Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • nwt 1 Korintiërs 1:1-16:24
  • 1 Korintiërs

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 1 Korintiërs
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
1 Korintiërs

DIE EERSTE BRIEF AAN DIE KORINTIËRS

1 Van Paulus, wat deur God se wil geroep is om ’n apostel van Christus Jesus te wees,+ en van ons broer Sosʹtenes. 2 Aan die gemeente van God wat in Korinte+ is, aan julle wat in eenheid met Christus Jesus geheilig is,+ en wat geroep is om heiliges te wees, saam met almal wat oral die naam aanroep van ons Here Jesus Christus,+ hulle Here en ons s’n:

3 Mag julle onverdiende goedheid en vrede hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.

4 Ek dank my God altyd vir julle omdat God sy onverdiende goedheid deur Christus Jesus aan julle gegee het. 5 Deur hom het God julle in elke opsig ryk gemaak, in die volle vermoë om te praat en in alle kennis.+ 6 Net so is die getuienis oor die Christus+ onder julle bevestig, 7 sodat julle alles sal hê wat julle nodig het terwyl julle gretig wag dat ons Here Jesus Christus geopenbaar word.+ 8 Hy sal julle ook tot die einde toe standvastig maak, sodat niemand julle van enigiets kan beskuldig in die dag van ons Here Jesus Christus nie.+ 9 God is getrou,+ en hy het julle geroep om met sy Seun Jesus Christus, ons Here, verenig te wees.*

10 Ek spoor julle dan nou almal aan, broers, deur die naam van ons Here Jesus Christus, om verenig te wees in wat julle sê en om nie enige verdeeldhede onder julle te hê nie,+ maar om heeltemal verenig te wees in dieselfde denke en in dieselfde opinie.+ 11 Want party van Chloë se huismense het vir my gesê dat daar onenighede onder julle is, my broers. 12 Ek noem dit omdat party van julle sê: “Ek behoort aan Paulus,” “Maar ek aan Apolʹlos,”+ “Maar ek aan Sefas,”* “Maar ek aan Christus”. 13 Is die Christus verdeeld? Paulus is tog nie vir julle aan die paal gehang nie, of hoe? Of is julle in die naam van Paulus gedoop? 14 Ek dank God dat ek nie een van julle gedoop het nie, behalwe Krispus+ en Gajus,+ 15 sodat niemand kan sê dat julle in my naam gedoop is nie. 16 Ja, ek het ook die huismense van Steʹfanas+ gedoop. Verder weet ek nie of ek enigiemand anders gedoop het nie. 17 Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die goeie nuus bekend te maak+ – en nie met wysheid van woorde* nie, sodat die folterpaal* van die Christus nie nutteloos gemaak sou word nie.

18 Want die boodskap oor die folterpaal* is belaglik vir dié wat vernietig gaan word,+ maar vir ons wat gered gaan word, is dit God se krag.+ 19 Want daar is geskryf: “Ek sal die wysheid van die wyse mense laat verdwyn, en ek sal die intelligensie van die geleerde* mense verwerp.”+ 20 Waar is die wyse mense? Waar is die skrifgeleerdes? Waar is die debatteerders van hierdie wêreld?* Het God nie die wysheid van die wêreld belaglik gemaak nie? 21 Die wêreld vertrou op hulle eie wysheid,+ en daarom het hulle God nie leer ken nie.+ Baie dink dat die boodskap wat ons verkondig, belaglik is,+ maar God het sy wysheid getoon deur dié te red wat as gevolg van hierdie boodskap glo.

22 Want die Jode vra vir wonderwerke+ en die Grieke soek na wysheid, 23 maar ons verkondig Christus, wat aan die paal gehang is. Vir die Jode is dit ’n struikelblok, maar vir die nasies iets belagliks.+ 24 Maar vir dié wat geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God.+ 25 Want iets belagliks wat van God af kom, is wyser as mense, en iets swaks wat van God af kom, is sterker as mense.+

26 Broers, dink aan die tyd toe julle geroep is. Nie baie van julle was wys in die oë van mense* nie,+ nie baie was magtig nie, nie baie was uit ’n belangrike familie* nie.+ 27 God het eerder die belaglike dinge van die wêreld uitgekies sodat hy die wyse mense kan laat skaam word, en hy het die swak dinge van die wêreld uitgekies sodat hy die sterk dinge kan laat skaam word.+ 28 God het ook die onbelangrike dinge van die wêreld uitgekies en die dinge waarop daar neergekyk word, die dinge wat nie is nie, sodat hy die dinge wat is, kan vernietig,+ 29 sodat niemand* voor God kan spog nie. 30 Maar dit is deur God dat julle in eenheid is met Christus Jesus, die een wat God se wysheid en regverdigheid+ aan ons openbaar en wat ons kan heilig+ en deur ’n losprys kan bevry,+ 31 sodat dit kan wees net soos daar geskryf is: “Laat hy wat spog, oor Jehovah* spog.”+

2 Broers, toe ek die heilige geheim+ van God aan julle bekend kom maak het, het ek nie met hoë woorde+ of wysheid na julle toe gekom nie. 2 Want ek het besluit om julle aandag net op Jesus Christus te vestig, die een wat aan die paal gehang is.+ 3 Toe ek by julle kom, was ek swak en bang en het ek baie gebewe. 4 Toe ek gepraat en gepreek het, het ek nie woorde van wysheid gebruik om julle te oorreed nie, maar my woorde het die krag van die heilige gees getoon,+ 5 sodat julle geloof nie in mense se wysheid sou wees nie, maar in God se krag.

6 Met mense wat geestelik volwasse is,+ praat ons oor wysheid, maar nie oor die wysheid van hierdie wêreld* of oor die wysheid van die heersers van hierdie wêreld, wat nie meer sal bestaan nie.+ 7 Maar ons praat oor God se wysheid, wat ’n heilige geheim+ is. Voor hierdie tydperke* het God besluit om volgens hierdie wysheid op te tree sodat ons eer sou ontvang. 8 Nie een van die heersers van hierdie wêreld* het hierdie wysheid leer ken nie,+ want as hulle dit geken het, sou hulle nie die glorieryke Here aan die paal gehang het nie. 9 Maar net soos daar geskryf is: “Die dinge wat God voorberei het vir dié wat hom liefhet, het die oog nie gesien nie en die oor nie gehoor nie, en dit het ook nie in die hart van die mens opgekom nie.”+ 10 Want God het dit deur sy gees aan ons geopenbaar,+ want die gees+ ondersoek alle dinge, selfs die diep dinge van God.+

11 Wie ken die denke van ’n mens, behalwe daardie persoon self?* Net so het niemand die denke van God leer ken nie, behalwe die gees van God. 12 En ons het nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die gees wat van God kom,+ sodat ons die dinge kan verstaan wat God uit sy goedheid aan ons gegee het. 13 Wanneer ons oor hierdie dinge praat, gebruik ons nie woorde wat ons deur menslike wysheid geleer het nie,+ maar woorde wat ons deur die gees geleer het.+ En so verduidelik* ons geestelike dinge met geestelike woorde.

14 Maar ’n fisiese mens aanvaar* nie die dinge van die gees van God nie, want dit is belaglik vir hom, en hy kan dit nie verstaan nie, want dit moet geestelik ondersoek word. 15 Die geestelike mens ondersoek egter alle dinge,+ maar hy word deur niemand ondersoek nie. 16 Want “wie het die denke van Jehovah* leer ken, sodat hy Hom kan onderrig?”+ Maar ons het wel die denke van Christus.+

3 Broers, ek kon dus nie met julle praat soos met geestelike mense nie,+ maar ek praat met julle soos met vleeslike mense, soos met klein kindertjies+ in Christus. 2 Ek het vir julle melk gegee, nie vaste voedsel nie, want julle was nog nie sterk genoeg nie. Om die waarheid te sê, selfs nou is julle nie sterk genoeg nie,+ 3 want julle is nog steeds vleeslik.+ Daar is jaloesie en stryery onder julle. Bewys dit dan nie dat julle vleeslik is+ en dat julle julle soos mense gedra nie? 4 Want julle gedra julle soos blote mense wanneer die een sê: “Ek behoort aan Paulus,” maar ’n ander een sê: “Ek behoort aan Apolʹlos.”+

5 Wat is Apolʹlos dan? Ja, wat is Paulus? Bedienaars+ wat die werk doen wat die Here aan elkeen gegee het en deur wie julle gelowiges geword het. 6 Ek het geplant,+ Apolʹlos het natgegooi,+ maar God laat dit groei. 7 Die een wat plant en die een wat natgooi, verdien dus nie die eer nie, maar eerder God wat dit laat groei.+ 8 Die een wat plant en die een wat natgooi, het dieselfde doelwit,* maar elkeen sal sy eie beloning ontvang volgens sy eie werk.+ 9 Want ons is God se medewerkers. Julle is God se saailand wat bewerk word, God se gebou.+

10 Volgens die onverdiende goedheid wat God aan my gegee het, het ek as ’n vaardige meesterbouer ’n fondament gelê,+ maar iemand anders bou daarop. Elkeen moet dus bly aandag skenk aan hoe hy daarop bou. 11 Want niemand kan enige ander fondament lê as wat reeds gelê is nie, dit is Jesus Christus.+ 12 As iemand dan nou op die fondament met goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi of strooi bou, 13 sal elkeen se bouwerk duidelik gemaak word, want die dag sal dit duidelik maak. Dit sal deur middel van vuur geopenbaar word,+ en die vuur sal wys van watter gehalte elkeen se bouwerk is. 14 As iemand se bouwerk bly staan, sal hy ’n beloning ontvang. 15 As iemand se bouwerk afbrand, sal hy verlies ly, maar hy sal gered word, en selfs dan sal dit wees asof hy uit ’n vuur gered is.

