VOLGENS JOHANNES
1 In die begin was die Woord,+ en die Woord was by God,+ en die Woord was ’n god.*+ 2 Dié een was in die begin by God. 3 Alles het deur hom ontstaan,+ en sonder hom het nie ’n enkele ding ontstaan nie.
Wat ontstaan het 4 deur middel van hom, was lewe, en die lewe was die lig van die mense.+ 5 En die lig skyn in die duisternis,+ maar die duisternis het dit nie oorweldig nie.
6 Daar het ’n man gekom wat as ’n verteenwoordiger van God gestuur is. Sy naam was Johannes.+ 7 Hierdie man het gekom as ’n getuie om van die lig te getuig,+ sodat alle soorte mense deur middel van hom sou glo. 8 Hy was nie self daardie lig nie,+ maar hy moes van daardie lig getuig.
9 Die ware lig wat vir elke soort mens lig gee, het op die punt gestaan om in die wêreld in te kom.+ 10 Hy was in die wêreld+ en die wêreld het deur hom ontstaan,+ maar die wêreld het hom nie geken nie. 11 Hy het na sy mense toe gekom, maar hulle het hom nie aanvaar nie. 12 Maar aan almal wat hom wel aanvaar het, het hy die reg gegee om God se kinders te word,+ omdat hulle geloof in sy naam beoefen het.+ 13 En hulle is nie uit vlees of uit bloed of uit die wil van ’n man gebore nie, maar uit God.+
14 Die Woord het ’n mens* geword+ en onder ons gewoon. Ons het sy heerlikheid gesien, ’n heerlikheid soos dié van ’n eniggebore seun+ wat van ’n vader kom, en hy was vol onverdiende goedheid* en waarheid. 15 (Johannes het van hom getuig, en hy het uitgeroep: “Hy is die een van wie ek gesê het: ‘Die een wat ná my kom, het voor my uit gegaan, want hy het voor my bestaan.’”)+ 16 Uit sy oorvloed het ons ’n oorvloed onverdiende goedheid* ontvang. 17 Want die Wet is deur middel van Moses gegee,+ maar die onverdiende goedheid+ en die waarheid het deur middel van Jesus Christus gekom.+ 18 Geen mens het God al ooit gesien nie.+ Die eniggebore god*+ wat aan die Vader se sy is,*+ het duidelik gemaak wie Hy is.+
19 Die Jode het priesters en Leviete uit Jerusalem gestuur om vir Johannes te vra: “Wie is jy?”+ 20 Hy het die vraag beantwoord deur reguit te sê: “Ek is nie die Christus nie.” 21 Hulle het vir hom gevra: “Nou wat dan? Is jy Eliʹa?”+ Hy het geantwoord: “Ek is nie.” “Is jy die Profeet?”+ En hy het gesê: “Nee!” 22 Toe het hulle vir hom gesê: “Wie is jy? Sê vir ons sodat ons ’n antwoord kan gee aan die mense wat ons gestuur het. Wat het jy oor jouself te sê?” 23 Hy het gesê: “Ek is die een wat in die wildernis uitroep: ‘Maak die weg van Jehovah* reguit,’+ net soos die profeet Jesaja gesê het.”+ 24 Hierdie mense is deur die Fariseërs gestuur. 25 Daarom het hulle hom uitgevra en vir hom gesê: “Hoekom doop jy dan mense as jy self nie die Christus of Eliʹa of die Profeet is nie?” 26 Johannes het geantwoord: “Ek doop in water. Onder julle staan iemand wat julle nie ken nie, 27 die een wat ná my kom, en ek is nie waardig om die riem van sy sandaal los te maak nie.”+ 28 Dit het in Betaʹnië oorkant die Jordaanrivier gebeur, waar Johannes mense gedoop het.+
29 Die volgende dag het hy Jesus na hom toe sien kom, en hy het gesê: “Kyk, die Lam+ van God wat die sonde+ van die wêreld wegneem!+ 30 Hy is die een van wie ek gesê het: Ná my kom ’n man wat voor my uit gegaan het, want hy het voor my bestaan.+ 31 Selfs ek het hom nie geken nie, maar ek doop in water sodat hy aan Israel bekend gemaak kan word.”+ 32 Johannes het ook getuig en gesê: “Ek het die gees soos ’n duif uit die hemel sien neerdaal, en dit het op hom gebly.+ 33 Selfs ek het hom nie geken nie, maar Hy wat my gestuur het om in water te doop, het vir my gesê: ‘Die een op wie jy die gees sien neerdaal en op wie dit bly,+ dit is hy wat in heilige gees doop.’+ 34 Ek het dit gesien, en ek het getuig dat hy die Seun van God is.”+
35 Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan met twee van sy dissipels, 36 en toe hy Jesus sien verbyloop, het hy gesê: “Kyk, die Lam+ van God!” 37 Toe die twee dissipels hoor wat hy sê, het hulle Jesus gevolg. 38 Jesus het omgedraai, en toe hy sien dat hulle hom volg, het hy vir hulle gevra: “Wat soek julle?” Hulle het vir hom gesê: “Rabbi, waar bly u?” (Rabbi beteken “leermeester”.) 39 Hy het vir hulle gesê: “Kom, en julle sal sien.” Toe het hulle saamgegaan en gesien waar hy bly. Dit was toe omtrent die tiende uur,* en hulle het vir die dag by hom gebly. 40 Andreʹas,+ die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat gehoor het wat Johannes gesê het en Jesus gevolg het. 41 Hy het heel eerste na sy broer Simon gegaan en vir hom gesê: “Ons het die Messiʹas+ gevind.” (Messiʹas word as “Christus” vertaal.) 42 Toe het hy hom na Jesus toe geneem. Jesus het na hom gekyk en gesê: “Jy is Simon,+ die seun van Johannes. Van nou af sal jy Sefas genoem word.” (Sefas word as “Petrus” vertaal.)+
43 Die volgende dag wou Jesus na Galileʹa vertrek. Toe het hy Filippus+ gevind en vir hom gesê: “Word my volgeling.” 44 Filippus was van Betsaiʹda, die stad van Andreʹas en Petrus. 45 Filippus het Nataʹnael+ gevind en vir hom gesê: “Ons het die een gevind van wie daar in die Wet van Moses en die boeke van die profete geskryf is. Hy is Jesus, die seun van Josef,+ van Naʹsaret.” 46 Maar Nataʹnael het vir hom gevra: “Kan enigiets goeds uit Naʹsaret kom?” Filippus het vir hom gesê: “Kom kyk.” 47 Toe Jesus Nataʹnael na hom toe sien kom, het hy gesê: “Kyk, hier is beslis ’n Israeliet wat eerlik en opreg is.”+ 48 Nataʹnael het vir hom gevra: “Hoe is dit dat u my ken?” Jesus het geantwoord: “Ek het jou gesien nog voordat Filippus jou geroep het, terwyl jy onder die vyeboom was.” 49 Nataʹnael het vir hom gesê: “Rabbi, u is die Seun van God, u is Koning van Israel.”+ 50 Jesus het toe vir hom gesê: “Glo jy omdat ek vir jou gesê het dat ek jou onder die vyeboom gesien het? Jy sal groter dinge as dit sien.” 51 Hy het verder gesê: “Ek verseker julle: Julle sal die hemel oop sien en die engele van God sien opstyg en neerdaal na die Seun van die mens.”+
2 En op die derde dag was daar ’n huweliksfees in Kana in Galileʹa, en Jesus se ma was daar. 2 Jesus en sy dissipels is ook na die huweliksfees genooi.
3 Toe die wyn opraak, het Jesus se ma vir hom gesê: “Hulle het nie wyn nie.” 4 Maar Jesus het vir haar gesê: “Ma, wat het dit met ons te doen?* My uur het nog nie gekom nie.” 5 Sy ma het vir die mense wat die gaste bedien het, gesê: “Doen wat hy ook al vir julle sê.” 6 En daar het ses waterhouers van klip gestaan, volgens wat vir die Jode voorgeskryf is vir die reiniging.+ Elkeen kon twee of drie vloeistofmate* hou. 7 Jesus het vir hulle gesê: “Maak die houers vol water.” En hulle het dit tot aan die rand vol gemaak. 8 Toe het hy vir hulle gesê: “Skep nou daarvan uit en neem dit na die feesleier toe.” En hulle het dit geneem. 9 Die feesleier het die water geproe wat nou in wyn verander is, maar hy het nie geweet waar dit vandaan kom nie. (Die mense wat die water uitgeskep het, het wel geweet.) Toe het die feesleier die bruidegom geroep 10 en vir hom gesê: “Mense bedien eers die goeie wyn, en wanneer die gaste dronk is, bedien hulle die wyn van swakker gehalte. Jy het die goeie wyn tot nou toe teruggehou.” 11 Jesus het dit in Kana in Galileʹa gedoen, en dit was sy eerste wonderwerk.* Dit het sy krag* bekend gemaak,+ en sy dissipels het geloof in hom gestel.
12 Hierna het hy saam met sy ma, sy broers+ en sy dissipels na Kaperʹnaum+ gegaan, maar hulle het nie baie lank daar gebly nie.
13 Die Pasga+ van die Jode was naby, en Jesus het na Jerusalem gegaan. 14 En toe hy by die tempel ingaan, was daar mense wat beeste en skape en duiwe+ verkoop het, en die geldwisselaars* het daar gesit. 15 En nadat hy ’n sweep van toue gemaak het, het hy hulle almal uit die tempel uitgejaag, saam met die skape en die beeste, en hy het die muntstukke van die geldwisselaars uitgegooi en hulle tafels omgekeer.+ 16 Hy het vir die duiweverkopers gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Hou op om die huis van my Vader ’n besigheidsplek te maak!”*+ 17 Sy dissipels het onthou dat daar geskryf is: “Die ywer vir u huis sal my verteer.”+
18 Daarom het die Jode vir hom gevra: “Watter teken kan jy vir ons gee+ om te bewys dat jy die reg het om hierdie dinge te doen?” 19 Jesus het hulle geantwoord: “Breek hierdie tempel af, en ek sal dit in drie dae weer opbou.”+ 20 Toe het die Jode gesê: “Hierdie tempel is in 46 jaar gebou, en sal jy dit in drie dae weer opbou?” 21 Maar hy het van die tempel van sy liggaam gepraat.+ 22 Toe hy egter uit die dood opgewek is, het sy dissipels onthou dat hy dit dikwels gesê het,+ en hulle het die Skrifgedeelte en Jesus se woorde geglo.
23 Maar toe hy in Jerusalem by die Pasgafees was, het baie mense geloof in sy naam gestel toe hulle die wonderwerke* sien wat hy gedoen het. 24 Maar Jesus het nie sy vertroue heeltemal in hulle gestel nie, omdat hy hulle almal geken het 25 en omdat dit vir niemand nodig was om vir hom enigiets oor mense te vertel nie, want hy het geweet wat in die mens is.+
3 Daar was ’n Fariseër met die naam Nikodeʹmus,+ wat ’n leier van die Jode was. 2 Hy het in die nag+ na Jesus toe gekom en vir hom gesê: “Rabbi,+ ons weet dat u as ’n leermeester van God af gekom het, want niemand kan hierdie wonderwerke*+ doen wat u doen tensy God met hom is nie.”+ 3 Jesus het vir hom gesê: “Ek verseker jou: As iemand nie weer* gebore word nie,+ kan hy die Koninkryk van God nie sien nie.”+ 4 Nikodeʹmus het vir hom gevra: “Hoe kan ’n mens gebore word as hy al oud is? Hy kan tog nie ’n tweede keer in sy ma se baarmoeder ingaan en gebore word nie, of hoe?” 5 Jesus het geantwoord: “Ek verseker jou: As iemand nie uit water+ en gees+ gebore word nie, kan hy nie in die Koninkryk van God ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees, en wat uit die gees gebore is, is gees. 7 Moenie verbaas wees omdat ek vir jou gesê het dat julle weer gebore moet word nie. 8 Die wind waai waar dit wil, en jy hoor die geluid daarvan, maar jy weet nie waar dit vandaan kom en waarheen dit gaan nie. So is elkeen wat uit die gees gebore is.”+
9 Nikodeʹmus het vir hom gevra: “Hoe kan hierdie dinge gebeur?” 10 Jesus het geantwoord: “Hoe kan jy ’n leermeester van Israel wees en tog nie hierdie dinge weet nie? 11 Ek verseker jou: Ons praat oor wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, maar julle aanvaar nie ons getuienis nie. 12 Julle glo my nie eers wanneer ek julle van aardse dinge vertel nie. Hoe sal julle my dan glo as ek julle van hemelse dinge vertel? 13 Wat meer is, geen mens het na die hemel opgevaar nie,+ behalwe hy wat uit die hemel neergedaal het,+ die Seun van die mens. 14 En net soos Moses die slang in die wildernis opgelig het,+ so moet die Seun van die mens opgelig word,+ 15 sodat elkeen wat in hom glo, die ewige lewe kan hê.+
16 “Want God het die wêreld so liefgehad dat hy sy eniggebore Seun* gegee het,+ sodat elkeen wat geloof in hom beoefen, nie vernietig sal word nie, maar die ewige lewe kan hê.+ 17 Want God het nie sy Seun in die wêreld uitgestuur om die wêreld te oordeel nie, maar sodat die wêreld deur middel van hom gered kan word.+ 18 Enigiemand wat geloof in hom beoefen, sal nie geoordeel word nie.+ Enigiemand wat nie geloof beoefen nie, is reeds geoordeel, omdat hy nie geloof in die naam van die eniggebore Seun van God* beoefen het nie.+ 19 Die lig het in die wêreld ingekom,+ maar die mense was liewer vir die duisternis as vir die lig, want hulle doen wat sleg is. Dit is hoekom hulle geoordeel sal word. 20 Want enigiemand wat walglike dinge doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, sodat sy werke nie bekend* sal word nie. 21 Maar enigiemand wat doen wat goed is, kom na die lig,+ sodat sy werke bekend gemaak kan word as werke wat in ooreenstemming met God gedoen is.”
22 Daarna het Jesus en sy dissipels na die Judese platteland gegaan, en hy het ’n ruk lank saam met hulle daar gebly en mense gedoop.+ 23 Maar Johannes het ook mense in Enon naby Salim gedoop omdat daar baie water was.+ Mense het bly kom en is gedoop,+ 24 want Johannes was nog nie in die tronk nie.+
25 Die dissipels van Johannes het met ’n Jood gestry oor die reiniging. 26 Toe het hulle na Johannes toe gekom en vir hom gesê: “Rabbi, die man wat oorkant die Jordaanrivier saam met u was, van wie u getuig het,+ kyk, hy doop mense, en almal gaan na hom toe.” 27 Johannes het geantwoord: “’n Mens kan niks ontvang tensy dit uit die hemel aan hom gegee is nie. 28 Julle is getuies dat ek gesê het: ‘Ek is nie die Christus nie,+ maar ek is voor hom uit gestuur.’+ 29 Die bruid behoort aan die bruidegom.+ Maar die vriend van die bruidegom is baie bly wanneer hy by die bruidegom staan en sy stem hoor. Daarom loop ek oor van vreugde. 30 Hy moet al hoe meer word, maar ek moet al hoe minder word.”
31 Die een wat van bo kom,+ is oor alle mense. Die een wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat oor dinge van die aarde. Die een wat uit die hemel kom, is oor alle mense.+ 32 Hy getuig oor wat hy gesien en gehoor het,+ maar niemand aanvaar sy getuienis nie.+ 33 Die een wat sy getuienis aanvaar het,* het bevestig dat God betroubaar is.+ 34 Want die een wat deur God gestuur is, spreek die woorde van God,+ want Hy gee sy gees in oorvloed.* 35 Die Vader het die Seun lief+ en het alles in sy hand gegee.+ 36 Die een wat geloof in die Seun beoefen, het die ewige lewe.+ Die een wat aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie,+ maar die woede van God bly op hom.+
4 Toe die Here bewus word dat die Fariseërs gehoor het dat hy* meer dissipels maak en doop+ as Johannes – 2 al was dit nie Jesus self wat die mense gedoop het nie, maar sy dissipels – 3 het hy Judeʹa verlaat en weer na Galileʹa vertrek. 4 Maar hy moes deur Samariʹa gaan. 5 Toe het hy by ’n stad van Samariʹa gekom wat Sigar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob vir sy seun Josef gegee het.+ 6 Jakob se put was daar.+ En Jesus, wat moeg was van die reis, het by die put* gesit. Dit was omtrent die sesde uur.*
7 ’n Vrou van Samariʹa het gekom om water te skep. Jesus het vir haar gesê: “Gee my ’n bietjie water om te drink.” 8 (Want sy dissipels het in die stad ingegaan om kos te koop.) 9 Toe het die Samaritaanse vrou vir hom gevra: “Hoe kan u, wat ’n Jood is, vir my, wat ’n Samaritaanse vrou is, ’n bietjie water vra om te drink?” (Want Jode het niks met Samaritane te doen nie.)+ 10 Jesus het vir haar gesê: “As jy geweet het van die vrye gawe van God+ en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee my ’n bietjie water om te drink,’ sou jy hom gevra het, en hy sou vir jou lewende water gegee het.”+ 11 Sy het vir hom gesê: “Meneer, u het nie eers ’n emmer om water mee te skep nie, en die put is diep. Waar kry u dan hierdie lewende water vandaan? 12 U is tog nie groter as ons voorvader Jakob, wat vir ons die put gegee het en wat self saam met sy seuns en sy vee daaruit gedrink het nie, of hoe?” 13 Jesus het vir haar gesê: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors word. 14 Wie ook al van die water drink wat ek hom sal gee, sal nooit dors word nie,+ maar die water wat ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein van water word wat opborrel om die ewige lewe te gee.”+ 15 Die vrou het vir hom gesê: “Meneer, gee my hierdie water, sodat ek nie dors sal word of gedurig hierheen hoef te kom om water te skep nie.”
