het verdwyn soos ’n boekrol wat opgerol word,+ en elke berg en elke eiland is uit sy plek verwyder.+ 15 Toe het die konings van die aarde, die hoë amptenare, die militêre bevelvoerders, die rykes, die sterkes, elke slaaf en elke vry persoon tussen die grotte en die rotse van die berge gaan wegkruip.+ 16 En hulle hou aan om vir die berge en vir die rotse te sê: “Val op ons+ en bedek ons sodat ons beskerm sal wees teen die Een wat op die troon sit+ en teen die woede van die Lam,+ 17 want die groot dag van hulle woede het gekom,+ en wie kan staan?”+
7 Hierna het ek op die vier hoeke van die aarde vier engele sien staan, wat die vier winde van die aarde styf vashou, sodat geen wind op die aarde of op die see of teen enige boom kon waai nie. 2 En ek het ’n ander engel van die sonsopkoms* af sien opkom, met ’n seël van die lewende God. Hy het met ’n harde stem geroep na die vier engele wat die gesag ontvang het om die aarde en die see te beskadig 3 en gesê: “Moenie die aarde of die see of die bome beskadig totdat ons die slawe van ons God op hulle voorkoppe verseël het nie.”+
4 En ek het gehoor hoeveel verseël is: 144 000.+ Hulle is verseël uit elke stam van Israel.+
5 Uit die stam van Juda was daar 12 000 wat verseël is,
uit die stam van Ruben 12 000,
uit die stam van Gad 12 000,
6 uit die stam van Aser 12 000,
uit die stam van Nafʹtali 12 000,
uit die stam van Manasʹse+ 12 000,
7 uit die stam van Siʹmeon 12 000,
uit die stam van Levi 12 000,
uit die stam van Isʹsaskar 12 000,
8 uit die stam van Seʹbulon 12 000,
uit die stam van Josef 12 000,
en uit die stam van Benjamin was daar 12 000 wat verseël is.
9 Daarna het ek gekyk en ’n groot menigte gesien, wat geen mens kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale,+ wat voor die troon en voor die Lam staan. Hulle het wit klere+ aangehad en daar was palmtakke in hulle hande.+ 10 En hulle hou aan om met ’n harde stem uit te roep: “Redding het ons te danke aan ons God, wat op die troon sit,+ en aan die Lam.”+
11 Al die engele het rondom die troon en die ouderlinge+ en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het met hulle gesigte na die grond toe voor die troon neergeval en God aanbid 12 en gesê: “Amen! Aan ons God behoort die seën en die heerlikheid en die wysheid en die dank en die eer en die krag en die sterkte vir ewig en altyd.+ Amen.”
13 Toe het een van die ouderlinge vir my gevra: “Wie is dié wat die wit klere+ dra en waar het hulle vandaan gekom?” 14 Toe het ek dadelik vir hom gesê: “My heer, u weet.” En hy het vir my gesê: “Dit is hulle wat uit die groot verdrukking+ kom, en hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam.+ 15 Daarom is hulle voor die troon van God, en hulle verrig dag en nag heilige diens aan hom in sy tempel, en die Een wat op die troon sit,+ sal sy tent oor hulle uitsprei.+ 16 Hulle sal nie meer honger of dors wees nie, en die son of enige verskroeiende hitte sal hulle ook nie brand nie.+ 17 Want die Lam,+ wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees+ en sal hulle na fonteine van waters van die lewe lei.+ En God sal elke traan van hulle oë afvee.”+
8 Toe hy+ die sewende seël oopmaak,+ was daar stilte in die hemel, omtrent ’n halfuur lank. 2 En ek het die sewe engele gesien+ wat voor God staan, en sewe trompette is vir hulle gegee.
3 ’n Ander engel het daar aangekom en by die altaar+ gaan staan met ’n goue reukwerkhouer.*+ ’n Groot hoeveelheid reukwerk is vir hom gegee om saam met die gebede van al die heiliges op die goue altaar+ te offer wat voor die troon was. 4 Die rook van die reukwerk het saam met die gebede+ van die heiliges uit die hand van die engel voor God opgegaan. 5 Maar die engel het dadelik die reukwerkhouer geneem, en hy het van die vuur van die altaar daarin gesit en dit na die aarde gegooi. En daar was donderslae en stemme en weerligstrale+ en ’n aardbewing. 6 En die sewe engele met die sewe trompette+ het hulle gereedgemaak om daarop te blaas.
7 Die eerste engel het op sy trompet geblaas. En daar was hael en vuur gemeng met bloed, en dit is na die aarde gegooi,+ en ’n derde van die aarde is verbrand, en ’n derde van die bome is verbrand, en al die groen plantegroei is verbrand.+
8 Die tweede engel het op sy trompet geblaas. En iets soos ’n groot berg wat met vuur brand, is in die see gegooi.+ En ’n derde van die see het bloed geword,+ 9 en ’n derde van die lewende wesens in die see het doodgegaan,+ en ’n derde van die skepe het vergaan.
10 Die derde engel het op sy trompet geblaas. En ’n groot ster wat soos ’n lamp brand, het uit die hemel geval, en dit het op ’n derde van die riviere en op die fonteine geval.+ 11 Die naam van die ster is Als. En ’n derde van die waters het in als* verander, en baie van die mense het van die water gesterf, want dit is bitter gemaak.+
12 Die vierde engel het op sy trompet geblaas. En ’n derde van die son en ’n derde van die maan en ’n derde van die sterre is getref,+ en ’n derde van hulle is verduister+ sodat ’n derde van die dag en ook van die nag geen lig gehad het nie.
13 En ek het ’n arend in die middel van die hemel sien vlieg, en ek het gehoor hoe hy met ’n harde stem sê: “Hoe vreeslik, hoe vreeslik, hoe vreeslik+ vir dié wat op die aarde woon, weens die res van die trompetseine van die drie engele wat op die punt staan om op hulle trompette te blaas!”+
9 Die vyfde engel het op sy trompet geblaas.+ En ek het ’n ster gesien wat uit die hemel op die aarde geval het, en die sleutel van die skag* van die afgrond+ is vir hom gegee. 2 Hy het die skag van die afgrond oopgemaak, en rook het daaruit opgegaan soos die rook van ’n groot oond, en die son en die lug het donker geword as gevolg van die rook.+ 3 En sprinkane het uit die rook op die aarde verskyn,+ en gesag is aan hulle gegee, dieselfde gesag as wat die skerpioene van die aarde het. 4 Daar is vir hulle gesê om nie die plantegroei van die aarde of enige groen plant of enige boom te beskadig nie, maar net die mense wat nie die seël van God op hulle voorkoppe het nie.+
5 Die sprinkane is nie toegelaat om hulle dood te maak nie, maar wel om hulle vyf maande lank te pynig, en hulle pyn was soos wanneer ’n skerpioen+ ’n mens steek. 6 En in daardie dae sal mense die dood soek, maar hulle sal dit glad nie vind nie, en hulle sal graag wil sterf, maar die dood sal van hulle af wegvlug.