16 Weet julle nie dat julle God se tempel+ is en dat die gees van God in julle woon nie?+ 17 As iemand die tempel van God vernietig, sal God hom vernietig, want die tempel van God is heilig, en julle is daardie tempel.+

18 Laat niemand homself bedrieg nie: As een van julle dink dat hy wys is in hierdie wêreld,* laat hom ’n dwaas word, sodat hy wys kan word. 19 Die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God, want daar is geskryf: “Hy vang die wyses met hulle eie slinkse planne.”+ 20 En ook: “Jehovah* weet dat die redenasies van die wyses niks beteken nie.”+ 21 Laat niemand dus oor mense spog nie, want alles behoort aan julle, 22 of dit nou Paulus of Apolʹlos of Sefas* is,+ of die wêreld of die lewe of die dood of dinge wat nou gebeur of dinge wat nog gaan gebeur, alles behoort aan julle, 23 maar julle behoort aan Christus,+ en Christus behoort aan God.

4 Mense moet ons beskou as dienaars van Christus en bestuurders van God se heilige geheime.+ 2 En daar word van bestuurders verwag dat hulle getrou moet wees. 3 Vir my is dit glad nie belangrik dat julle of enige menslike hof my ondersoek nie. Om die waarheid te sê, ek ondersoek nie eers myself nie, 4 want ek is nie bewus van enigiets teen my nie. Maar dit bewys nie dat ek regverdig is nie. Die een wat my ondersoek, is Jehovah.*+ 5 Daarom moet julle nie voor die vasgestelde tyd oordeel nie,+ totdat die Here kom. Hy sal die geheime dinge van die duisternis openbaar en die planne van die harte bekend maak, en dan sal God elkeen prys.+

6 Broers, ek het hierdie dinge dan nou vir julle eie beswil op my en Apolʹlos+ toegepas, sodat julle die volgende reël deur ons kan leer: “Moenie verder gaan as die dinge wat geskryf is nie.” Dan sal julle nie opgeblase van trots+ wees en die een bo die ander voortrek nie. 7 Want wat maak jou dan anders as iemand anders? Ja, wat het jy wat jy nie ontvang het nie?+ As jy dit dan in werklikheid ontvang het, hoekom spog jy asof jy dit nie ontvang het nie?

8 Is julle al klaar versadig? Is julle al klaar ryk? Het julle sonder ons as konings begin regeer?+ Ek wens dat julle al as konings begin regeer het, want dan kon ons ook saam met julle as konings regeer.+ 9 Want dit lyk vir my asof God ons, die apostels, laaste laat verskyn het as mense wat tot die dood veroordeel is,+ want ons het ’n teaterskouspel geword vir die wêreld+ en vir engele en vir mense. 10 Ons is dwase+ ter wille van Christus, maar julle is verstandig omdat julle Christus volg. Ons is swak, maar julle is sterk. Julle word geëer, maar daar word op ons neergekyk. 11 Tot op hierdie uur is ons nog steeds honger+ en dors+ en het ons skaars klere aan* en word ons geslaan*+ en is ons dakloos 12 en werk ons hard met ons eie hande.+ Wanneer ons beledig word, seën ons.+ Wanneer ons vervolg word, verdra ons dit geduldig.+ 13 Wanneer ons naam deur die modder gesleep* word, gee ons ’n sagte antwoord.*+ Tot nou toe het ons soos die vullis van die wêreld geword, die skuim* van alle dinge.

14 Ek skryf nie hierdie dinge om julle te laat skaam kry nie, maar om julle raad te gee as my geliefde kinders. 15 Want al het julle ook 10 000 oppassers* in Christus, het julle beslis nie baie vaders nie, want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur middel van die goeie nuus.+ 16 Ek spoor julle dus aan: Word navolgers van my.+ 17 Daarom stuur ek Timoʹteus na julle toe, want hy is my geliefde en getroue kind in die Here. Hy sal julle herinner aan die metodes wat ek volg* in my diens aan Christus Jesus,+ dieselfde metodes wat ek oral in elke gemeente aan ander leer.

18 Party is opgeblase van trots, want hulle dink dat ek nie na julle toe kom nie. 19 Maar ek sal binnekort na julle toe kom, as Jehovah* wil, nie om te luister na die woorde van hierdie mense wat opgeblase van trots is nie, maar om uit te vind of hulle God se krag het of nie. 20 Want die Koninkryk van God gaan nie oor woorde nie, maar oor krag. 21 Wat verkies julle? Moet ek met ’n slaanding na julle toe kom,+ of met liefde en sagmoedigheid?

5 Ek het gehoor dat daar seksuele onsedelikheid*+ onder julle is, die soort onsedelikheid* wat nie eers onder die nasies voorkom nie – waar ’n man saam met sy pa se vrou lewe.*+ 2 Is julle trots daarop? Moet julle nie eerder hartseer wees nie?+ Moet julle nie die man wat dit gedoen het, onder julle uit verwyder nie?+ 3 Al is ek nie fisies daar nie, is ek daar in die gees, en ek het die man wat dit gedoen het, reeds geoordeel asof ek daar by julle is. 4 Wanneer julle in die naam van ons Here Jesus bymekaar is, sal ek in die gees saam met julle wees met die krag van ons Here Jesus. 5 Dan moet julle so iemand aan Satan oorlewer+ sodat daardie persoon se slegte invloed* vernietig kan word en die gees van die gemeente* gered kan word in die dag van die Here.+

6 Dit is nie goed dat julle so trots is nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg al die deeg laat gis nie?+ 7 Verwyder die ou suurdeeg sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees. Dit is tog wat julle eintlik is, want Christus, ons Pasga-lam,+ is geoffer.+ 8 Laat ons die fees dus nie met ou suurdeeg vier nie,+ en ook nie met suurdeeg van slegtheid en goddeloosheid nie, maar met ongesuurde brood van opregtheid en waarheid.

9 In my brief het ek aan julle geskryf dat julle moet ophou assosieer met mense wat seksueel onsedelik* is. 10 Ek bedoel nie alle mense van hierdie wêreld wat seksueel onsedelik*+ of gierig is of wat ander afpers of afgode aanbid nie. Anders sou julle in werklikheid die wêreld moes verlaat.+ 11 Maar nou skryf ek aan julle om op te hou assosieer+ met enigeen wat ’n broer genoem word maar wat seksueel onsedelik* of gierig is+ of wat afgode aanbid of ander uitskel* of wat ’n dronkaard+ of ’n afperser+ is. Moenie eers saam met so iemand eet nie. 12 Want wat het ek te doen met die oordeel van die mense wat buite die gemeente is? Oordeel julle nie die mense wat binne die gemeente is 13 terwyl God die mense oordeel wat buite is nie?+ “Verwyder die goddelose mens onder julle uit.”+

6 As een van julle ’n saak teen iemand anders het,+ hoe durf julle hof toe gaan om voor onregverdiges te verskyn en nie voor die heiliges nie? 2 Of weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie?+ En as die wêreld deur julle geoordeel sal word, is julle dan nie in staat om onbelangrike sake te verhoor nie? 3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie?+ Hoekom dan nie alledaagse sake nie? 4 As julle dan wel alledaagse sake het wat verhoor moet word,+ hoekom stel julle dan manne as regters aan op wie die gemeente neersien? 5 Ek sê hierdie dinge om julle te laat skaam kry. Is daar nie een wyse man onder julle wat tussen sy broers kan oordeel nie? 6 Maar nou sleep een broer die ander broer hof toe, en dit nog voor ongelowiges!

7 Om die waarheid te sê, as julle mekaar hof toe sleep, het julle al klaar verloor. Hoekom laat julle nie eerder toe dat julle ’n onreg aangedoen word nie?+ Hoekom laat julle nie eerder toe dat julle benadeel word nie? 8 In plaas daarvan doen julle ander ’n onreg aan en benadeel julle hulle, en julle doen dit nogal aan julle broers!