16 Hy het vir haar gesê: “Gaan roep jou man en kom hierheen.” 17 Die vrou het geantwoord: “Ek het nie ’n man nie.” Jesus het vir haar gesê: “Jy is reg wanneer jy sê: ‘Ek het nie ’n man nie.’ 18 Want jy het vyf mans gehad, en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Wat jy gesê het, is waar.” 19 Die vrou het vir hom gesê: “Meneer, ek sien dat u ’n profeet is.+ 20 Ons voorvaders het op hierdie berg aanbid, maar julle sê dat Jerusalem die plek is waar mense moet aanbid.”+ 21 Jesus het vir haar gesê: “Vrou, glo my: Die uur kom wanneer julle die Vader nie op hierdie berg of in Jerusalem sal aanbid nie. 22 Julle aanbid wat julle nie ken nie.+ Ons aanbid wat ons ken, want redding begin by die Jode.+ 23 Maar die uur kom, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader met gees en waarheid sal aanbid, want die Vader soek juis sulke mense om hom te aanbid.+ 24 God is ’n Gees,+ en dié wat hom aanbid, moet met gees en waarheid aanbid.”+ 25 Die vrou het vir hom gesê: “Ek weet dat die Messiʹas kom, wat Christus genoem word. Wanneer hy kom, sal hy alles openlik aan ons bekend maak.” 26 Jesus het vir haar gesê: “Dit is ek, die een wat nou met jou praat.”+
27 Op daardie oomblik het sy dissipels daar aangekom, en hulle was verbaas omdat hy met ’n vrou praat. Natuurlik het niemand gevra: “Wat wil u by haar hê?” of: “Hoekom praat u met haar?” nie. 28 Toe het die vrou haar waterhouer daar gelos en in die stad ingegaan en vir die mense gesê: 29 “Kom kyk, hier is ’n man wat vir my alles vertel het wat ek gedoen het. Is hy nie dalk die Christus nie?” 30 Toe het hulle uit die stad uit na hom toe gegaan.
31 Intussen het die dissipels vir hom bly sê: “Rabbi,+ eet iets.” 32 Maar hy het vir hulle gesê: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.” 33 Toe het die dissipels vir mekaar gesê: “Niemand het vir hom iets gebring om te eet nie, of hoe?” 34 Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van hom wat my gestuur het+ en om sy werk te voltooi.+ 35 Sê julle nie dat dit nog vier maande is voordat die oes begin nie? Ek sê vir julle: Kyk na die landerye en sien dat hulle wit is vir die oes.+ 36 Die een wat oes, ontvang al klaar sy loon en versamel vrugte vir die ewige lewe, sodat die een wat saai en die een wat oes, saam bly kan wees.+ 37 Ja, in hierdie geval is die gesegde waar: Een saai en ’n ander een oes. 38 Ek het julle gestuur om ’n oes in te samel waarvoor julle nie gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het die vrugte van hulle arbeid gepluk.”
39 Baie van die Samaritane uit daardie stad het geloof in hom gestel as gevolg van die vrou wat getuig en gesê het: “Hy het vir my alles vertel wat ek gedoen het.”+ 40 En toe die Samaritane by hom kom, het hulle hom dus gevra om by hulle te bly, en hy het twee dae daar gebly. 41 Toe het nog baie meer mense geglo as gevolg van wat hy gesê het, 42 en hulle het vir die vrou gesê: “Nou glo ons nie meer net as gevolg van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat hierdie man regtig die redder van die wêreld is.”+
43 Ná die twee dae het Jesus vertrek om na Galileʹa te gaan, 44 al het hy self getuig dat ’n profeet nie in sy eie land geëer word nie.+ 45 Maar toe hy in Galileʹa aankom, het die Galileërs hom verwelkom omdat hulle alles gesien het wat hy in Jerusalem by die fees gedoen het,+ want hulle het ook na die fees gegaan.+
46 Toe het hy weer na Kana in Galileʹa gegaan, waar hy die water in wyn verander het.+ En daar was ’n koninklike amptenaar wie se seun in Kaperʹnaum siek was. 47 Toe hierdie man hoor dat Jesus uit Judeʹa na Galileʹa gekom het, het hy na hom toe gegaan en hom gevra om te kom en sy seun gesond te maak, want hy was besig om dood te gaan. 48 Maar Jesus het vir hom gesê: “Tensy julle tekens en wonderwerke sien, sal julle nooit glo nie.”+ 49 Die koninklike amptenaar het vir hom gesê: “Here, kom voordat my jong kind sterf.” 50 Jesus het vir hom gesê: “Gaan. Jou seun lewe.”+ Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het en het gegaan. 51 Maar terwyl hy op pad was, het sy slawe na hom toe gekom om vir hom te sê dat sy seun lewe.* 52 Toe het hy hulle gevra in watter uur hy beter geword het. Hulle het geantwoord: “Die koors het gister teen die sewende uur* verdwyn.” 53 Toe het die pa geweet dat dit op presies dieselfde tyd was toe Jesus vir hom gesê het: “Jou seun lewe.”+ En hy en almal wat in sy huis gewoon het, het geglo. 54 Dit was die tweede wonderwerk*+ wat Jesus gedoen het toe hy uit Judeʹa na Galileʹa gekom het.
5 Ná hierdie dinge was daar ’n fees+ van die Jode, en Jesus het na Jerusalem gegaan. 2 In Jerusalem is daar by die Skaappoort+ ’n bad wat in Hebreeus Betsaʹta genoem word. Hierdie bad het vyf pilaargange gehad 3 waar baie mense gelê het wat siek, blind en kreupel was, asook dié met misvormde* ledemate. 4 *—— 5 Een van die mans wat daar was, was al 38 jaar lank siek. 6 Jesus het die man daar sien lê en het geweet dat hy reeds lank siek was. Daarom het hy vir hom gevra: “Wil jy gesond word?”+ 7 Die siek man het geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit wanneer die water begin beweeg nie, en wanneer ek probeer inklim, klim iemand anders voor my in.” 8 Jesus het vir hom gesê: “Staan op! Tel jou slaapmat* op en loop.”+ 9 En die man het onmiddellik gesond geword, en hy het sy slaapmat* opgetel en begin loop.
Daardie dag was die Sabbat, 10 en daarom het die Jode vir die man wat genees is, begin sê: “Dit is die Sabbat, en jy mag nie die slaapmat* dra nie.”+ 11 Maar hy het hulle geantwoord: “Dieselfde man wat my gesond gemaak het, het vir my gesê: ‘Tel jou slaapmat* op en loop.’” 12 Hulle het vir hom gevra: “Wie is die man wat vir jou gesê het: ‘Tel dit op en loop’?” 13 Maar die man wat gesond gemaak is, het nie geweet wie dit was nie, want Jesus het in die skare verdwyn.
14 Later het Jesus hom in die tempel gevind en vir hom gesê: “Kyk, jy het gesond geword. Moenie meer sondig nie, sodat iets ergers nie met jou gebeur nie.” 15 Die man het weggegaan en vir die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het. 16 Die Jode het Jesus begin vervolg omdat hy hierdie dinge op die Sabbat gedoen het. 17 Maar hy het vir hulle gesê: “My Vader het tot nou toe aanhou werk, en ek hou aan werk.”+ 18 As gevolg hiervan het die Jode nog harder probeer om hom dood te maak, want hy het nie net die Sabbat gebreek nie, maar hy het God ook sy eie Vader genoem+ en hom so aan God gelykgemaak.+
19 Daarom het Jesus vir hulle gesê: “Ek verseker julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie, maar net wat hy die Vader sien doen.+ Want alles wat daardie Een doen, doen die Seun ook net so. 20 Want die Vader is lief vir die Seun+ en wys hom alles wat hy self doen. Hy sal vir hom werke wys wat nog groter is as dié, sodat julle verstom sal wees.+ 21 Want net soos die Vader die dooies opwek en lewend maak,+ so maak die Seun ook lewend wie hy wil.+ 22 Want die Vader oordeel niemand nie, maar hy het die oordeel heeltemal aan die Seun oorgelaat,+ 23 sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Enigiemand wat nie die Seun eer nie, eer nie die Vader wat hom gestuur het nie.+ 24 Ek verseker julle: Enigiemand wat my woorde hoor en die Een glo wat my gestuur het, het die ewige lewe,+ en hy sal nie geoordeel word nie. Hy is soos iemand wat dood was maar wat nou lewe.+
25 “Ek verseker julle: Die uur kom, en dit is nou, wanneer die dooies die stem van die Seun van God sal hoor, en dié wat aandag geskenk het, sal lewe. 26 Want net soos die Vader lewe* in homself het,+ so het hy dit ook vir die Seun moontlik gemaak om lewe in homself te hê.+ 27 En Hy het hom die gesag gegee om te oordeel+ omdat hy die Seun van die mens is.+ 28 Moenie hieroor verbaas wees nie, want die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte* is, sy stem sal hoor+ 29 en sal uitkom, dié wat goeie dinge gedoen het, tot ’n opstanding van die lewe, en dié wat walglike dinge gedoen het, tot ’n opstanding van oordeel.+ 30 Ek kan niks uit my eie doen nie. Net soos ek hoor, oordeel ek, en my oordeel is regverdig+ omdat ek nie my eie wil soek nie, maar die wil van hom wat my gestuur het.+
31 “As ek alleen oor myself getuig, is my getuienis nie waar nie.+ 32 Daar is iemand anders wat oor my getuig, en ek weet dat die getuienis wat hy oor my gee, waar is.+ 33 Julle het manne na Johannes gestuur, en hy het van die waarheid getuig.+ 34 Ek aanvaar egter nie die getuienis van ’n mens nie, maar ek sê hierdie dinge sodat julle gered kan word. 35 Daardie man was ’n lamp wat gebrand en geskyn het, en julle was ’n kort tydjie bereid om sy lig te geniet.+ 36 Maar ek het die getuienis wat groter is as die getuienis van Johannes. Want hierdie werk wat ek doen, die werk wat my Vader my gegee het om te doen, getuig dat die Vader my gestuur het.+ 37 En die Vader wat my gestuur het, het self oor my getuig.+ Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy voorkoms gesien nie,+ 38 en sy woord is nie in julle nie, want julle glo nie die een wat hy gestuur het nie.
39 “Julle ondersoek die Skrif,+ want julle dink dat julle die ewige lewe daardeur sal hê, en dit is juis die Skrif wat oor my getuig.+ 40 En tog wil julle nie na my toe kom+ sodat julle die lewe kan hê nie. 41 Ek wil nie deur mense geëer word nie, 42 maar ek weet goed dat julle nie die liefde vir God in julle het nie. 43 Ek het in die naam van my Vader gekom, maar julle aanvaar my nie. As iemand anders in sy eie naam gekom het, sou julle hom aanvaar het. 44 Hoe kan julle glo as julle deur mekaar geëer wil word maar geen moeite doen om deur die enigste God geëer te word nie?+ 45 Moenie dink dat ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Moses,+ op wie julle vertrou het, beskuldig julle. 46 Om die waarheid te sê, as julle Moses geglo het, sou julle my glo, want hy het oor my geskryf.+ 47 Maar as julle nie glo wat hy geskryf het nie, hoe sal julle glo wat ek sê?”
6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galileʹa, of Tibeʹrias, gegaan.+ 2 En ’n groot skare het hom bly volg,+ omdat hulle sy wonderwerke gesien het toe hy die siekes genees het.+ 3 Daarom het Jesus teen ’n berg opgegaan en daar saam met sy dissipels gaan sit. 4 En die Pasga,+ die fees van die Jode, was naby. 5 Toe Jesus opkyk en sien dat ’n groot skare na hom toe kom, het hy vir Filippus gevra: “Waar gaan ons brood koop sodat hierdie mense kan eet?”+ 6 Hy het dit egter gesê om hom te toets, want hy het geweet wat hy binnekort sou doen. 7 Filippus het hom geantwoord: “Brood vir 200 denaʹrii* is nie genoeg sodat elkeen van hulle selfs net ’n stukkie kan kry nie.” 8 Een van sy dissipels, Andreʹas, Simon Petrus se broer, het vir hom gesê: 9 “Hier is ’n seuntjie wat vyf brode* en twee vissies het. Maar wat is dit nou onder so baie mense?”+
10 Jesus het gesê: “Laat die mense gaan sit.” Daar was baie gras, en hulle het gaan sit. Daar was omtrent 5 000 mans.+ 11 Jesus het die brood geneem, en nadat hy ’n dankgebed gedoen het, het hy dit uitgedeel aan dié wat daar gesit het. Hy het dieselfde met die vissies gedoen, en die mense kon soveel eet as wat hulle wou. 12 Toe hulle genoeg geëet het, het hy vir sy dissipels gesê: “Maak die oorskietstukke bymekaar sodat niks gemors word nie.” 13 Hulle het dit toe bymekaargemaak, en hulle het 12 mandjies vol gemaak met die oorskietstukke van die vyf brode wat die mense geëet het.
14 Toe die mense die wonderwerk* sien wat hy gedoen het, het hulle begin sê: “Dit is beslis die Profeet wat in die wêreld sou inkom.”+ 15 Omdat Jesus geweet het dat hulle op die punt staan om hom te kom gryp en hom koning te maak, het hy weer weggegaan+ na die berg toe, heeltemal alleen.+
16 Toe dit aand word, het sy dissipels na die see toe gegaan,+ 17 en hulle het in ’n boot geklim en oor die see na Kaperʹnaum weggevaar. Teen hierdie tyd was dit al donker, en Jesus het nog nie na hulle toe gekom nie.+ 18 En die see het onstuimig begin word omdat ’n sterk wind gewaai het.+ 19 Maar toe hulle omtrent vyf of ses kilometer* geroei het, het hulle gesien dat Jesus op die see loop en al hoe nader aan die boot kom, en hulle het baie bang geword. 20 Maar hy het vir hulle gesê: “Dit is ek. Moenie bang wees nie!”+ 21 Toe was hulle bereid om hom in die boot te laat klim, en net daarna het die boot by die land aangekom waarheen hulle op pad was.+
22 Die volgende dag was die skare nog aan die oorkant van die see. Hulle het gesien dat daar nie ’n boot was nie. Daar was ’n klein bootjie, maar Jesus het nie saam met sy dissipels in daardie boot geklim nie, want sy dissipels het sonder hom vertrek. 23 Bote uit Tibeʹrias het egter aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het nadat die Here ’n dankgebed gedoen het. 24 Toe die skare sien dat nie Jesus of sy dissipels daar is nie, het hulle in hulle bote geklim en na Kaperʹnaum gekom om na Jesus te soek.