7 Die sprinkane het gelyk soos perde wat gereedgemaak is vir oorlog,+ en op hulle koppe was iets wat soos goue krone gelyk het, en hulle gesigte was soos dié van mense, 8 maar hulle hare was soos dié van vrouens. En hulle tande was soos dié van leeus,+ 9 en hulle het borsplate soos ysterborsplate gehad. En die geluid van hulle vlerke was soos die geluid van strydwaens met perde wat in ’n geveg in jaag.+ 10 Hulle het ook sterte en angels soos skerpioene, en hulle krag om die mense vyf maande lank seer te maak, is in hulle sterte.+ 11 Hulle het ’n koning oor hulle, die engel van die afgrond.+ In Hebreeus is sy naam Abadʹdon,* maar in Grieks het hy die naam Apolʹlion.*
12 Die een vreeslike gebeurtenis is verby. Kyk! Nog twee+ kom ná hierdie dinge.
13 Die sesde engel+ het op sy trompet geblaas.+ En ek het een stem gehoor wat van die horings van die goue altaar+ wat voor God is, gekom het. 14 Dit het vir die sesde engel, wat die trompet gehad het, gesê: “Maak die vier engele los wat by die groot rivier, die Eufraatrivier,+ vasgebind is.” 15 En die vier engele, wat gereedgemaak is vir die uur en dag en maand en jaar, is losgemaak om ’n derde van die mense dood te maak.
16 Die aantal perderuiters van die leërmagte was 2 maal 10 000 maal 10 000.* Ek het gehoor hoeveel daar was. 17 En so het die perde en dié wat op hulle sit, in die visioen vir my gelyk: Hulle het borsplate gehad wat rooi soos vuur was, blou soos hiasint en geel soos swael. Die koppe van die perde was soos dié van leeus,+ en vuur en rook en swael het by hulle bekke uitgekom. 18 ’n Derde van die mense is deur hierdie drie plae doodgemaak, deur die vuur en die rook en die swael wat by hulle bekke uitgekom het. 19 Want die krag van die perde is in hulle bekke en in hulle sterte, want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.
20 Maar die res van die mense wat nie deur hierdie plae doodgemaak is nie, het nie berou gehad oor die werke van hulle hande nie. Hulle het nie opgehou om die demone te aanbid nie, en ook nie die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout, wat nie kan sien of hoor of loop nie.+ 21 Hulle het nie berou gehad oor hulle moorde of hulle spiritistiese gebruike of hulle seksuele onsedelikheid* of hulle diefstal nie.
10 En ek het ’n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, met ’n wolk soos ’n kleed om hom, en daar was ’n reënboog op sy kop, en sy gesig was soos die son,+ en sy bene* was soos pilare van vuur. 2 Hy het ’n klein geopende boekrol in sy hand gehad. Hy het sy regtervoet op die see gesit, maar sy linkervoet op die aarde, 3 en hy het met ’n harde stem uitgeroep net soos wanneer ’n leeu brul.+ En toe hy uitroep, het die stemme van die sewe donderslae+ gepraat.
4 En toe die sewe donderslae praat, het ek op die punt gestaan om te skryf, maar ek het ’n stem uit die hemel+ hoor sê: “Verseël wat die sewe donderslae gesê het, en moet dit nie neerskryf nie.” 5 Die engel wat ek op die see en op die aarde sien staan het, het sy regterhand na die hemel opgelig, 6 en hy het gesweer by die Een wat vir ewig en altyd lewe,+ wat die hemel en die dinge daarin en die aarde en die dinge daarin en die see en die dinge daarin geskep het:+ “Daar sal nie meer uitstel wees nie. 7 Maar in die dae wanneer die sewende engel+ op die punt staan om op sy trompet te blaas,+ word die heilige geheim+ beslis tot ’n einde gebring. Hierdie heilige geheim is die goeie nuus wat God aan sy eie slawe, die profete,+ bekend gemaak het.”
8 En die stem wat ek uit die hemel gehoor het,+ het weer met my gepraat en gesê: “Gaan, neem die geopende boekrol wat in die hand is van die engel wat op die see en op die aarde staan.”+ 9 Ek het na die engel toe gegaan en vir hom gesê om die klein boekrol vir my te gee. Hy het vir my gesê: “Neem dit en eet dit op,+ en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees, soos heuning.” 10 Ek het die klein boekrol uit die engel se hand geneem en dit geëet,+ en in my mond was dit soet soos heuning,+ maar toe ek dit geëet het, het dit my maag bitter gemaak. 11 En hulle het vir my gesê: “Jy moet weer oor volke en nasies en tale en baie konings profeteer.”
11 En ’n riet wat soos ’n stok* gelyk het,+ is vir my gegee terwyl hy gesê het: “Staan op en meet die tempelheiligdom van God en die altaar en dié wat daarin aanbid. 2 Maar jy moet die voorhof wat buitekant die tempelheiligdom is, heeltemal uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die nasies gegee, en hulle sal die heilige stad+ 42 maande lank+ vertrap. 3 Ek sal my twee getuies 1 260 dae in saklinne laat profeteer.” 4 Hulle word deur die twee olyfbome+ en die twee lampstaanders+ gesimboliseer en staan voor die Here van die aarde.+
5 As enigiemand iets slegs aan hulle wil doen, kom vuur by hulle monde uit en verteer dit hulle vyande. As enigiemand iets slegs aan hulle wil doen, moet hy op hierdie manier doodgemaak word. 6 Hulle het die gesag om die hemel toe te sluit+ sodat geen reën sal val+ gedurende die dae wat hulle profeteer nie, en hulle het gesag oor die waters, om dit in bloed te verander+ en om die aarde met allerhande plae te tref so dikwels as wat hulle wil.
7 Wanneer hulle hulle getuienis klaar gegee het, sal die wilde dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak.+ 8 En hulle lyke sal op die hoofstraat van die groot stad lê wat in ’n geestelike sin Sodom en Egipte genoem word, waar hulle Here ook aan die paal gehang is. 9 En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal drie en ’n half dae+ na hulle lyke kyk, en hulle sal nie toelaat dat hulle lyke in ’n graf neergelê word nie. 10 En dié wat op die aarde woon, sal bly wees oor hulle en feesvier, en hulle sal geskenke aan mekaar stuur, want hierdie twee profete het dié wat op die aarde woon, gepynig.
11 Ná die drie en ’n half dae het God die asem* van die lewe in hulle geblaas,+ en hulle het op hulle voete gaan staan, en dié wat hulle gesien het, het baie bang geword. 12 En hulle het ’n harde stem uit die hemel vir hulle hoor sê: “Kom op hierheen.” En hulle het in die wolk na die hemel opgegaan, en hulle vyande het hulle gesien.* 13 In daardie uur was daar ’n groot aardbewing, en ’n tiende van die stad het geval, en 7 000 mense is deur die aardbewing doodgemaak, en die res het bang geword en die God van die hemel verheerlik.
14 Die tweede vreeslike gebeurtenis+ is verby. Kyk! Die derde een kom gou.
15 Die sewende engel het op sy trompet geblaas.+ En daar was harde stemme in die hemel wat sê: “Die koninkryk van die wêreld het die Koninkryk van ons Here+ en van sy Christus+ geword, en hy sal vir ewig en altyd as koning regeer.”+
16 En die 24 ouderlinge+ wat voor God op hulle trone gesit het, het met hulle gesigte na die grond toe neergeval en God aanbid 17 en gesê: “Ons dank u, Jehovah* God, die Almagtige, die Een wat is+ en wat was, want u het u groot krag opgeneem en as koning begin regeer.+ 18 Maar die nasies het woedend geword, en u eie woede het gekom. Die vasgestelde tyd het gekom om die dooies te oordeel en om u slawe, die profete,+ en die heiliges en dié wat u naam vrees, klein en groot, te beloon,+ en om die vernietigers van die aarde te vernietig.”*+
19 En die tempelheiligdom van God wat in die hemel is, is oopgemaak, en die ark van sy verbond is in sy tempelheiligdom+ gesien. En daar was weerligstrale en stemme en donderslae en ’n aardbewing en ’n groot haelstorm.