9 Of weet julle nie dat onregverdige mense God se Koninkryk nie sal erf nie?+ Moenie mislei word nie. Mense wat seksueel onsedelik*+ is, afgode aanbid,+ egbreuk pleeg,+ sowel as mans wat toelaat dat hulle vir homoseksuele dade gebruik word,+ mans wat homoseksualiteit beoefen,*+ 10 diewe, mense wat gierig is,+ dronkaards,+ mense wat ander uitskel* en afpersers sal God se Koninkryk nie erf nie.+ 11 En tog is dit wat party van julle was. Maar julle is skoon gewas,+ julle is geheilig,+ julle is regverdig verklaar+ in die naam van die Here Jesus Christus en met die gees van ons God.

12 Alles is toelaatbaar,* maar nie alles is voordelig nie.+ Alles is toelaatbaar, maar ek sal my nie deur enigiets laat beheer* nie. 13 Kos is vir die maag, en die maag is vir kos, maar God sal ’n einde aan albei maak.+ Die liggaam is nie vir seksuele onsedelikheid* nie, maar vir die Here,+ en die Here is vir die liggaam. 14 Maar God het die Here opgewek+ en sal ons ook deur sy krag+ uit die dood opwek.+

15 Weet julle nie dat julle liggame deel van Christus is nie?+ Sal ek dan ’n deel van die Christus wegneem en dit met ’n prostituut verenig? Beslis nie! 16 Weet julle nie dat iemand wat hom met ’n prostituut verenig deur seksuele omgang met haar te hê, een liggaam met haar is nie? Want hy sê: “Die twee sal een vlees wees.”+ 17 Maar hy wat met die Here verenig is, is een saam met hom in gees.+ 18 Vlug vir seksuele onsedelikheid!*+ Elke ander sonde wat ’n mens pleeg, is buite sy liggaam, maar hy wat seksuele onsedelikheid beoefen, sondig teen sy eie liggaam.+ 19 Weet julle nie dat julle liggaam die tempel+ is van die heilige gees wat in julle is en wat julle van God ontvang het nie?+ En julle behoort nie aan julleself nie,+ 20 want julle is met ’n prys gekoop.+ Eer God+ dan met julle liggame.+

7 Ek wil nou die dinge bespreek waaroor julle aan my geskryf het. Dit is beter vir ’n man om nie aan ’n vrou te raak* nie, 2 maar omdat seksuele onsedelikheid* so algemeen is, moet elke man sy eie vrou hê,+ en elke vrou haar eie man.+ 3 Laat die man sy plig teenoor sy vrou nakom, en laat die vrou ook dieselfde teenoor haar man doen.+ 4 Die vrou het nie gesag oor haar eie liggaam nie, maar haar man het. Net so het die man nie gesag oor sy eie liggaam nie, maar sy vrou het. 5 Moenie seksuele omgang van mekaar weerhou nie, behalwe as julle albei saam besluit dat julle dit vir ’n spesifieke tyd sal doen sodat julle tyd kan opsysit vir gebed. Daarna moet julle weer bymekaarkom, sodat Satan julle nie kan verlei as gevolg van ’n gebrek aan selfbeheersing nie. 6 Wat ek hierbo sê, is iets wat julle mag doen, maar dit is nie ’n opdrag nie. 7 Ek wens dat alle mense soos ek is. Maar elkeen het sy eie gawe+ van God, die een op hierdie manier, die ander op daardie manier.

8 En vir dié wat nie getroud is nie en vir die weduwees sê ek dat dit vir hulle beter is as hulle bly soos ek is.+ 9 Maar as hulle nie selfbeheersing het nie, laat hulle trou, want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.+

10 Aan die getroudes gee ek instruksies, nie ek nie, maar die Here, dat ’n vrou nie van haar man moet weggaan nie.+ 11 Maar as sy wel weggaan, moet sy ongetroud bly of teruggaan na haar man toe.* ’n Man moet ook nie sy vrou verlaat nie.+

12 Maar vir die ander sê ek, ja ek, nie die Here nie:+ As enige broer ’n ongelowige vrou het en sy bereid is om by hom te bly, moet hy haar nie verlaat nie. 13 En as ’n vrou ’n ongelowige man het en hy bereid is om by haar te bly, moet sy haar man nie verlaat nie. 14 Want die ongelowige man is geheilig as gevolg van sy vrou, en die ongelowige vrou is geheilig as gevolg van haar gelowige man.* Anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig. 15 Maar as die ongelowige kies om weg te gaan, laat hom weggaan. Onder sulke omstandighede is die gelowige maat* nie gebind nie, maar God het julle geroep om in vrede te lewe.+ 16 Want vrou, hoe weet jy of jy nie dalk jou man sal red nie?+ Of man, hoe weet jy of jy nie dalk jou vrou sal red nie?

17 Laat elkeen lewe volgens die omstandighede wat Jehovah* vir hom toegelaat het en soos God hom geroep het.+ Ek gee hierdie opdrag aan al die gemeentes. 18 Was iemand reeds besny toe hy geroep is?+ Laat hom so bly. Is iemand geroep toe hy nie besny was nie? Laat hom nie besny word nie.+ 19 Om besny te wees, is nie belangrik nie, en om nie besny te wees nie, is nie belangrik nie.+ Wat wel belangrik is, is om aan God se gebooie gehoorsaam te wees.+ 20 Laat elkeen bly soos hy was toe hy geroep is.+ 21 Was jy ’n slaaf toe jy geroep is? Moenie dat dit jou bekommer nie.+ Maar as jy die geleentheid het om vry te word, maak gebruik daarvan. 22 Want enigeen wat ’n slaaf was toe hy in die Here geroep is, is ’n vrygelatene en behoort aan die Here.+ Net so is enigeen wat ’n vryman was toe hy geroep is, ’n slaaf van Christus. 23 Julle is met ’n prys gekoop.+ Hou op om slawe van mense te word. 24 Broers, laat elkeen voor God bly soos hy was toe hy geroep is.

25 Vir die maagde* het ek nie ’n bevel van die Here nie, maar ek gee my mening+ as iemand wat betroubaar is weens die genade wat die Here betoon het. 26 Omdat ons in hierdie moeilike tyd lewe, dink ek dus dat dit vir ’n mens beter is om te bly soos hy is. 27 Is jy gebind aan ’n vrou? Hou op om te probeer vrykom.+ Is jy nie aan ’n vrou gebind nie? Hou op om ’n vrou te soek. 28 Maar al trou jy, pleeg jy nie sonde nie. En as ’n maagd trou, pleeg so iemand nie sonde nie. Mense wat wel trou, sal probleme ondervind.* Maar ek probeer julle dit spaar.

29 En ek wil ook byvoeg, broers: Die oorblywende tyd is kort.+ Laat dié wat vrouens het, van nou af wees asof hulle nie vrouens het nie, 30 en dié wat huil, soos dié wat nie huil nie, en dié wat bly is, soos dié wat nie bly is nie, en dié wat koop, soos dié wat nie besit nie, 31 en dié wat van die wêreld gebruik maak, soos dié wat dit nie ten volle gebruik nie, want die toneel van hierdie wêreld is besig om te verander. 32 Ja, ek wil hê dat julle sonder bekommernisse moet wees. Die ongetroude man is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here se goedkeuring kan verkry. 33 Maar die getroude man is besorg oor die dinge van die wêreld,+ hoe hy sy vrou se goedkeuring kan verkry, 34 en hy is verdeeld. En die ongetroude vrou en die maagd is besorg oor die dinge van die Here,+ sodat sy in haar liggaam sowel as in haar gees heilig kan wees. Maar die getroude vrou is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy haar man se goedkeuring kan verkry. 35 Maar ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om beperkings op julle te plaas nie, maar om julle aan te spoor om te doen wat gepas is en om die Here heelhartig te bly dien sonder dat julle aandag afgetrek word.

36 Maar as iemand dink dat hy hom onbehoorlik gedra deur ongetroud te bly* en hy verby die bloei van die jeug is, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.+ 37 Maar as iemand in sy hart vasbeslote is en nie die behoefte het nie, maar hy beheer oor homself het en in sy hart besluit het om ongetroud te bly,* sal hy goed doen.+ 38 Die een wat trou,* doen ook goed, maar die een wat nie trou nie, doen beter.+

39 ’n Vrou is gebind solank as wat haar man lewe.+ Maar as haar man sterf,* is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.+ 40 Maar in my opinie is sy gelukkiger as sy bly soos sy is. Ek dink beslis dat ek ook God se gees het.