25 Toe hulle hom aan die oorkant van die see vind, het hulle vir hom gevra: “Rabbi,+ wanneer het u hier aangekom?” 26 Jesus het geantwoord: “Ek sê vir julle dat julle nie na my soek omdat julle wonderwerke* gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet het en versadig geword het.+ 27 Moenie werk vir die voedsel wat sleg word nie, maar vir die voedsel wat nie sleg word nie en wat ewige lewe gee.+ Die Seun van die mens sal vir julle hierdie voedsel gee, want die Vader, God self, het Sy seël van goedkeuring op hom gedruk.”+
28 Toe het hulle vir hom gevra: “Wat moet ons doen om die werke van God te verrig?” 29 Jesus het hulle geantwoord: “God wil hê dat julle geloof beoefen in die een wat hy gestuur het.”+ 30 Toe het hulle vir hom gevra: “Wat doen u dan as ’n teken,+ sodat ons dit kan sien en u kan glo? Watter werk doen u? 31 Ons voorvaders het die manna in die wildernis geëet,+ net soos daar geskryf is: ‘Hy het vir hulle brood uit die hemel gegee om te eet.’”+ 32 Jesus het toe vir hulle gesê: “Ek verseker julle: Moses het nie vir julle die brood uit die hemel gegee nie, maar my Vader gee vir julle die ware brood uit die hemel. 33 Want die brood van God is die een wat uit die hemel neerdaal en lewe gee aan die wêreld.” 34 Toe het hulle vir hom gesê: “Here, gee altyd vir ons van hierdie brood.”
35 Jesus het vir hulle gesê: “Ek is die brood van die lewe. Enigiemand wat na my toe kom, sal nooit honger word nie, en enigiemand wat geloof in my beoefen, sal nooit dors word nie.+ 36 Maar soos ek vir julle gesê het, julle het my gesien, maar tog glo julle nie.+ 37 Almal wat die Vader aan my gee, sal na my toe kom, en ek sal nooit die een wat na my toe kom, wegjaag nie,+ 38 want ek het uit die hemel neergedaal,+ nie om my eie wil te doen nie, maar die wil van hom wat my gestuur het.+ 39 Die wil van hom wat my gestuur het, is dat ek niemand moet verloor uit almal wat hy aan my gegee het nie, maar dat ek hulle op die laaste dag moet opwek.+ 40 Want die wil van my Vader is dat elkeen wat die Seun erken en geloof in hom beoefen, die ewige lewe moet hê,+ en ek sal hom op die laaste dag opwek.”+
41 Toe het die Jode begin kla omdat hy gesê het: “Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.”+ 42 Hulle het begin vra: “Is dit nie Jesus die seun van Josef, wie se pa en ma ons ken nie?+ Hoekom sê hy dan nou: ‘Ek het uit die hemel neergedaal’?” 43 Jesus het hulle geantwoord: “Hou op om onder mekaar te kla. 44 Geen mens kan na my toe kom tensy die Vader, wat my gestuur het, hom trek nie,+ en ek sal hom op die laaste dag opwek.+ 45 Daar is in die boeke van die profete geskryf: ‘Hulle sal almal deur Jehovah* geleer word.’+ Elkeen wat na die Vader geluister het en wat geleer het, kom na my toe. 46 Nie dat enigiemand die Vader gesien het nie,+ behalwe die een wat van God kom. Hy het die Vader gesien.+ 47 Ek verseker julle: Enigiemand wat glo, het die ewige lewe.+
48 “Ek is die brood van die lewe.+ 49 Julle voorvaders het die manna in die wildernis geëet, en tog het hulle gesterf.+ 50 Maar enigeen wat eet van die brood wat uit die hemel neerdaal, sal nie sterf nie. 51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As enigiemand van hierdie brood eet, sal hy vir ewig lewe. Die brood wat ek sal gee, is in werklikheid my vlees sodat die wêreld kan lewe.”+
52 Toe het die Jode met mekaar begin stry en gevra: “Hoe kan hierdie man sy vlees vir ons gee om te eet?” 53 Jesus het toe vir hulle gesê: “Ek verseker julle: As julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.+ 54 Enigiemand wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en ek sal hom op die laaste dag opwek,+ 55 want my vlees is ware voedsel, en my bloed is ware drank. 56 Enigiemand wat my vlees eet en my bloed drink, bly in eenheid met my, en ek in eenheid met hom.+ 57 Net soos die lewende Vader my gestuur het en ek weens die Vader lewe, so sal die een wat my vlees eet, weens my lewe.+ 58 Dit is die brood wat uit die hemel neergedaal het. Dit is nie soos toe julle voorvaders geëet het en tog gesterf het nie. Enigiemand wat hierdie brood eet, sal vir ewig lewe.”+ 59 Hy het hierdie dinge gesê terwyl hy mense in ’n sinagoge* in Kaperʹnaum geleer het.
60 Toe hulle dit hoor, het baie van sy dissipels gesê: “Hierdie woorde is skokkend! Wie kan daarna luister?” 61 Maar Jesus het geweet dat sy dissipels hieroor kla en het vir hulle gevra: “Laat dit julle struikel? 62 Wat sal julle dan sê as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar hy voorheen was?+ 63 Dit is die gees wat lewe gee.+ Die vlees is nie van enige nut nie. Die woorde wat ek vir julle gesê het, is gees en lewe.+ 64 Maar daar is party van julle wat nie glo nie.” Want Jesus het van die begin af geweet wie nie geglo het nie en wie hom sou verraai.+ 65 Toe het hy gesê: “Dit is hoekom ek vir julle gesê het: Niemand kan na my toe kom as die Vader nie besluit het dat hy kan kom nie.”+
66 As gevolg hiervan het baie van sy dissipels teruggegaan na die dinge wat hulle agtergelaat het+ en hom nie meer gevolg nie. 67 Daarom het Jesus vir die Twaalf gevra: “Wil julle nie dalk ook weggaan nie?” 68 Simon Petrus het hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons weggaan?+ U het woorde van die ewige lewe.+ 69 Ons het geglo en weet dat u die Heilige van God is.”+ 70 Jesus het vir hulle gesê: “Ek het die twaalf van julle uitgekies, nie waar nie?+ Tog is een van julle ’n lasteraar.”*+ 71 Hy het in werklikheid gepraat van Judas, die seun van Simon Iskaʹriot, want Judas sou hom verraai, al was hy een van die Twaalf.+
7 Hierna het Jesus deur Galileʹa bly reis,* want hy wou nie in Judeʹa rondreis nie omdat die Jode hom wou doodmaak.+ 2 Die Joodse Loofhuttefees*+ was egter naby. 3 Daarom het sy broers+ vir hom gesê: “Gaan hiervandaan na Judeʹa toe, sodat jou dissipels ook die werke kan sien wat jy doen. 4 Want niemand doen enigiets in die geheim wanneer hy in die openbaar bekend wil wees nie. As jy hierdie dinge doen, openbaar jou dan aan die wêreld.” 5 Maar sy broers het nie geloof in hom beoefen nie.+ 6 Toe het Jesus vir hulle gesê: “My tyd het nog nie gekom nie,+ maar vir julle is enige tyd reg. 7 Die wêreld het geen rede om julle te haat nie, maar die wêreld haat my, omdat ek getuig dat die werke van die wêreld goddeloos is.+ 8 Gaan julle na die fees toe. Ek gaan nog nie na hierdie fees toe nie, want my tyd het nog nie gekom nie.”+ 9 Nadat hy hierdie dinge vir hulle gesê het, het hy in Galileʹa gebly.
10 Maar nadat sy broers na die fees gegaan het, het hy self ook gegaan, nie openlik nie maar in die geheim. 11 Die Jode het hom by die fees begin soek en gevra: “Waar is daardie man?” 12 En die skare het baie dinge onder mekaar oor hom gefluister. Party het gesê: “Hy is ’n goeie man.” Ander het gesê: “Hy is nie. Hy mislei die mense.”+ 13 Natuurlik het niemand in die openbaar oor hom gepraat nie, want hulle was bang vir die Jode.+
14 Toe die fees al halfpad verby was, het Jesus na die tempel toe gegaan en mense begin leer. 15 Die Jode was baie verbaas en het gevra: “Hoe is dit dat hierdie man soveel kennis van die Skrif*+ het as hy nie aan die skole* gestudeer het nie?”+ 16 Toe het Jesus hulle geantwoord: “Wat ek leer, is nie myne nie, maar behoort aan hom wat my gestuur het.+ 17 As iemand ’n begeerte het om Sy wil te doen, sal hy weet of die dinge wat ek aan mense leer, van God af kom+ en of ek uit my eie praat. 18 Enigiemand wat uit sy eie praat, soek sy eie eer, maar enigiemand wat geëer wil word deur die een wat hom gestuur het,+ is betroubaar, en daar is geen onregverdigheid in hom nie. 19 Moses het vir julle die Wet+ gegee, nie waar nie? Maar nie een van julle gehoorsaam die Wet nie. Hoekom probeer julle my doodmaak?”+ 20 Die skare het geantwoord: “Jy het ’n demoon. Wie probeer jou doodmaak?” 21 Jesus het vir hulle gesê: “Ek het een daad gedoen, en julle almal is verbaas daaroor. 22 Daarom het Moses julle die bevel oor besnydenis+ gegee – nie dat dit van Moses kom nie, maar van die voorvaders+ – en julle besny ’n man op ’n sabbat. 23 As ’n man op ’n sabbat besny word sodat die Wet van Moses nie verbreek word nie, is julle dan woedend vir my omdat ek ’n mens op ’n sabbat heeltemal gesond gemaak het?+ 24 Hou op om te oordeel volgens wat julle sien, maar oordeel met ’n regverdige oordeel.”+
25 Toe het party van die inwoners van Jerusalem begin sê: “Is dit nie die man wat hulle probeer doodmaak nie?+ 26 En tog praat hy in die openbaar, en hulle sê niks vir hom nie. Weet ons leiers nou vir seker dat hy die Christus is? 27 Ons weet dan waar hierdie man vandaan kom.+ Maar wanneer die Christus kom, sal niemand weet waar hy vandaan kom nie.” 28 Terwyl Jesus mense in die tempel geleer het, het hy uitgeroep: “Julle ken my en weet waar ek vandaan kom. Ek het nie uit my eie gekom nie,+ maar die Een wat my gestuur het, bestaan werklik, en julle ken hom nie.+ 29 Ek ken hom,+ want ek is ’n verteenwoordiger wat van hom af kom, en hy het my gestuur.” 30 Toe het hulle hom probeer gevange neem,+ maar niemand het iets aan hom gedoen nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.+ 31 Nogtans het baie van die skare geloof in hom gestel,+ en hulle het gesê: “Wanneer die Christus kom, sal hy tog nie meer wonderwerke* doen as wat hierdie man gedoen het nie, of hoe?”
32 Die Fariseërs het gehoor toe die skare hierdie dinge oor hom fluister, en die hoofpriesters en die Fariseërs het beamptes gestuur om hom gevange te neem. 33 Toe het Jesus gesê: “Ek sal nog ’n klein rukkie by julle wees voordat ek na die Een toe gaan wat my gestuur het.+ 34 Julle sal my soek, maar julle sal my nie vind nie, en waar ek is, kan julle nie kom nie.”+ 35 Daarom het die Jode onder mekaar gesê: “Waarheen is hierdie man van plan om te gaan, sodat ons hom nie sal vind nie? Hy is tog nie van plan om na die Jode te gaan wat onder die Grieke verstrooi is en om die Grieke te leer nie, of hoe? 36 Wat bedoel hy wanneer hy sê: ‘Julle sal my soek, maar julle sal my nie vind nie, en waar ek is, kan julle nie kom nie’?”
37 Op die laaste dag, die groot dag van die fees,+ het Jesus opgestaan en uitgeroep: “As iemand dors is, laat hom na my toe kom en drink.+ 38 Die Skrifgedeelte sê die volgende oor enigiemand wat geloof in my stel: ‘Uit sy binneste sal strome van lewende water vloei.’”+ 39 Hy het egter gepraat van die gees, wat dié wat geloof in hom gestel het, binnekort sou ontvang, maar op daardie stadium was daar nog geen gees nie,+ omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.+ 40 Party mense wat hierdie woorde gehoor het, het begin sê: “Hy is regtig die Profeet.”+ 41 Ander het gesê: “Hy is die Christus.”+ Maar party het gesê: “Die Christus kom nie uit Galileʹa nie, of hoe?+ 42 Sê die Skrif nie dat die Christus uit die nageslag van Dawid+ en uit Betlehem,+ die dorpie waar Dawid was,+ kom nie?” 43 Toe het daar verdeeldheid oor hom onder die skare ontstaan. 44 Party van hulle wou hom egter gevange neem, maar niemand het enigiets aan hom gedoen nie.
45 Toe het die beamptes na die hoofpriesters en Fariseërs toe teruggegaan, en die Fariseërs het vir hulle gevra: “Hoekom het julle hom nie gebring nie?” 46 Die beamptes het geantwoord: “Nog nooit het enige mens so gepraat nie.”+ 47 Toe het die Fariseërs gesê: “Is julle dan nou ook mislei? 48 Nie een van ons leiers of van die Fariseërs het geloof in hom gestel nie.+ 49 Maar hierdie skare wat die Wet nie ken nie, is vervloekte mense.” 50 Nikodeʹmus, wat vantevore na hom toe gekom het en wat een van hulle was, het vir hulle gesê: 51 “Ons Wet oordeel nie ’n mens sonder om eers sy kant van die saak te hoor en vas te stel wat hy doen nie.”+ 52 Hulle het vir hom gesê: “Jy is tog nie ook uit Galileʹa nie? Stel ondersoek in, en dan sal jy sien dat geen profeet uit Galileʹa sal kom nie.”*
8 12 Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is die lig van die wêreld.+ Enigiemand wat my volg, sal nie in die duisternis loop nie, maar sal die lig van die lewe besit.”+ 13 Die Fariseërs het dus vir hom gesê: “Jy getuig oor jouself. Jou getuienis is nie waar nie.” 14 Jesus het vir hulle gesê: “Selfs al getuig ek oor myself, is my getuienis waar, omdat ek weet waar ek vandaan kom en waarheen ek gaan.+ Maar julle weet nie waar ek vandaan kom en waarheen ek gaan nie. 15 Julle oordeel volgens die standaarde van mense.*+ Ek oordeel niemand nie. 16 En selfs al oordeel ek, is my oordeel betroubaar, omdat ek nie alleen is nie, maar die Vader wat my gestuur het, is met my.+ 17 Daar is ook in julle eie Wet geskryf: ‘Die getuienis van twee mense is waar.’+ 18 Ek is een wat oor myself getuig, en die Vader wat my gestuur het, getuig oor my.”+ 19 Toe het hulle vir hom gevra: “Waar is jou Vader?” Jesus het geantwoord: “Julle ken my nie, en ook nie my Vader nie.+ As julle my geken het, sou julle my Vader ook geken het.”+ 20 Hierdie woorde het hy in die skatkisgedeelte+ gesê terwyl hy mense in die tempel geleer het. Maar niemand het hom gevange geneem nie, want sy uur het nog nie gekom nie.+
21 Toe het hy weer vir hulle gesê: “Ek gaan weg, en julle sal my soek, en tog sal julle in julle sonde sterf.+ Waarheen ek gaan, kan julle nie kom nie.”+ 22 Die Jode het toe begin sê: “Hy sal homself tog nie doodmaak nie, of hoe? Want hy sê: ‘Waarheen ek gaan, kan julle nie kom nie.’” 23 Hy het vir hulle gesê: “Julle is van hier onder. Ek is van daar bo.+ Julle is van hierdie wêreld. Ek is nie van hierdie wêreld nie. 24 Daarom het ek vir julle gesê: Julle sal in julle sondes sterf. Want as julle nie glo dat ek die een is nie, sal julle in julle sondes sterf.” 25 Daarom het hulle vir hom begin vra: “Wie is jy?” Jesus het vir hulle gesê: “Hoekom praat ek nog met julle? 26 Ek het baie dinge om oor julle te sê en baie sake waaroor ek ’n oordeel moet uitspreek. Om die waarheid te sê, die Een wat my gestuur het, is betroubaar, en ek maak die dinge wat ek by hom gehoor het, in die wêreld bekend.”+ 27 Hulle het nie verstaan dat hy met hulle oor die Vader praat nie. 28 Toe het Jesus gesê: “Nadat julle die Seun van die mens opgelig het,*+ dan sal julle weet dat dit ek is,+ en dat ek niks uit my eie doen nie,+ maar ek sê hierdie dinge net soos die Vader my geleer het. 29 En die Een wat my gestuur het, is met my. Hy het my nie aan myself oorgelaat nie, want ek doen altyd die dinge wat sy hart bly maak.”+ 30 Terwyl hy hierdie dinge gesê het, het baie mense geloof in hom gestel.