12 Toe is ’n groot teken in die hemel gesien: ’n Vrou+ het die son soos ’n kleed om haar gehad, en die maan was onder haar voete, en op haar kop was ’n kroon van 12 sterre, 2 en sy was swanger. En sy het geskree van die pyn, want sy het geboortepyne gehad.
3 Nog ’n teken is in die hemel gesien. Kyk! ’n Groot vuurkleurige draak+ met sewe koppe en tien horings en op sy koppe sewe krone,* 4 en sy stert sleep ’n derde van die sterre+ van die hemel saam, en hy het hulle na die aarde neergegooi.+ En die draak het voor die vrou bly staan+ wat op die punt gestaan het om geboorte te gee, sodat hy haar kind kon verslind sodra sy geboorte gee.
5 En sy het geboorte gegee aan ’n seun,+ ’n manlike kind, wat met ’n ysterstaf as herder teenoor al die nasies sal optree.+ En haar kind is weggeruk na God en na sy troon. 6 En die vrou het na die wildernis gevlug, waar God vir haar ’n plek voorberei het en waar hulle haar 1 260 dae lank+ sou voed.
7 En oorlog het in die hemel uitgebreek: Miʹgael*+ en sy engele het teen die draak geveg, en die draak en sy engele het geveg, 8 maar hulle het nie oorwin nie,* en daar was ook nie meer vir hulle plek in die hemel nie. 9 Toe is die groot draak+ neergegooi, die oorspronklike slang,+ die een wat Duiwel+ en Satan+ genoem word, wat die hele aarde mislei.+ Hy is na die aarde neergegooi,+ en sy engele is saam met hom neergegooi. 10 Ek het ’n harde stem in die hemel hoor sê:
“Nou het die redding+ en die krag en die Koninkryk van ons God+ en die gesag van sy Christus gekom, want die beskuldiger van ons broers, wat hulle dag en nag voor ons God beskuldig,+ is neergegooi! 11 En hulle het hom oorwin+ weens die bloed van die Lam+ en weens die woord van hulle getuienis,+ en selfs toe hulle voor die dood te staan gekom het, het hulle nie hulle siele* liefgehad nie.+ 12 Daarom, wees bly, o hemele en julle wat daarin woon! Dit sal sleg gaan met die aarde en die see,+ want die Duiwel het na julle toe neergedaal en is woedend omdat hy weet dat hy min tyd het.”+
13 En toe die draak sien dat hy na die aarde neergegooi is,+ het hy die vrou vervolg+ wat aan die seun geboorte gegee het. 14 Maar die twee vlerke van die groot arend+ is aan die vrou gegee, sodat sy die wildernis in, na haar plek, kon vlieg, waar sy ’n tyd en tye en ’n halwe tyd*+ gevoed sou word, weg van die gesig van die slang af.+
15 En die slang het water soos ’n rivier uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, om haar deur die rivier te laat verdrink. 16 Maar die aarde het die vrou gehelp, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier ingesluk wat die draak uit sy bek uitgespoeg het. 17 Toe het die draak woedend geword vir die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen die oorblywendes van haar nageslag,*+ wat die gebooie van God gehoorsaam en die werk het om van Jesus te getuig.+
13 En hy* het op die sand van die see gaan staan.
En ek het ’n wilde dier+ uit die see sien opkom,+ met tien horings en sewe koppe, en op sy horings tien krone,* maar op sy koppe lasterlike name. 2 En die wilde dier wat ek gesien het, was soos ’n luiperd, maar sy pote was soos dié van ’n beer, en sy bek was soos ’n leeu se bek. En die draak+ het aan die dier sy krag en sy troon en groot gesag gegee.+
3 Ek het gesien, en dit het gelyk asof een van sy koppe dodelik gewond is, maar sy dodelike wond het gesond geword,+ en die hele aarde het die wilde dier bewonder en hom gevolg. 4 En hulle het die draak aanbid omdat hy die gesag aan die wilde dier gegee het, en hulle het die wilde dier aanbid met die woorde: “Wie is soos die wilde dier, en wie kan teen hom veg?” 5 Hy is ’n mond gegee wat grootpraat en lasterlike dinge sê, en hy is gesag gegee om 42 maande lank op te tree.+ 6 En hy het sy mond oopgemaak en lasterlike dinge+ teen God gesê om sy naam en sy woonplek, ja, dié wat in die hemel woon,+ te belaster. 7 En hy is toegelaat om teen die heiliges oorlog te voer en hulle te oorwin,+ en hy is gesag oor elke stam en volk en taal en nasie gegee. 8 En almal wat op die aarde woon, sal hom aanbid. Van die begin van die mensdom* af is nie een van hulle name geskryf in die boekrol van die lewe+ van die Lam wat geslag is nie.+
9 As iemand ore het, laat hom hoor.+ 10 As iemand gevange geneem moet word, sal hy in gevangenskap gaan. As iemand met die swaard doodmaak,*+ moet hy met die swaard doodgemaak word. Hiervoor het die heiliges+ volharding+ en geloof+ nodig.
11 Toe het ek nog ’n ander wilde dier uit die aarde sien opkom, en hy het twee horings gehad soos ’n lam s’n, maar hy het soos ’n draak begin praat.+ 12 Hy oefen al die gesag van die eerste wilde dier uit,+ en hy doen dit voor sy oë. En hy dwing die aarde en sy inwoners om die eerste wilde dier te aanbid, wie se dodelike wond gesond geword het.+ 13 En hy doen groot tekens en laat selfs vuur uit die hemel na die aarde neerkom voor die oë van mense.
14 Hy mislei dié wat op die aarde woon weens die tekens wat hy toegelaat is om voor die oë van die wilde dier te doen, terwyl hy vir dié wat op die aarde woon, sê om ’n beeld te maak+ vir die wilde dier wat die swaardwond gehad het en tog weer lewend geword het.+ 15 En hy is toegelaat om asem* aan die beeld van die wilde dier te gee, sodat die beeld van die wilde dier sou praat en veroorsaak dat almal doodgemaak word wat weier om die beeld van die wilde dier te aanbid.
16 Hy dwing almal – klein en groot, ryk en arm, vry mense en slawe – om op hulle regterhand of op hulle voorkoppe gemerk te word,+ 17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe iemand wat die merk het, die naam+ van die wilde dier of die getal van sy naam.+ 18 Hiervoor is wysheid nodig: Laat die een wat insig het, die getal van die wilde dier uitwerk, want dit is ’n mens se getal, en sy getal is 666.+
14 Toe het ek die Lam+ op die berg Sion sien staan,+ en saam met hom 144 000+ met sy naam en die naam van sy Vader+ op hulle voorkoppe geskryf. 2 Ek het ’n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van harde donderweer, en die geluid wat ek gehoor het, het geklink soos sangers wat hulleself begelei deur op hulle harpe te speel. 3 En hulle sing iets wat klink soos ’n nuwe lied+ voor die troon en voor die vier lewende wesens+ en die ouderlinge,+ en niemand kon daardie lied leer nie, behalwe die 144 000,+ wat van die aarde gekoop is. 4 Dit is hulle wat hulle nie met vrouens onrein gemaak het nie. Om die waarheid te sê, hulle is maagde.+ Dit is hulle wat die Lam bly volg ongeag waar hy gaan.+ Hulle is uit die mensdom gekoop+ as eerstelinge*+ vir God en vir die Lam, 5 en geen leuen is in hulle monde gevind nie. Hulle is onbesmet.+
6 En ek het ’n ander engel in die middel van die hemel* sien vlieg, en hy het ewige goeie nuus gehad om bekend te maak aan dié wat op die aarde woon, aan elke nasie en stam en taal en volk.+ 7 Hy het met ’n harde stem gesê: “Vrees God en verheerlik hom, want die uur van oordeel deur hom het aangebreek.+ Aanbid dus die Een wat die hemel en die aarde en die see+ en die fonteine gemaak het.”
8 ’n Ander engel, ’n tweede, het gevolg en gesê: “Sy het geval! Babilon die Grote+ het geval,+ sy wat al die nasies van die wyn van die passie* van haar seksuele onsedelikheid*+ laat drink het!”
9 ’n Ander engel, ’n derde, het hulle gevolg en met ’n harde stem gesê: “As iemand die wilde dier+ en sy beeld aanbid en ’n merk op sy voorkop of op sy hand ontvang,+ 10 sal hy ook van die wyn van die woede van God drink wat onverdun in die beker van Sy woede+ ingeskink is. Hy sal voor die heilige engele en voor die Lam met vuur en swael+ gepynig word. 11 En die rook van hulle pyniging gaan vir ewig en altyd op,+ en hulle het dag en nag geen rus nie, dié wat die wilde dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.+ 12 Hiervoor het die heiliges volharding nodig,+ dié wat die gebooie van God gehoorsaam en aan die geloof van Jesus vashou.”+
13 En ek het ’n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf: Gelukkig is die dooies wat van nou af in eenheid met die Here sterf.+ Ja, sê die gees, laat hulle van hulle harde werk rus, want die dinge wat hulle gedoen het, gaan saam met hulle.”
14 Toe het ek ’n wit wolk gesien, en op die wolk het iemand soos ’n seun van die mens+ gesit, met ’n goue kroon op sy kop en ’n skerp sekel in sy hand.
15 ’n Ander engel het uit die tempelheiligdom uitgekom en met ’n harde stem geroep na die een wat op die wolk sit: “Steek u sekel in en oes, omdat die uur gekom het om te oes, want die oes van die aarde is heeltemal ryp.”+ 16 En die een wat op die wolk sit, het sy sekel in die aarde ingesteek, en die aarde is geoes.
17 En nog ’n ander engel het uit die tempelheiligdom wat in die hemel is, uitgekom, en hy het ook ’n skerp sekel gehad.
18 En nog ’n ander engel het uit die altaar uitgekom, en hy het gesag oor die vuur gehad. En hy het met ’n harde stem uitgeroep na die een met die skerp sekel en gesê: “Steek jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.”+ 19 Die engel het sy sekel in die aarde ingesteek en die wingerdstok van die aarde geoes, en hy het dit in die groot wynpers van die woede van God gegooi.+ 20 Die wynpers is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die wynpers uitgekom tot by die tooms van die perde, vir ’n afstand van 1 600 stadie.*
15 En ek het in die hemel ’n ander teken gesien, groot en wonderlik: sewe engele+ met sewe plae. Dit is die laastes, want deur middel daarvan word die woede van God tot ’n einde gebring.+
2 En ek het iets gesien wat gelyk het soos ’n see van glas+ wat met vuur gemeng is, en dié wat die wilde dier en sy beeld+ en die getal van sy naam+ oorwin het,+ het by die see van glas gestaan en harpe van God vasgehou. 3 Hulle het die lied van Moses,+ die slaaf van God, en die lied van die Lam+ gesing en gesê:
“Groot en wonderlik is u werke,+ Jehovah* God, die Almagtige.+ U is regverdig en betroubaar in alles wat u doen,+ Koning van die ewigheid.+ 4 Wie sal u nie werklik vrees nie, Jehovah,* en u naam nie verheerlik nie? Want u alleen is lojaal.+ Al die nasies sal kom en voor u aanbid+ omdat u regverdige oordele geopenbaar is.”
5 Daarna het ek gesien dat die heiligdom van die tent van die getuienis+ in die hemel oopgemaak is,+ 6 en die sewe engele met die sewe plae+ het uit die heiligdom uitgekom, en hulle het skoon, blink linne aangehad met goue bande om hulle bors. 7 Een van die vier lewende wesens het vir die sewe engele sewe goue bakke gegee, wat vol was van die woede van God,+ wat vir ewig en altyd lewe. 8 En die heiligdom het vol rook geword weens die heerlikheid van God+ en weens sy krag, en niemand kon in die heiligdom ingaan totdat die sewe plae+ van die sewe engele verby was nie.
16 En ek het ’n harde stem uit die heiligdom+ vir die sewe engele hoor sê: “Gaan gooi die sewe bakke van die woede van God op die aarde uit.”+
2 Die eerste engel het weggegaan en sy bak op die aarde uitgegooi.+ En ’n ernstige en kwaadaardige sweer+ het die mense getref wat die merk van die wilde dier+ gehad het en wat sy beeld aanbid het.+
3 Die tweede engel het sy bak in die see uitgegooi.+ En dit het bloed geword+ soos dié van ’n dooie mens, en elke lewende wese* het doodgegaan, ja, die dinge in die see.+
4 Die derde engel het sy bak in die riviere en die fonteine uitgegooi.+ En die riviere en die fonteine het bloed geword.+ 5 Ek het die engel wat oor die waters is, hoor sê: “U, die Een wat is en wat was,+ die Een wat lojaal is,+ is regverdig, omdat u hierdie oordele gegee het,+ 6 want hulle het die bloed van heiliges en van profete uitgestort,+ en u het vir hulle bloed gegee om te drink.+ Hulle verdien dit.”+ 7 En ek het die altaar hoor sê: “Ja, Jehovah* God, die Almagtige,+ u oordele* is betroubaar en regverdig.”+
8 Die vierde engel het sy bak op die son uitgegooi,+ en die son is toegelaat om die mense met vuur te verskroei. 9 En die mense is deur die groot hitte verskroei, maar hulle het die naam van God gelaster, wat die gesag oor hierdie plae het, en hulle het nie berou getoon nie en hom nie verheerlik nie.
10 Die vyfde engel het sy bak op die troon van die wilde dier uitgegooi. En alles waaroor hy regeer het,* het donker geword,+ en hulle het hulle tonge begin kou as gevolg van die pyn, 11 maar hulle het die God van die hemel gelaster weens hulle pyne en hulle swere, en hulle het nie berou getoon oor hulle werke nie.
12 Die sesde engel het sy bak op die groot rivier, die Eufraatrivier,+ uitgegooi, en sy water is opgedroog+ om die weg voor te berei vir die konings+ wat kom uit die rigting van die sonsopkoms.*
13 En ek het drie onrein geïnspireerde boodskappe* wat soos paddas gelyk het, uit die bek van die draak+ en uit die bek van die wilde dier en uit die mond van die valse profeet sien kom. 14 Hulle is in werklikheid boodskappe wat deur demone geïnspireer is en hulle doen tekens+ en hulle gaan uit na die konings van die hele aarde, om hulle bymekaar te bring vir die oorlog+ van die groot dag van God die Almagtige.+
15 “Kyk! Ek kom soos ’n dief.+ Gelukkig is die een wat wakker bly+ en sy bo-klere behou, sodat hy nie kaal loop en mense sy skande sien nie.”+
16 En hulle het hulle bymekaargebring by die plek wat in Hebreeus Armageddon*+ genoem word.
17 Die sewende engel het sy bak op die lug uitgegooi. Toe het ’n harde stem uit die heiligdom,+ van die troon af, gekom en gesê: “Dit is verby!” 18 En daar was weerligstrale en stemme en donderslae, en daar was ’n groot aardbewing wat anders was as enige aardbewing wat plaasgevind het sedert daar mense op die aarde was.+ Dit is hoe groot en hewig die aardbewing was. 19 Die groot stad+ het in drie dele geskeur, en die stede van die nasies het geval. God het aan Babilon die Grote+ gedink deur die beker van die wyn van sy groot woede aan haar te gee.+ 20 En elke eiland het gevlug, en berge is nie gevind nie.+ 21 Toe het groot haelstene, elkeen omtrent ’n talent* swaar, uit die hemel op die mense geval,+ en die mense het God gelaster weens die plaag van die hael,+ want die plaag was buitengewoon groot.
17 Een van die sewe engele wat die sewe bakke+ gehad het, het gekom en vir my gesê: “Kom, ek sal jou die oordeel wys wat gaan kom oor die groot prostituut wat op baie waters sit.+ 2 Die konings van die aarde het seksuele onsedelikheid* met haar gepleeg,+ en dié wat op die aarde woon, is dronk gemaak met die wyn van haar seksuele onsedelikheid.”*+
3 Hy het my in die krag van die gees na ’n wildernis weggeneem. En ek het ’n vrou op ’n helderrooi wilde dier sien sit, wat vol lasterlike name was en wat sewe koppe en tien horings gehad het. 4 Die vrou het pers+ en helderrooi klere aangehad en was versier met goud en edelstene en pêrels.+ In haar hand was ’n goue beker vol walglike dinge en die onrein dinge van haar seksuele onsedelikheid.* 5 Op haar voorkop was ’n naam, ’n geheim, geskryf: “Babilon die Grote, die moeder van die prostitute+ en van die walglike dinge van die aarde.”+ 6 En ek het gesien dat die vrou dronk was van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus.+
Wel, toe ek haar sien, was ek baie verbaas. 7 Toe het die engel vir my gesê: “Hoekom was jy verbaas? Ek sal jou die geheim vertel van hierdie vrou+ en die wilde dier wat haar dra en wat die sewe koppe en die tien horings het:+ 8 Die wilde dier wat jy gesien het, was, maar is nie, en staan tog op die punt om uit die afgrond+ op te kom, en hy sal vernietig word. En dié wat op die aarde woon – dié wie se name van die begin van die mensdom* af nie in die boekrol van die lewe geskryf is nie+ – sal verbaas wees wanneer hulle sien hoe die wilde dier was, maar nie is nie, en tog teenwoordig sal wees.
9 “Hiervoor is ’n verstand* met wysheid nodig: Die sewe koppe+ beteken sewe berge, waarop die vrou sit. 10 En daar is sewe konings: Vyf het geval, een is, en die ander een het nog nie gekom nie, maar wanneer hy wel kom, moet hy ’n kort tydjie bly. 11 En die wilde dier wat was, maar nie is nie,+ is ook ’n agtste koning, maar hy kom uit die sewe, en hy sal vernietig word.
12 “Die tien horings wat jy gesien het, beteken tien konings wat nog nie ’n koninkryk ontvang het nie, maar hulle ontvang een uur lank gesag as konings saam met die wilde dier. 13 Hulle het een gedagte, en daarom gee hulle hulle mag en gesag aan die wilde dier. 14 Hulle sal teen die Lam veg,+ maar die Lam sal hulle oorwin+ omdat hy Here van die here en Koning van die konings is.+ Dié wat saam met hom is en wat geroep en uitgekies en getrou is, sal ook oorwin.”+
15 Hy het vir my gesê: “Die waters wat jy gesien het, waar die prostituut sit, beteken volke en skares en nasies en tale.+ 16 En die tien horings+ wat jy gesien het en die wilde dier,+ sal die prostituut+ haat en sal haar verwoes en kaal maak, en hulle sal haar vlees opvreet en haar heeltemal met vuur verbrand.+ 17 Want God het dit in hulle harte gesit om sy gedagte uit te voer,+ ja, om hulle een gedagte uit te voer deur hulle koninkryk aan die wilde dier te gee,+ totdat die woorde van God vervul is. 18 En die vrou+ wat jy gesien het, beteken die groot stad wat ’n koninkryk oor die konings van die aarde het.”
18 Hierna het ek ’n ander engel uit die hemel sien neerdaal met groot gesag, en die aarde is deur sy heerlikheid verlig. 2 En hy het met ’n sterk stem uitgeroep en gesê: “Sy het geval! Babilon die Grote het geval,+ en sy het ’n woonplek van demone geword en ’n skuilplek vir elke onrein gees* en elke onrein en haatlike voël!+ 3 Want weens die wyn van die passie* van haar seksuele onsedelikheid* het al die nasies slagoffers geword,+ en die konings van die aarde het seksuele onsedelikheid met haar gepleeg,+ en die handelaars* van die aarde het ryk geword as gevolg van die mag van haar skaamtelose weelde.”
4 En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: “Gaan uit haar uit, my volk,+ as julle nie met haar in haar sondes wil deel nie en as julle nie deel van haar plae wil ontvang nie.+ 5 Want haar sondes het so hoog soos die hemel opgehoop,+ en God het haar dade van ongeregtigheid* onthou.+ 6 Betaal haar terug op die manier waarop sy ander behandel het,+ ja, betaal haar twee keer soveel terug vir wat sy gedoen het.+ Meng vir haar twee keer soveel van die mengsel in die beker+ waarin sy ’n mengsel gemaak het.+ 7 Laat haar net soveel pyn en droefheid hê as die eer wat sy aan haarself gegee het en die skaamtelose weelde wat sy gehad het. Want in haar hart bly sy sê: ‘Ek sit as koningin, en ek is nie ’n weduwee nie, en ek sal nooit treur nie.’+ 8 Daarom sal haar plae in een dag kom: dood en getreur en hongersnood, en sy sal heeltemal met vuur verbrand word,+ want Jehovah* God, wat haar geoordeel het, is sterk.+
9 “En die konings van die aarde wat seksuele onsedelikheid* met haar gepleeg het en saam met haar in skaamtelose weelde gelewe het, sal huil en oor haar treur* wanneer hulle die rook sien terwyl sy verbrand word. 10 Omdat hulle bang is dat hulle soos sy gepynig sal word, sal hulle op ’n afstand staan en sê: ‘Hoe jammer, hoe jammer, o groot stad,+ Babilon, die sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!’
11 “Die handelaars van die aarde huil en treur ook oor haar, omdat daar nie meer iemand is om al hulle goedere te koop nie. 12 Niemand koop hulle goud, silwer, edelstene, pêrels, fyn linne, pers materiaal, sy en helderrooi materiaal nie. Niemand koop enigiets wat gemaak is van hout wat lekker ruik, ivoor, kosbare hout, koper, yster of marmer nie. 13 Ja, niemand koop hulle kaneel, Indiese speserye, reukwerk, lekkerruik-olie, wierook, wyn, olyfolie, fynmeel, koring, beeste, skape, perde, koetse, slawe of menselewens nie. 14 Ja, die goeie vrugte wat jy begeer het, is weg, en al die lekkernye en skitterende dinge het verlore gegaan en sal nooit weer gevind word nie.
15 “Die handelaars wat hierdie dinge verkoop het, wat ryk geword het as gevolg van haar, sal op ’n afstand staan omdat hulle bang is dat hulle soos sy gepynig sal word, en hulle sal huil en treur 16 en sê: ‘Hoe jammer, hoe jammer, die groot stad, wat klere van fyn linne en pers en helderrooi materiaal aangehad het en wat ryklik versier was met goue versierings, edelstene en pêrels,+ 17 want in een uur het hierdie groot rykdom verdwyn!’
“En elke skeepskaptein en elkeen wat op die see vaar, en matrose en almal wat ’n bestaan uit die see maak, het op ’n afstand gestaan 18 en uitgeroep toe hulle die rook sien terwyl sy verbrand word, en hulle het gesê: ‘Watter stad is soos die groot stad?’ 19 Hulle het stof op hulle koppe gegooi en met ’n gehuil en ’n getreur uitgeroep en gesê: ‘Hoe jammer, hoe jammer, die groot stad, waarin almal wat skepe op see het, ryk geword het weens haar rykdom, want in een uur is sy verwoes!’+
20 “Wees bly oor haar, o hemel,+ ook julle, heiliges+ en apostels en profete, want God het sy oordeel oor haar uitgespreek vir die dinge wat sy aan julle gedoen het!”+
21 En ’n sterk engel het ’n klip soos ’n groot meulsteen opgetel en dit in die see gegooi en gesê: “So sal Babilon, die groot stad, met ’n vinnige beweging neergegooi word, en sy sal nooit weer gevind word nie.+ 22 En die geluid van sangers wat hulleself op die harp begelei, en die geluid van musikante, fluitspelers en trompetblasers sal nooit weer in jou gehoor word nie. Geen soort ambagsman sal ooit weer in jou gevind word nie, en geen geluid van ’n meulsteen sal ooit weer in jou gehoor word nie. 23 Geen lig van ’n lamp sal ooit weer in jou skyn nie, en geen stem van ’n bruidegom en van ’n bruid sal ooit weer in jou gehoor word nie, want jou handelaars was die belangrikste mense van die aarde, en al die nasies is deur jou spiritistiese gebruike+ mislei. 24 Ja, in haar is die bloed van profete en van heiliges gevind,+ en van almal wat op die aarde doodgemaak is.”+
19 Hierna het ek iets gehoor wat soos ’n harde stem van ’n groot skare in die hemel was. Hulle het gesê: “Loof Jah!*+ Die redding en die eer en die mag behoort aan ons God, 2 want sy oordele is betroubaar en regverdig.+ Want hy het die groot prostituut geoordeel wat die aarde met haar seksuele onsedelikheid* mislei het, en hy het wraak geneem vir die bloed van sy slawe wat op haar hande* is.”+ 3 En dadelik het hulle vir die tweede keer gesê: “Loof Jah!*+ En die rook wat uit haar kom, bly vir ewig en altyd opgaan.”+
4 En die 24 ouderlinge+ en die vier lewende wesens+ het neergeval en God aanbid wat op die troon sit en het gesê: “Amen! Loof Jah!”*+
5 En ’n stem het van die troon af gekom wat gesê het: “Loof ons God, al sy slawe+ wat hom vrees, klein en groot.”+
6 En ek het iets gehoor wat geklink het soos ’n stem van ’n groot skare en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van swaar donderslae. Hulle het gesê: “Loof Jah,*+ want Jehovah* ons God, die Almagtige,+ het as koning begin regeer!+ 7 Laat ons bly wees en oorloop van vreugde, en laat ons hom eer, want die huwelik van die Lam het aangebreek en sy vrou het haar gereedgemaak. 8 Ja, sy word toegelaat om blink, skoon, fyn linne aan te trek – want die fyn linne beteken die regverdige dade van die heiliges.”+
9 En hy het vir my gesê: “Skryf: Gelukkig is dié wat na die aandmaal van die Lam se huwelik+ genooi is.” Hy het ook vir my gesê: “Dit is die betroubare woorde van God.” 10 Toe het ek voor sy voete neergeval om hom te aanbid. Maar hy het vir my gesê: “Pasop! Moet dit nie doen nie!+ Ek is maar net ’n medeslaaf van jou en van jou broers wat die werk het om oor Jesus te getuig.+ Aanbid God!+ Want dit is die getuienis oor Jesus wat profesie inspireer.”+
11 Ek het gesien dat die hemel oop is, en kyk! ’n wit perd.+ En die een wat daarop sit, word Getrou+ en Betroubaar+ genoem, en hy oordeel en voer oorlog in regverdigheid.+ 12 Sy oë is ’n vuurvlam,+ en op sy kop is baie krone.* Daar is ’n naam op hom geskryf wat niemand behalwe hy self ken nie, 13 en hy het ’n bo-kleed aan wat met bloed bevlek* is, en sy naam is: Die Woord+ van God. 14 Die leërmagte in die hemel het hom op wit perde gevolg, en hulle het wit, skoon, fyn linne aangehad. 15 En uit sy mond kom ’n skerp, lang swaard+ waarmee hy die nasies sal vernietig, en hy sal met ’n ysterstaf as herder teenoor hulle optree.+ Hy trap ook die wynpers van die groot woede van God die Almagtige.+ 16 Op sy bo-kleed, ja, op sy bobeen, is ’n naam geskryf: Koning van die konings en Here van die here.+
17 Ek het ook ’n engel in die son sien staan, en hy het met ’n harde stem uitgeroep en vir al die voëls wat in die middel van die hemel* vlieg, gesê: “Kom hier, kom bymekaar vir die groot aandmaal van God,+ 18 sodat julle die vlees kan eet van konings en van militêre bevelvoerders en van sterk manne+ en van perde en van dié wat op hulle sit,+ en van almal, van vry mense sowel as van slawe en van klein en groot.”
19 En ek het gesien dat die wilde dier en die konings van die aarde en hulle leërmagte bymekaar is om oorlog te voer teen die een wat op die perd sit en teen sy leërmag.+ 20 En die wilde dier is gevang, en saam met hom die valse profeet+ wat voor hom die tekens gedoen het waarmee hy dié mislei het wat die merk van die wilde dier+ ontvang het asook dié wat sy beeld aanbid.+ Hulle is albei lewend in die poel van vuur gegooi wat met swael brand.+ 21 Maar die res is doodgemaak met die lang swaard wat uit die mond kom van die een wat op die perd sit.+ En al die voëls het versadig geword met hulle vlees.+
20 Ek het ’n engel uit die hemel sien neerdaal met die sleutel van die afgrond+ en ’n groot ketting in sy hand. 2 Hy het die draak+ gegryp, die oorspronklike slang,+ wat die Duiwel+ en Satan+ is, en hom vir 1 000 jaar gebind. 3 En hy het hom in die afgrond+ gegooi en dit gesluit en dit verseël, sodat hy die nasies nie meer sou mislei totdat die 1 000 jaar verby is nie. Hierna moet hy vir ’n klein rukkie vrygelaat word.+
4 En ek het trone gesien, en dié wat daarop gesit het, het gesag ontvang om te oordeel. Ja, ek het die siele* gesien van dié wat doodgemaak is* omdat hulle oor Jesus getuig het en oor God gepraat het, en van dié wat nie die wilde dier of sy beeld aanbid het nie en wat nie die merk op hulle voorkop en op hulle hand ontvang het nie.+ En hulle het lewend geword en 1 000 jaar lank saam met die Christus as konings regeer.+ 5 (Die res van die dooies+ het nie lewend geword totdat die 1 000 jaar geëindig het nie.) Dit is die eerste opstanding.+ 6 Gelukkig en heilig is enigeen wat die eerste opstanding ontvang.+ Die tweede dood+ het geen gesag oor hulle nie,+ maar hulle sal priesters+ van God en van die Christus wees en sal die 1 000 jaar lank saam met hom as konings regeer.+
7 Sodra die 1 000 jaar geëindig het, sal Satan uit sy gevangenis vrygelaat word, 8 en hy sal uitgaan om die nasies te mislei wat in die vier hoeke van die aarde is, Gog en Magog, om hulle vir die oorlog bymekaar te bring. Hulle getal is soos die sand van die see. 9 En hulle het oor die hele aarde gegaan en die kamp van die heiliges en die geliefde stad omsingel. Maar vuur het uit die hemel gekom en hulle verteer.+ 10 En die Duiwel, wat hulle mislei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, waar die wilde dier+ sowel as die valse profeet reeds was,+ en hulle sal dag en nag gepynig* word vir ewig en altyd.
11 En ek het ’n groot wit troon gesien en die Een wat daarop sit.+ Die aarde en die hemel het voor hom weggevlug,+ en geen plek is vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en boekrolle is oopgemaak. Maar ’n ander boekrol is oopgemaak. Dit is die boekrol van die lewe.+ Die dooies is geoordeel volgens wat in die boekrolle geskryf is, volgens hulle dade.+ 13 En die see het die dooies gegee wat daarin was, en die dood en die Graf* het die dooies gegee wat in hulle was, en elkeen van die dooies is volgens hulle dade geoordeel.+ 14 En die dood en die Graf* is in die poel van vuur gegooi.+ Die poel van vuur+ beteken die tweede dood.+ 15 En as iemand se naam nie in die boek van die lewe geskryf is nie,+ is hy in die poel van vuur gegooi.+
21 En ek het ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde+ gesien, want die vorige hemel en die vorige aarde was nie meer daar nie,+ en die see+ was ook nie meer daar nie. 2 Ek het ook die heilige stad, Nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien neerdaal.+ Die stad was gereed soos ’n bruid wat vir haar man versier is.+ 3 Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk! Die tent van God is by die mensdom, en hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees. En God self sal by hulle wees.+ 4 En God sal elke traan van hulle oë afvee,+ en die dood sal nie meer daar wees nie.+ Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie.+ Die vorige dinge is verby.”
5 Die Een wat op die troon sit,+ het gesê: “Kyk! Ek maak alles nuut.”+ Hy het ook gesê: “Skryf, want hierdie woorde is betroubaar en waar.” 6 En hy het vir my gesê: “Dit het gebeur! Ek is die Alfa en die Omeʹga,* die begin en die einde.+ Ek sal elkeen wat dors is, verniet uit die fontein van die water van die lewe laat drink.+ 7 Elkeen wat oorwin, sal hierdie dinge ontvang, en ek sal sy God wees en hy sal my seun wees. 8 Maar die lafaards en dié sonder geloof+ en dié wat walglik is in hulle vuilheid en moordenaars+ en seksueel onsedelike* mense+ en dié wat spiritisme beoefen en afgodedienaars en al die leuenaars+ sal in die poel gegooi word wat met vuur en swael brand.+ Dit beteken die tweede dood.”+
9 Een van die sewe engele wat die sewe bakke gehad het wat gevul was met die sewe laaste plae,+ het gekom en vir my gesê: “Kom, en ek sal jou die bruid, die Lam se vrou,+ wys.” 10 Toe het hy my in die krag van die gees na ’n groot, hoë berg geneem, en hy het my die heilige stad Jerusalem gewys wat van God af uit die hemel neerdaal+ 11 en die heerlikheid van God+ het. Die glans daarvan was soos ’n baie kosbare steen, soos ’n jaspissteen wat kristalhelder blink.+ 12 Dit het ’n groot, hoë muur en 12 poorte gehad, en by die poorte was daar 12 engele, en op die poorte was die name gegraveer van die 12 stamme van Israel. 13 Aan die oostekant was drie poorte, en aan die noordekant drie poorte, en aan die suidekant drie poorte, en aan die westekant drie poorte.+ 14 Die muur van die stad het ook 12 fondamentstene gehad, en die 12 name van die 12 apostels+ van die Lam was daarop.
15 Die een wat met my gepraat het, het ’n goue riet vasgehou sodat hy die stad en sy poorte en sy muur kon meet.+ 16 Die stad is vierkantig, en sy lengte is gelyk aan sy breedte. En hy het die stad met die riet gemeet, 12 000 stadie.* Sy lengte en breedte en hoogte is gelyk. 17 Hy het ook die muur gemeet, 144 el,* volgens die maat wat ’n mens gebruik en ook dieselfde maat wat ’n engel gebruik. 18 En die muur is van jaspis+ gemaak, en die stad was van suiwer goud, soos helder glas. 19 Die fondamente van die stad se muur was versier met allerhande edelstene: Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde kalsedoon, die vierde smarag, 20 die vyfde sardoʹniks, die sesde sardis, die sewende chrisoliet, die agtste berilʹ, die negende topaas, die tiende chrisopraas, die elfde hiasint, die twaalfde ametis. 21 En die 12 poorte was 12 pêrels. Elke poort was uit een pêrel gemaak. Die hoofstraat van die stad was van suiwer goud, soos deurskynende glas.
22 Ek het nie ’n tempel daarin gesien nie, want Jehovah* God, die Almagtige,+ is sy tempel, en die Lam is ook sy tempel. 23 En die stad het nie die son en ook nie die maan nodig om daarop te skyn nie, want die heerlikheid van God het dit verlig,+ en sy lamp was die Lam.+ 24 Die nasies sal in die stad se lig lewe,+ en die konings van die aarde sal hulle heerlikheid in die stad inbring. 25 Sy poorte sal gedurende die dag glad nie toegemaak word nie, want nag sal nie daar bestaan nie.+ 26 En hulle sal die prag en die eer van die nasies daarin bring.+ 27 Maar enigiets wat onrein is en enigiemand wat iets walgliks en bedriegliks doen, sal glad nie daar ingaan nie.+ Net dié wat in die Lam se boekrol van die lewe geskryf is, sal ingaan.+
22 En hy het vir my ’n rivier van water van die lewe+ gewys, helder soos kristal, wat uit die troon van God en van die Lam+ uitvloei, 2 al in die middel van sy hoofstraat af. Aan albei kante van die rivier was daar bome van die lewe wat 12 vrugte-oeste voortbring, wat elke maand vrugte dra. En die blare van die bome was vir die genesing van die nasies.+
3 En daar sal nie meer enige vervloeking wees nie. Maar die troon van God en van die Lam+ sal in die stad wees, en sy slawe sal heilige diens vir hom doen. 4 Hulle sal sy gesig sien,+ en sy naam sal op hulle voorkoppe wees.+ 5 En daar sal nie meer nag wees nie,+ en hulle het geen lig van lampe of van die son nodig nie, want Jehovah* God sal hulle van lig voorsien,+ en hulle sal vir ewig en altyd as konings regeer.+
6 Hy het vir my gesê: “Hierdie woorde is betroubaar en waar.+ Ja, Jehovah,* die God wat die profete geïnspireer het,+ het sy engel gestuur om vir sy slawe te wys wat binnekort moet gebeur. 7 Kyk! ek kom gou.+ Gelukkig is elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boekrol bewaar.”+
8 Wel, ek, Johannes, was die een wat hierdie dinge gehoor en gesien het. Toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat hierdie dinge vir my gewys het. 9 Maar hy het vir my gesê: “Pasop! Moet dit nie doen nie! Ek is net ’n medeslaaf van jou en van jou broers die profete en van dié wat die woorde van hierdie boekrol bewaar. Aanbid God.”+
10 Hy het ook vir my gesê: “Moenie die woorde van die profesie van hierdie boekrol verseël nie, want die vasgestelde tyd is naby. 11 Laat die een wat onregverdig is, aanhou met sy onregverdigheid, en laat die een wat vuil is, aanhou met sy vuilheid, maar laat die een wat regverdig is, aanhou met sy regverdigheid, en laat die een wat heilig is, aanhou met sy heiligheid.
12 “‘Kyk! Ek kom gou, en ek sal aan elkeen gee volgens sy werk.+ 13 Ek is die Alfa en die Omeʹga,*+ die eerste en die laaste, die begin en die einde. 14 Gelukkig is dié wat hulle klere was+ sodat hulle die reg kan hê om na die bome van die lewe+ te gaan en hulle die stad deur sy poorte kan binnegaan.+ 15 Buite is die honde* en dié wat spiritisme beoefen en dié wat seksueel onsedelik* is en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat lief is vir leuens en die gewoonte het om te lieg.’+
16 “‘Ek, Jesus, het my engel gestuur om vir julle van hierdie dinge te getuig ter wille van die gemeentes. Ek is die wortel en die nakomeling van Dawid+ en die helder môrester.’”+
17 Die gees en die bruid+ hou aan om te sê: “Kom!” En laat enigiemand wat hoor, sê: “Kom!” En laat enigiemand wat dors is, kom.+ Laat enigiemand wat wil, verniet van die water van die lewe drink.+
18 “Ek getuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boekrol hoor: As iemand enigiets hierby voeg,+ sal God die plae wat in hierdie boekrol geskryf is, by hom voeg.+ 19 En as iemand enigiets van die woorde van die boekrol van hierdie profesie wegneem, sal God sy deel wegneem en hom nie toelaat om van die bome van die lewe te eet+ en in die heilige stad+ in te gaan nie, dinge waarvan daar in hierdie boekrol geskryf is.
20 “Die een wat van hierdie dinge getuig, sê: ‘Ja, ek kom gou.’”+
“Amen! Kom, Here Jesus.”
21 Mag die onverdiende goedheid van die Here Jesus met die heiliges wees.
Of “’n Onthulling”.
Of “hulleself in droefheid slaan”.
Of “die A en die Z”. Alfa en Omega is die eerste en die laaste letters van die Griekse alfabet.
Sien Aanh. A5.
Of “Hades”. Sien Woordelys.
Sien Woordelys.
Sien Woordelys.
Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.
Of “diepste emosies”. Lett. “niere”.
Lett. “naam”.
Lett. “’n paar name”.
Of “laat eer bewys”.
Of moontlik “die voorbeeld van my volharding gevolg het”.
Of “gelouter”.
Of “’n rooikleurige edelsteen”.
Of “by”.
Sien Aanh. A5.
Sien Aanh. A5.
Lett. “aan die binnekant en aan die agterkant”.
Lett. “Goiniks”. Sien Aanh. B14.
’n Romeinse silwermuntstuk wat gelyk was aan ’n dag se loon. Sien Aanh. B14.
Of “Hades”. Sien Woordelys.
Blykbaar hulle lewensbloed wat by die altaar uitgegooi is. Sien Woordelys.
Waarskynlik bokhaar.
Of “ooste”.
Of “reukwerkbrander”.
’n Soort bitter plant.
Of “put”.
Beteken “vernietiging”.
Beteken “vernietiger”.
Of “20 000 maal 10 000”, gelyk aan 200 000 000.
Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.
Lett. “voete”.
Of “maatstok”.
Of “gees”.
Of “het toegekyk”.
Sien Aanh. A5.
Of “die verderwers van die aarde te verderf”.
Of “koninklike kopbande”.
Beteken “wie is soos God?”
Of moontlik “maar dit [die draak] is oorwin”.
Of “lewens”. Sien Woordelys.
D.w.s. drie en ’n half tye.
Lett. “saad”.
D.w.s. die draak.
Of “koninklike kopbande”.
Of “grondlegging van die wêreld”.
Of moontlik “As iemand met die swaard doodgemaak gaan word”.
Of “gees”.
Sien Woordelys.
Of “in die lug”.
Of “woede”.
Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.
Omtrent 296 km. ’n Stadie was gelyk aan 185 m. Sien Aanh. B14.
Sien Aanh. A5.
Sien Aanh. A5.
Of “siel”.
Sien Aanh. A5.
Of “regterlike bevele”.
Lett. “sy koninkryk”.
Of “ooste”.
Lett. “onrein geeste”.
Grieks: Har Ma·ge·donʹ, van ’n Hebreeuse term wat “berg van Megiddo” beteken.
’n Griekse talent was gelyk aan 20,4 kg. Sien Aanh. B14.
Sien Woordelys.
Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.
Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.
Of “grondlegging van die wêreld”.
Of “intelligensie”.
Of moontlik “asem; geïnspireerde stelling”.
Of “woede”.
Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.
Of “reisende koopmanne”.
Of “haar misdade”.
Sien Aanh. A5.
Sien Woordelys.
Of “hulleself in droefheid oor haar slaan”.
Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.
Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.
Lett. “uit haar hand”.
Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.
Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.
Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.
Sien Aanh. A5.
Of “koninklike kopbande”.
Of moontlik “besprinkel”.
Of “in die lug”.
Lett. “dié wat met die byl doodgemaak is”.
Of “in bedwang gehou; gevange gehou”.
Of “Hades”. Sien Woordelys.
Of “Hades”. Sien Woordelys.
Of “die A en die Z”. Alfa en Omega is die eerste en die laaste letters van die Griekse alfabet.
Sien Woordelys, “Seksuele onsedelikheid”.
Omtrent 2 200 km. ’n Stadie was gelyk aan 185 m. Sien Aanh. B14.
Omtrent 64 m. Sien Aanh. B14.
Sien Aanh. A5.
Sien Aanh. A5.
Sien Aanh. A5.
Of “die A en die Z”. Alfa en Omega is die eerste en die laaste letters van die Griekse alfabet.
D.w.s. dié wie se gedrag walglik is in God se oë.
Sien Woordelys, “Seksuele onsedelikheid”.