8 Nou skryf ek aan julle oor kos wat aan afgode geoffer is.+ Ons weet dat ons almal kennis het.+ Kennis maak trots,* maar liefde bou op.+ 2 As iemand dink dat hy iets weet, weet hy nog nie soveel daarvan as wat hy behoort te weet nie. 3 Maar as iemand God liefhet, word hy deur Hom geken.

4 En nou skryf ek oor die een wat kos eet wat aan afgode geoffer is. Ons weet dat ’n afgod niks in die wêreld is nie+ en dat daar net een God is.+ 5 Want selfs al is daar sogenaamde gode, of dit nou in die hemel of op die aarde is,+ net soos daar baie “gode” en baie “here” is, 6 is daar in werklikheid vir ons net een God,+ die Vader,+ uit wie alles is en vir wie ons lewe.+ En daar is een Here, Jesus Christus, deur wie alles is,+ en deur wie ons lewe.

7 Maar nie almal het hierdie kennis nie.+ Omdat party voorheen ’n afgod aanbid het, voel hulle dat hulle nog steeds iets eet wat aan ’n afgod geoffer is,+ en omdat hulle gewete swak is, voel hulle skuldig.*+ 8 Maar kos sal ons nie nader aan God bring nie.+ Ons is nie slegter af as ons nie eet nie en ook nie beter af as ons wel eet nie.+ 9 Maar pasop dat jou reg om te kies, nie ’n struikelblok word vir dié wat swak is nie.+ 10 Want as iemand wat swak is, sien dat jy, wat kennis het, ’n maaltyd in ’n afgodstempel eet, sal dit nie sy gewete só beïnvloed dat hy ook kos sal eet wat aan afgode geoffer is nie? 11 Deur jou kennis word die geloof vernietig van die een wat swak is, jou broer vir wie Christus gesterf het.+ 12 Wanneer julle op hierdie manier teen julle broers sondig en hulle swak gewete seermaak,+ sondig julle teen Christus. 13 As kos my broer dus laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie, sodat ek my broer nie sal laat struikel nie.+

9 Is ek nie vry nie? Is ek nie ’n apostel nie? Het ek nie Jesus, ons Here, gesien nie?+ Is julle nie my werk in die Here nie? 2 Selfs al is ek nie ’n apostel vir ander nie, is ek beslis vir julle! Want julle is die seël wat my apostelskap in die Here bevestig.

3 Hier is my verdediging teenoor dié wat my ondersoek: 4 Ons het die reg* om te eet en te drink, nie waar nie? 5 Ons het die reg om ’n gelowige vrou* saam te neem+ soos die res van die apostels, die Here se broers+ en Sefas,*+ nie waar nie? 6 Of is dit net ek en Barʹnabas+ wat nie die reg het om te werk om ons te onderhou nie? 7 Watter soldaat moet ooit vir sy eie uitgawes betaal? Wie plant ’n wingerd en eet nie die vrugte daarvan nie?+ Of watter herder gebruik nie van die melk van die kudde nie?

8 Sê ek hierdie dinge uit ’n menslike oogpunt? Of sê die Wet nie ook hierdie dinge nie? 9 Want in die Wet van Moses is daar geskryf: “Jy mag nie ’n bul se bek toebind wanneer hy op die dorsvloer werk nie.”+ Is God bekommerd oor bulle? 10 Of sê hy dit eintlik vir ons? Dit is eintlik vir ons geskryf, want die man wat ploeg en die man wat op die dorsvloer werk, behoort dit te doen omdat hulle hoop dat hulle ’n deel sal ontvang.

11 As ons geestelike dinge tussen julle gesaai het, is dit te veel gevra om materiële dinge van julle te oes?+ 12 As ander die reg het om iets by julle te kry, is ons reg daarop dan nie soveel groter nie? En tog het ons nie van hierdie reg* gebruik gemaak nie.+ Maar ons verdra alle dinge, sodat ons nie op enige manier keer dat die goeie nuus oor die Christus versprei word nie.+ 13 Weet julle nie dat die manne wat heilige take verrig, die dinge van die tempel eet en dat dié wat gereeld by die altaar dien, ’n deel by die altaar ontvang nie?+ 14 Die Here het ook dié wat die goeie nuus verkondig, beveel om deur middel van die goeie nuus te lewe.+

15 Maar ek het nie van een van hierdie voorsienings gebruik gemaak nie.+ Ek het nie hierdie dinge geskryf sodat dit vir my gedoen kan word nie, want dit sal vir my beter wees om te sterf as dat iemand my rede om trots te wees van my af wegneem!+ 16 As ek dan die goeie nuus bekend maak, het ek geen rede om te spog nie, want ek is verplig om dit te doen. Dit sal sleg gaan met my as ek die goeie nuus nie bekend maak nie!+ 17 As ek dit gewillig doen, het ek ’n beloning, maar selfs al doen ek dit teen my sin, het ek nog steeds ’n bestuurderskap wat aan my gegee is.+ 18 Wat is my beloning dan? Dat ek die goeie nuus kosteloos kan aanbied wanneer ek dit bekend maak, sodat ek nie my reg* in verband met die goeie nuus misbruik nie.

19 Want al is ek vry van almal, het ek my ’n slaaf van almal gemaak sodat ek soveel mense as moontlik kan wen. 20 Vir die Jode het ek soos ’n Jood geword sodat ek Jode kan wen.+ Vir die mense onder die wet het ek soos iemand onder die wet geword, al is ek nie self onder die wet nie, sodat ek dié onder die wet kan wen.+ 21 Vir die mense sonder wet het ek soos iemand sonder wet geword, al is ek nie sonder wet ten opsigte van God nie, maar onder die wet ten opsigte van Christus,+ sodat ek dié sonder wet kan wen. 22 Vir die swakkes het ek swak geword sodat ek die swakkes kan wen.+ Ek het alles vir alle soorte mense geword sodat ek op elke moontlike manier sommige kan red. 23 Maar ek doen alles ter wille van die goeie nuus, sodat ek dit aan ander kan verkondig.+

24 Weet julle nie dat die hardlopers in ’n wedloop almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop op so ’n manier dat julle dit kan wen.+ 25 Elkeen wat aan ’n wedstryd deelneem,* beoefen selfbeheersing in alles. Hulle doen dit natuurlik om ’n kroon te kry wat kan vergaan,+ maar ons doen dit om ’n kroon te kry wat nie vergaan nie.+ 26 Daarom hardloop ek nie soos iemand sonder ’n doel nie,+ en ek veg nie soos iemand wat in die lug slaan nie, 27 maar ek straf* my liggaam+ en lei dit as ’n slaaf, sodat ek, nadat ek vir ander gepreek het, nie self op die een of ander manier afgekeur* sou word nie.

10 Ek wil hê dat julle moet weet, broers, dat ons voorvaders almal onder die wolk was+ en almal deur die see getrek het+ 2 en almal in Moses gedoop is deur middel van die wolk en van die see 3 en almal dieselfde geestelike voedsel geëet het+ 4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het.+ Want hulle het uit die geestelike rots gedrink wat saam met hulle gegaan het, en daardie rots het die Christus beteken.*+ 5 En tog het die meeste van hulle nie God se goedkeuring gehad nie, want hulle is in die wildernis doodgemaak.+

6 En hierdie dinge het voorbeelde vir ons geword, sodat ons nie skadelike dinge moet begeer net soos hulle dit begeer het nie.+ 7 Moet ook nie afgodedienaars word, soos party van hulle geword het nie, net soos daar geskryf is: “Die volk het gaan sit om te eet en te drink. Toe het hulle opgestaan om fees te vier.”+ 8 En laat ons ook nie seksuele onsedelikheid* beoefen, soos party van hulle seksuele onsedelikheid* beoefen het en daar 23 000 van hulle op een dag gesterf het nie.+ 9 Laat ons Jehovah* ook nie toets,+ soos party van hulle hom getoets het en toe deur die slange doodgemaak is nie.+ 10 Moet ook nie mense wees wat kla, net soos party van hulle gekla het+ en toe deur die vernietiger doodgemaak is nie.+ 11 En hierdie dinge het met hulle gebeur as voorbeelde, en dit is opgeskryf as ’n waarskuwing vir ons+ wat aan die einde van die tydperke* lewe.

12 Die een wat dink dat hy staan, moet dus oppas dat hy nie val nie.+ 13 Die versoekings wat julle deurmaak, is iets wat ander mense ook deurmaak.+ Maar God is getrou, en hy sal nie toelaat dat julle ’n versoeking deurmaak wat julle nie kan hanteer nie,+ maar saam met die versoeking sal hy ook die uitweg gee, sodat julle dit sal kan verduur.+

14 Daarom, my geliefdes, vlug vir afgodediens.+ 15 Ek praat asof ek met mense praat wat tussen goed en sleg kan onderskei. Oordeel self wat ek sê. 16 Deel ons nie in die bloed van die Christus met die beker van seëning wat ons seën nie?+ Deel ons nie in die liggaam van die Christus met die brood wat ons breek nie?+ 17 Omdat daar een brood is, is ons, al is ons baie, een liggaam,+ want ons almal eet daardie een brood.