31 Toe het Jesus vir die Jode wat hom geglo het, gesê: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle werklik my dissipels, 32 en julle sal die waarheid ken,+ en die waarheid sal julle vrymaak.”+ 33 Hulle het hom geantwoord: “Ons is Abraham se nageslag en ons was nog nooit enigiemand se slawe nie. Hoe is dit dat jy sê: ‘Julle sal vry word’?” 34 Jesus het hulle geantwoord: “Ek verseker julle: Elkeen wat sondig, is ’n slaaf van die sonde.+ 35 Wat meer is, die slaaf bly nie vir ewig in die huis nie, maar die seun bly vir ewig. 36 As die Seun julle dan vrymaak, sal julle werklik vry wees. 37 Ek weet dat julle Abraham se nageslag is, maar julle probeer my doodmaak omdat julle nie aanvaar wat ek sê nie. 38 Ek praat oor die dinge wat ek gesien het terwyl ek by my Vader was,+ maar julle doen die dinge wat julle by julle vader gehoor het.” 39 Hulle het vir hom gesê: “Ons vader is Abraham.” Jesus het vir hulle gesê: “As julle Abraham se kinders was,+ sou julle die werke doen wat Abraham gedoen het. 40 Maar nou probeer julle my doodmaak, ’n man wat vir julle die waarheid vertel het wat ek by God gehoor het.+ Abraham het dit nie gedoen nie. 41 Julle doen die werke van julle vader.” Hulle het vir hom gesê: “Ons is nie uit onsedelikheid* gebore nie. Ons het een Vader, God.”
42 Jesus het vir hulle gesê: “As God julle Vader was, sou julle my liefhê,+ want ek het van God af gekom, en ek is hier. Ek het nie uit my eie gekom nie, maar Hy het my gestuur.+ 43 Hoekom verstaan julle nie wat ek sê nie? Omdat julle nie na my woorde kan luister nie. 44 Julle is van julle vader die Duiwel, en julle wil die begeertes van julle vader doen.+ Hy was ’n moordenaar van die begin af,*+ en hy het nie in die waarheid vasgestaan nie, want daar is nie waarheid in hom nie. Wanneer hy ’n leuen vertel, praat hy in ooreenstemming met sy eie geaardheid, want hy is ’n leuenaar en die vader van die leuen.+ 45 Maar omdat ek julle die waarheid vertel, glo julle my nie. 46 Wie van julle kan bewys dat ek gesondig het? As ek die waarheid praat, hoekom glo julle my dan nie? 47 Die een wat aan God behoort, luister na die woorde van God.+ Daarom luister julle nie, omdat julle nie aan God behoort nie.”+
48 Die Jode het vir hom gevra: “Is ons nie reg wanneer ons sê dat jy ’n Samaritaan is+ en ’n demoon het nie?”+ 49 Jesus het geantwoord: “Ek het nie ’n demoon nie, maar ek eer my Vader, en julle beledig my. 50 Ek probeer egter nie om myself te eer nie.+ Daar is Een wat wil hê dat ek geëer moet word en wat oordeel. 51 Ek verseker julle: As iemand my woorde gehoorsaam, sal hy die dood nooit sien nie.”+ 52 Die Jode het vir hom gesê: “Nou weet ons dat jy ’n demoon het. Abraham het gesterf, en die profete ook, maar jy sê: ‘As iemand my woorde gehoorsaam, sal hy die dood nooit ondervind* nie.’ 53 Jy is tog nie groter as ons vader Abraham wat gesterf het nie, of hoe? Die profete het ook gesterf. Wie dink jy is jy?” 54 Jesus het geantwoord: “As ek myself eer, beteken my eer niks nie. Dit is my Vader wat my eer,+ die een wat julle sê julle God is. 55 Tog het julle hom nie geken nie,+ maar ek ken hom.+ En as ek gesê het dat ek hom nie ken nie, sou ek soos julle wees, ’n leuenaar. Maar ek ken hom wel en is gehoorsaam aan sy woorde. 56 Abraham, julle vader, het uitgesien na die dag wanneer ek sou kom, en hy het dit gesien en was baie bly.”+ 57 Toe het die Jode vir hom gesê: “Jy is nog nie 50 jaar oud nie, en tog het jy Abraham gesien?” 58 Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle: Voordat Abraham bestaan het, het ek al bestaan.”+ 59 Toe het hulle klippe opgetel om hom daarmee te gooi, maar Jesus het weggekruip en uit die tempel uitgegaan.
9 Terwyl hy verbygegaan het, het hy ’n man gesien wat van geboorte af blind was. 2 En sy dissipels het vir hom gevra: “Rabbi,+ hoe is dit dat hierdie man blind gebore is? Wie het gesondig: hy of sy ouers?” 3 Jesus het geantwoord: “Nie hierdie man of sy ouers het gesondig nie, maar dit was sodat die werke van God in sy geval bekend gemaak kon word.+ 4 Terwyl dit dag is, moet ons die werke doen van die Een wat my gestuur het.+ Die nag kom wanneer geen mens kan werk nie. 5 Solank ek in die wêreld is, is ek die lig van die wêreld.”+ 6 Nadat hy hierdie dinge gesê het, het hy op die grond gespoeg en klei met die speeksel gemaak en die klei op die man se oë gesmeer+ 7 en vir hom gesê: “Gaan was jou in die bad Siloʹam.” (Siloʹam word as “uitgestuur” vertaal.) En hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.+
8 Toe het die bure en dié wat vroeër gesien het dat hy ’n bedelaar is, begin sê: “Dit is mos die man wat altyd gesit en bedel het, is dit nie?” 9 Party het gesê: “Dit is hy.” Ander het gesê: “Nee, dit lyk maar net soos hy.” Die man het bly sê: “Dit is ek.” 10 Toe het hulle vir hom gevra: “Hoe is jou oë dan geopen?” 11 Hy het geantwoord: “Die man met die naam Jesus het klei gemaak en dit aan my oë gesmeer en vir my gesê: ‘Gaan na Siloʹam en was jou.’+ Ek het gegaan en my gewas en toe kon ek sien.” 12 Toe het hulle vir hom gevra: “Waar is hierdie man?” Hy het gesê: “Ek weet nie.”
13 Hulle het die man wat voorheen blind was, na die Fariseërs toe geneem. 14 Dit was die Sabbat+ toe Jesus die klei gemaak het en sy oë geopen het.+ 15 Hierdie keer het die Fariseërs die man ook begin vra hoe dit gebeur het dat hy kan sien. Hy het vir hulle gesê: “Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en nou kan ek sien.” 16 Party van die Fariseërs het toe begin sê: “Hy is nie ’n man wat van God af kom nie, want hy hou nie die Sabbat+ nie.” Ander het gevra: “Hoe kan ’n mens wat ’n sondaar is, sulke wonderwerke* doen?”+ Daar was dus verdeeldheid onder hulle.+ 17 Hulle het weer vir die blinde man gevra: “Wat het jy oor hom te sê, aangesien hy jou oë geopen het?” Die man het gesê: “Hy is ’n profeet.”
18 Die Jode het egter nie geglo dat hy blind was en nou kon sien nie, totdat hulle sy ouers geroep het. 19 En hulle het vir die ouers gevra: “Is dit julle seun wat julle sê blind gebore is? Hoe is dit dan dat hy nou kan sien?” 20 Sy ouers het geantwoord: “Ons weet dat dit ons seun is en dat hy blind gebore is. 21 Maar ons weet nie hoe dit is dat hy nou sien nie. En ons weet nie wie sy oë geopen het nie. Vra hom. Hy is volwasse. Hy moet vir homself praat.” 22 Sy ouers het hierdie dinge gesê omdat hulle bang was vir die Jode,+ want die Jode het klaar besluit dat enigiemand wat erken dat hy die Christus is, uit die sinagoge geban moet word.+ 23 Daarom het sy ouers gesê: “Hy is volwasse. Vra hom.”
24 Toe het hulle die man wat blind was, ’n tweede keer geroep en vir hom gesê: “Gee eer aan God. Ons weet dat hierdie man ’n sondaar is.” 25 Hy het geantwoord: “Of hy ’n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek wel: Ek was blind, maar nou kan ek sien.” 26 Toe het hulle vir hom gevra: “Wat het hy met jou gedoen? Hoe het hy jou oë geopen?” 27 Hy het hulle geantwoord: “Ek het julle reeds vertel, maar julle het nie geluister nie. Hoekom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?” 28 Toe het hulle hom uitgeskel en gesê: “Jy is ’n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses. 29 Ons weet dat God met Moses gepraat het, maar ons weet nie waar hierdie man vandaan kom nie.” 30 Die man het hulle geantwoord: “Dit is baie vreemd dat julle nie weet waar hy vandaan kom nie, en tog het hy my oë geopen. 31 Ons weet dat God nie na sondaars luister nie,+ maar as iemand godvresend is en sy wil doen, luister hy na hom.+ 32 Daar is nog nooit gehoor dat enigeen die oë geopen het van iemand wat blind gebore is nie. 33 As hierdie man nie van God af gekom het nie, sou hy niks kon doen nie.”+ 34 Hulle het hom geantwoord: “Jy is heeltemal in sonde gebore, en nou wil jy ons kom leer?” En hulle het hom uitgegooi!+
35 Jesus het gehoor dat hulle hom uitgegooi het, en toe hy hom vind, het hy vir hom gevra: “Stel jy geloof in die Seun van die mens?” 36 Die man het geantwoord: “Wie is hy, Meneer, sodat ek geloof in hom kan stel?” 37 Jesus het vir hom gesê: “Jy het hom gesien, en om die waarheid te sê, dit is hy wat met jou praat.” 38 Hy het gesê: “Ek stel geloof in hom, Here.” En hy het aan Jesus eer bewys.* 39 Jesus het toe gesê: “Vir hierdie oordeel het ek in hierdie wêreld ingekom, sodat dié wat nie sien nie, kan sien,+ en dié wat sien, blind kan word.”+ 40 Die Fariseërs wat by hom was, het hierdie dinge gehoor, en hulle het vir hom gesê: “Ons is tog nie ook blind nie, of hoe?” 41 Jesus het vir hulle gesê: “As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie. Maar nou sê julle: ‘Ons sien.’ Daarom bly julle skuldig aan julle sonde.”*+
10 “Ek verseker julle: Hy wat nie by die deur van die skaapkraal ingaan nie maar iewers anders opklim, is ’n dief en ’n rower.+ 2 Maar hy wat by die deur ingaan, is die herder van die skape.+ 3 Die deurwagter maak vir hom oop,+ en die skape luister na sy stem.+ Hy roep sy eie skape op hulle name en lei hulle uit. 4 Wanneer hy al sy skape uitgebring het, gaan hy voor hulle uit, en die skape volg hom omdat hulle sy stem ken. 5 Hulle sal glad nie ’n vreemdeling volg nie, maar sal van hom af wegvlug, omdat hulle nie die stem van vreemdelinge ken nie.” 6 Jesus het hierdie vergelyking vir hulle vertel, maar hulle het nie verstaan wat hy vir hulle gesê het nie.
7 Daarom het Jesus weer gesê: “Ek sê vir julle: Ek is die deur vir die skape.+ 8 Almal wat in my plek gekom het, is diewe en rowers, maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9 Ek is die deur. Wie deur my ingaan, sal gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.+ 10 Die dief kom nie tensy dit is om te steel en te slag en te vernietig nie.+ Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed kan hê. 11 Ek is die goeie herder.+ Die goeie herder gee sy lewe* vir die skape.+ 12 ’n Gehuurde werker, wat nie ’n herder is nie en aan wie die skape nie behoort nie, verlaat die skape en vlug wanneer hy ’n wolf sien kom. Dan gryp die wolf hulle en jaag hulle uitmekaar. 13 Omdat hy ’n gehuurde werker is, gee hy nie vir die skape om nie. 14 Ek is die goeie herder. Ek ken my skape en my skape ken my,+ 15 net soos die Vader my ken en ek die Vader ken,+ en ek gee my lewe* vir die skape.+
16 “Ek het ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie.+ Ek moet hulle ook inbring, en hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde onder een herder word.+ 17 Daarom het die Vader my lief,+ omdat ek my lewe* gee,+ sodat ek dit weer kan ontvang. 18 Niemand neem dit van my af weg nie, maar ek gee dit uit my eie. Ek het gesag om dit te gee, en ek het gesag om dit weer te ontvang.+ Ek het hierdie gebod van my Vader ontvang.”
19 Daar het weer verdeeldheid onder die Jode ontstaan+ as gevolg van hierdie woorde. 20 Baie van hulle het gesê: “Hy het ’n demoon en is mal. Hoekom luister julle na hom?” 21 Ander het gesê: “Dit is nie die woorde van ’n man wat ’n demoon het nie. ’n Demoon kan tog nie blindes se oë open nie, of hoe?”
22 In daardie tyd het die Toewydingsfees in Jerusalem plaasgevind. Dit was winter, 23 en Jesus het in die tempel in die Pilaargang van Salomo geloop.+ 24 Toe het die Jode hom omring en vir hom begin sê: “Hoe lank gaan u ons* in spanning hou? As u die Christus is, sê dit dan reguit vir ons.” 25 Jesus het hulle geantwoord: “Ek het vir julle gesê, en tog glo julle nie. Die werke wat ek in die naam van my Vader doen, getuig oor my.+ 26 Maar julle glo nie, omdat julle nie my skape is nie.+ 27 My skape luister na my stem, en ek ken hulle, en hulle volg my.+ 28 Ek gee hulle die ewige lewe,+ en hulle sal beslis nooit vernietig word nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.+ 29 Wat my Vader my gegee het, is groter as alle ander dinge, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.+ 30 Ek en die Vader is een.”*+
31 Toe het die Jode weer klippe opgetel om hom dood te gooi. 32 Jesus het vir hulle gesê: “Ek het julle heelwat goeie werke laat sien wat van die Vader af kom. Oor watter van daardie werke wil julle my doodgooi?” 33 Die Jode het hom geantwoord: “Ons wil jou nie doodgooi omdat jy ’n goeie werk gedoen het nie, maar omdat jy laster,+ want jy maak jouself ’n god, al is jy net ’n mens.” 34 Toe het Jesus vir hulle gesê: “Staan daar nie in julle Wet geskryf: ‘Ek het gesê: “Julle is gode”’*+ nie? 35 ’n Skrifgedeelte is nooit verkeerd nie. As mense teen wie die woord van God gerig is, dan ‘gode’+ genoem word, 36 hoe kan julle vir my wat deur die Vader geheilig en in die wêreld ingestuur is, sê dat ek laster omdat ek gesê het: ‘Ek is God se Seun’?+ 37 As ek nie die werke van my Vader doen nie, moet my dan nie glo nie. 38 Maar as ek dit wel doen, glo dan die werke,+ al glo julle my nie, sodat julle kan leer en kan aanhou glo dat die Vader in eenheid met my is, en ek in eenheid met die Vader.”+ 39 Daarom het hulle hom weer gevange probeer neem, maar hy het van hulle af weggekom.
40 Toe het hy weer na die oorkant van die Jordaanrivier gegaan, na die plek waar Johannes mense aan die begin gedoop het,+ en hy het daar gebly. 41 En baie mense het na hom toe gekom en begin sê: “Johannes het nou wel nie ’n enkele wonderwerk* gedoen nie, maar alles wat Johannes oor hierdie man gesê het, was waar.”+ 42 En baie het daar geloof in hom gestel.
11 ’n Man met die naam Laʹsarus was siek. Hy was van Betaʹnië, die dorpie waar Maria en haar suster Marta+ gewoon het. 2 Dit was die Maria wat lekkerruik-olie op die Here gegooi het en sy voete met haar hare afgedroog het.+ Laʹsarus, die man wat siek was, was haar broer. 3 Daarom het sy susters vir Jesus ’n boodskap gestuur en gesê: “Here, kyk! die een vir wie u lief is, is siek.” 4 Maar toe Jesus dit hoor, het hy gesê: “Hierdie siekte is nie bedoel om in die dood te eindig nie, maar is om God te verheerlik,+ sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.”
5 Jesus was lief vir Marta en haar suster en Laʹsarus. 6 Toe hy hoor dat Laʹsarus siek is, het hy egter nog twee dae op die plek gebly waar hy was. 7 Daarna het hy vir die dissipels gesê: “Laat ons weer na Judeʹa gaan.” 8 Die dissipels het vir hom gesê: “Rabbi,+ ’n rukkie gelede wou die Judeërs u nog met klippe doodgooi,+ en gaan u nou weer soontoe?” 9 Jesus het geantwoord: “Daar is 12 uur daglig, nie waar nie?+ As iemand in die daglig loop, struikel hy oor niks nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien. 10 Maar as iemand in die nag loop, struikel hy, omdat die lig nie in hom is nie.”
11 Nadat hy hierdie dinge gesê het, het hy bygevoeg: “Laʹsarus, ons vriend, het gaan slaap,+ maar ek gaan soontoe om hom wakker te maak.” 12 Die dissipels het toe vir hom gesê: “Here, as hy slaap, sal hy gesond word.” 13 Jesus het egter van sy dood gepraat. Maar hulle het gedink dat hy van gewone slaap praat. 14 Toe het Jesus reguit vir hulle gesê: “Laʹsarus het gesterf,+ 15 en ter wille van julle is ek bly dat ek nie daar was nie, sodat julle kan glo. Maar laat ons na hom toe gaan.” 16 Daarom het Tomas, wat die Tweeling genoem is, vir die ander dissipels gesê: “Laat ons ook gaan, sodat ons saam met hom kan sterf.”+
17 Toe Jesus daar aankom, het hy gevind dat Laʹsarus reeds vier dae in die graf is. 18 Betaʹnië was naby Jerusalem, omtrent drie kilometer* daarvandaan. 19 En baie van die Jode het na Marta en Maria toe gekom om hulle oor hulle broer te troos. 20 Toe Marta hoor dat Jesus kom, het sy na hom toe gegaan, maar Maria+ het by die huis gebly. 21 Marta het toe vir Jesus gesê: “Here, as u hier was, sou my broer nie gesterf het nie. 22 En tog weet ek selfs nou dat God u alles sal gee wat u van God vra.” 23 Jesus het vir haar gesê: “Jou broer sal opstaan.” 24 Marta het vir hom gesê: “Ek weet dat hy in die opstanding+ op die laaste dag sal opstaan.” 25 Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe.+ Wie geloof in my beoefen, sal lewend word, selfs al sterf hy, 26 en elkeen wat lewe en geloof in my beoefen, sal nooit sterf nie.+ Glo jy dit?” 27 Sy het vir hom gesê: “Ja, Here, ek glo dat u die Christus is, die Seun van God, die een wat in die wêreld sou inkom.” 28 Toe sy dit gesê het, het sy weggegaan en haar suster Maria geroep en vir haar gefluister: “Die Leermeester+ is hier en hy roep jou.” 29 Toe sy dit hoor, het sy gou opgestaan en na hom toe gegaan.
30 Jesus het nog nie in die dorpie ingekom nie, maar hy was nog op die plek waar Marta hom ontmoet het. 31 Toe die Jode wat saam met Maria in die huis was en haar getroos het, sien dat sy vinnig opstaan en uitgaan, het hulle haar gevolg, en hulle het gedink dat sy na die graf+ toe gaan om daar te huil. 32 Toe Maria by Jesus kom en hom sien, het sy voor sy voete neergeval en vir hom gesê: “Here, as u hier was, sou my broer nie gesterf het nie.” 33 Toe Jesus sien dat sy huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het hy in sy binneste* gekreun en ontsteld geword. 34 Hy het gevra: “Waar het julle hom neergelê?” Hulle het vir hom gesê: “Here, kom kyk.” 35 Jesus het gehuil.+ 36 Daarom het die Jode begin sê: “Kyk hoe lief was hy vir hom!” 37 Maar party van hulle het gevra: “Kon hierdie man wat die oë van die blinde man geopen het,+ nie gekeer het dat hy sterf nie?”
38 Toe het Jesus, nadat hy weer in sy binneste gekreun het, by die graf gekom. Dit was in werklikheid ’n grot, en ’n klip het daarteen gelê. 39 Jesus het gesê: “Neem die klip weg.” Marta, die suster van die oorledene, het vir hom gesê: “Here, hy moet nou al ruik, want dit is al vier dae.” 40 Jesus het vir haar gevra: “Het ek nie vir jou gesê dat jy die heerlikheid van God sal sien as jy glo nie?”+ 41 Toe het hulle die klip weggeneem. Jesus het na die hemel opgekyk+ en gesê: “Vader, ek dank u dat u na my geluister het. 42 Ek het geweet dat u altyd na my luister, maar ek het gepraat weens die skare wat rondom my staan, sodat hulle kan glo dat u my gestuur het.”+ 43 Toe hy hierdie dinge gesê het, het hy met ’n harde stem uitgeroep: “Laʹsarus, kom uit!”+ 44 Die man wat dood was, het uitgekom. Sy hande en voete was met grafdoeke gebind, en sy gesig was met ’n doek toegedraai. Jesus het vir hulle gesê: “Maak hom los en laat hom gaan.”
45 Baie van die Jode wat na Maria toe gekom het en gesien het wat hy gedoen het, het geloof in hom gestel,+ 46 maar party van hulle het na die Fariseërs toe gegaan en vir hulle vertel wat Jesus gedoen het. 47 Toe het die hoofpriesters en die Fariseërs die Sanheʹdrin bymekaargeroep en gesê: “Wat moet ons doen, want hierdie man doen baie wonderwerke?*+ 48 As ons hom so laat aangaan, sal hulle almal geloof in hom stel, en die Romeine sal kom en ons plek* sowel as ons nasie wegneem.” 49 Maar een van hulle, Kaʹjafas,+ wat daardie jaar hoëpriester was, het vir hulle gesê: “Julle verstaan geheel en al niks nie. 50 Julle het nie daaraan gedink dat dit tot julle voordeel is dat een mens eerder vir die volk sterf as dat die hele nasie vernietig word nie.” 51 Hy het dit egter nie uit sy eie gesê nie. Omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die nasie sou sterf, 52 en nie net vir die nasie nie, maar ook om die kinders van God wat oral versprei is, in eenheid bymekaar te bring. 53 Daarom het hulle van daardie dag af planne beraam om hom dood te maak.
54 Jesus het dus nie meer openlik onder die Jode rondbeweeg nie, maar hy het daarvandaan vertrek om na die gebied naby die wildernis te gaan, na ’n stad wat Eʹfraim+ genoem word, en daar het hy saam met die dissipels gebly. 55 En die Pasga+ van die Jode was naby, en baie mense het voor die Pasga uit die platteland na Jerusalem gegaan om hulle seremonieel te reinig. 56 Hulle het na Jesus gesoek, en terwyl hulle in die tempel rondgestaan het, het hulle vir mekaar gevra: “Wat dink julle? Sal hy glad nie na die fees toe kom nie?” 57 Maar die hoofpriesters en die Fariseërs het beveel dat iemand wat uitvind waar Jesus is, dit moet rapporteer, sodat hulle hom gevange kan neem.
12 Ses dae voor die Pasga het Jesus in Betaʹnië aangekom, waar Laʹsarus+ was, wat deur Jesus uit die dood opgewek is. 2 Daar het hulle vir hom ’n aandete voorberei, en Marta het hulle bedien.+ Laʹsarus was een van dié wat saam met hom geëet het. 3 Maria het toe ’n pond* lekkerruik-olie geneem, egte nardus, baie duur, en sy het dit op Jesus se voete gegooi en sy voete met haar hare afgedroog. Die huis is gevul met die reuk van die olie.+ 4 Maar Judas Iskaʹriot,+ een van sy dissipels, wat op die punt gestaan het om hom te verraai, het gevra: 5 “Hoekom is hierdie olie nie vir 300 denaʹrii* verkoop en die geld vir die armes gegee nie?” 6 Maar hy het dit nie gesê omdat hy bekommerd was oor die armes nie. Hy het dit eerder gesê omdat hy ’n dief was en die geldkissie gehad het en dikwels die geld daarin gesteel het. 7 Toe het Jesus gesê: “Los haar, sodat sy dit kan doen om my liggaam vir my begrafnis voor te berei.+ 8 Want julle het altyd die armes by julle,+ maar julle sal my nie altyd hê nie.”+
9 Intussen het ’n groot groep Jode uitgevind dat hy daar is, en hulle het nie net gekom om Jesus te sien nie, maar ook om Laʹsarus te sien, wat hy uit die dood opgewek het.+ 10 Die hoofpriesters het toe planne beraam om Laʹsarus ook dood te maak, 11 want as gevolg van hom het baie van die Jode daarheen gegaan en geloof in Jesus gestel.+
12 Die volgende dag het die groot skare wat na die fees toe gekom het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. 13 Toe het hulle takke van palmbome gevat en uitgegaan om hom te ontmoet, en hulle het begin uitroep: “Red hom, asseblief! Geseënd is die een wat in Jehovah* se naam kom,+ die Koning van Israel!”+ 14 Toe Jesus ’n jong donkie gevind het, het hy daarop gaan sit,+ net soos daar geskryf is: 15 “Moenie bang wees nie, dogter van Sion. Jou koning kom, en hy sit op die vul* van ’n donkie.”+ 16 Eers het sy dissipels nie hierdie dinge verstaan nie, maar toe Jesus verheerlik is,+ het hulle onthou dat hierdie dinge oor hom geskryf was en dat hulle hierdie dinge aan hom gedoen het.+
17 En die skare wat saam met hom was toe hy Laʹsarus uit die graf geroep+ en uit die dood opgewek het, het aangehou om ander daarvan te vertel.+ 18 Daarom het die skare ook na hom toe gegaan, want hulle het gehoor dat hy hierdie teken gedoen het. 19 Die Fariseërs het dus onder mekaar gesê: “Sien julle? Ons bereik absoluut niks nie. Kyk! Die hele wêreld het agter hom aan geloop.”+
20 Daar was ’n paar Grieke onder dié wat gekom het om by die fees te aanbid. 21 Hulle het na Filippus+ toe gegaan, wat van Betsaiʹda in Galileʹa was, en hulle het vir hom gesê: “Meneer, ons wil Jesus sien.” 22 Filippus het gekom en dit vir Andreʹas vertel. Andreʹas en Filippus het gekom en dit vir Jesus vertel.
23 Maar Jesus het hulle geantwoord: “Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.+ 24 Ek sê vir julle: As ’n koringkorrel nie op die grond val en sterf nie, sal dit net een korrel bly, maar as dit wel sterf,+ sal dit baie vrug dra. 25 Enigiemand wat lief is vir sy lewe,* vernietig dit, maar enigiemand wat sy lewe* in hierdie wêreld haat,+ sal dit vir die ewige lewe veilig bewaar.+ 26 As iemand my wil dien, moet hy my volg, en waar ek is, daar sal my dienaar ook wees.+ As iemand my wil dien, sal die Vader hom eer. 27 Nou is ek* diep ontsteld,+ en wat moet ek sê? Vader, red my uit hierdie uur.+ Tog het ek juis vir hierdie uur gekom. 28 Vader, verheerlik u naam.” Toe het ’n stem+ uit die hemel gekom: “Ek het dit verheerlik en sal dit weer verheerlik.”+
29 Die skare wat daar gestaan het, het dit gehoor en begin sê dat daar ’n donderslag was. Ander het gesê: “’n Engel het met hom gepraat.” 30 Jesus het geantwoord: “Hierdie stem het nie ter wille van my gepraat nie, maar ter wille van julle. 31 Nou vind daar ’n oordeel van hierdie wêreld plaas. Nou sal die heerser van hierdie wêreld+ uitgedryf word.+ 32 En tog sal ek, as ek van die aarde af opgelig* word,+ alle soorte mense na my toe trek.” 33 Hy het dit in werklikheid gesê om aan te dui op watter manier hy binnekort sou sterf.+ 34 Toe het die skare hom geantwoord: “Ons het uit die Wet gehoor dat die Christus vir ewig bly.+ Hoe kan u sê dat die Seun van die mens van die aarde af opgelig moet word?+ Wie is hierdie Seun van die mens?” 35 Jesus het dus vir hulle gesê: “Die lig sal nog ’n klein rukkie onder julle wees. Loop terwyl julle nog die lig het, sodat duisternis julle nie oorweldig nie. Enigiemand wat in die duisternis loop, weet nie waarheen hy gaan nie.+ 36 Terwyl julle die lig het, moet julle geloof in die lig beoefen, sodat julle kinders van die lig kan word.”+
Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het hy weggegaan, en die mense het nie geweet waar hy is nie. 37 Al het hy so baie wonderwerke* voor hulle gedoen, het hulle nie geloof in hom gestel nie, 38 sodat die woorde van die profeet Jesaja vervul kan word: “Jehovah,* wie het geloof gestel in wat ons gesê het?+ En aan wie is die mag* van Jehovah* geopenbaar?”+ 39 Die rede waarom hulle nie kon glo nie, is omdat Jesaja ook gesê het: 40 “Hy het hulle oë verblind en hulle hart hard gemaak, sodat hulle nie met hulle oë kon sien en met hulle hart kon verstaan en kon omdraai sodat hulle deur my genees kon word nie.”+ 41 Jesaja het hierdie dinge gesê omdat hy Christus se heerlikheid gesien het, en hy het van hom gepraat.+ 42 Tog het selfs baie van die leiers geloof in hom gestel,+ maar omdat hulle bang was vir die Fariseërs, wou hulle dit nie erken nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie,+ 43 want hulle wou eerder deur mense geëer word as deur God.+
44 Jesus het egter uitgeroep: “Enigiemand wat geloof in my stel, stel nie net geloof in my nie, maar ook in hom wat my gestuur het,+ 45 en enigiemand wat my sien, sien ook die Een wat my gestuur het.+ 46 Ek het as ’n lig in die wêreld ingekom,+ sodat elkeen wat geloof in my stel, nie in die duisternis sal bly nie.+ 47 Maar as iemand my woorde hoor en dit nie gehoorsaam nie, oordeel ek hom nie, want ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.+ 48 Enigiemand wat my verwerp en nie my woorde aanvaar nie, het iemand wat hom sal oordeel. Die woorde wat ek gesê het, sal hom op die laaste dag oordeel. 49 Want ek het nie uit my eie gepraat nie, maar die Vader wat my gestuur het, het vir my ’n opdrag gegee oor wat om te sê en wat om te verkondig.+ 50 En ek weet dat sy opdrag die ewige lewe beteken.+ Alles wat ek dus sê, sê ek net soos die Vader vir my gesê het.”+
13 Jesus het voor die Pasgafees geweet dat sy uur gekom het+ om hierdie wêreld te verlaat en na die Vader toe te gaan.+ Hy was lief vir sy volgelinge wat in die wêreld was, en hy het hulle tot die einde toe liefgehad.+ 2 Die aandmaal was aan die gang, en die Duiwel het reeds die gedagte om Jesus te verraai in die hart van Judas Iskaʹriot,+ die seun van Simon, gesit.+ 3 Jesus, wat geweet het dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat hy van God af gekom het en na God toe gaan,+ 4 het van die tafel af opgestaan en sy bo-klere eenkant gesit. Hy het ’n handdoek geneem en dit om sy middel vasgebind.+ 5 Daarna het hy water in ’n kom gegooi en begin om die dissipels se voete te was en dit af te droog met die handdoek wat hy om sy middel gehad het. 6 Toe het hy by Simon Petrus gekom. Hy het vir hom gevra: “Here, gaan u my voete was?” 7 Jesus het hom geantwoord: “Wat ek doen, verstaan jy nie nou nie, maar jy sal dit later verstaan.” 8 Petrus het vir hom gesê: “Ek sal beslis nooit toelaat dat u my voete was nie.” Jesus het hom geantwoord: “Tensy ek jou was,+ kan jy nie ontvang wat ek gaan ontvang nie.” 9 Simon Petrus het vir hom gesê: “Here, moenie net my voete was nie, maar was ook my hande en my kop.” 10 Jesus het vir hom gesê: “Enigiemand wat gebad het, hoef niks meer as sy voete te laat was nie, want hy is heeltemal skoon. En julle is skoon, maar nie julle almal nie.” 11 Hy het geweet wie hom gaan verraai,+ en daarom het hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.”
12 Nadat hy hulle voete gewas het en sy bo-klere aangetrek het, het hy weer aan tafel gegaan en vir hulle gesê: “Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het? 13 Julle noem my ‘Leermeester’ en ‘Here’, en julle is reg, want dit is wat ek is.+ 14 As ek, die Here en Leermeester, julle voete gewas het,+ dan behoort julle ook* mekaar se voete te was.+ 15 Want ek het vir julle die voorbeeld gestel sodat julle ook moet doen wat ek vir julle gedoen het.+ 16 Ek verseker julle: ’n Slaaf is nie groter as sy meester nie, en iemand wat gestuur is, is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. 17 Noudat julle hierdie dinge weet, sal julle gelukkig wees as julle dit doen.+ 18 Ek praat nie van julle almal nie. Ek weet wie ek uitgekies het. Maar dit was sodat die volgende Skrifgedeelte vervul kan word:+ ‘Die een wat my brood geëet het, het sy hakskeen teen my opgelig.’*+ 19 Ek sê dit nou vir julle voordat dit gebeur, sodat julle kan weet dat hierdie Skrifgedeelte van my praat wanneer dit gebeur.+ 20 Ek verseker julle: Enigiemand wat die een ontvang wat ek stuur, ontvang my ook,+ en enigiemand wat my ontvang, ontvang ook die Een wat my gestuur het.”+
21 Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het hy baie ontsteld geword, en hy het reguit gesê: “Hiervan kan julle seker wees: Een van julle sal my verraai.”+ 22 Die dissipels het na mekaar begin kyk, en hulle het nie geweet van wie hy praat nie.+ 23 Een van die dissipels, die een vir wie Jesus lief was,+ het naby Jesus* gelê. 24 Simon Petrus het dus vir hom geknik en vir hom gesê: “Sê vir ons van wie hy praat.” 25 Toe het hierdie dissipel teen Jesus se bors teruggeleun en vir hom gevra: “Here, wie is dit?”+ 26 Jesus het geantwoord: “Dit is die een vir wie ek die stukkie brood sal gee wat ek in die bak steek.”+ En nadat hy die brood in die bak gesteek het, het hy dit vir Judas, die seun van Simon Iskaʹriot, gegee. 27 Nadat Judas die stukkie brood geneem het, het Satan in hom ingevaar.+ Toe het Jesus vir hom gesê: “Wat jy doen, doen dit nog gouer.” 28 Maar niemand aan tafel het geweet hoekom hy dit vir hom gesê het nie. 29 Omdat Judas die geldkissie gehad het,+ het party gedink dat Jesus vir hom sê om te koop wat hulle vir die fees nodig het of om iets vir die armes te gee. 30 Nadat hy die stukkie brood gevat het, het hy onmiddellik uitgegaan. Dit was donker buite.+
31 Nadat hy uitgegaan het, het Jesus gesê: “Van nou af sal die Seun van die mens geëer word,+ en as gevolg van hom sal God geëer word. 32 God self sal die Seun van die mens verheerlik,+ en Hy sal dit onmiddellik doen. 33 My liewe vriende,* ek is nog ’n rukkie by julle. Julle sal my soek, maar wat ek vir die Jode gesê het, sê ek nou ook vir julle: ‘Waarheen ek gaan, kan julle nie gaan nie.’+ 34 Ek gee julle ’n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Net soos ek julle liefgehad het,+ moet julle ook mekaar liefhê.+ 35 So sal almal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde vir mekaar het.”+
36 Simon Petrus het vir hom gevra: “Here, waarheen gaan u?” Jesus het geantwoord: “Waarheen ek gaan, kan jy my nie nou volg nie, maar jy sal later volg.”+ 37 Petrus het vir hom gesê: “Here, hoekom kan ek u nie nou volg nie? Ek sal my lewe* vir u gee.”+ 38 Jesus het geantwoord: “Sal jy jou lewe* vir my gee? Ek verseker jou: ’n Haan sal beslis nie kraai voordat jy drie keer gesê het dat jy my nie ken nie.”+
14 “Moenie dat julle harte ontsteld word nie.+ Beoefen geloof in God,+ en beoefen ook geloof in my. 2 In die huis van my Vader is daar baie wonings. As dit nie so was nie, sou ek dit vir julle gesê het, maar ek gaan om vir julle ’n plek voor te berei.+ 3 En as ek vir julle ’n plek gaan voorberei, sal ek weer kom en julle saam met my neem, sodat julle ook kan wees waar ek is.+ 4 Julle ken die weg na die plek waarheen ek gaan.”
5 Tomas+ het vir hom gesê: “Here, ons weet nie waarheen u gaan nie. Hoe kan ons die weg ken?”
6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg+ en die waarheid+ en die lewe.+ Niemand kom na die Vader behalwe deur my nie.+ 7 As julle my geken het, sou julle ook my Vader geken het. Van nou af ken julle hom en het julle hom gesien.”+
8 Filippus het vir hom gesê: “Here, wys vir ons die Vader, en dit sal vir ons genoeg wees.”
9 Jesus het vir hom gesê: “Ek is nou al so lank by julle, Filippus. Hoe is dit dat jy my nog nie leer ken het nie? Enigiemand wat my gesien het, het ook die Vader gesien.+ Hoekom sê jy dan: ‘Wys vir ons die Vader’? 10 Glo jy nie dat ek in eenheid met die Vader is en die Vader in eenheid met my nie?+ Die dinge wat ek vir julle sê, sê ek nie uit my eie nie,+ maar die Vader wat in eenheid met my bly, doen sy werke. 11 Glo my wanneer ek sê dat ek in eenheid met die Vader en die Vader in eenheid met my is. Of glo dan as gevolg van my werke.+ 12 Ek sê vir julle: Enigiemand wat geloof in my beoefen, sal ook self die werke doen wat ek doen, en hy sal nog groter werke doen,+ want ek gaan na die Vader toe.+ 13 En enigiets wat julle in my naam vra, sal ek doen, sodat die Vader as gevolg van die Seun geëer kan word.+ 14 As julle enigiets in my naam vra, sal ek dit doen.
15 “As julle my liefhet, sal julle aan my gebooie gehoorsaam wees.+ 16 En ek sal die Vader vra, en hy sal julle ’n ander helper* gee om vir ewig by julle te wees.+ 17 Dit is die gees van die waarheid,+ wat die wêreld nie kan ontvang nie, want die wêreld sien dit nie en ken dit ook nie.+ Julle ken dit, omdat dit by julle bly en in julle is. 18 Ek sal julle nie soos weeskinders agterlaat nie. Ek kom na julle toe.+ 19 Oor ’n rukkie sal die wêreld my nie meer sien nie, maar julle sal my sien,+ omdat ek lewe en julle sal lewe. 20 In daardie dag sal julle weet dat ek in eenheid met my Vader is en julle in eenheid met my en ek in eenheid met julle.+ 21 Enigiemand wat my gebooie aanvaar en dit gehoorsaam, is lief vir my. En my Vader sal lief wees vir enigiemand wat lief is vir my, en ek sal lief wees vir daardie persoon en my duidelik aan hom openbaar.”
22 Judas+ (nie Judas Iskaʹriot nie) het vir hom gevra: “Here, hoekom wil u uself duidelik aan ons openbaar en nie aan die wêreld nie?”
23 Jesus het vir hom gesê: “As iemand my liefhet, sal hy my woord gehoorsaam,+ en my Vader sal lief wees vir hom, en ons sal na hom toe kom en ons woning by hom maak.+ 24 Enigiemand wat nie lief is vir my nie, gehoorsaam nie my woorde nie. Die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar behoort aan die Vader wat my gestuur het.+
25 “Ek het hierdie dinge vir julle gesê terwyl ek nog by julle is. 26 Maar die helper, die heilige gees, wat die Vader in my naam sal stuur, sal julle alles leer en julle aan alles herinner wat ek julle vertel het.+ 27 Terwyl ek nog by julle is, sal ek aanhou om julle die vrede te gee wat julle nou geniet.+ Die vrede wat ek julle gee, is anders as die vrede wat die wêreld julle gee. Moenie dat julle harte bekommerd of bang word nie. 28 Julle het gehoor dat ek vir julle gesê het: ‘Ek gaan weg en ek kom terug na julle toe. As julle lief was vir my, sou julle bly wees dat ek na die Vader toe gaan, want die Vader is groter as ek.+ 29 En nou het ek dit vir julle vertel voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit wel gebeur.+ 30 Ek sal nie meer baie met julle praat nie, want die heerser van die wêreld kom,+ en hy het geen mag oor* my nie.+ 31 Maar sodat die wêreld kan weet dat ek lief is vir die Vader, doen ek alles wat die Vader my beveel het om te doen.+ Staan op, laat ons hier weggaan.
15 “Ek is die ware wingerdstok, en my Vader is die landbouer. 2 Hy neem elke takkie in my weg wat nie vrugte dra nie, en hy maak elke takkie skoon wat wel vrugte dra, sodat dit nog meer vrugte kan dra.+ 3 Julle is reeds skoon weens die woorde wat ek vir julle gesê het.+ 4 Bly in eenheid met my, en ek sal in eenheid met julle bly. ’n Takkie kan nie vanself vrugte dra as dit nie in die wingerdstok bly nie, en net so kan julle ook nie vrugte dra as julle nie in eenheid met my bly nie.+ 5 Ek is die wingerdstok, en julle is die takkies. As iemand in eenheid met my bly en ek in eenheid met hom, sal hy baie vrugte dra,+ want sonder my kan julle niks doen nie. 6 As iemand nie in eenheid met my bly nie, sal hy soos ’n takkie wees wat uitgegooi en uitgedroog is. Die mense maak sulke takkies bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit word verbrand. 7 As julle in eenheid met my bly en my woorde in julle bly, kan julle vra wat julle ook al wil, en dit sal aan julle gegee word.+ 8 As julle baie vrugte bly dra en bewys dat julle my dissipels is, gee dit eer aan my Vader.+ 9 Net soos die Vader my liefgehad het,+ het ek julle liefgehad. Bly in my liefde. 10 As julle my gebooie gehoorsaam, sal julle in my liefde bly, net soos ek die Vader se gebooie gehoorsaam het en in sy liefde bly.
11 “Ek het hierdie dinge vir julle gesê sodat julle die vreugde wat ek het, ten volle kan ervaar.+ 12 Dít is my gebod: Julle moet mekaar liefhê net soos ek julle liefgehad het.+ 13 Niemand het groter liefde as iemand wat sy lewe* vir sy vriende gee nie.+ 14 Julle is my vriende as julle doen wat ek julle beveel.+ 15 Ek noem julle nie meer slawe nie, want ’n slaaf weet nie wat sy meester doen nie. Maar ek noem julle vriende, want ek het julle alles vertel wat ek by my Vader gehoor het. 16 Julle het my nie uitgekies nie, maar ek het julle uitgekies, en ek het julle aangestel om te gaan en aan te hou om vrugte te dra – vrugte wat blywend sal wees – sodat wat julle die Vader ook al in my naam vra, hy vir julle sal gee.+
17 “Ek beveel julle hierdie dinge sodat julle mekaar kan liefhê.+ 18 As die wêreld julle haat, weet julle dat dit my gehaat het voordat dit julle gehaat het.+ 19 As julle deel van die wêreld was, sou die wêreld lief wees vir wat syne is. Omdat julle egter geen deel van die wêreld is nie,+ maar ek julle uit die wêreld uitgekies het, haat die wêreld julle.+ 20 Onthou wat ek vir julle gesê het: ’n Slaaf is nie groter as sy meester nie. As hulle my vervolg het, sal hulle julle ook vervolg.+ As hulle my woord gehoorsaam het, sal hulle julle woord ook gehoorsaam. 21 Maar hulle sal al hierdie dinge aan julle doen as gevolg van my naam, omdat hulle die Een wat my gestuur het, nie ken nie.+ 22 As ek nie gekom het en met hulle gepraat het nie, sou hulle geen sonde hê nie,+ maar nou het hulle geen verskoning vir hulle sonde nie.+ 23 Enigiemand wat my haat, haat ook my Vader.+ 24 Ek het werke onder hulle gedoen wat niemand anders gedoen het nie. As ek dit nie gedoen het nie, sou hulle geen sonde gehad het nie,+ maar nou het hulle my sowel as my Vader gesien en gehaat. 25 Maar dit het gebeur sodat wat in hulle Wet geskryf is, vervul kan word: ‘Hulle het my sonder rede gehaat.’+ 26 Wanneer die helper kom wat ek van die Vader na julle toe sal stuur, die gees van die waarheid,+ wat van die Vader af kom, sal daardie een van my getuig,+ 27 en julle moet ook van my getuig,+ omdat julle van die begin af saam met my was.
16 “Ek het hierdie dinge vir julle gesê sodat julle nie sal struikel nie. 2 Die mense sal julle uit die sinagoge ban.+ Om die waarheid te sê, die uur kom wanneer elkeen wat julle doodmaak,+ sal dink dat hy ’n heilige diens aan God verrig. 3 Maar hulle sal hierdie dinge doen omdat hulle my nie leer ken het nie, en ook nie die Vader nie.+ 4 Tog het ek hierdie dinge vir julle gesê sodat julle sal onthou dat ek dit vir julle gesê het wanneer die uur daarvoor aanbreek.+
“Ek het hierdie dinge nie van die begin af vir julle gesê nie, omdat ek by julle was. 5 Maar nou gaan ek na die Een toe wat my gestuur het,+ maar nie een van julle vra my: ‘Waarheen gaan u?’ nie. 6 Omdat ek egter hierdie dinge vir julle gesê het, het julle baie hartseer geword.+ 7 Maar ek vertel julle die waarheid: Dit is vir julle eie beswil dat ek weggaan. Want as ek nie weggaan nie, sal die helper+ nie na julle toe kom nie, maar as ek gaan, sal ek hom na julle toe stuur. 8 En wanneer hy kom, sal hy vir die wêreld oortuigende bewyse gee in verband met sonde, regverdigheid en oordeel: 9 Eerstens in verband met sonde,+ omdat hulle nie geloof in my beoefen nie,+ 10 dan in verband met regverdigheid, omdat ek na die Vader toe gaan en julle my nie meer sal sien nie, 11 en dan in verband met oordeel, omdat die heerser van hierdie wêreld geoordeel is.+
12 “Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou dra nie. 13 Maar wanneer hy,* die gees van die waarheid,+ kom, sal hy julle in die hele waarheid inlei, want hy sal nie uit sy eie praat nie, maar wat hy hoor, sal hy sê, en hy sal aan julle bekend maak wat nog moet gebeur.+ 14 Hy sal my verheerlik,+ want hy sal aan julle bekend maak wat hy van my ontvang.+ 15 Alles wat die Vader het, is myne.+ Daarom het ek gesê dat hy aan julle bekend maak wat hy van my ontvang. 16 Oor ’n klein rukkie sal julle my nie meer sien nie,+ en oor ’n klein rukkie sal julle my weer sien.”
17 Toe het party van sy dissipels vir mekaar gesê: “Wat bedoel hy wanneer hy vir ons sê: ‘Oor ’n klein rukkie sal julle my nie sien nie, en oor ’n klein rukkie sal julle my weer sien’, en: ‘omdat ek na die Vader toe gaan’?” 18 Hulle het gesê: “Wat bedoel hy wanneer hy sê: ‘’n klein rukkie’? Ons weet nie waarvan hy praat nie.” 19 Jesus het geweet dat hulle hom wou uitvra, en daarom het hy vir hulle gevra: “Vra julle dit vir mekaar omdat ek gesê het: ‘Oor ’n klein rukkie sal julle my nie sien nie, en oor ’n klein rukkie sal julle my weer sien’? 20 Ek verseker julle: Julle sal huil en treur, maar die wêreld sal bly wees. Julle sal hartseer wees, maar julle hartseer sal in vreugde verander word.+ 21 Wanneer ’n vrou geboorte gee, ervaar sy pyn omdat haar uur gekom het, maar wanneer sy aan die kind geboorte gegee het, onthou sy nie meer die pyn nie, omdat sy bly is dat ’n mens in die wêreld gebore is. 22 Nou is julle ook hartseer, maar ek sal julle weer sien en julle harte sal bly wees,+ en niemand sal julle vreugde wegneem nie. 23 Op daardie dag sal julle my nie ’n enkele vraag vra nie. Ek verseker julle: As julle die Vader enigiets vra,+ sal hy dit vir julle in my naam gee.+ 24 Tot nou toe het julle niks in my naam gevra nie. Vra en julle sal ontvang, sodat julle sal oorloop van vreugde.