18 Kyk na vleeslike Israel: Het dié wat die offerandes eet, dan nie deel aan die aanbidding by die altaar nie?+ 19 Wat sê ek dan? Dat ’n afgodsoffer iets is, of dat ’n afgod iets is? 20 Nee, maar ek sê dat die nasies hulle offers aan demone offer en nie aan God nie,+ en ek wil nie hê dat julle by die demone moet aansluit nie.+ 21 Julle kan nie die beker van Jehovah* en die beker van demone drink nie. Julle kan nie aan “die tafel van Jehovah”*+ en aan die tafel van demone eet nie. 22 Of ‘maak ons Jehovah* jaloers’?+ Ons is tog nie sterker as hy nie, of hoe?

23 Alles is toelaatbaar,* maar nie alles is voordelig nie. Alles is toelaatbaar, maar nie alles bou op nie.+ 24 Laat elkeen nie sy eie voordeel bly soek nie, maar dié van die ander persoon.+

25 Eet alles wat by ’n vleismark verkoop word, sonder om navraag te doen as gevolg van julle gewete, 26 want “aan Jehovah* behoort die aarde en alles daarop”.+ 27 As ’n ongelowige julle nooi en julle wil gaan, eet dan alles wat vir julle bedien word, sonder om as gevolg van julle gewete navraag te doen. 28 Maar as iemand vir julle sê: “Dit is iets wat geoffer is,” moet julle dit nie eet nie, as gevolg van die een wat dit vir julle gesê het en as gevolg van die gewete.+ 29 Ek praat nie van julle eie gewete nie, maar van die ander persoon se gewete. Want hoekom moet my vryheid deur ’n ander persoon se gewete geoordeel word?+ 30 Hoekom sou ek iets eet en God daarvoor bedank as ek dan gekritiseer sou word vir iets waarvoor ek God bedank het?+

31 Of julle dan nou eet of drink of enigiets anders doen, doen alles tot eer van God.+ 32 Sorg dat julle nie vir Jode of vir Grieke of vir die gemeente van God struikelblokke word nie.+ 33 Ek probeer ook om alle mense in alle dinge in ag te neem. Ek soek nie my eie voordeel nie,+ maar dié van die meerderheid, sodat hulle gered kan word.+

11 Word navolgers van my, net soos ek van Christus is.+

2 Ek prys julle, want in alles dink julle aan my, en julle bly by die tradisies wat ek aan julle geleer het. 3 Maar ek wil hê dat julle moet weet dat die Christus die hoof van elke man is,+ die man die hoof van die vrou+ is en God die hoof van die Christus is.+ 4 Elke man wat met iets op sy hoof bid of profeteer, bring skande oor sy hoof, 5 maar elke vrou wat met ’n onbedekte hoof bid of profeteer,+ bring skande oor haar hoof, want dan sal sy wees soos ’n vrou met ’n geskeerde hoof. 6 Want as ’n vrou nie haar hoof bedek nie, moet sy haar hare laat afsny. Maar as dit vir ’n vrou ’n skande is dat haar hare afgesny of afgeskeer word, moet sy haar hoof bedek.

7 ’n Man moenie sy hoof bedek nie, want hy is God se beeld+ en bring eer aan God, maar die vrou bring eer aan die man. 8 Want die man het nie uit die vrou gekom nie, maar die vrou uit die man.+ 9 Wat meer is, die man is nie vir die vrou geskep nie, maar die vrou vir die man.+ 10 Daarom moet die vrou ’n teken van gesag op haar hoof hê as gevolg van die engele.+

11 En onder die volgelinge van die Here bestaan die vrou nie sonder die man nie en die man ook nie sonder die vrou nie. 12 Want net soos die vrou uit die man is,+ so is die man ook deur middel van die vrou, maar alles kom van God.+ 13 Oordeel self: Is dit gepas dat ’n vrou tot God bid as haar kop nie bedek is nie? 14 Dit is nie vir ’n man natuurlik om lang hare te hê nie – dit is ’n skande – 15 maar as ’n vrou lang hare het, bring dit vir haar eer. Want haar hare is vir haar gegee in die plek van ’n bedekking. 16 As enigiemand egter nie hiermee saamstem nie, moet julle vir hom sê dat ons geen ander gewoonte het nie, en die gemeentes van God het ook nie.

17 Maar terwyl ek hierdie instruksies gee, prys ek julle nie, want julle vergaderinge doen meer skade as goed. 18 Want in die eerste plek hoor ek dat daar verdeeldhede onder julle is wanneer julle in ’n gemeente bymekaarkom, en tot ’n mate glo ek dit. 19 Want daar sal beslis ook sektes onder julle wees,+ sodat dit duidelik kan word wie van julle deur God goedgekeur is.

20 Wanneer julle op een plek bymekaarkom, is dit nie regtig omdat julle die Here se Aandmaal+ wil eet nie. 21 Want wanneer julle dit eet, het elkeen reeds sy eie aandmaal geëet, en dan is die een honger terwyl die ander een dronk is. 22 Het julle nie huise waar julle kan eet en drink nie? Of dink julle dat die gemeente van God nie belangrik is nie, en laat julle dié wat niks het nie, skaam voel? Wat kan ek vir julle sê? Moet ek julle prys? In hierdie geval prys ek julle nie.

23 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgedra het, dat die Here Jesus die aand+ waarop hy verraai sou word, ’n brood geneem het, 24 en nadat hy ’n dankgebed gedoen het, het hy dit gebreek en gesê: “Dit beteken my liggaam,+ wat vir julle is. Hou aan om dit te doen as ’n herinnering aan my.”+ 25 Nadat hulle die aandmaal geëet het, het hy ook dieselfde met die beker gedoen+ en gesê: “Hierdie beker beteken die nuwe verbond+ wat bevestig word deur my bloed.+ Hou aan om dit as ’n herinnering aan my te doen wanneer julle daaruit drink.”+ 26 Want wanneer julle hierdie brood eet en uit hierdie beker drink, hou julle aan om die dood van die Here te verkondig, totdat hy kom.

27 Daarom sal enigeen wat op ’n onwaardige manier die brood eet of uit die beker van die Here drink, skuldig wees omdat hy nie die liggaam en die bloed van die Here waardeer nie. 28 Laat ’n mens homself eers goed ondersoek en dan goedkeur,+ en laat hy eers daarna van die brood eet en uit die beker drink. 29 Want hy wat eet en drink sonder om te onderskei wat die liggaam beteken, eet en drink ’n oordeel oor homself. 30 Daarom is baie onder julle swak en sieklik, en ’n hele paar slaap in die dood.*+ 31 Maar as ons onderskei wat ons is, sal ons nie geoordeel word nie. 32 Wanneer ons egter geoordeel word, word ons deur Jehovah* gedissiplineer,+ sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel sal word nie.+ 33 Daarom, my broers, wanneer julle bymekaarkom om dit te eet, moet julle vir mekaar wag. 34 As iemand honger is, moet hy by die huis eet, sodat julle nie geoordeel word wanneer julle bymekaarkom nie.+ Maar die oorblywende sake sal ek regstel wanneer ek daar kom.

12 Broers, ek wil nie hê dat julle oningelig moet wees oor die geestelike gawes+ nie. 2 Julle weet dat julle beïnvloed en weggelei is toe julle nog mense van die nasies* was. Julle het daardie stom afgode+ gevolg waarheen hulle julle ook al gelei het. 3 Nou wil ek hê dat julle moet weet dat niemand wat deur God se gees praat, sê: “Jesus is vervloek!” nie, en niemand kan sê: “Jesus is die Here!” nie, behalwe deur heilige gees.+

4 Daar is verskillende gawes, maar dit kom van dieselfde gees,+ 5 en daar is verskillende bedieninge,+ en tog is dit vir dieselfde Here, 6 en daar is verskillende bedrywighede,* en tog is dit dieselfde God wat almal in staat stel om dit te doen.+ 7 Maar die openbaring van die gees word vir ’n nuttige doel aan elkeen gegee.+ 8 Aan die een word daar woorde* van wysheid deur middel van die gees gegee, aan ’n ander woorde van kennis volgens dieselfde gees, 9 aan ’n ander geloof+ deur dieselfde gees, aan ’n ander gawes om te genees+ deur dieselfde gees, 10 en dit help ander om kragtige werke te doen,+ ander om te profeteer, ander om te onderskei of woorde geïnspireer is,+ ander om verskillende tale te praat+ en ander om te vertaal.*+ 11 Maar dit is alles die werk van een en dieselfde gees, wat hierdie gawes aan elkeen uitdeel, net soos dit wil.

12 Die liggaam het baie liggaamsdele, maar al is daar baie liggaamsdele, vorm dit net een liggaam.+ So is dit ook met die Christus. 13 Want ons is almal deur een gees in een liggaam gedoop, of ons nou Jode of Grieke of slawe of vry mense is, en ons moes almal een gees drink.

14 Want die liggaam bestaan beslis nie uit een liggaamsdeel nie, maar uit baie dele.+ 15 As die voet sou sê: “Ek is nie ’n hand nie, en daarom is ek nie deel van die liggaam nie,” beteken dit nie dat dit nie deel van die liggaam is nie. 16 En as die oor sou sê: “Ek is nie ’n oog nie, en daarom is ek nie deel van die liggaam nie,” beteken dit nie dat dit nie deel van die liggaam is nie. 17 As die hele liggaam ’n oog was, waarmee sou dit hoor? As die hele liggaam ’n oor was, waarmee sou dit ruik? 18 Maar nou het God elke liggaamsdeel geplaas net waar hy dit wou hê.

19 As hulle almal dieselfde liggaamsdeel was, waar sou die liggaam wees? 20 Maar nou is hulle verskillende liggaamsdele, en tog een liggaam. 21 Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek het jou nie nodig nie,” en die kop kan ook nie vir die voete sê: “Ek het julle nie nodig nie.” 22 Om die waarheid te sê, die dele van die liggaam wat swakker lyk, is nodig. 23 En ons skenk meer aandag aan die liggaamsdele wat ons dink minder aantreklik is,+ sodat ons onaantreklike dele met meer respek behandel word, 24 terwyl ons aantreklike dele niks nodig het nie. Maar God het die liggaam so saamgestel en groter eer gegee aan die deel wat dit die nodigste het, 25 sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam sal wees nie en sodat die liggaamsdele oor mekaar besorg sal wees.+ 26 As een deel ly, ly al die ander dele saam,+ of as een deel verheerlik word, is al die ander dele saam bly.+

27 Julle is dan nou Christus se liggaam,+ en elkeen van julle is ’n deel daarvan.+ 28 En God het verskillende persone in die gemeente aangestel: eerstens apostels,+ tweedens profete,+ derdens onderrigters,+ dan kragtige werke,+ dan gawes om te genees,+ vermoëns om te kan help, vermoëns om die leiding te neem,+ verskillende tale.+ 29 Is almal dan apostels? Is almal profete? Is almal onderrigters? Doen almal kragtige werke? 30 Het almal gawes om te genees? Praat almal in tale?+ Is almal vertalers?*+ 31 Maar hou aan om hard te werk* om die groter gawes te verkry.+ En tog sal ek vir julle ’n weg wys wat ver beter is as enigiets anders.+

13 As ek in die tale van mense en van engele praat, maar geen liefde het nie, het ek ’n klinkende metaal of simbaal geword. 2 As ek die gawe van profesie het, al die heilige geheime verstaan, alle kennis ontvang het+ en soveel geloof het dat ek berge kan verskuif, maar geen liefde het nie, is ek niks.*+ 3 En as ek al my besittings gee sodat ander iets kan hê om te eet+ en ek my liggaam oorgee sodat ek daaroor kan spog, maar geen liefde het nie,+ help dit my niks.

4 Liefde+ is geduldig*+ en goedhartig.+ Liefde is nie jaloers nie.+ Dit praat nie groot nie, word nie trots* nie,+ 5 gedra hom nie ongepas* nie,+ soek nie sy eie belang nie,+ raak nie gou kwaad nie.+ Dit hou nie boek van slegte dinge wat aan hom gedoen is* nie.+ 6 Dit is nie bly oor onregverdigheid nie,+ maar is bly saam met die waarheid. 7 Dit verdra alles,+ glo alles,+ hoop alles,+ verduur alles.+

8 Liefde faal* nooit nie. Maar as daar gawes van profesie is, sal hulle verwyder word. As daar tale* is, sal hulle ophou. As daar kennis is, sal dit verdwyn. 9 Want ons het gedeeltelike kennis+ en ons profeteer gedeeltelik, 10 maar wanneer dit kom wat volledig is, sal wat gedeeltelik is, verwyder word. 11 Toe ek ’n kind was, het ek soos ’n kind gepraat, soos ’n kind gedink en soos ’n kind geredeneer, maar noudat ek ’n man geword het, het ek die eienskappe van ’n kind agtergelaat. 12 Want nou sien ons ’n onduidelike beeld in ’n metaalspieël, maar dan sal dit van aangesig tot aangesig wees. Nou het ek gedeeltelike kennis van God, maar dan sal ek volledige kennis van hom hê, net soos hy my ten volle ken. 13 Maar nou bly hierdie drie dinge oor: geloof, hoop, liefde. Maar die grootste hiervan is liefde.+

14 Streef liefde na, maar hou aan om hard te werk* om die geestelike gawes te verkry, maar veral om te profeteer.+ 2 Want die een wat in ’n taal praat, praat nie met mense nie, maar met God. Niemand verstaan egter wat hy sê nie,+ al praat hy oor heilige geheime+ deur middel van die gees. 3 Maar die een wat profeteer, bou mense op en moedig hulle aan en vertroos hulle deur sy woorde. 4 Die een wat in ’n taal praat, bou homself op, maar die een wat profeteer, bou ’n gemeente op. 5 Ek sou graag wou hê dat julle almal in tale moet praat,+ maar ek verkies dat julle profeteer.+ Ja, die een wat profeteer, is groter as die een wat in tale praat, tensy hy dit ook vertaal* sodat die gemeente opgebou kan word. 6 Maar as ek nou met julle in tale kom praat, broers, van watter nut sou ek dan vir julle wees as ek nie met ’n openbaring+ of met kennis+ of met ’n profesie of met ’n lering met julle praat nie?

7 Dit is dieselfde met lewelose dinge wat ’n geluid maak, soos ’n fluit of ’n harp. As dieselfde noot die hele tyd gespeel word, hoe sal ’n mens kan uitmaak watter musiek daarop gespeel word? 8 Want as die trompet ’n onduidelike geluid maak, wie sal gereedmaak vir die geveg? 9 Dit is dieselfde as julle nie met julle tong woorde gebruik wat maklik verstaan kan word nie. Hoe sal enigiemand weet wat julle sê? Julle sal in werklikheid in die lug praat. 10 Daar is baie soorte tale in die wêreld, en al daardie tale word verstaan. 11 As ek dan nie die taal verstaan nie, sal ek ’n uitlander wees vir die een wat praat, en die een wat praat, sal vir my ’n uitlander wees. 12 Aangesien julle graag die gawes van die gees wil hê, moet julle hierdie gawes soveel as moontlik probeer gebruik om die gemeente op te bou.+

13 Laat die een wat in ’n taal praat, dus bid dat hy kan vertaal.*+ 14 Want as ek in ’n taal bid, is dit my gawe van die gees wat bid, maar my verstand is onproduktief. 15 Wat moet dan gedoen word? Ek sal met die gawe van die gees bid, maar ek sal ook met my verstand bid. Ek sal met die gawe van die gees lofliedere sing, maar ek sal ook met my verstand lofliedere sing. 16 As jy God met ’n gawe van die gees loof, hoe kan die gewone persoon onder julle “Amen” sê op jou dankgebed, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? 17 Jy doen nou wel ’n goeie dankgebed, maar die ander persoon word nie opgebou nie. 18 Ek dank God dat ek in meer tale as julle almal praat. 19 Maar ek sal liewer vyf verstaanbare woorde in ’n gemeente sê, sodat ek ander ook kan leer,* as dat ek tienduisend woorde in ’n taal sê.+

20 Broers, moenie jong kinders in julle denke word nie,+ maar wees jong kinders wanneer dit by slegte dinge kom,+ en word volwasse in julle denke.+ 21 In die Wet is daar geskryf: “‘Met die taal van uitlanders en met die woorde van vreemdelinge sal ek met hierdie volk praat, en selfs dan sal hulle weier om na my te luister,’ sê Jehovah.”*+ 22 Daarom is tale nie ’n teken vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges,+ terwyl profesie nie vir die ongelowiges is nie, maar vir die gelowiges. 23 As die hele gemeente dan op een plek bymekaarkom en hulle almal in tale praat, maar daar gewone mense of ongelowiges inkom, sal hulle dan nie sê dat julle mal geword het nie? 24 Maar as julle almal profeteer en daar ’n ongelowige of ’n gewone persoon inkom, sal hy deur almal tereggewys en noukeurig ondersoek word. 25 Die geheime van sy hart sal dan bekend word, en hy sal met sy gesig na die grond toe neerval en God aanbid en sê: “God is werklik onder julle.”+