25 “Ek het hierdie dinge in vergelykings vir julle gesê. Die uur kom wanneer ek nie meer in vergelykings met julle sal praat nie, maar wanneer ek julle reguit van die Vader sal vertel. 26 In daardie dag sal julle die Vader in my naam vra, maar dit beteken nie dat ek namens julle sal vra nie. 27 Want die Vader self is lief vir julle, omdat julle my liefgehad het+ en geglo het dat ek as God se verteenwoordiger gekom het.+ 28 Ek het as die Vader se verteenwoordiger gekom en in die wêreld ingekom. Nou verlaat ek die wêreld en gaan ek na die Vader toe.”+
29 Sy dissipels het gesê: “Kyk! Nou kan ons verstaan wat u sê omdat u geen vergelykings gebruik nie. 30 Nou weet ons dat u alles weet en dat niemand vir u enige vrae hoef te vra nie. Hierdeur glo ons dat u van God af gekom het.” 31 Jesus het vir hulle gevra: “Glo julle nou? 32 Kyk! Die uur kom – eintlik het dit alreeds gekom – wanneer julle verstrooi sal word en elkeen na sy eie huis sal gaan en my alleen sal laat. Maar ek is nie alleen nie,+ want die Vader is met my.+ 33 Ek het hierdie dinge vir julle gesê sodat julle deur middel van my vrede kan hê.+ In die wêreld sal julle moeilike tye deurmaak, maar moenie bang wees nie! Ek het die wêreld oorwin.”+
17 Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het hy na die hemel opgekyk en gesê: “Vader, die uur het gekom. Verheerlik u seun, sodat u seun u kan verheerlik.+ 2 U het hom gesag oor alle mense* gegee,+ sodat hy ewige lewe kan gee+ aan almal wat u aan hom gegee het.+ 3 Om die ewige lewe te ontvang,+ moet hulle u leer ken,* die enigste ware God,+ en ook die een wat u gestuur het, Jesus Christus.+ 4 Ek het u op die aarde verheerlik,+ omdat ek die werk voltooi het wat u my gegee het om te doen.+ 5 En nou, Vader, verheerlik my met die eer wat ek by u gehad het voordat die wêreld daar was.+
6 “Ek het u naam bekend gemaak aan die mense wat u aan my uit die wêreld gegee het.+ Hulle het aan u behoort, en u het hulle aan my gegee, en hulle het u woord gehoorsaam. 7 Hulle weet nou dat alles wat u aan my gegee het, van u af kom, 8 want ek het die woorde wat u aan my gegee het,+ aan hulle gegee. Hulle het dit aanvaar en weet nou beslis dat ek as u verteenwoordiger gekom het,+ en hulle het geglo dat u my gestuur het.+ 9 Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir dié wat u aan my gegee het, omdat hulle aan u behoort. 10 Alles wat myne is, behoort aan u, en wat aan u behoort, is myne,+ en ek is deur hulle verheerlik.
11 “Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld,+ en ek kom na u toe. Heilige Vader, waak oor hulle+ ter wille van u naam, die naam wat u my gegee het, sodat hulle een* kan wees net soos ons een* is.+ 12 Toe ek by hulle was, het ek oor hulle gewaak+ ter wille van u naam, die naam wat u my gegee het. Ek het hulle beskerm, en nie een van hulle is vernietig nie,+ behalwe die seun van die vernietiging,+ sodat die Skrifgedeelte vervul sou word.+ 13 Maar nou kom ek na u toe, en ek sê hierdie dinge in die wêreld sodat hulle die vreugde wat ek het, ten volle kan ervaar.+ 14 Ek het u woord aan hulle gegee, maar die wêreld het hulle gehaat, want hulle is geen deel van die wêreld nie,+ net soos ek geen deel van die wêreld is nie.
15 “Ek vra nie dat u hulle uit die wêreld neem nie, maar dat u hulle teen die Duiwel* beskerm.+ 16 Hulle is geen deel van die wêreld nie,+ net soos ek geen deel van die wêreld is nie.+ 17 Maak hulle heilig* deur middel van die waarheid.+ U woord is die waarheid.+ 18 Net soos u my in die wêreld ingestuur het, het ek hulle ook in die wêreld ingestuur.+ 19 En ek heilig my ter wille van hulle, sodat hulle ook deur middel van die waarheid geheilig kan word.
20 “Ek bid nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde geloof in my stel. 21 Vader, op hierdie manier kan hulle almal een wees+ en in eenheid met ons wees, net soos u in eenheid met my is en ek in eenheid met u.+ As gevolg hiervan kan die wêreld glo dat u my gestuur het. 22 Ek het hulle die eer gegee wat u aan my gegee het, sodat hulle een kan wees net soos ons een is.+ 23 Ek is in eenheid met hulle en u is in eenheid met my, sodat hulle heeltemal verenig kan word. Hierdeur kan die wêreld weet dat u my gestuur het en dat u hulle liefgehad het net soos u my liefgehad het. 24 Vader, ek wil hê dat dié wat u aan my gegee het, saam met my moet wees,+ sodat hulle die heerlikheid kan sien wat u my gegee het, want u het my voor die begin van die mensdom* liefgehad.+ 25 Regverdige Vader, die wêreld het u nie leer ken nie,+ maar ek ken u,+ en diegene wat u aan my gegee het, weet dat u my gestuur het. 26 Ek het u naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak,+ sodat die liefde waarmee u my liefgehad het, in hulle kan wees en ek in eenheid met hulle.”+
18 Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het hy saam met sy dissipels oor die Kidron-vallei*+ gegaan na waar daar ’n tuin was, en hy en sy dissipels het daar ingegaan.+ 2 Judas, sy verraaier, het ook van die plek geweet, omdat Jesus dikwels met sy dissipels daar bymekaargekom het. 3 Daarom het Judas die groep soldate en beamptes van die hoofpriesters en van die Fariseërs daarheen gebring en met fakkels en lampe en wapens daar aangekom.+ 4 Toe het Jesus, wat geweet het wat alles met hom gaan gebeur, vorentoe getree en vir hulle gevra: “Na wie soek julle?” 5 Hulle het hom geantwoord: “Jesus die Nasarener.”+ Hy het vir hulle gesê: “Dit is ek.” Judas, sy verraaier, het ook by hulle gestaan.+
6 Maar toe Jesus vir hulle sê: “Dit is ek,” het hulle agteruit beweeg en op die grond geval.+ 7 Toe het hy hulle weer gevra: “Na wie soek julle?” Hulle het gesê: “Jesus die Nasarener.” 8 Jesus het geantwoord: “Ek het vir julle gesê dat dit ek is. As julle dan na my soek, laat hierdie manne gaan.” 9 Dit het gebeur sodat sy woorde vervul sou word: “Van dié wat u aan my gegee het, het ek nie een verloor nie.”+
10 Toe het Simon Petrus, wat ’n swaard gehad het, dit uitgetrek en dit na die slaaf van die hoëpriester geswaai en sy regteroor afgekap.+ Die naam van die slaaf was Malgus. 11 Maar Jesus het vir Petrus gesê: “Sit die swaard terug.+ Moet ek nie die beker drink wat die Vader aan my gegee het nie?”+
12 Toe het die soldate en die militêre bevelvoerder en die beamptes van die Jode Jesus gearresteer en hom geboei. 13 Hulle het hom eers na Annas toe gelei, want hy was die skoonpa van Kaʹjafas,+ wat daardie jaar hoëpriester was.+ 14 Om die waarheid te sê, Kaʹjafas was die een wat vir die Jode gesê het dat dit vir hulle eie beswil is dat een mens vir die volk sterf.+
15 Simon Petrus sowel as ’n ander dissipel het Jesus gevolg.+ Die hoëpriester het daardie dissipel geken, en hy het saam met Jesus in die binnehof van die hoëpriester ingegaan, 16 maar Petrus het buite by die deur* gestaan. Daarom het die ander dissipel, wat die hoëpriester geken het, uitgegaan en met die deurwagter gepraat en Petrus ingebring. 17 Die diensmeisie wat die deurwagter was, het toe vir Petrus gevra: “Is jy nie ook een van hierdie man se dissipels nie?” Hy het gesê: “Ek is nie.”+ 18 En die slawe en die beamptes het om ’n vuur gestaan wat hulle gemaak het, want dit was koud, en hulle het hulle warm gemaak. Petrus het by hulle gestaan en dieselfde gedoen.
19 Die hoofpriester het Jesus uitgevra oor sy dissipels en oor wat hy die mense geleer het. 20 Jesus het hom geantwoord: “Ek het in die openbaar met die wêreld gepraat. Ek het mense altyd in ’n sinagoge en in die tempel geleer,+ waar al die Jode bymekaarkom, en ek het niks in die geheim gesê nie. 21 Hoekom ondervra u my? Ondervra die mense wat gehoor het wat ek gesê het. Kyk! Hulle weet wat ek gesê het.” 22 Nadat hy dit gesê het, het een van die beamptes wat daar gestaan het, Jesus in die gesig geklap+ en gesê: “Is dit hoe jy die hoofpriester antwoord?” 23 Jesus het vir hom gesê: “As ek iets verkeerds gesê het, sê dan* wat ek gesê het. Maar as wat ek gesê het, reg is, hoekom slaan jy my?” 24 Toe het Annas hom in boeie na Kaʹjafas die hoëpriester gestuur.+
25 Simon Petrus het daar gestaan en hom warm gemaak. Toe het hulle vir hom gesê: “Is jy nie ook een van sy dissipels nie?” Hy het dit ontken en gesê: “Ek is nie.”+ 26 Een van die slawe van die hoëpriester, wat ’n familielid was van die man wie se oor Petrus afgekap het,+ het gesê: “Het ek jou nie in die tuin saam met hom gesien nie?” 27 Petrus het dit egter weer ontken, en onmiddellik het ’n haan gekraai.+
28 Toe het hulle Jesus van Kaʹjafas na die goewerneur se woning gelei.+ Dit was toe vroeg in die oggend. Maar hulle het self nie in die goewerneur se woning ingegaan nie, want dan sou hulle onrein word+ en nie die Pasga kon eet nie. 29 Pilatus het toe uitgekom en vir hulle gevra: “Waarvan beskuldig julle hierdie man?” 30 Hulle het geantwoord: “As hierdie man nie ’n misdadiger was nie, sou ons hom nie aan u oorgelewer het nie.” 31 Toe het Pilatus vir hulle gesê: “Vat hom dan en oordeel hom volgens julle wet.”+ Die Jode het vir hom gesê: “Ons het nie die reg om enigiemand dood te maak nie.”+ 32 Dit het Jesus se woorde vervul wat hy gesê het om aan te dui op watter soort manier hy binnekort sou sterf.+
33 Toe het Pilatus weer in die goewerneur se woning ingegaan en Jesus geroep en vir hom gevra: “Is jy die Koning van die Jode?”+ 34 Jesus het geantwoord: “Vra u dit uit u eie, of het ander u van my vertel?” 35 Pilatus het geantwoord: “Ek is mos nie ’n Jood nie. Jou eie nasie en die hoofpriesters het jou aan my oorgelewer. Wat het jy gedoen?” 36 Jesus het geantwoord:+ “My Koninkryk is geen deel van hierdie wêreld nie.+ As my Koninkryk deel van hierdie wêreld was, sou my volgelinge geveg het sodat ek nie aan die Jode oorgelewer word nie.+ Maar my Koninkryk is nie van hier nie.” 37 Pilatus het toe vir hom gevra: “Wel, is jy ’n koning?” Jesus het geantwoord: “U sê self dat ek ’n koning is.+ Hiervoor is ek gebore en hiervoor het ek in die wêreld ingekom, om van die waarheid te getuig.+ Elkeen wat aan die kant van die waarheid is, luister na my stem.” 38 Pilatus het vir hom gesê: “Wat is waarheid?”
Nadat hy dit gesê het, het hy weer uitgegaan en vir die Jode gesê: “Ek vind niks waaraan hy skuldig is nie.+ 39 Julle het ook ’n gewoonte dat ek op die Pasga vir julle ’n man moet vrylaat.+ Wil julle dan hê dat ek die Koning van die Jode vir julle moet vrylaat?” 40 Toe het hulle weer geskree: “Nie hierdie man nie, maar Barabʹbas!” Barabʹbas was ’n rower.+
19 Toe het Pilatus Jesus laat wegneem en hom met ’n gésel* laat slaan.+ 2 En die soldate het ’n kroon van dorings gevleg en dit op sy kop gesit en vir hom ’n pers bo-kleed aangetrek,+ 3 en hulle het na hom toe bly kom en gesê: “Goeiedag, Koning van die Jode!” Hulle het hom ook heeltyd in die gesig geklap.+ 4 Pilatus het weer buitentoe gegaan en vir hulle gesê: “Kyk! Ek bring hom buitentoe vir julle sodat julle kan weet dat ek niks vind waaraan hy skuldig is nie.”+ 5 Toe het Jesus buitentoe gekom terwyl hy die kroon van dorings en die pers bo-kleed gedra het. En Pilatus het vir hulle gesê: “Kyk! Hier is die man!” 6 Maar toe die hoofpriesters en die beamptes hom sien, het hulle geskree: “Hang hom aan die paal! Hang hom aan die paal!”+ Pilatus het vir hulle gesê: “Vat julle hom en hang hom aan die paal, want ek vind niks waaraan hy skuldig is nie.”+ 7 Die Jode het hom geantwoord: “Ons het ’n wet, en volgens hierdie wet moet hy sterf+ omdat hy homself God se seun gemaak het.”+
8 Toe Pilatus hoor wat hulle sê, het hy nog banger geword, 9 en hy het weer in die goewerneur se woning ingegaan en vir Jesus gevra: “Waar kom jy vandaan?” Maar Jesus het hom nie geantwoord nie.+ 10 Pilatus het dus vir hom gevra: “Weier jy om met my te praat? Weet jy nie dat ek die gesag het om jou vry te laat en die gesag het om jou te laat doodmaak nie?” 11 Jesus het hom geantwoord: “U sou hoegenaamd geen gesag oor my hê as dit nie van bo aan u gegee was nie. Daarom het die man wat my aan u oorgelewer het, groter sonde.”
12 As gevolg hiervan het Pilatus na ’n manier bly soek om hom vry te laat, maar die Jode het geskree: “As u hierdie man vrylaat, is u nie ’n vriend van die keiser nie. Elkeen wat homself ’n koning maak, praat teen die keiser.”+ 13 Nadat Pilatus hierdie woorde gehoor het, het hy Jesus buitentoe gebring, en hy het op ’n regterstoel gaan sit op ’n plek wat die Klipplaveisel genoem word, maar in Hebreeus Gabʹbata. 14 Dit was die Voorbereidingsdag+ vir die Pasga, en dit was omtrent die sesde uur.* En hy het vir die Jode gesê: “Kyk! Julle koning!” 15 Hulle het egter geskree: “Vat hom weg! Vat hom weg! Hang hom aan die paal!” Pilatus het vir hulle gevra: “Moet ek julle koning laat doodmaak?” Die hoofpriesters het geantwoord: “Ons het geen ander koning as die keiser nie.” 16 Pilatus het hom toe aan hulle oorgelewer om aan ’n paal gehang te word.+
Toe het hulle Jesus weggeneem. 17 Terwyl Jesus self die folterpaal* gedra het, het hy uitgegaan na die sogenaamde Skedelplek,+ wat in Hebreeus Golʹgota genoem word.+ 18 Daar het hulle Jesus aan die paal gehang,+ tussen twee ander mans.+ 19 Pilatus het ook ’n opskrif geskryf en dit aan die folterpaal* gesit. Dit het gesê: “Jesus die Nasarener, die Koning van die Jode.”+ 20 Baie van die Jode het dus hierdie opskrif gelees, omdat die plek waar Jesus aan die paal gehang is, naby die stad was, en dit was in Hebreeus, in Latyn en in Grieks geskryf. 21 Die hoofpriesters van die Jode het egter vir Pilatus gesê: “Moenie ‘Die Koning van die Jode’ skryf nie. Skryf eerder wat hy gesê het: ‘Ek is Koning van die Jode.’” 22 Pilatus het geantwoord: “Wat ek geskryf het, het ek geskryf.”
23 En toe die soldate Jesus aan die paal gehang het, het hulle sy bo-klere gevat en in vier dele verdeel, een vir elke soldaat. Hulle het ook die onderkleed gevat, maar dit het nie ’n naat gehad nie, omdat dit van bo tot onder aaneen geweef was. 24 Daarom het hulle vir mekaar gesê: “Moet dit nie skeur nie. Kom ons werp die lot om te besluit wie dit sal kry.”+ Dit was sodat die volgende Skrifgedeelte vervul sou word: “Hulle het my klere onder mekaar verdeel, en hulle het die lot gewerp oor my klere.”+ En die soldate het hierdie dinge werklik gedoen.
25 Maar Jesus se ma+ en sy ma se suster, asook Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdaleʹna het by sy folterpaal* gestaan.+ 26 Toe Jesus sien dat sy ma en die dissipel wat hy liefgehad het,+ daar naby staan, het hy vir sy ma gesê: “Kyk, u seun!” 27 Hy het toe vir die dissipel gesê: “Kyk, jou ma!” En van daardie uur af het die dissipel haar na sy eie huis geneem en vir haar gesorg.
28 Jesus het geweet dat hy alles gedoen het wat hy moes doen, en om die Skrifgedeelte te vervul, het hy gesê: “Ek is dors.”+ 29 Daar het ’n houer vol suur wyn gestaan. Toe het hulle ’n spons vol suur wyn op ’n hisopstingel* gesit en dit by sy mond gehou.+ 30 Toe Jesus die suur wyn ontvang het, het hy gesê: “Dit is afgehandel!”+ En hy het sy kop gebuig en gesterf.*+
31 Omdat dit die Voorbereidingsdag+ was, het die Jode Pilatus gevra om die bene van die manne te laat breek en die liggame te laat wegneem, sodat die liggame nie op die Sabbat aan die folterpale sou bly hang nie.+ (Hulle het dit gevra omdat dit ’n groot Sabbat was.)+ 32 Toe het die soldate gekom en die bene van die twee manne gebreek wat langs hom aan pale gehang het. 33 Maar toe hulle by Jesus kom, het hulle gesien dat hy alreeds dood is, en daarom het hulle nie sy bene gebreek nie. 34 Maar een van die soldate het ’n spies in Jesus se sy gesteek,+ en onmiddellik het bloed en water uitgekom. 35 En die een wat dit gesien het, het daarvan getuig, en sy getuienis is waar, en hy weet dat wat hy sê, waar is, sodat julle ook kan glo.+ 36 Om die waarheid te sê, hierdie dinge het gebeur sodat die volgende Skrifgedeelte vervul sou word: “Nie een van sy bene sal gebreek word nie.”+ 37 En ’n ander Skrifgedeelte sê weer: “Hulle sal kyk na die een wat hulle met ’n spies deurboor het.”+
38 En ná hierdie dinge het Josef van Arimateʹa na Pilatus toe gekom. Josef was ’n dissipel van Jesus, maar net in die geheim, want hy was bang vir die Jode.+ Hy het vir Pilatus gevra of hy Jesus se liggaam kan wegneem, en Pilatus het hom toestemming gegee om dit te doen. Daarom het hy gekom en die liggaam weggeneem.+ 39 Nikodeʹmus,+ wat die eerste keer in die nag na hom toe gekom het, het ook gekom en ’n mengsel* van mirre en aalwyn gebring, wat omtrent 100 pond* geweeg het.+ 40 Toe het hulle Jesus se liggaam geneem en dit in linnedoeke saam met die speserye toegedraai,+ volgens die begrafnisgebruik van die Jode. 41 En daar was ’n tuin by die plek waar hy aan die paal gehang is, en in die tuin was daar ’n nuwe graf+ waarin niemand nog ooit neergelê is nie. 42 Omdat dit die Voorbereidingsdag+ van die Jode was en die graf daar naby was, het hulle Jesus daar neergelê.
20 Op die eerste dag van die week het Maria Magdaleʹna vroeg na die graf toe gekom,+ terwyl dit nog donker was, en sy het gesien dat die klip reeds voor die graf weggerol is.+ 2 Toe het sy gehardloop en vir Simon Petrus en die ander dissipel, vir wie Jesus lief was,+ gaan sê: “Hulle het die Here uit die graf weggeneem,+ en ons weet nie waar hulle hom neergelê het nie.”
3 Toe het Petrus en die ander dissipel na die graf toe gegaan. 4 Die twee van hulle het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom. 5 Hy het vooroor gebuk en die linnedoeke daar sien lê,+ maar hy het nie ingegaan nie. 6 Toe het Simon Petrus ook agterna gekom en in die graf ingegaan, en hy het die linnedoeke daar sien lê. 7 Die doek wat op Jesus se kop was, het nie by die ander doeke gelê nie, maar was opgerol en het eenkant gelê. 8 Toe het die ander dissipel, wat eerste by die graf gekom het, ook ingegaan, en hy het gesien en geglo. 9 Want hulle het nog nie die Skrifgedeelte verstaan wat sê dat hy uit die dood moet opstaan nie.+ 10 Toe het die dissipels teruggegaan huis toe.
11 Maria het egter buite die graf gestaan en huil. Terwyl sy gehuil het, het sy vooroor gebuk om in die graf in te kyk, 12 en sy het twee engele+ in wit sien sit waar Jesus se liggaam gelê het, een by die kop en een by die voete. 13 Hulle het vir haar gevra: “Vrou, hoekom huil jy?” Sy het vir hulle gesê: “Hulle het my Here weggeneem, en ek weet nie waar hulle hom neergelê het nie.” 14 Nadat sy omgedraai het, het sy Jesus daar sien staan, maar sy het nie besef dat dit Jesus is nie.+ 15 Jesus het vir haar gevra: “Vrou, hoekom huil jy? Na wie soek jy?” Sy het gedink dat dit die tuinier is en het vir hom gesê: “Meneer, as u hom weggedra het, sê vir my waar u hom neergelê het, en ek sal hom wegneem.” 16 Jesus het vir haar gesê: “Maria!” Toe sy omdraai, het sy in Hebreeus vir hom gesê: “Rabboeʹni!” (wat “leermeester” beteken). 17 Jesus het vir haar gesê: “Hou op om aan my vas te klou, want ek het nog nie na die Vader opgevaar nie. Maar gaan na my broers toe+ en sê vir hulle: ‘Ek vaar op na my Vader+ en julle Vader en na my God+ en julle God.’” 18 Maria Magdaleʹna het gekom en die nuus vir die dissipels gebring: “Ek het die Here gesien!” En sy het vir hulle vertel wat hy vir haar gesê het.+
19 Dit was laat op daardie dag, die eerste dag van die week, en die deure waar die dissipels was, was gesluit omdat hulle bang was vir die Jode. Toe het Jesus gekom en tussen hulle gestaan en vir hulle gesê: “Mag julle vrede hê.”+ 20 Nadat hy dit gesê het, het hy vir hulle sy hande sowel as sy sy gewys.+ Toe was die dissipels bly dat hulle die Here gesien het.+ 21 Jesus het weer vir hulle gesê: “Mag julle vrede hê.+ Net soos die Vader my gestuur het,+ stuur ek julle ook.”+ 22 Nadat hy dit gesê het, het hy op hulle geblaas en vir hulle gesê: “Ontvang heilige gees.+ 23 As julle enigiemand se sondes vergewe, is dit vergewe. As julle nie hulle sondes vergewe nie, is dit nie vergewe nie.”
24 Maar Tomas,+ een van die Twaalf, wat die Tweeling genoem is, was nie by hulle toe Jesus gekom het nie. 25 Toe het die ander dissipels vir hom gesê: “Ons het die Here gesien!” Maar hy het vir hulle gesê: “Tensy ek die merk van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merk van die spykers steek en my hand in sy sy steek,+ sal ek dit nooit glo nie.”
26 Wel, agt dae later was sy dissipels weer in die huis, en Tomas was by hulle. Al was die deure gesluit, het Jesus gekom en tussen hulle gestaan en gesê: “Mag julle vrede hê.”+ 27 Toe het hy vir Tomas gesê: “Sit jou vinger hier, en kyk na my hande, en neem jou hand en steek dit in my sy, en hou op twyfel,* maar glo.” 28 Tomas het geantwoord en vir hom gesê: “My Here en my God!” 29 Jesus het vir hom gesê: “Glo jy omdat jy my gesien het? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.”
30 Jesus het natuurlik ook baie ander wonderwerke* voor die dissipels gedoen, wat nie in hierdie boekrol neergeskryf is nie.+ 31 Maar hierdie dinge is neergeskryf sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle die lewe kan hê omdat julle deur middel van sy naam glo.+
21 Daarna het Jesus weer aan die dissipels verskyn,* by die See van Tibeʹrias. Dit is hoe dit gebeur het: 2 Simon Petrus, Tomas (wat die Tweeling genoem is),+ Nataʹnael+ uit Kana in Galileʹa, die seuns van Sebedeʹus+ en twee van sy ander dissipels was daar. 3 Simon Petrus het vir hulle gesê: “Ek gaan visvang.” Hulle het vir hom gesê: “Ons kom saam met jou.” Hulle het uitgegaan en in die boot geklim, maar gedurende daardie nag het hulle niks gevang nie.+
4 Toe dit oggend begin word, het Jesus op die strand gestaan, maar die dissipels het nie besef dat dit Jesus is nie.+ 5 Toe het Jesus vir hulle gevra: “Vriende,* het julle nie iets* om te eet nie?” Hulle het geantwoord: “Nee!” 6 Hy het vir hulle gesê: “Gooi die net aan die regterkant van die boot uit, en julle sal iets vind.” Toe het hulle dit uitgegooi, maar daar was so baie vis in die net dat hulle dit nie kon intrek nie.+ 7 Toe het die dissipel vir wie Jesus lief was,+ vir Petrus gesê: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy bo-kleed aangetrek, want hy was kaal,* en hy het in die see gespring. 8 Maar die ander dissipels het in die bootjie gekom en die net vol vis gesleep, want hulle was nie ver van die land af nie, net sowat 90 meter* daarvandaan.
9 Toe hulle aan land kom, het hulle ’n vuur gesien met vis en brood wat daarop lê. 10 Jesus het vir hulle gesê: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.” 11 Toe het Simon Petrus aan boord gegaan en die net vol groot visse na die land toe getrek, 153 visse. En al was daar so baie vis, het die net nie geskeur nie. 12 Jesus het vir hulle gesê: “Kom, eet julle ontbyt.” Nie een van die dissipels het die moed gehad om vir hom te vra: “Wie is u?” nie, want hulle het geweet dat dit die Here is. 13 Jesus het gekom en die brood geneem en dit vir hulle gegee, en hy het dieselfde gedoen met die vis. 14 Dit was die derde keer+ dat Jesus aan die dissipels verskyn het nadat hy uit die dood opgewek is.
15 Toe hulle klaar ontbyt geëet het, het Jesus vir Simon Petrus gevra: “Simon, seun van Johannes, is jy liewer vir my as vir hulle?” Hy het vir hom gesê: “Ja, Here, u weet dat ek lief is vir u.” Hy het vir hom gesê: “Voed my lammers.”+ 16 Hy het ’n tweede keer vir hom gevra: “Simon, seun van Johannes, het jy my lief?” Hy het vir hom gesê: “Ja, Here, u weet dat ek lief is vir u.” Hy het vir hom gesê: “Hou as herder toesig oor my skapies.”+ 17 Hy het ’n derde keer vir hom gevra: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir my?” Petrus het hartseer geword omdat hy hom ’n derde keer gevra het: “Is jy lief vir my?” Daarom het hy vir hom gesê: “Here, u weet alles. U weet dat ek lief is vir u.” Jesus het vir hom gesê: “Voed my skapies.+ 18 Ek sê vir jou: Toe jy jonger was, het jy jouself aangetrek en rondgeloop waar jy ook al wou. Maar wanneer jy oud word, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou aantrek en jou dra waarheen jy nie wil gaan nie.” 19 Hy het dit gesê om aan te dui deur watter soort dood hy God sou verheerlik. Nadat hy dit gesê het, het hy vir hom gesê: “Hou aan om my te volg.”+
20 Petrus het omgedraai en gesien dat die dissipel vir wie Jesus lief was,+ hulle volg. Dit was die dissipel wat by die aandmaal teen Jesus se bors teruggeleun het en gevra het: “Here, wie is die een wat u gaan verraai?” 21 Toe Petrus hom sien, het hy vir Jesus gevra: “Here, wat van hierdie man?” 22 Jesus het vir hom gesê: “As dit my wil vir hom is om te bly totdat ek kom, hoekom bekommer jy jou daaroor? Hou jy aan om my te volg.” 23 Toe het die storie onder die broers versprei dat hierdie dissipel nie sou sterf nie. Jesus het egter nie vir hom gesê dat hy nie sou sterf nie. Hy het eerder gesê: “As dit my wil vir hom is om te bly totdat ek kom, hoekom bekommer jy jou daaroor?”
24 Dit is die dissipel+ wat hierdie getuienis oor hierdie dinge gee en wat hierdie dinge geskryf het, en ons weet dat sy getuienis waar is.
25 Daar is in werklikheid ook baie ander dinge wat Jesus gedoen het. As dit ooit in volle besonderhede opgeteken sou word, dink ek dat die wêreld self nie die boekrolle wat geskryf is, sou kon bevat nie.+
Of “goddelik”.
Lett. “vlees”.
Of “guns van God”.
Lett. “onverdiende goedheid op onverdiende goedheid”.
Of “Die enigste Seun wat direk deur God gemaak is”.
Of “in die boesemposisie by die Vader is”. Verwys na ’n posisie van spesiale guns.
Sien Aanh. A5.
D.w.s. omtrent 16:00.
Lett. “Wat vir my en vir u, vrou?” Dit is ’n idioom wat ’n beswaar aandui. Die gebruik van “vrou” was nie ’n teken van disrespek nie.
Waarskynlik die bat, wat gelyk was aan 22 l. Sien Aanh. B14.
Lett. “teken”.
Of “heerlikheid”.
D.w.s. mense wat wins gemaak het deur een geldsoort vir ’n ander te ruil.
Of “’n plek te maak waar daar handel gedryf word”.
Lett. “tekens”.
Lett. “tekens”.
Of moontlik “van bo”.
Of “die enigste Seun wat direk deur God gemaak is”.
Of “die enigste Seun wat direk deur God gemaak is”.
Lett. “tereggewys”.
Lett. “sy seël daarop gedruk het”.
Lett. “nie volgens maat nie”. Of “nie in beperkte mate nie”.
Lett. “Jesus”.
Of “fontein”.
D.w.s. omtrent 12:00.
Of “besig is om gesond te word”.
D.w.s. omtrent 13:00.
Lett. “teken”.
Of “verlamde”.
Sien Aanh. A3.
Of “bed”.
Of “bed”.
Of “bed”.
Of “bed”.
Of “die gawe van die lewe”.
Sien Woordelys.
Sien Aanh. B14.
Of “garsbrode”.
Lett. “teken”.
Lett. “omtrent 25 of 30 stadie”. Sien Aanh. B14.
Lett. “tekens”.
Sien Aanh. A5.
Of moontlik “openbare vergadering”.
Of “’n duiwel”.
Of “loop”.
Of “Huttefees”.
Lett. “geskrifte”.
D.w.s. die rabbynse skole.
Lett. “tekens”.
’n Aantal eertydse en gesaghebbende manuskripte sluit nie die deel van vs. 53 tot hoofstuk 8 vs. 11 in nie.
Lett. “volgens die vlees”.
D.w.s. aan ’n paal gehang het.
Of “seksuele onsedelikheid”. Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.
Of “toe hy begin het”.
Lett. “proe”.
Lett. “tekens”.
Of “voor Jesus neergebuig”.
Lett. “Julle sonde bly”.
Of “siel”.
Of “siel”.
Of “siel”.
Of “ons siele”.
Of “in eenheid”.
Of “soos gode”.
Lett. “teken”.
Lett. “omtrent 15 stadie”. Sien Aanh. B14.
Lett. “in die gees”.
Lett. “tekens”.
D.w.s. die tempel.
D.w.s. ’n Romeinse pond, omtrent 327 g. Sien Aanh. B14.
Sien Aanh. B14.
Sien Aanh. A5.
Of “hingsvul”.
Of “siel”.
Of “siel”.
Of “my siel”.
D.w.s. aan ’n paal gehang.
Lett. “tekens”.
Sien Aanh. A5.
Lett. “arm”.
Sien Aanh. A5.
Of “dan is julle ook onder verpligting om”.
Of “het teen my gedraai”.
Lett. “het voor Jesus se bors”.
Lett. “Kindertjies”.
Of “siel”.
Of “siel”.
Of “vertrooster”.
Of “houvas op”.
Of “siel”.
“Hy” in vs. 13 en 14 verwys na “die helper” in vs. 7. Jesus het “die helper” (’n woord wat in Grieks in die manlike geslag is) gebruik as ’n personifikasie van die heilige gees, ’n onpersoonlike krag, wat in Grieks nie manlik of vroulik is nie.
Lett. “vlees”.
Of “moet hulle kennis inneem van u”.
Of “in eenheid”.
Of “in eenheid”.
Lett. “die Bose”.
Of “Sonder hulle af; Heilig hulle”.
Of “grondlegging van die wêreld”.
Of “Kidron-winterstroom”.
Of “ingang”.
Of “getuig dan oor”.
Sien Woordelys.
D.w.s. omtrent 12:00.
Sien Woordelys.
Sien Woordelys.
Sien Woordelys.
Sien Woordelys.
Of “sy laaste asem uitgeblaas; die gees gegee”.
Of moontlik “’n rol”.
D.w.s. Romeinse ponde. Sien Aanh. B14.
Lett. “om ongelowig te wees”.
Lett. “tekens”.
Of “hom weer aan die dissipels geopenbaar”.
Of “Kinders”.
Of “enige vis”.
Of “het min klere aangehad”.
Lett. “ongeveer 200 el”. Sien Aanh. B14.