26 Wat moet dan gedoen word, broers? Wanneer julle bymekaarkom, het die een ’n psalm, ’n ander ’n lering, ’n ander ’n openbaring, ’n ander ’n taal en ’n ander ’n vertaling* daarvan.+ Doen alles sodat julle mekaar kan opbou. 27 En as mense in ’n taal praat, moet daar net twee of drie praat, nie meer as dit nie. Hulle moet beurte maak, en iemand moet vertaal.*+ 28 Maar as daar niemand is om te vertaal* nie, moet die persoon wat praat, stilbly in die gemeente en met homself en met God praat. 29 Laat twee of drie profete+ praat, en laat die ander vasstel wat dit beteken. 30 Maar as iemand anders ’n openbaring kry terwyl hy daar sit, moet die een wat eerste begin praat het, stilbly. 31 Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal aangemoedig kan word.+ 32 En die profete moet beheer hê oor die manier waarop hulle die gawes van die gees gebruik. 33 Want God is nie ’n God van wanorde nie, maar van vrede.+

Soos in al die gemeentes van die heiliges: 34 Laat die vrouens stilbly in die gemeentes, want hulle word nie toegelaat om te praat nie.+ Laat hulle eerder onderdanig wees,+ soos die Wet ook sê. 35 As hulle dan iets wil weet, moet hulle hulle mans by die huis vra, want dit is ’n skande vir ’n vrou om in die gemeente te praat.

36 Het die woord van God by julle ontstaan, of het dit net by julle uitgekom?

37 As iemand dink dat hy ’n profeet is of ’n gawe van die gees ontvang het, moet hy erken dat die dinge wat ek aan julle skryf, die Here se gebod is. 38 Maar as iemand dit nie erken nie, sal hy nie erken word nie.* 39 Daarom, my broers, span julle in* om te profeteer,+ maar moenie verbied dat daar in tale gepraat word nie.+ 40 Maar laat alles reg en ordelik* plaasvind.+

15 Broers, ek herinner julle nou aan die goeie nuus wat ek aan julle verkondig het,+ wat julle ook aanvaar het en waarvoor julle ook julle standpunt ingeneem het. 2 Julle word ook daardeur gered as julle stewig vashou aan die goeie nuus wat ek aan julle verkondig het, tensy julle verniet gelowiges geword het.

3 Want een van die eerste dinge wat ek aan julle oorgedra het, was iets wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het, volgens die Skrif,+ 4 en dat hy begrawe is,+ ja, dat hy op die derde dag+ opgewek is,+ volgens die Skrif,+ 5 en dat hy aan Seʹfas*+ verskyn het, en toe aan die Twaalf.+ 6 Daarna het hy aan meer as 500 broers op dieselfde tyd verskyn.+ Die meeste van hulle lewe nou nog, maar party het al gesterf.* 7 Daarna het hy aan Jakobus+ verskyn, en toe aan al die apostels.+ 8 Maar laaste van almal het hy ook aan my verskyn+ asof aan iemand wat te vroeg gebore is.

9 Want ek is die minste van die apostels, en ek is dit nie waardig om ’n apostel genoem te word nie omdat ek die gemeente van God vervolg het.+ 10 Maar deur God se onverdiende goedheid is ek wat ek is. En sy onverdiende goedheid teenoor my was nie verniet nie, want ek het harder as hulle almal gewerk. Tog was dit nie ek nie, maar die onverdiende goedheid van God wat met my is. 11 Of dit nou ek of hulle is, dit is hoe ons preek en dit is hoe julle geglo het.

12 As daar dan verkondig word dat Christus uit die dood opgewek is,+ hoekom sê party van julle dan dat daar geen opstanding van die dooies is nie? 13 As daar geen opstanding van die dooies is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie. 14 Maar as Christus nie opgewek is nie, is ons predikingswerk beslis verniet en is julle geloof ook verniet. 15 Dan word ons ook nog as valse getuies van God beskou,+ want ons het teen God getuig deur te sê dat hy die Christus opgewek het.+ Maar God sou Christus nie opgewek het as die dooies in werklikheid nie opgewek gaan word nie. 16 Want as die dooies nie opgewek gaan word nie, is Christus ook nie opgewek nie. 17 En as Christus nie opgewek is nie, beteken julle geloof niks. Julle bly in julle sondes.+ 18 En dan het dié wat in eenheid met Christus gesterf* het, vir ewig verdwyn.+ 19 As ons net in hierdie lewe op Christus gehoop het, is ons slegter af as enigiemand anders.

20 Maar nou is Christus wel uit die dood opgewek, en hy is die eerste een wat opgewek is van dié wat gesterf het.*+ 21 Want aangesien die dood deur ’n mens gekom het,+ kom die opstanding van die dooies ook deur ’n mens.+ 22 Want net soos almal in Adam sterf,+ só sal almal ook in die Christus lewend gemaak word.+ 23 Maar elkeen in die regte volgorde: Christus, die een wat eerste opgewek is,*+ en daarna dié wat aan die Christus behoort gedurende sy teenwoordigheid.+ 24 Dan, aan die einde, sal hy die Koninkryk aan sy God en Vader oorgee, wanneer hy alle regering en alle gesag en mag tot ’n einde gebring het.+ 25 Want hy moet as koning regeer totdat God alle vyande onder sy voete geplaas het.+ 26 En die laaste vyand, die dood, sal vernietig word.+ 27 Want God “het alles onder sy voete geplaas”.+ Maar wanneer hy sê dat ‘alles onder sy voete geplaas is’,+ is dit duidelik dat dit nie die Een insluit wat alles aan hom onderwerp het nie.+ 28 Maar wanneer alles aan hom onderwerp is, sal die Seun hom ook onderwerp aan die Een wat alles aan hom onderwerp het,+ sodat God alles vir elkeen kan wees.+

29 Anders, wat sal die persone bereik wat gedoop word met die doel om dooies te wees?+ As die dooies glad nie opgewek gaan word nie, hoekom word hulle ook met hierdie doel gedoop? 30 Hoekom is ons ook elke uur* in gevaar?+ 31 Ek kom elke dag voor die dood te staan. Broers, dit is so seker as wat ek trots is op julle in Christus Jesus, ons Here. 32 As ek, soos ander mense,* in Efeʹse+ met wilde diere geveg het, wat help dit my? As die dooies nie opgewek gaan word nie, “laat ons eet en drink, want môre gaan ons sterf”.+ 33 Moenie mislei word nie. Slegte assosiasie bederf goeie gewoontes.*+ 34 Kom tot julle sinne en doen wat reg is. Moenie sondig nie, want party van julle het geen kennis van God nie. Ek sê dit om julle skaam te maak.

35 Tog sal iemand vra: “Hoe gaan die dooies opgewek word? Ja, met watter soort liggaam kom hulle?”+ 36 Jou onredelike mens! Wat jy saai, moet eers sterf voordat dit lewend gemaak word. 37 En wat jy saai, is nie die liggaam wat sal ontwikkel nie. Dit is maar net ’n korrel, of dit nou koring of ’n ander soort saad is, 38 maar God gee dit ’n liggaam volgens sy wil, en hy gee aan elkeen van die sade sy eie liggaam. 39 Nie alle liggame* is dieselfde nie. Die liggame* van mense, vee, voëls en visse verskil almal van mekaar. 40 En daar is hemelse liggame+ en aardse liggame,+ maar die prag van die hemelse liggame is anders as die prag van die aardse liggame. 41 Die son, die maan en die sterre het elkeen sy eie soort prag.+ Om die waarheid te sê, die prag van een ster is anders as dié van ’n ander ster.

42 So is dit ook met die opstanding van die dooies. Die liggaam wat gesaai word, vergaan, maar die liggaam wat opgewek word, vergaan nie.+ 43 Dit word in oneer gesaai, maar dit word in prag opgewek.+ Dit word in swakheid gesaai, maar dit word in krag opgewek.+ 44 Dit word as ’n fisiese liggaam gesaai, maar dit word as ’n geestelike liggaam opgewek. As daar ’n fisiese liggaam is, is daar ook ’n geestelike liggaam. 45 So is daar geskryf: “Die eerste mens, Adam, het ’n lewende persoon* geword.”+ Die laaste Adam het ’n lewegewende gees geword.+ 46 Maar wat geestelik is, is nie eerste nie. Wat fisies is, is eerste, en daarna kom wat geestelik is. 47 Die eerste mens is uit die aarde en is van stof gemaak.+ Die tweede mens is uit die hemel.+ 48 Dié wat God van stof gemaak het, is soos die eerste een wat God van stof gemaak het, en dié in die hemel is soos die een wat uit die hemel gekom het.+ 49 Ons het geword soos die een wat van stof gemaak is,+ en net so sal ons ook word soos die een wat uit die hemel is.+

50 Maar ek sê vir julle, broers, dat vlees en bloed God se Koninkryk nie kan erf nie, en dit wat kan vergaan, erf ook nie dit wat nie kan vergaan nie. 51 Kyk! Ek vertel julle ’n heilige geheim: Ons sal nie almal sterf* nie, maar ons sal almal verander word,+ 52 in ’n oomblik, in ’n oogwink, wanneer daar op die laaste trompet geblaas word. Want daar sal op die trompet geblaas word,+ en die dooies sal opgewek word met liggame wat nie kan vergaan nie, en ons sal verander word. 53 Want die een wat kan vergaan, verander in een wat nie kan vergaan nie,+ en die een wat kan sterf, verander in een wat nie kan sterf nie.+ 54 Maar wanneer die een wat kan vergaan, verander in een wat nie kan vergaan nie, en die een wat kan sterf, verander in een wat nie kan sterf nie, sal die volgende woorde vervul word: “Die dood is vir ewig weggeneem.”+ 55 “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”+ 56 Die angel wat die dood veroorsaak, is die sonde,+ en die Wet gee sonde sy krag.+ 57 Maar ons dank God, want hy gee ons die oorwinning deur ons Here Jesus Christus!+

58 Daarom, my geliefde broers, wees standvastig,+ onbeweeglik, terwyl julle altyd baie het om in die werk van die Here te doen,+ want julle weet dat julle werk vir die Here nie verniet is nie.+

16 Nou wil ek die volgende vir julle sê oor die insameling vir die heiliges.+ Volg die riglyne wat ek aan die gemeentes van Galaʹsië gegee het. 2 Op elke eerste dag van elke week moet elkeen van julle iets opsysit volgens wat hy kan bekostig, sodat julle niks hoef in te samel wanneer ek daar aankom nie. 3 En wanneer ek daar aankom, sal ek die manne stuur wat julle in julle briewe goedkeur+ om julle geskenk wat uit liefde gegee is, na Jerusalem te neem. 4 Maar as dit lyk asof dit vir my ook nodig is om daarheen te gaan, sal hulle saam met my gaan.

5 Ek sal egter na julle toe kom wanneer ek deur Masedoʹnië gegaan het. Ek is van plan om deur Masedoʹnië+ te gaan, 6 en miskien sal ek by julle bly of selfs die winter saam met julle deurbring. Dan kan julle ’n ent saam met my gaan na waarheen ek ook al op pad is. 7 Ek wil julle nie net vir ’n rukkie sien terwyl ek reis nie, want ek wil graag ’n tyd lank by julle bly,+ as Jehovah* dit toelaat. 8 Maar ek gaan tot die Pinksterfees hier in Efeʹse+ bly, 9 want ’n groot deur wat tot bedrywigheid lei, is vir my oopgemaak,+ maar daar is baie teenstanders.

10 As Timoʹteus+ daar aankom, moet julle sorg dat hy geen rede het om bang te wees terwyl hy by julle is nie, want hy doen die werk van Jehovah,*+ net soos ek. 11 Laat niemand dus op hom neersien nie. Stuur hom in vrede weg, sodat hy na my toe kan kom, want ek wag vir hom saam met die broers.

12 Ek het ons broer Apolʹlos+ dringend gevra om saam met die broers na julle toe te kom. Hy was nie van plan om nou te kom nie, maar hy sal kom wanneer hy die geleentheid het.

13 Bly wakker,+ staan vas in die geloof,+ wees moedig,*+ word sterk.+ 14 Doen alles wat julle doen met liefde.+

15 Ek spoor julle dan nou aan, broers: Julle weet dat Steʹfanas en sy huismense die eerste dissipels* van Agaʹje is en dat hulle altyd gereed is om die heiliges te bedien. 16 Mag julle ook aanhou om onderdanig te wees aan sulke mense, en aan almal wat saamwerk en wat hard werk.+ 17 Maar ek is bly dat Steʹfanas+ en Fortunaʹtus en Agaʹïkus hier is omdat hulle my baie gehelp het toe julle nie hier was nie. 18 Want hulle het my opgebou, en ook vir julle.* Julle moet dus sulke manne waardeer.

19 Die gemeentes van Asië stuur vir julle groete. Aʹquila en Prisca saam met die gemeente wat in hulle huis is,+ stuur vir julle hartlike groete in die Here. 20 Al die broers groet julle. Groet mekaar met ’n heilige soen.

21 Hier is my groete, Paulus s’n, wat ek met my eie hand skryf.

22 As iemand nie liefde vir die Here het nie, laat hom vervloek wees. O ons Here, kom! 23 Mag die onverdiende goedheid van die Here Jesus met julle wees. 24 Mag my liefde met julle almal wees in eenheid met Christus Jesus.

Of “deelgenootskap te hê”.

D.w.s. Petrus.

Of “slim praatjies”.

Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

Lett. “intellektuele”.

Of “stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Lett. “volgens die vlees”.

Of “van adellike geboorte”.

Lett. “geen vlees”.

Sien Aanh. A5.

Of “stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Of “stelsels van dinge”. Sien Woordelys.

Of “stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Lett. “die gees van die mens wat in hom is”.

Of “kombineer”.

Of “ontvang”.

Sien Aanh. A5.

Lett. “is een”.

Of “stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Sien Aanh. A5.

D.w.s. Petrus.

Sien Aanh. A5.

Lett. “is ons kaal”.

Of “sleg behandel”.

Of “belaster”.

Lett. “smeek ons”.

Of “afskraapsel”.

Of “tugmeesters”.

Lett. “my weë”.

Sien Aanh. A5.

Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.

Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.

Lett. “die vrou van sy pa het”.

Lett. “die vlees”.

Lett. “die gees”.

Sien Woordelys, “Seksuele onsedelikheid”.

Sien Woordelys, “Seksuele onsedelikheid”.

Sien Woordelys, “Seksuele onsedelikheid”.

Of “wat ’n kwaadspreker is”.

Sien Woordelys, “Seksuele onsedelikheid”.

Of “mans wat met mans seks het”. Lett. “mans wat by mans lê”.

Of “kwaadsprekers”.

Of “my geoorloof”.

Of “oorheers”.

Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.

Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.

Verwys na seksuele kontak.

Die meervoud van die Griekse woord por·neiʹa. Sien Woordelys.

Of “weer met haar man versoen raak”.

Lett. “die broer”.

Lett. “’n broer of ’n suster”.

Sien Aanh. A5.

Of “dié wat nooit getrou het nie”.

Lett. “sal verdrukking in hulle vlees hê”.

Of “ten opsigte van sy maagdelikheid”.

Of “om sy maagdelikheid te bewaar”.

Of “wat sy maagdelikheid in die huwelik gee”.

Lett. “gaan slaap”.

Lett. “blaas op”.

Of “hulle gewete word verontreinig”.

Lett. “gesag”.

Of “’n suster as vrou”.

D.w.s. Petrus.

Lett. “gesag”.

Lett. “gesag”.

Of “Elke atleet”.

Of “kasty; dissiplineer”.

Of “gediskwalifiseer”.

Of “was die Christus”.

Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

Sien Aanh. A5.

Of “die eindes van die stelsels van dinge”. Sien Woordelys.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Of “my geoorloof”.

Sien Aanh. A5.

Verwys blykbaar na geestelike dood.

Sien Aanh. A5.

D.w.s. ongelowiges.

Of “werkinge”.

Of “’n boodskap”.

Of “om tale uit te lê”.

Of “Kan almal tale uitlê?”

Of “Maar streef ywerig daarna”.

Of “nutteloos”.

Of “lankmoedig”.

Lett. “opgeblase”.

Of “is nie onbeskof”.

Of “van die kwaad”.

Of “vergaan”.

D.w.s. om wonderdadig in ander tale te praat.

Of “maar streef ywerig daarna”.

Of “dit uitlê”.

Of “dit kan uitlê”.

Of “mondeling kan leer”.

Sien Aanh. A5.

Of “uitlegging”.

Of “dit uitlê”.

Of “dit uit te lê”.

Of moontlik “as iemand onkundig is, sal hy onkundig bly”.

Of “streef ywerig daarna”.

Of “volgens reëling”.

D.w.s. Petrus.

Lett. “gaan slaap”.

Lett. “gaan slaap”.

Of “die eersteling van dié wat in die dood gaan slaap het”.

Of “die eersteling”. Sien Woordelys.

Of “die hele tyd”.

Of moontlik “uit ’n menslike oogpunt”.

Of “sedes”.

Lett. “vlees”.

Lett. “vlees”.

Of “siel”.

Lett. “gaan slaap”.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Of “gedra julle soos manne”.

Of “die eerstelinge”.

Of “my gees en julle s’n verkwik”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel