Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • nwt Lukas 1:1-24:53
  • Lukas

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Lukas
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Lukas

VOLGENS LUKAS

1 Baie mense het al probeer om ’n verslag saam te stel oor die feite waarvan ons heeltemal oortuig is,+ 2 feite wat ook aan ons oorgedra is deur die mense wat van die begin af ooggetuies was+ en die boodskap ontvang het.+ 3 Ek het alles van die begin af noukeurig nagegaan, en daarom het ek ook besluit om dit in logiese volgorde aan u te skryf, geagte Teoʹfilus,+ 4 sodat u ten volle kan weet hoe betroubaar die dinge is wat aan u geleer is.+

5 In die tyd van Herodes,*+ koning van Judeʹa, was daar ’n priester met die naam Sagariʹa uit die afdeling van Abiʹa.+ Sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet. 6 Hulle was albei regverdig voor God en het ’n rein lewe gelei in ooreenstemming met al die gebooie en wetlike vereistes van Jehovah.* 7 Maar hulle het nie kinders gehad nie, want Elisabet was onvrugbaar, en hulle albei was al oud.

8 Eendag het Sagariʹa as priester voor God gedien omdat dit sy afdeling+ se beurt was. 9 Hy was volgens die vaste gebruik van die priesters aangewys om in die heiligdom van Jehovah*+ in te gaan om reukwerk te offer.+ 10 Op die uur toe die reukoffer aangebied is, was al die mense buite besig om te bid. 11 Jehovah* se engel het aan Sagariʹa verskyn en het aan die regterkant van die reukaltaar gestaan. 12 Sagariʹa het geskrik toe hy hom sien, en hy het baie bang geword. 13 Maar die engel het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, Sagariʹa, want God het na jou smeekgebed geluister, en jou vrou Elisabet sal vir jou aan ’n seun geboorte gee, en jy moet hom Johannes noem.+ 14 Jy sal vreugdevol wees en groot blydskap hê, en baie sal bly wees oor sy geboorte,+ 15 want hy sal groot wees in Jehovah* se oë.+ Maar hy moet geen wyn of enige ander alkohol drink nie,+ en hy sal met heilige gees gevul word nog voordat hy gebore word,*+ 16 en hy sal baie Israeliete help om na Jehovah* hulle God terug te keer.+ 17 Hy sal ook voor Hom uit gaan met Eliʹa se gees en krag,+ om die harte van pa’s terug te bring na kinders+ en die ongehoorsames terug te bring na die praktiese wysheid van regverdiges, om vir Jehovah* ’n voorbereide volk gereed te maak.”+

18 Sagariʹa het vir die engel gesê: “Hoe kan ek hiervan seker wees? Want ek en my vrou is al oud.” 19 Die engel het hom geantwoord: “Ek is Gaʹbriël,+ wat in die teenwoordigheid van God staan,+ en ek is gestuur om met jou te praat en om hierdie goeie nuus aan jou bekend te maak. 20 Maar jy sal stil wees en nie kan praat tot op die dag dat hierdie dinge gebeur nie, omdat jy nie my woorde geglo het nie. Tog sal dit op die vasgestelde tyd vervul word.” 21 Intussen het die volk vir Sagariʹa bly wag, en hulle was verbaas omdat hy so lank in die heiligdom gebly het. 22 Toe hy uitkom, kon hy nie met hulle praat nie, en hulle het besef dat hy so pas iets bonatuurliks* in die heiligdom gesien het. Hy het aanhoudend vir hulle beduie, maar hy kon niks sê nie. 23 Toe die dae van sy heilige* diens verby was, het hy huis toe gegaan.

24 ’n Paar dae later het sy vrou Elisabet swanger geword, en sy het haar vyf maande lank afgesonder en gesê: 25 “Dit is wat Jehovah* in hierdie dae vir my gedoen het. Hy het aan my aandag geskenk en my skande onder die mense weggeneem.”+

26 Toe sy ses maande swanger was, het God die engel Gaʹbriël+ na ’n stad van Galileʹa met die naam Naʹsaret gestuur, 27 na ’n maagd+ wat verloof was aan ’n man met die naam Josef, uit die huis van Dawid. Die naam van hierdie maagd was Maria.+ 28 Toe die engel inkom, het hy vir haar gesê: “Goeiedag, jy wat grootliks deur God geseën is. Jehovah* is met jou.” 29 Maar sy was geskok oor wat hy gesê het en het probeer verstaan wat hierdie groet beteken. 30 Toe het die engel vir haar gesê: “Moenie bang wees nie, Maria, want jy het God se goedkeuring. 31 Kyk! Jy sal swanger word en geboorte gee aan ’n seun,+ en jy moet hom Jesus noem.+ 32 Hy sal groot wees+ en die Seun van die Allerhoogste genoem word,+ en Jehovah* God sal hom die troon van sy vader Dawid gee,+ 33 en hy sal vir ewig as Koning oor die huis van Jakob regeer, en daar sal geen einde aan sy Koninkryk wees nie.”+

34 Maar Maria het vir die engel gesê: “Hoe sal dit kan gebeur? Want ek het nie seksuele omgang met ’n man nie.”+ 35 Die engel het geantwoord en vir haar gesê: “Heilige gees en krag van die Allerhoogste sal oor jou kom.+ Daarom sal die een wat gebore word, heilig wees+ en God se Seun+ genoem word. 36 En Elisabet jou familielid het ook swanger geword met ’n seun, op haar oudag. Daar is gedink dat sy onvrugbaar is, maar sy is nou al ses maande swanger, 37 want niks* sal vir God onmoontlik wees nie.”+ 38 Toe het Maria gesê: “Kyk! Jehovah* se slavin! Mag alles wat u gesê het, met my gebeur.” Toe het die engel van haar af weggegaan.

39 Kort daarna het Maria vertrek en haastig na die bergland gereis, na ’n stad van Juda, 40 en sy het in die huis van Sagariʹa ingegaan en Elisabet gegroet. 41 Toe Elisabet Maria se groet hoor, het die baba in haar baarmoeder gespring. Elisabet is met heilige gees gevul, 42 en sy het hard uitgeroep: “Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die kind aan wie jy geboorte sal gee! 43 Hoekom ontvang ek dan hierdie voorreg, dat die ma van my Here na my toe kom? 44 Want toe ek hoor hoe jy my groet, het die baba in my baarmoeder gespring van vreugde. 45 Gelukkig is sy wat geglo het, want al hierdie dinge wat van Jehovah* af aan haar gesê is, sal heeltemal vervul word.”

46 En Maria het gesê: “My siel* loof Jehovah,*+ 47 en my gees kan nie anders nie as om oor te loop van vreugde teenoor God, my Redder,+ 48 omdat hy die nederige posisie van sy slavin gesien het.+ Van nou af sal alle geslagte my gelukkig noem,+ 49 want die Magtige het groot dade vir my gedoen, en heilig is sy naam.+ 50 Hy het van geslag tot geslag genade betoon aan dié wat hom vrees.+ 51 Met sy arm het hy magtige dade gedoen. Hy het die hoogmoediges* uitmekaargedryf.+ 52 Hy het magtige manne van trone afgestoot+ en dié met ’n nederige posisie belangrik gemaak.+ 53 Hy het dié wat honger is, met goeie dinge versadig,+ en hy het dié wat rykdom gehad het, met leë hande weggestuur. 54 Hy het sy kneg Israel kom help en so bewys dat hy onthou het om genade te betoon+ 55 aan Abraham en sy nageslag,*+ tot in ewigheid, net soos hy aan ons voorvaders belowe het.” 56 Maria het omtrent drie maande by haar gebly en toe teruggegaan huis toe.

57 Die tyd het gekom vir Elisabet om geboorte te gee, en sy het geboorte gegee aan ’n seun. 58 Die bure en haar familielede het gehoor dat Jehovah* groot genade aan haar betoon het, en hulle was saam met haar bly.+ 59 Op die agtste dag het hulle gekom om die jong kindjie te besny,+ en hulle wou hom vernoem na sy pa, Sagariʹa. 60 Maar sy ma het gesê: “Nee! Hy sal Johannes genoem word.” 61 Toe het hulle vir haar gesê: “Nie een van jou familielede het hierdie naam nie.” 62 Toe het hulle sy pa deur middel van gebare gevra wat hy wou hê die kind genoem moet word. 63 Hy het toe vir ’n skryfbordjie gevra en geskryf: “Johannes is sy naam.”+ Dit het hulle almal verbaas. 64 Net daar is sy mond geopen en sy tong losgemaak, en hy het begin praat+ en God geloof. 65 En almal wat in hulle omgewing gewoon het, was verbaas en bang, en mense in die hele bergland van Judeʹa het oor al hierdie dinge begin praat. 66 Almal wat dit gehoor het, het in hulle harte begin sê: “Wat sal hierdie jong kindjie word wanneer hy groot is?” Want die hand van Jehovah* was beslis met hom.

67 Toe is sy pa, Sagariʹa, met heilige gees gevul, en hy het geprofeteer en gesê: 68 “Mag Jehovah,* die God van Israel,+ geloof word, want hy het aandag geskenk aan sy volk en vir hulle verlossing gebring.+ 69 Hy het aan ons ’n horing van redding*+ gegee uit die huis van sy kneg Dawid.+ 70 Hy het deur die monde van sy heilige profete van die ou tyd belowe+ 71 dat hy ons sal red van ons vyande en van almal wat ons haat.+ 72 Soos hy ons voorvaders belowe het, sal hy genade aan ons betoon en sy heilige verbond onthou.+ 73 Dit is die eed wat hy aan Abraham, ons voorvader, gesweer het.+ 74 Volgens hierdie eed sal hy ons van vyande red en ons dan die voorreg gee om sonder vrees heilige diens aan hom te verrig, 75 sodat ons ons hele lewe lank lojaal en regverdig voor hom kan wees. 76 Maar jy, jong kindjie, jy sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor Jehovah* uit gaan om sy weg voor te berei.+ 77 Jy sal sy volk vertel dat hulle gered kan word deur vergifnis van hulle sondes,+ 78 as gevolg van die genade wat ons God so liefdevol betoon. Hierdie genade van bo sal wees soos die lig wat teen dagbreek skyn, 79 om lig te gee aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood sit,+ en om ons voete te lei op die weg van vrede.”

80 En die jong kindjie het gegroei en sterk geword in die gees. Hy het in die woestyn gebly tot op die dag dat hy in die openbaar aan Israel verskyn het.

2 In daardie dae het ’n bevel van keiser Augustus uitgegaan dat die hele bewoonde aarde hulle moet laat registreer. 2 (Hierdie eerste registrasie het plaasgevind toe Quiriʹnius goewerneur van Sirië was.) 3 Elkeen het na sy eie stad gegaan om geregistreer te word. 4 Josef+ het natuurlik ook van Galileʹa af, uit die stad Naʹsaret, na Judeʹa gegaan, na die stad van Dawid, wat Betlehem+ genoem word, omdat hy ’n lid van Dawid se huis en familie was. 5 Hy het gegaan om geregistreer te word saam met Maria, wat teen daardie tyd met hom getroud was+ en wat binnekort geboorte sou gee.+ 6 Terwyl hulle daar was, het die tyd aangebreek vir haar om geboorte te gee. 7 En sy het geboorte gegee aan haar seun, die eersgeborene,+ en sy het hom in doeke toegedraai en hom in ’n krip neergelê,+ want die plek waar die ander besoekers gebly het, was vol.

8 In daardie selfde gebied was daar ook herders wat in die oop veld gebly het en hulle kuddes in die nag opgepas het. 9 Skielik het Jehovah* se engel voor hulle gestaan, en Jehovah* se heerlikheid het om hulle geskyn, en hulle het groot geskrik. 10 Maar die engel het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie, want ek maak goeie nuus aan julle bekend van groot vreugde wat die hele volk sal hê, 11 want vandag is daar vir julle in die stad van Dawid+ ’n redder gebore,+ wat Christus die Here is.+ 12 Só sal julle hom herken: Julle sal ’n baba vind wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê.” 13 Skielik was daar ’n groot hemelse leërmag+ saam met die engel, en hulle het God geloof en gesê: 14 “Heerlikheid aan God in die hoogtes daar bo, en vrede op aarde onder mense wat sy goedkeuring geniet.”*

15 Toe die engele van hulle af weggegaan het hemel toe, het die herders vir mekaar begin sê: “Kom ons gaan dadelik na Betlehem om te sien wat gebeur het en wat Jehovah* aan ons bekend gemaak het.” 16 Hulle het vinnig soontoe gegaan en Maria en Josef gevind, asook die baba wat in die krip lê. 17 Toe hulle dit sien, het hulle alles bekend gemaak wat die engel vir hulle oor die kindjie gesê het. 18 En almal wat dit gehoor het, was verbaas oor wat die herders hulle vertel het, 19 maar Maria het al hierdie woorde begin bewaar terwyl sy in haar hart gevolgtrekkings gemaak het.+ 20 Toe het die herders teruggegaan, en hulle het God geloof en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos dit aan hulle vertel is.

21 Ná agt dae, toe dit tyd was vir die kindjie om besny te word,+ is hy Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voordat sy ma met hom swanger geword het.+

22 Toe die tyd gekom het vir hulle om volgens die Wet van Moses gereinig te word,+ het hulle hom na Jerusalem gebring om hom voor Jehovah* aan te bied, 23 net soos daar in Jehovah* se Wet geskryf is: “Elke manlike eersgeborene* moet heilig vir Jehovah* genoem word.”+ 24 En hulle het ’n offerande aangebied volgens wat in die Wet van Jehovah* gesê is: “Twee tortelduiwe of twee jong duiwe.”+

25 Daar was ’n man met die naam Siʹmeon in Jerusalem. Hierdie regverdige, toegewyde man het uitgesien na die tyd wanneer Israel vertroos sou word,+ en heilige gees was op hom. 26 God het ook deur die heilige gees aan hom geopenbaar dat hy nie sou sterf voordat hy die Christus van Jehovah* gesien het nie. 27 Hy het toe onder die krag van die gees in die tempel ingekom, en toe Jesus se ouers hulle jong kindjie inbring om vir hom te doen wat deur die Wet vereis is,+ 28 het hy die kindjie in sy arms geneem en God geloof en gesê: 29 “Soewereine Heer, u laat u slaaf nou in vrede gaan+ soos u gesê het, 30 want ek* het u redding gesien+ 31 wat u voor die oë van al die volke voorberei het,+ 32 ’n lig+ wat die sluier van die nasies sal verwyder+ en wat u volk Israel sal eer.” 33 Die kind se pa en ma was heeltyd verstom oor die dinge wat oor hom gesê word. 34 Siʹmeon het hulle ook geseën en vir Maria, die kind se ma, gesê: “Kyk! Hierdie kind is aangestel om baie in Israel te laat val+ en weer te laat opstaan+ en om ’n teken te wees waarvan daar sleg gepraat sal word,+ 35 sodat die redenasies van baie harte geopenbaar kan word. En dit sal wees asof ’n lang swaard deur jou* gesteek word.”+

36 Daar was ook Anna, ’n profetes, die dogter van Faʹnuel, uit die stam van Aser. Hierdie vrou was al oud en het sewe jaar lank saam met haar man gelewe nadat hulle getroud is,* 37 en sy was nou ’n weduwee, 84 jaar oud. Sy was nooit van die tempel afwesig nie en het dag en nag heilige diens verrig deur te vas en smeekgebede te doen. 38 Sy het op daardie oomblik nader gekom en God begin dank en met almal wat op Jerusalem se verlossing gewag het, oor die kind begin praat.+

39 Nadat hulle alles gedoen het wat die Wet van Jehovah* vereis het,+ het hulle teruggegaan na Galileʹa, na hulle eie stad, Naʹsaret.+ 40 En die jong kindjie het gegroei en sterk geword. Hy was vol wysheid en het God se seën bly geniet.+

41 Sy ouers het die gewoonte gehad om elke jaar Jerusalem toe te gaan vir die Pasgafees.+ 42 En toe hy 12 jaar oud was, het hulle soos gewoonlik na die fees toe gegaan.+ 43 Toe die dae van die fees verby was en hulle teruggekeer het, het die seun Jesus in Jerusalem agtergebly, maar sy ouers het dit nie agtergekom nie. 44 Hulle het aangeneem dat hy in die groep is wat saam gereis het, en toe hulle al ’n dag lank gereis het, het hulle na hom begin soek onder die familielede en die mense wat hulle geken het. 45 Maar toe hulle hom nie kon kry nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en oral na hom gesoek. 46 Wel, ná drie dae het hulle hom in die tempel gevind, en daar het hy tussen die leermeesters gesit, na hulle geluister en hulle vrae gevra. 47 Maar almal wat na hom geluister het, was die hele tyd verbaas oor sy begrip en sy antwoorde.+ 48 En toe sy ouers hom sien, was hulle verstom, en sy ma het vir hom gesê: “Kind, hoekom het jy so met ons gemaak? Ek en jou pa was bekommerd en het oral na jou gesoek.” 49 Maar hy het vir hulle gesê: “Hoekom het julle na my gesoek? Het julle nie geweet dat ek in die huis van my Vader moet wees nie?”+ 50 Hulle het egter nie verstaan wat hy vir hulle gesê het nie.

51 Toe het hy saam met hulle gegaan en in Naʹsaret gekom, en hy het aan hulle onderdanig* gebly.+ Sy ma het ook al hierdie woorde in haar hart bewaar.+ 52 Jesus het al hoe wyser en groter geword, en hy was geliefd by God en mense.

3 In die 15de regeringsjaar van keiser Tibeʹrius was Pontius Pilatus goewerneur van Judeʹa, Herodes*+ was distriksheerser* van Galileʹa, sy broer Filippus was distriksheerser van die land Itureʹa en Tragoniʹtis, en Lisaʹnias was distriksheerser van Abileʹne, 2 en dit was in die tyd van die hoofpriester Annas en van Kaʹjafas.+ In hierdie tyd het Johannes,+ die seun van Sagariʹa, ’n boodskap van God in die wildernis+ ontvang.

3 Hy het deur die hele omgewing rondom die Jordaanrivier gegaan en verkondig dat mense hulle moet laat doop as ’n simbool van berou sodat hulle sondes vergewe kan word,+ 4 net soos daar in die boek van die profeet Jesaja geskryf is: “Iemand roep in die wildernis uit: ‘Berei die weg van Jehovah* voor! Maak sy paaie reguit.+ 5 Elke vallei moet opgevul word, en elke berg en heuwel moet gelykgemaak word. Die draaie moet reguit gemaak word, en die ongelyke plekke gelyk, 6 en alle mense* sal die redding van God sien.’”*+

7 Hy het vir die groot groep mense wat gekom het om deur hom gedoop te word, begin sê: “Julle spul giftige slange,* wie het julle gewaarsku om vir die komende woede te vlug?+ 8 Bring dan vrugte voort wat by berou pas. Moenie vir julleself begin sê: ‘Ons het Abraham as ons vader’ nie. Want ek sê vir julle dat God vir Abraham kinders uit hierdie klippe kan voortbring. 9 Ja, die byl lê reeds by die wortel van die boom. Elke boom wat nie goeie vrugte voortbring nie, sal afgekap en in die vuur gegooi word.”+

10 En die mense het vir hom gevra: “Wat moet ons dan doen?” 11 Hy het hulle geantwoord: “Laat die man wat twee stelle klere* het, dit deel met die man wat nie het nie, en laat die een wat iets het om te eet, dieselfde doen.”+ 12 Selfs belastinggaarders* het gekom om gedoop te word,+ en hulle het vir hom gevra: “Leermeester, wat moet ons doen?” 13 Hy het vir hulle gesê: “Moet niks meer as die vasgestelde tarief vir belasting vereis* nie.”+ 14 Dié wat deel was van die leërmag, het hom gevra: “Wat moet ons doen?” Hy het vir hulle gesê: “Moet niemand met geweld dreig* of valslik beskuldig nie,+ maar wees tevrede met wat julle ontvang.”*

15 Die volk was in afwagting, en hulle almal het gewonder* of Johannes nie miskien die Christus is nie.+ 16 Johannes het die antwoord gegee deur vir almal te sê: “Ek doop julle met water, maar die een wat ná my kom, is sterker as ek, en ek is nie waardig om die rieme van sy sandale los te maak nie.+ Hy sal julle doop met heilige gees en met vuur.+ 17 Die vurk waarmee hy die koring en die kaf skei, is in sy hand om sy dorsvloer heeltemal skoon te maak en om die koring in sy voorraadskuur bymekaar te maak, maar hy sal die kaf verbrand met vuur wat nie geblus kan word nie.”

18 Hy het die mense ook op baie ander maniere aangespoor en aangehou om goeie nuus aan die volk bekend te maak. 19 Maar Johannes het Herodes, die distriksheerser, tereggewys oor sy broer se vrou, Heroʹdias, en oor al die goddelose dade wat hy gedoen het, en daarom het Herodes 20 nog iets slegs gedoen: Hy het Johannes in die tronk opgesluit.+

21 Toe al die mense gedoop is, is Jesus ook gedoop.+ Terwyl hy gebid het, het die hemel oopgegaan,+ 22 en die heilige gees het in die vorm van ’n duif op hom neergedaal. ’n Stem het ook uit die hemel gekom en gesê: “Jy is my geliefde Seun. Ek het jou goedgekeur.”+

23 Jesus+ was omtrent 30 jaar oud+ toe hy met sy werk begin het. Die mense het hom geken as die seun

van Josef,+

die seun van Heli,

24 die seun van Mattat,

die seun van Levi,

die seun van Melgi,

die seun van Jannai,

die seun van Josef,

25 die seun van Mattatiʹas,

die seun van Amos,

die seun van Nahum,

die seun van Esli,

die seun van Naggai,

26 die seun van Maät,

die seun van Mattatiʹas,

die seun van Seʹmeïn,

die seun van Joseg,

die seun van Joda,

27 die seun van Joʹanan,

die seun van Resa,

die seun van Serubbaʹbel,+

die seun van Sealʹtiël,+

die seun van Neri,

28 die seun van Melgi,

die seun van Addi,

die seun van Kosam,

die seun van Elmaʹdam,

die seun van Er,

29 die seun van Jesus,

die seun van Eliëser,

die seun van Jorim,

die seun van Mattat,

die seun van Levi,

30 die seun van Siʹmeon,

die seun van Judas,

die seun van Josef,

die seun van Jonam,

die seun van Eljaʹkim,

31 die seun van Meleʹa,

die seun van Menna,

die seun van Matʹtata,

die seun van Natan,+

die seun van Dawid,+

32 die seun van Isai,+

die seun van Obed,+

die seun van Boas,+

die seun van Salmon,+

die seun van Nagson,+

33 die seun van Amminaʹdab,

die seun van Arni,

die seun van Hesron,

die seun van Peres,+

die seun van Juda,+

34 die seun van Jakob,+

die seun van Isak,+

die seun van Abraham,+

die seun van Tera,+

die seun van Nahor,+

35 die seun van Serug,+

die seun van Rehu,+

die seun van Peleg,+

die seun van Eber,+

die seun van Selag,+

36 die seun van Kainan,

die seun van Arpagʹsad,+

die seun van Sem,+

die seun van Noag,+

die seun van Lameg,+

37 die seun van Metuʹsalag,+

die seun van Henog,

die seun van Jared,+

die seun van Mahalaʹleël,+

die seun van Kainan,+

38 die seun van Enos,+

die seun van Set,+

die seun van Adam,+

die seun van God.

4 Toe het Jesus vol heilige gees van die Jordaanrivier af weggegaan, en hy is deur die gees in die wildernis rondgelei,+ 2 40 dae lank, terwyl hy deur die Duiwel versoek is.+ En hy het in daardie tyd niks geëet nie, en daarom was hy honger toe die 40 dae verby was. 3 Toe het die Duiwel vir hom gesê: “As jy ’n seun van God is, sê vir hierdie klip om ’n brood te word.” 4 Maar Jesus het hom geantwoord: “Daar staan geskryf: ‘Die mens moenie van brood alleen lewe nie.’”+

5 Toe het hy hom tot op ’n berg gebring en in ’n oomblik vir hom al die koninkryke van die bewoonde aarde gewys.+ 6 Daarna het die Duiwel vir hom gesê: “Ek sal al hierdie gesag en hulle prag en rykdom vir jou gee, want dit is aan my gegee,+ en ek gee dit aan wie ek wil. 7 As jy my een keer aanbid, sal dit alles joune wees.” 8 Jesus het vir hom gesê: “Daar staan geskryf: ‘Jy moet Jehovah* jou God aanbid en hom alleen dien.’”*+

9 Hy het hom in Jerusalem ingelei en hom op die muur* van die tempel laat staan en vir hom gesê: “As jy ’n seun van God is, spring hier af,+ 10 want daar staan geskryf: ‘Hy sal sy engele beveel om jou te beskerm’, 11 en: ‘Hulle sal jou op hulle hande dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip stamp nie.’”+ 12 Jesus het hom geantwoord: “Daar is gesê: ‘Jy mag Jehovah* jou God nie toets nie.’”+ 13 Toe die Duiwel hom klaar versoek het, het hy van hom af weggegaan tot ’n ander geskikte tyd.+

14 En Jesus het vol krag van die gees na Galileʹa teruggekeer.+ Die nuus oor die goeie dinge wat hy gedoen het, het deur die hele omliggende gebied versprei. 15 Hy het ook mense in hulle sinagoges begin leer, en almal het goeie dinge van hom gesê.

16 Hy het toe na Naʹsaret+ gegaan, waar hy grootgeword het, en volgens sy gewoonte op die Sabbatdag het hy in die sinagoge+ ingegaan en opgestaan om te lees. 17 Toe is die boekrol van die profeet Jesaja vir hom aangegee, en hy het die boekrol oopgemaak en die plek gevind waar dit geskryf staan: 18 “Jehovah* se gees is op my, want hy het my gesalf om goeie nuus aan die armes te verkondig. Hy het my gestuur om aan die gevangenes bekend te maak dat hulle vrygelaat sal word, en aan die blindes dat hulle weer sal sien, om vryheid te gee aan die onderdruktes,+ 19 om Jehovah* se jaar van aanvaarding te verkondig.”+ 20 Hierna het hy die boekrol opgerol, dit aan die dienaar teruggegee en gaan sit, en almal in die sinagoge het stip na hom gekyk. 21 Toe het hy vir hulle begin sê: “Vandag is hierdie Skrifgedeelte wat julle so pas gehoor het, vervul.”+

22 En hulle almal het goeie dinge oor hom begin sê, en hulle was verstom oor die aangename woorde wat uit sy mond gekom het,+ en hulle het gevra: “Is hy dan nie ’n seun van Josef nie?”+ 23 Toe het hy vir hulle gesê: “Julle sal beslis hierdie spreekwoord op my toepas: ‘Dokter, genees jouself. Doen ook hier in jou tuisgebied die dinge wat ons gehoor het in Kaperʹnaum+ gedoen is.’” 24 Toe het hy gesê: “Ek sê vir julle dat geen profeet in sy tuisgebied aanvaar word nie.+ 25 Ek vertel julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in Eliʹa se tyd, toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was en ’n groot hongersnood oor die hele land gekom het.+ 26 Tog is Eliʹa nie na een van daardie vrouens toe gestuur nie, maar net na ’n weduwee in Sarfat in die land Sidon.+ 27 Daar was ook baie melaatses in Israel in die tyd van die profeet Eliʹsa. Tog is nie een van hulle genees* nie, net Naäman, die Siriër.”+ 28 En almal wat hierdie dinge in die sinagoge gehoor het, het woedend geword,+ 29 en hulle het opgestaan en hom haastig tot buite die stad geneem, tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou was. Hulle wou hom kop eerste daar afgooi. 30 Maar hy het tussen hulle deur geloop en verder gegaan.+

31 Toe het hy na Kaperʹnaum gegaan, ’n stad van Galileʹa. Hy het die mense op die Sabbat geleer,+ 32 en hulle was verstom oor die manier waarop hy geleer het,+ want hy het met gesag gepraat. 33 In die sinagoge was daar ’n man met ’n gees, ’n onrein demoon, en hy het met ’n harde stem geskree:+ 34 “Ha! Wat het ons met jou te doen, Jesus die Nasarener?+ Het jy gekom om ons te vernietig? Ek weet presies wie jy is: die Heilige van God.”+ 35 Maar Jesus het streng met hom gepraat en gesê: “Bly stil, en kom uit hom uit.” Nadat die demoon die man tussen hulle neergegooi het, het hy uit hom uitgekom sonder om hom seer te maak. 36 Toe hulle dit sien, was hulle almal verbaas en het hulle vir mekaar begin sê: “Luister net na sy woorde, want hy beveel die onrein geeste met gesag en mag, en hulle kom uit!” 37 En die nuus oor hom het na elke uithoek van die omliggende gebied bly versprei.

38 Nadat hy die sinagoge verlaat het, het hy in Simon se huis ingegaan. En Simon se skoonma het gely as gevolg van ’n hoë koors, en hulle het hom gevra om haar te help.+ 39 Hy het oor haar gebuk en die koors bestraf, en dit het verdwyn. Sy het onmiddellik opgestaan en hulle begin bedien.

40 Maar toe die son sak, het die mense al die siekes wat in hulle huise was, na hom toe gebring, ongeag aan watter kwale hulle gely het. Hy het sy hande op elkeen van hulle gelê en hulle genees.+ 41 Demone het ook uit baie mense uitgekom, en hulle het geskree en gesê: “Jy is die Seun van God.”+ Maar hy het streng met hulle gepraat en hulle nie toegelaat om enigiets te sê nie,+ want hulle het geweet dat hy die Christus is.+

42 Maar toe dit dag word, het hy vertrek en na ’n afgeleë plek gegaan.+ Die skare het egter na hom begin soek en hom gevind, en hulle het probeer keer dat hy van hulle af weggaan. 43 Maar hy het vir hulle gesê: “Ek moet die goeie nuus van die Koninkryk van God ook aan ander stede bekend maak, want dit is waarvoor ek gestuur is.”+ 44 Toe het hy voortgegaan om in die sinagoges van Judeʹa te preek.

5 By een geleentheid het hy by die Meer van Genneʹsaret*+ gestaan terwyl die skare van alle kante af teen hom gedruk het en na die woord van God geluister het. 2 En hy het twee bote aan die oewer van die meer sien lê, maar die vissermanne het reeds uit die bote geklim en was besig om hulle nette af te was.+ 3 Hy het in een van die bote geklim, Simon s’n, en hom gevra om ’n entjie van die land af weg te vaar. Toe het hy gaan sit en die skare van die boot af begin leer. 4 Toe hy ophou praat, het hy vir Simon gesê: “Gaan na waar dit diep is en laat sak julle nette vir ’n vangs.” 5 Maar Simon het geantwoord: “Onderrigter, ons het die hele nag hard gewerk en niks gevang nie,+ maar as u so sê, sal ek die nette laat sak.” 6 Toe hulle dit doen, het hulle soveel vis gevang* dat hulle nette begin skeur het.+ 7 Toe het hulle vir die mans in die ander boot beduie om hulle te kom help, en hulle het gekom en al twee bote so vol gemaak dat dit amper gesink het. 8 Toe Simon Petrus dit sien, het hy op sy knieë voor Jesus neergeval en gesê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is ’n sondige man.” 9 Want hy en almal wat by hom was, was baie verbaas omdat hulle soveel vis gevang het. 10 Jakobus en Johannes, Sebedeʹus se seuns,+ wat saam met Simon gewerk het, was ewe verbaas hieroor. Maar Jesus het vir Simon gesê: “Hou op om bang te wees. Van nou af sal jy mense lewend vang.”+ 11 Toe het hulle die bote teruggebring land toe en alles agtergelaat en hom gevolg.+

12 Terwyl hy by ’n ander geleentheid in een van die stede was, was daar ’n man vol melaatsheid. Toe hy Jesus sien, het hy met sy gesig na die grond toe neergeval en hom gesmeek: “Here, as u net wil, kan u my gesond* maak.”+ 13 En hy het sy hand uitgesteek en aan hom geraak en gesê: “Ek wil! Word gesond.”* Die melaatsheid het onmiddellik verdwyn.+ 14 Toe het hy die man beveel om niemand hiervan te vertel nie. Maar hy het gesê: “Gaan wys jou vir die priester en bring ’n offer vir jou reiniging, net soos Moses voorgeskryf het.+ Dit sal as ’n getuienis vir hulle dien.”+ 15 Die nuus oor hom het egter bly versprei, en groot groepe mense het bymekaargekom om te luister en van hulle siektes genees te word.+ 16 Tog het hy dikwels na verlate plekke gegaan om te bid.

17 Op een van daardie dae, terwyl hy besig was om mense te leer, het Fariseërs en leermeesters van die Wet wat uit elke dorpie van Galileʹa en Judeʹa en Jerusalem gekom het, daar gesit, en omdat Jehovah* se krag met hom was, kon hy mense gesond maak.+ 18 En mense het ’n verlamde man op ’n draagbed gedra, en hulle het probeer om hom in te bring en hom voor Jesus neer te sit.+ 19 Toe hulle as gevolg van die skare nie ’n manier kon vind om hom in te bring nie, het hulle op die dak geklim, en hulle het hom op die bed deur die teëldak laat sak, tot tussen die mense wat voor Jesus was. 20 Toe hy hulle sterk geloof sien, het hy gesê: “Vriend, jou sondes is vergewe.”+ 21 Toe het die skrifgeleerdes en die Fariseërs begin redeneer en gevra: “Wie is dit wat so laster? Wie kan sondes vergewe, behalwe God alleen?”+ 22 Maar omdat Jesus geweet het wat hulle dink, het hy hulle geantwoord: “Hoekom dink julle hierdie dinge?* 23 Wat is makliker? Om te sê: ‘Jou sondes is vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en loop’? 24 Maar om julle te laat besef dat die Seun van die mens gesag op die aarde het om sondes te vergewe . . . ” Hy het toe vir die verlamde man gesê: “Ek sê vir jou: Staan op, tel jou bed op en gaan na jou huis toe.”+ 25 Toe het hy voor hulle opgestaan, die bed opgetel waarop hy gelê het en na sy huis toe gegaan terwyl hy God geloof het. 26 Almal was stom van verbasing, en hulle het God begin loof, en hulle is met ontsag vervul en het gesê: “Ons het vandag wonderlike dinge gesien!”

27 Daarna het hy uitgegaan en ’n belastinggaarder* met die naam Levi by die belastingkantoor sien sit, en hy het vir hom gesê: “Word my volgeling.”+ 28 En hy het alles net so gelos en opgestaan en hom begin volg. 29 Toe het Levi ’n groot ete vir hom in sy huis gehou, en daar was ’n groot groep belastinggaarders en ander wat saam met hulle geëet het.*+ 30 Die Fariseërs en hulle skrifgeleerdes het by sy dissipels begin kla en gevra: “Hoekom eet en drink julle saam met belastinggaarders en sondaars?”+ 31 Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Mense wat gesond is, het nie ’n dokter nodig nie, maar mense wat siek is, het wel.+ 32 Ek het nie gekom om regverdige mense tot berou te roep nie, maar sondaars.”+

33 Hulle het vir hom gesê: “Johannes se dissipels vas dikwels en doen smeekgebede, en die dissipels van die Fariseërs doen dit ook, maar u dissipels eet en drink.”+ 34 Jesus het vir hulle gesê: “Julle kan tog nie die vriende van die bruidegom laat vas terwyl die bruidegom by hulle is nie, of hoe? 35 Maar die dae sal kom wanneer die bruidegom+ wel van hulle af weggeneem sal word. Dan sal hulle in daardie dae vas.”+

36 Hy het ook vir hulle ’n illustrasie vertel: “Niemand sny ’n stuk materiaal uit ’n nuwe bo-kleed en werk dit op ’n ou bo-kleed vas nie. As hy dit doen, sal die nuwe stuk van die ou stuk wegskeur en sal die stuk van die nuwe kleed nie by die oue pas nie.+ 37 Ook gooi niemand nuwe wyn in ou wynsakke nie. As hy dit doen, sal die nuwe wyn die wynsakke laat bars, en dit sal uitloop, en dan is die wynsakke stukkend. 38 Maar nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word. 39 Niemand wat ou wyn gedrink het, wil nuwe wyn hê nie, want hy sê: ‘Die oue is lekker.’”

6 Op ’n sabbat het hy deur graanlande geloop, en sy dissipels het die graanare gepluk+ en dit met hulle hande uitgevryf+ en geëet. 2 Toe het party van die Fariseërs gevra: “Hoekom doen julle iets wat ’n mens nie op die Sabbat mag doen nie?”+ 3 Maar Jesus het hulle geantwoord: “Het julle nog nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy en die manne by hom honger was nie?+ 4 Hy het in die huis van God ingegaan en die offerbrode* ontvang en geëet, en hy het vir die manne by hom daarvan gegee, al was net die priesters toegelaat om daarvan te eet.”+ 5 Toe het hy vir hulle gesê: “Die Seun van die mens is Here van die Sabbat.”+

6 Op ’n ander sabbat+ het hy in die sinagoge ingegaan en die mense begin leer. En daar was ’n man met ’n misvormde* regterhand.+ 7 Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het Jesus toe fyn dopgehou om te sien of hy iemand op die Sabbat sou genees, want hulle wou iets vind waarvan hulle hom kon beskuldig. 8 Maar hy het geweet hoe hulle redeneer,+ en daarom het hy vir die man met die misvormde* hand gesê: “Staan op en gaan staan in die middel.” En hy het dit gedoen. 9 Toe het Jesus vir hulle gesê: “Ek vra julle: Mag ’n mens op die Sabbat iets goeds of iets slegs doen, iemand se lewe* red of hom doodmaak?”+ 10 Nadat hy na hulle almal gekyk het, het hy vir die man gesê: “Steek jou hand uit.” Hy het dit gedoen, en sy hand het gesond geword. 11 Maar hulle het woedend geword, en hulle het onder mekaar begin bespreek wat hulle aan Jesus kon doen.

12 Op een van hierdie dae het hy na die berg toe gegaan om te bid,+ en hy het die hele nag lank tot God gebid.+ 13 En toe dit dag word, het hy sy dissipels na hom toe geroep en 12 van hulle uitgekies, wat hy ook apostels genoem het:+ 14 Simon, wat hy ook Petrus genoem het, sy broer Andreʹas, Jakobus, Johannes, Filippus,+ Bartolomeʹus, 15 Matteʹus, Tomas,+ Jakobus, die seun van Alfeʹus, en Simon, wat “die ywerige” genoem word, 16 Judas, die seun van Jakobus, en Judas Iskaʹriot, wat ’n verraaier geword het.

17 Hy het saam met hulle afgekom en op ’n gelyke plek gestaan, en daar was ’n groot skare van sy dissipels en ’n groot menigte mense uit die hele Judeʹa en Jerusalem en die kusgebied van Tirus en Sidon. Hulle het gekom om na hom te luister en om van hulle siektes genees te word. 18 Selfs dié wat deur onrein geeste geteister is, is genees. 19 Die hele skare het aan hom probeer raak, want krag het uit hom uitgegaan+ en hulle almal gesond gemaak.

20 Hy het na sy dissipels gekyk en begin sê:

“Gelukkig is julle wat arm is, want die Koninkryk van God behoort aan julle.+

21 “Gelukkig is julle wat nou honger is, want julle sal versadig word.+

“Gelukkig is julle wat nou huil, want julle sal lag.+

22 “Gelukkig is julle wanneer mense julle haat,+ en wanneer hulle julle verstoot+ en julle beledig en julle naam deur die modder sleep* ter wille van die Seun van die mens. 23 Wees bly op daardie dag en spring van vreugde, want julle beloning is groot in die hemel. Hulle voorvaders het presies dieselfde dinge aan die profete gedoen.+

24 “Maar dit sal sleg gaan met julle wat ryk is,+ want julle ontvang reeds julle volle vertroosting.+

25 “Dit sal sleg gaan met julle wat nou vol is, want julle sal honger ly.

“Dit sal sleg gaan met julle wat nou lag, want julle sal treur en huil.+

26 “Dit sal sleg gaan met julle wanneer al die mense goed van julle praat,+ want dit is hoe hulle voorvaders die valse profete behandel het.

27 “Maar ek sê vir julle wat luister: Hou aan om julle vyande lief te hê, om goed te doen aan die mense wat julle haat,+ 28 om die mense te seën wat julle vervloek, om te bid vir die mense wat julle beledig.+ 29 As iemand jou op die een wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied, en as iemand jou bo-kleed vat, moet jy ook nie weier om die onderkleed te gee nie.+ 30 Gee aan elkeen wat iets van jou vra,+ en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugvra nie.

31 “Net soos julle wil hê dat mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen.+

32 “As julle die mense liefhet wat vir julle lief is, verdien julle om daarvoor geprys te word? Want selfs die sondaars het die mense lief wat vir hulle lief is.+ 33 En as julle goed doen aan die mense wat aan julle goed doen, verdien julle om daarvoor geprys te word? Selfs die sondaars doen dit. 34 En as julle leen* aan die mense van wie julle terugbetaling verwag, verdien julle om daarvoor geprys te word?+ Selfs sondaars leen aan sondaars sodat hulle net soveel kan terugkry. 35 Hou egter aan om julle vyande lief te hê en om goed te doen en om uit te leen sonder om te hoop om iets terug te kry,+ en julle beloning sal groot wees, en julle sal kinders van die Allerhoogste wees, want hy is goed vir die ondankbares en goddeloses.+ 36 Hou aan om genadig te wees, net soos julle Vader genadig is.+

37 “Hou ook op om te oordeel, en julle sal beslis nie geoordeel word nie,+ en hou op om te veroordeel, en julle sal beslis nie veroordeel word nie. Hou aan om te vergewe,* en julle sal vergewe* word.+ 38 Hou aan om te gee, en mense sal vir julle gee.+ Hulle sal ’n goeie hoeveelheid in julle skoot uitgooi, wat ingestamp en geskud is, maar dit sal nog steeds oorloop. Want met die maathouer waarmee julle uitmeet, sal hulle weer vir julle uitmeet.”

39 Toe het hy ook vir hulle ’n illustrasie vertel: “’n Blinde kan tog nie ’n blinde lei nie, of hoe? Al twee sal in ’n gat val, nie waar nie?+ 40 ’n Student* is nie bo sy leermeester nie, maar elkeen wat volmaak onderrig is, sal soos sy leermeester wees. 41 Hoekom kyk jy dan na die splinter in jou broer se oog, maar jy sien nie die balk in jou eie oog nie?+ 42 Hoe kan jy vir jou broer sê: ‘My broer, laat my toe om die splinter in jou oog uit te haal,’ terwyl jy self nie die balk sien wat in jou eie oog is nie? Jou skynheilige! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, en dan sal jy duidelik kan sien hoe om die splinter wat in jou broer se oog is, uit te haal.

43 “Want ’n goeie boom bring nie slegte vrugte voort nie, en ’n slegte boom bring nie goeie vrugte voort nie.+ 44 Want elke boom word aan sy eie vrugte geken.+ Mense pluk byvoorbeeld nie vye van dorings nie, en hulle sny ook nie druiwe van ’n doringbos af nie. 45 ’n Goeie mens bring goeie dinge uit die goeie skat van sy hart, maar ’n goddelose mens bring goddelose dinge uit sy goddelose skat, want uit die oorvloed van die hart praat die mond.+

46 “Hoekom noem julle my dan ‘Here! Here!’ maar julle doen nie wat ek sê nie?+ 47 Ek sal vir julle sê soos wie die persoon is wat na my toe kom en my woorde hoor en dit doen:+ 48 Hy is soos ’n man wat, terwyl hy ’n huis gebou het, gegrawe en diep afgegaan het en ’n fondament op die rots gelê het. En toe daar ’n vloed kom, het die rivier teen daardie huis geslaan, maar dit het stewig bly staan, want die huis was goed gebou.+ 49 Aan die ander kant is die persoon wat hoor en niks doen nie,+ soos ’n man wat ’n huis op die grond gebou het sonder om ’n fondament te lê. Die rivier het daarteen geslaan en dit het onmiddellik ineengestort, en daardie huis is heeltemal verwoes.”

7 Toe hy dit alles vir die volk gesê het, het hy in Kaperʹnaum ingegaan. 2 ’n Sekere militêre offisier het ’n slaaf gehad wat vir hom baie beteken het, maar die slaaf was ernstig siek en het op sterwe gelê.+ 3 Toe die offisier van Jesus hoor, het hy ’n paar ouermanne van die Jode na hom toe gestuur om vir hom te vra om sy slaaf te kom genees. 4 Hulle het na Jesus toe gekom en hom ernstig begin smeek en gesê: “Hy verdien u hulp, 5 want hy is lief vir ons nasie en hy het ons sinagoge gebou.” 6 Jesus het toe saam met hulle gegaan. Maar toe hy naby die huis was, het die militêre offisier reeds vriende gestuur om vir hom te sê: “Meneer, moenie moeite doen nie, want ek verdien nie dat u onder my dak inkom nie.+ 7 Daarom dink ek nie dat ek waardig is om na u toe te kom nie. Maar sê die woord en laat my kneg gesond word. 8 Want ek is ook ’n man wat onder die gesag van iemand anders geplaas is, en ek het soldate onder my, en ek sê vir die een: ‘Gaan!’ en hy gaan, en vir ’n ander een: ‘Kom!’ en hy kom, en vir my slaaf: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.” 9 Toe Jesus hierdie dinge hoor, was hy verbaas, en hy het omgedraai en vir die skare wat hom gevolg het, gesê: “Ek sê vir julle: Ek het nie eers in Israel sulke groot geloof gevind nie.”+ 10 En toe dié wat gestuur is, weer by die huis kom, het hulle gesien dat die slaaf gesond is.+

11 Kort daarna het hy na ’n stad gereis wat Nain genoem word, en sy dissipels en ’n groot skare het saam met hom gereis. 12 Toe hy naby die poort van die stad kom, kyk! toe word daar ’n dooie man uitgedra, die enigste seun van sy ma.+ Sy was boonop ’n weduwee. Daar was ook ’n groot groep mense van die stad by haar. 13 Toe die Here haar sien, het hy baie jammer vir haar gevoel,+ en hy het vir haar gesê: “Hou op huil.”+ 14 Hy het toe nader gegaan en aan die draagbaar geraak, en die draers het gaan staan. Hy het gesê: “Jong man, ek sê vir jou: Staan op!”+ 15 En die dooie man het regop gesit en begin praat, en Jesus het hom aan sy ma gegee.+ 16 Hulle almal was verbaas, en hulle het God begin loof en gesê: “’n Groot profeet het onder ons verskyn,”+ en: “God het aandag aan sy volk geskenk.”+ 17 En die nuus oor hom het deur die hele Judeʹa en die hele omliggende gebied versprei.

18 Johannes se dissipels het hom al hierdie dinge vertel.+ 19 Toe het Johannes twee van sy dissipels geroep en hulle na die Here toe gestuur om te vra: “Is u die Een+ wat sou kom, of moet ons iemand anders verwag?” 20 Toe hulle by hom kom, het die mans gesê: “Johannes die Doper het ons na u toe gestuur om te vra: ‘Is u die Een wat sou kom, of moet ons iemand anders verwag?’” 21 In daardie uur het hy baie mense genees van siektes,+ ernstige kwale en bose geeste, en hy het baie blindes laat sien. 22 Hy het vir hulle gesê: “Gaan sê vir Johannes wat julle gesien en gehoor het: Die blindes kan nou sien,+ die kreupeles loop, die melaatses word genees,* die dowes hoor,+ die dooies word opgewek en die armes word van die goeie nuus vertel.+ 23 Gelukkig is die een wat geen rede vind om te struikel as gevolg van my nie.”+

24 Toe Johannes se boodskappers daar weg is, het Jesus met die skare oor Johannes begin praat en gesê: “Waarna wou julle in die wildernis gaan kyk? ’n Riet wat deur die wind heen en weer gewaai word?+ 25 Waarna wou julle gaan kyk? ’n Man wat sagte* klere dra?+ Dié wat pragtige klere dra en in weelde lewe, is in paleise.* 26 Waarna wou julle dan nou eintlik gaan kyk? ’n Profeet? Ja, sê ek vir julle, en baie meer as ’n profeet.+ 27 Dit is die een oor wie daar geskryf is: ‘Kyk! Ek stuur my boodskapper voor jou uit, wat jou weg vir jou sal voorberei.’+ 28 Ek sê vir julle: Van almal wat al gebore is, is daar niemand groter as Johannes nie. Tog is die persoon wat die kleinste in die Koninkryk van God is, groter as hy.”+ 29 (Toe al die mense en die belastinggaarders* dit hoor, het hulle erken dat God regverdig is, want hulle is met die doop van Johannes gedoop.+ 30 Maar die Fariseërs en dié wat die Wet goed geken het, het die raad* verwerp wat God vir hulle gegee het,+ aangesien hulle nie deur Johannes gedoop is nie.)

31 “Met wie sal ek dan die mense van hierdie geslag vergelyk, en soos wie is hulle?+ 32 Hulle is soos jong kinders wat op ’n markplein sit en na mekaar roep en sê: ‘Ons het vir julle op die fluit gespeel, maar julle het nie gedans nie. Ons het ’n treurlied gesing, maar julle het nie gehuil nie.’ 33 Net so het Johannes die Doper gekom en nie brood geëet of wyn gedrink nie,+ maar julle sê: ‘Hy het ’n demoon.’ 34 Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, maar julle sê: ‘Kyk! ’n Vraat en iemand wat aan wyn verslaaf is, ’n vriend van belastinggaarders en sondaars!’+ 35 Maar wysheid word reg bewys deur sy resultate.”*+

36 En een van die Fariseërs het hom bly vra om by hom te kom eet. Toe het hy in die huis van die Fariseër ingegaan en sy plek by die tafel ingeneem. 37 ’n Vrou wat in die stad as ’n sondaar bekend gestaan het, het uitgevind dat hy in die huis van die Fariseër eet,* en sy het ’n albasterfles met lekkerruik-olie gebring.+ 38 Sy het agter hom by sy voete gaan kniel. Sy het gehuil en sy voete met haar trane begin natmaak en dit met haar hare afgedroog. Sy het ook sy voete gesoen en die olie daarop gegooi. 39 Toe die Fariseër wat hom genooi het, dit sien, het hy gedink: “As hierdie man regtig ’n profeet was, sou hy geweet het wie en watter soort vrou dit is wat aan hom raak, dat sy ’n sondaar is.”+ 40 Maar Jesus het vir hom gesê: “Simon, ek het iets om vir jou te sê.” Hy het gesê: “Leermeester, sê dit!”

41 “Twee mans was in die skuld by ’n sekere man wat geld aan ander geleen het. Die een het 500 denaʹrii* geskuld, maar die ander een 50. 42 Toe hulle hom nie kon terugbetaal nie, het hy hulle al twee vryelik vergewe. Wie van hulle sal hom dan die meeste liefhê?” 43 Simon het geantwoord: “Dit is seker die een wat hom die meeste geskuld het.” Hy het vir hom gesê: “Jy het reg geoordeel.” 44 Toe het hy na die vrou gekyk en vir Simon gesê: “Sien jy hierdie vrou? Toe ek in jou huis ingekom het, het jy nie vir my water vir my voete gegee nie. Maar hierdie vrou het my voete met haar trane natgemaak en dit met haar hare afgedroog. 45 Jy het my nie gesoen nie, maar van die uur dat ek ingekom het, het hierdie vrou nie opgehou om my voete te soen nie. 46 Jy het nie olie op my kop gegooi nie, maar hierdie vrou het lekkerruik-olie op my voete gegooi. 47 Ek sê vir jou: As gevolg hiervan is haar sondes vergewe,+ al is dit baie,* want sy het baie liefde betoon. Maar die een wat min vergewe word, betoon min liefde.” 48 Toe het hy vir haar gesê: “Jou sondes is vergewe.”+ 49 Dié wat saam met hom aan tafel was, het toe vir mekaar begin vra: “Wie is hierdie man wat selfs sondes vergewe?”+ 50 Maar hy het vir die vrou gesê: “Jou geloof het jou gered.+ Gaan in vrede.”

8 Kort daarna het hy van stad tot stad en van dorpie tot dorpie gereis en gepreek en die goeie nuus van die Koninkryk van God bekend gemaak.+ En die Twaalf was saam met hom, 2 asook sekere vrouens wat van bose geeste en siektes genees was: Maria, wat Magdaleʹna genoem is, uit wie sewe demone uitgekom het, 3 en Johanna,+ die vrou van Gusa, die man wat Herodes se sake bestuur het, en Susanna en baie ander vrouens, wat hulle besittings gebruik het om Jesus en sy apostels te bedien.+

4 Nadat ’n groot skare bymekaargekom het by dié wat van stad tot stad saam met hom gegaan het, het hy vir hulle ’n illustrasie vertel:+ 5 “’n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai. Terwyl hy gesaai het, het van die saad langs die pad geval en is dit vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.+ 6 Ander saad het op die rots geval, en nadat dit uitgespruit het, het dit uitgedroog omdat dit nie genoeg water gehad het nie.+ 7 Nog ander saad het tussen die dorings geval, en die dorings wat saam met dit opgekom het, het gekeer dat dit verder groei.+ 8 Maar ander saad het op die goeie grond geval, en nadat dit uitgespruit het, het dit 100 keer soveel vrug gedra.”+ Nadat hy hierdie dinge gesê het, het hy uitgeroep: “Laat die een wat ore het om te luister, luister.”+

9 Maar sy dissipels het hom gevra wat hierdie illustrasie beteken.+ 10 Hy het gesê: “Julle het die voorreg ontvang om die heilige geheime van die Koninkryk van God te verstaan, maar vir die res is dit net illustrasies.+ Daarom sal hulle kyk, maar hulle sal verniet kyk, en hulle sal hoor, maar hulle sal nie die betekenis verstaan nie.+ 11 Die illustrasie beteken dan nou die volgende: Die saad is die woord van God.+ 12 Die saad langs die pad is die mense wat gehoor het, maar dan kom die Duiwel en neem die woord uit hulle harte weg sodat hulle nie sal glo en gered word nie.+ 13 Die saad op die rots is die mense wat die woord met vreugde ontvang wanneer hulle dit hoor, maar hulle het geen wortel nie. Hulle glo ’n ruk lank, maar wanneer hulle getoets word, val hulle weg.+ 14 En die saad wat tussen die dorings geval het, is die mense wat gehoor het, maar omdat hulle aandag deur bekommernisse, rykdom+ en die plesiere van hierdie lewe+ afgelei word, kan hulle glad nie verder groei en vrug dra nie.+ 15 Die saad op die goeie grond is die mense wat die woord met ’n opregte en goeie hart+ hoor en dan daaraan vashou en met volharding vrug dra.+

16 “Niemand steek ’n lamp aan en bedek dit met ’n houer of sit dit onder ’n bed nie. Hy sit dit eerder op ’n lampstaander, sodat dié wat inkom, die lig kan sien.+ 17 Want daar is niks wat bedek is wat nie openbaar gemaak sal word nie, en daar is niks wat sorgvuldig weggesteek is wat nie bekend sal word en aan die lig sal kom nie.+ 18 Skenk dus aandag aan hoe julle luister, want as iemand het, sal meer aan hom gegee word,+ maar as iemand nie het nie, sal selfs wat hy dink hy het, van hom af weggeneem word.”+

19 Sy ma en broers+ het na hom toe gekom, maar weens die skare kon hulle nie tot by hom kom nie.+ 20 Iemand het toe vir hom gesê: “U ma en u broers staan buite en wil u sien.” 21 Hy het geantwoord: “My ma en my broers is dié wat die woord van God hoor en dit doen.”+

22 Eendag het hy en sy dissipels in ’n boot geklim, en hy het vir hulle gesê: “Kom ons gaan na die oorkant van die meer.” Toe het hulle vertrek.+ 23 Maar terwyl hulle geseil het, het hy aan die slaap geraak. En ’n groot windstorm het oor die meer losgebars, en hulle boot het vol water begin word en was in gevaar.+ 24 Hulle het hom toe gaan wakker maak en gesê: “Onderrigter, Onderrigter, ons staan op die punt om dood te gaan!” Toe het hy opgestaan en die wind en die onstuimige water bestraf, en dit het bedaar, en ’n kalmte het oor die meer gekom.+ 25 Toe het hy vir hulle gevra: “Waar is julle geloof?” Maar hulle was bang en verbaas en het vir mekaar gesê: “Wie is hy regtig? Want hy beveel selfs die wind en die water, en dit gehoorsaam hom.”+

26 Hulle het in die gebied van die Geraseners aangekom,+ wat oorkant Galileʹa is. 27 Maar toe Jesus op die land uitklim, het ’n sekere man uit die stad na hom toe gekom wat demone in hom gehad het. Hy het al ’n hele ruk lank nie klere gedra nie, en hy het nie in ’n huis gebly nie, maar tussen die grafte.*+ 28 Toe hy Jesus sien, het hy hard uitgeroep en voor hom neergeval, en hy het met ’n harde stem gesê: “Wat het ek met jou te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek smeek jou, moet my nie pynig nie.”+ 29 (Want Jesus het die onrein gees beveel om uit die man uit te kom. Die gees het hom dikwels gegryp,*+ en hy is al baie kere met kettings en voetboeie gebind en bewaak, maar hy het die boeie uitmekaargeruk en is deur die demoon na afgeleë plekke gedryf.) 30 Jesus het hom gevra: “Wat is jou naam?” Hy het gesê: “Legioen,” want baie demone het in hom ingevaar. 31 En hulle het hom bly smeek om hulle nie te beveel om in die afgrond in te gaan nie.+ 32 ’n Groot trop varke+ het daar op die berg gewei. Toe het hulle hom gesmeek om hulle toe te laat om in die varke in te gaan, en hy het hulle toestemming gegee.+ 33 Toe het die demone uit die man uitgegaan en in die varke ingegaan, en die trop het oor die krans* gestorm, in die meer in, en verdrink. 34 Maar toe die oppassers sien wat gebeur het, het hulle gevlug en die nuus in die stad en op die platteland gaan vertel.

35 Toe het mense gekom om te sien wat gebeur het. Hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die demone gekom het. Hy het klere aangehad, was by sy volle verstand en het by Jesus se voete gesit, en die mense het baie bang geword. 36 Die mense wat dit gesien het, het vir hulle vertel hoe die man in wie daar demone was, genees is. 37 Toe het baie mense van die omliggende gebied van die Geraseners hom gevra om van hulle af weg te gaan, want hulle was baie bang. Hy het toe in die boot geklim om te vertrek. 38 Die man uit wie die demone uitgegaan het, het egter aangehou smeek om by hom te bly, maar hy het die man weggestuur en gesê:+ 39 “Gaan terug huis toe, en hou aan om te vertel wat God vir jou gedoen het.” Toe het hy weggegaan en deur die hele stad verkondig wat Jesus vir hom gedoen het.

40 Toe Jesus terugkom, het die skare hom vriendelik ontvang, want hulle almal het hom verwag.+ 41 ’n Man met die naam Jaïrus het na hom toe gekom. Hy was ’n hoofbeampte van die sinagoge, en hy het voor Jesus se voete neergeval en hom begin smeek om na sy huis te kom,+ 42 want sy enigste dogter, wat omtrent 12 jaar oud was, het op sterwe gelê.

Terwyl Jesus gegaan het, het die skare van alle kante af teen hom gedruk. 43 En daar was ’n vrou wat 12 jaar lank aan bloedvloeiing gely het,+ en niemand kon haar genees nie.+ 44 Sy het van agter af gekom en aan die fraiings van sy bo-kleed geraak,+ en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou. 45 Toe het Jesus gevra: “Wie het aan my geraak?” Toe hulle almal dit ontken, het Petrus gesê: “Onderrigter, die skare omring u en druk van alle kante af teen u.”+ 46 Maar Jesus het gesê: “Iemand het aan my geraak, want ek weet dat krag+ uit my uitgegaan het.” 47 Toe die vrou besef dat Jesus weet dat iets gebeur het, het sy voor hom kom neerval terwyl sy gebewe het en voor al die mense gesê hoekom sy aan hom geraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het. 48 Maar hy het vir haar gesê: “Dogter, jou geloof het jou gesond gemaak. Gaan in vrede.”+

49 Terwyl hy nog gepraat het, het ’n verteenwoordiger van die hoofbeampte van die sinagoge gekom en gesê: “U dogter het gesterf! Moenie die Leermeester langer lastig val nie.”+ 50 Toe Jesus dit hoor, het hy vir hom gesê: “Moenie bekommerd wees nie. Betoon net geloof, en sy sal gered word.”+ 51 Toe hy by die huis kom, het hy niemand saam met hom laat ingaan nie, behalwe Petrus, Johannes, Jakobus en die meisie se pa en ma. 52 Die mense het almal gehuil en hulleself geslaan omdat hulle oor haar getreur het. Toe het hy gesê: “Hou op huil,+ want sy het nie gesterf nie. Sy slaap.”+ 53 Hulle het hom begin uitlag, want hulle het geweet dat sy gesterf het. 54 Maar hy het haar hand geneem en uitgeroep: “Kind, staan op!”+ 55 En sy het weer lewend geword,*+ en sy het dadelik opgestaan,+ en hy het gesê dat hulle vir haar iets moet gee om te eet. 56 Wel, haar ouers se harte het oorgeloop van vreugde, maar hy het vir hulle gesê om vir niemand te vertel wat gebeur het nie.+

9 Toe het hy die Twaalf bymekaargeroep en hulle mag en gesag gegee oor al die demone,+ sowel as die vermoë om siektes te genees.+ 2 Hy het hulle uitgestuur om die Koninkryk van God te verkondig en om mense gesond te maak, 3 en hy het vir hulle gesê: “Moet niks vir die reis saamvat nie, nie ’n staf of ’n voedselsak of brood of geld* nie. Moet ook nie twee kledingstukke* saamvat nie.+ 4 Maar waar julle ook al in ’n huis ingaan, bly daar en vertrek daarvandaan.+ 5 En waar mense julle nie ontvang nie, skud die stof van julle voete af wanneer julle uit daardie stad uitgaan. Dit sal as ’n getuienis teen hulle dien.”+ 6 Toe het hulle vertrek en deur die gebied van dorpie tot dorpie gegaan en oral die goeie nuus bekend gemaak en mense genees.+

7 Herodes,* die distriksheerser,* het gehoor van al die dinge wat gebeur het, en hy kon nie verstaan wat aan die gang is nie omdat party gesê het dat Johannes uit die dood opgewek is,+ 8 maar ander het gesê dat Eliʹa verskyn het, en nog ander het gesê dat een van die profete van die ou tyd opgestaan het.+ 9 Herodes het gesê: “Ek het Johannes se kop laat afkap.+ Wie is dan die persoon van wie ek hierdie dinge hoor?” En hy wou hom baie graag sien.+

10 Toe die apostels terugkom, het hulle vir Jesus vertel wat hulle alles gedoen het.+ Daarna het hy hulle saamgeneem en weggegaan na ’n stad wat Betsaiʹda genoem word om alleen te wees.+ 11 Maar die skare het daarvan uitgevind en hom gevolg. En hy het hulle vriendelik ontvang en met hulle oor die Koninkryk van God begin praat, en hy het die siek mense gesond gemaak.+ 12 Teen die einde van die dag het die Twaalf nader gekom en vir hom gesê: “Stuur die skare weg, sodat hulle na die omliggende dorpies en platteland kan gaan om kos en blyplek te kry, want ons is hier op ’n afgeleë plek.”+ 13 Maar hy het vir hulle gesê: “Gee julle vir hulle iets om te eet.”+ Hulle het gesê: “Ons het net vyf brode en twee visse, tensy ons miskien self vir al hierdie mense gaan kos koop.” 14 Daar was omtrent 5 000 mans. Hy het vir sy dissipels gesê: “Laat hulle in groepe van omtrent 50 elk gaan sit.” 15 En hulle het dit gedoen en almal laat sit. 16 Toe het hy die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en dit geseën. Daarna het hy dit gebreek en dit vir die dissipels begin gee om aan die skare te gee. 17 Toe het hulle almal geëet en versadig geword, en nadat hulle die oorskietstukke opgetel het, was daar 12 mandjies vol.+

18 Later, terwyl hy alleen gebid het, het die dissipels na hom toe gekom, en hy het hulle gevra: “Wie sê die skare is ek?”+ 19 Hulle het gesê: “Johannes die Doper, maar ander sê Eliʹa, en nog ander sê dat een van die profete van die ou tyd verskyn het.”+ 20 Toe het hy vir hulle gevra: “Maar julle, wie sê julle is ek?” Petrus het geantwoord: “Die Christus van God.”+ 21 Toe het hy streng met hulle gepraat en gesê dat hulle niemand hiervan moet vertel nie,+ 22 maar hy het gesê: “Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouermanne en die hoofpriesters en die skrifgeleerdes en doodgemaak word+ en op die derde dag opgewek word.”+

23 Toe het hy verder vir almal gesê: “As iemand my volgeling wil word, moet hy ophou om vir homself te lewe*+ en dag ná dag sy folterpaal* optel en aanhou om my te volg.+ 24 Want enigiemand wat sy lewe wil red, sal dit verloor, maar enigiemand wat sy lewe ter wille van my verloor, sal dit red.+ 25 Wat sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld wen, maar homself verloor of skade ly?+ 26 Want as iemand hom vir my en my woorde skaam, sal die Seun van die mens hom vir daardie persoon skaam wanneer hy kom met sy mag* en dié van die Vader+ en van die heilige engele. 27 Maar ek verseker julle: Daar is party van dié wat hier staan, wat beslis nie sal sterf voordat hulle eers die Koninkryk van God gesien het nie.”+

28 Omtrent agt dae nadat hy hierdie woorde gesê het, het hy Petrus, Johannes en Jakobus saamgeneem en teen die berg opgeklim om te bid.+ 29 Terwyl hy gebid het, het die voorkoms van sy gesig verander, en sy klere het glinsterend wit geword. 30 En kyk! twee mans het met hom gesels. Dit was Moses en Eliʹa. 31 Hulle het verskyn en is omring deur ’n helder glans en het begin praat oor die feit dat hy moes weggaan, wat binnekort in Jerusalem vervul sou word.+ 32 Petrus en dié wat saam met hom was, het aan die slaap geraak, maar toe hulle wakker word, het hulle die helder lig gesien wat om hom geskyn het,+ en die twee mans wat by hom staan. 33 En terwyl hulle van hom af weggegaan het, het Petrus vir Jesus gesê: “Onderrigter, dit is goed dat ons hier is. Laat ons dan drie skuilings* oprig: een vir u, een vir Moses en een vir Eliʹa.” Petrus het nie besef wat hy sê nie. 34 Maar terwyl hy hierdie dinge gesê het, het ’n wolk gevorm en oor hulle gekom. Toe hulle in die wolk ingaan, het hulle bang geword. 35 ’n Stem+ het uit die wolk gekom en gesê: “Dit is my Seun, die een wat uitgekies is.+ Luister na hom.”+ 36 Terwyl die stem nog gepraat het, het hulle gesien dat Jesus weer alleen is. Maar hulle het stilgebly en in daardie dae vir niemand vertel wat hulle gesien het nie.+

37 Die volgende dag, toe hulle van die berg afgekom het, het ’n groot skare na hom toe gekom.+ 38 ’n Man het uit die skare geroep en gesê: “Leermeester, ek smeek u om na my seun te kom kyk, want hy is my enigste seun.+ 39 Kyk! ’n Gees gryp hom, en dan skree hy skielik. Hy laat hom stuiptrekkings kry en skuim by sy mond uitkom, en nadat hy hom beseer het, los hy hom nie sommer maklik nie. 40 Ek het u dissipels gesmeek om die gees uit te dryf, maar hulle kon nie.” 41 Jesus het geantwoord: “Julle is so ’n ongelowige en verdraaide geslag!+ Hoe lank moet ek by julle bly? Hoe lank moet ek julle verdra? Bring jou seun hier na my toe.”+ 42 Maar selfs terwyl die seun nader gekom het, het die demoon hom op die grond neergegooi en hom hewige stuiptrekkings laat kry. Jesus het egter streng met die onrein gees gepraat en die seun gesond gemaak en hom aan sy pa teruggegee. 43 En hulle almal was verstom oor die groot krag van God.

Terwyl hulle almal verbaas was oor al die dinge wat hy gedoen het, het hy vir sy dissipels gesê: 44 “Luister mooi en onthou hierdie woorde, want die Seun van die mens gaan verraai word en aan mense oorgelewer word.”+ 45 Maar hulle het nie verstaan wat hy sê nie. Om die waarheid te sê, hulle kon nie die betekenis daarvan begryp nie, en hulle was bang om hom hieroor uit te vra.

46 Toe het hulle begin stry oor wie van hulle die grootste is.+ 47 Omdat Jesus geweet het wat hulle dink,* het hy ’n jong kind langs hom laat staan 48 en vir hulle gesê: “Elkeen wat hierdie jong kind op grond van my naam ontvang, ontvang my ook, en elkeen wat my ontvang, ontvang ook die Een wat my gestuur het.+ Want wie hom as ’n mindere onder julle almal gedra, is die een wat groot is.”+

49 Johannes het geantwoord: “Onderrigter, ons het iemand gesien wat demone uitdryf deur u naam te gebruik, en ons het hom probeer keer omdat hy nie een van ons is nie.”+ 50 Maar Jesus het vir hom gesê: “Moet hom nie probeer keer nie, want wie nie teen julle is nie, is vir julle.”

51 Toe die dae nader kom vir hom om na die hemel op te vaar,+ het hy vas besluit om na Jerusalem te gaan. 52 Toe het hy boodskappers voor hom uit gestuur. En hulle het gegaan en in ’n dorpie van die Samaritane ingegaan om voorbereidings vir hom te tref. 53 Maar hulle het hom nie gasvry ontvang nie,+ omdat hy vasbeslote was om na Jerusalem te gaan. 54 Toe die dissipels Jakobus en Johannes+ dit sien, het hulle gesê: “Here, wil u hê ons moet sê dat vuur uit die hemel moet kom en hulle vernietig?”+ 55 Maar hy het omgedraai en streng met hulle gepraat. 56 Toe het hulle na ’n ander dorpie gegaan.

57 Terwyl hulle verder gereis het, het iemand vir hom gesê: “Ek sal u volg waar u ook al gaan.” 58 Maar Jesus het vir hom gesê: “Jakkalse het gate en voëls van die hemel het neste, maar die Seun van die mens het nêrens om sy kop neer te lê nie.”+ 59 Toe het hy vir iemand anders gesê: “Word my volgeling.” Die man het gesê: “Here, laat my toe om eers my pa te gaan begrawe.”+ 60 Maar hy het vir hom gesê: “Laat die dooies+ hulle dooies begrawe, maar gaan jy en maak die Koninkryk van God oral bekend.”+ 61 En nog iemand anders het gesê: “Ek sal u volg, Here, maar laat my eers toe om afskeid te neem van dié in my huis.” 62 Jesus het vir hom gesê: “Geen mens wat begin ploeg en na die dinge kyk wat agter is,+ is geskik vir die Koninkryk van God nie.”+

10 Ná hierdie dinge het die Here 70 ander gekies en hulle twee-twee voor hom uit gestuur+ na elke stad en plek waarheen hy self sou gaan. 2 Toe het hy vir hulle gesê: “Ja, die oes is groot, maar die werkers is min. Smeek dus die Meester van die oes om werkers in sy oes uit te stuur.+ 3 Gaan! Ek stuur julle soos lammers onder wolwe in.+ 4 Moenie ’n geldsak of ’n voedselsak of sandale saamvat nie,+ en moet niemand langs die pad groet nie.* 5 Oral waar julle in ’n huis ingaan, sê eers: ‘Mag hierdie huis vrede hê.’+ 6 En as daar ’n vriend van vrede is, sal julle vrede op hom rus. Maar so nie, sal dit na julle toe terugkeer. 7 Bly dan in daardie huis+ en eet en drink wat hulle voorsien,+ want die werker is sy betaling werd.+ Moenie van huis tot huis rondtrek nie.

8 “En waar julle ook al in ’n stad ingaan en die mense julle ontvang, eet wat hulle vir julle gee, 9 en genees die siek mense daarin en sê vir hulle: ‘Die Koninkryk van God het naby julle gekom.’+ 10 Maar waar julle ook al in ’n stad ingaan en die mense julle nie ontvang nie, gaan uit in sy hoofstrate en sê: 11 ‘Selfs die stof van julle stad wat aan ons voete vassit, vee ons teen julle af.+ Maar hou in gedagte dat die Koninkryk van God naby gekom het.’ 12 Ek sê vir julle dat dit in daardie dag beter sal gaan met Sodom as met daardie stad.+

13 “Dit sal sleg gaan met jou, Goʹrasin! Dit sal sleg gaan met jou, Betsaiʹda! Want as die kragtige werke wat in julle plaasgevind het, in Tirus en Sidon plaasgevind het, sou hulle lankal berou getoon het en in sak en as gaan sit het.+ 14 Daarom sal dit in die oordeel beter gaan met Tirus en Sidon as met julle. 15 En jy, Kaperʹnaum, sal jy miskien hoog opgelig word tot in die hemel? Jy sal afkom na die Graf* toe!

16 “Wie na julle luister, luister ook na my.+ En wie julle verwerp, verwerp my ook. Wat meer is, wie my verwerp, verwerp ook die Een wat my gestuur het.”+

17 Toe het die 70 vreugdevol teruggekom en gesê: “Here, selfs die demone gehoorsaam ons wanneer ons u naam gebruik.”+ 18 Toe het hy vir hulle gesê: “Ek sien dat Satan reeds soos weerlig uit die hemel geval het.+ 19 Ek het julle die gesag gegee om slange en skerpioene te vertrap, en om al die krag van die vyand te breek,+ en niks of niemand sal enigiets slegs aan julle doen nie. 20 Tog moet julle nie bly wees dat die geeste julle gehoorsaam nie, maar wees bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is.”+ 21 Op daardie oomblik het hy begin oorloop van vreugde in die heilige gees en gesê: “Ek loof u in die openbaar, Vader, Here van hemel en aarde, omdat u hierdie dinge sorgvuldig vir die wyse en geleerde* mense+ weggesteek het en dit aan jong kinders geopenbaar het. Ja, o Vader, want u het goedgekeur dat dit op hierdie manier gebeur.+ 22 My Vader het alles aan my gegee, en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader. En niemand weet wie die Vader is nie, behalwe die Seun,+ en enigeen aan wie die Seun bereid is om hom te openbaar.”+

23 Toe hulle alleen was, het hy na die dissipels gedraai en vir hulle gesê: “Gelukkig is die oë wat die dinge sien wat julle sien.+ 24 Want ek sê vir julle: Baie profete en konings wou graag die dinge sien wat julle sien, maar hulle het dit nie gesien nie,+ en hulle wou die dinge hoor wat julle hoor, maar hulle het dit nie gehoor nie.”

25 ’n Man wat die Wet goed geken het, het opgestaan om hom te toets en het gevra: “Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?”+ 26 Hy het vir hom gevra: “Wat staan in die Wet geskryf? Wat het jy daarin gelees?” 27 Hy het geantwoord: “‘Jy moet Jehovah* jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel* en met al jou krag en met jou hele verstand’,+ en ‘jou naaste soos jouself’.”+ 28 Hy het vir hom gesê: “Jy het reg geantwoord. Hou aan om dit te doen, en jy sal die lewe ontvang.”+

29 Maar omdat die man wou bewys dat hy regverdig is,+ het hy vir Jesus gevra: “En wie is my naaste?” 30 Jesus het gesê: “’n Man het van Jerusalem na Jeʹrigo afgegaan en is deur rowers aangeval, wat hom uitgetrek en geslaan het en hom halfdood agtergelaat het. 31 En toevallig het ’n priester met daardie pad afgegaan, maar toe hy hom sien, het hy aan die oorkant verbygegaan. 32 Toe het daar ’n Leviet verbygekom. Toe hy die man sien, het hy ook aan die oorkant verbygegaan. 33 Maar ’n sekere Samaritaan+ wat op die pad gereis het, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy baie jammer gevoel vir hom. 34 En hy het na hom toe gegaan en sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Toe het hy hom opgetel en hom op sy eie dier gesit en hom na ’n herberg geneem en vir hom gesorg. 35 Die volgende dag het hy twee denaʹrii* uitgehaal, dit vir die eienaar gegee en gesê: ‘Sorg vir hom, en as jy meer as dit uitgee, sal ek jou terugbetaal wanneer ek terugkom.’ 36 Wat dink jy? Wie van hierdie drie het hom die naaste gemaak+ van die man wat deur die rowers aangeval is?” 37 Hy het gesê: “Die een wat goed was vir hom.”+ Jesus het toe vir hom gesê: “Gaan en doen dieselfde.”+

38 En op hulle reis het hy in ’n sekere dorpie ingegaan. Hier het ’n vrou met die naam Marta+ hom as ’n gas in haar huis ontvang. 39 Sy het ook ’n suster met die naam Maria gehad, wat by die Here se voete gaan sit en luister het na wat hy gesê het.* 40 Marta se aandag is egter afgelei omdat sy druk besig was om alles voor te berei. Toe het sy na hom toe gekom en gesê: “Here, gee u nie om dat my suster my los om alles alleen te doen nie? Sê vir haar om my te kom help.” 41 Die Here het vir haar gesê: “Marta, Marta, jy is angstig en bekommerd oor baie dinge, 42 maar net ’n paar dinge is nodig, of selfs net een. Maria het die goeie* deel gekies,+ en dit sal nie van haar af weggeneem word nie.”

11 Eenkeer het hy op ’n sekere plek gebid. Toe hy klaar was, het een van sy dissipels vir hom gesê: “Here, leer ons hoe om te bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.”

2 Daarom het hy vir hulle gesê: “Wanneer julle bid, sê: ‘Vader, laat u naam geheilig word.+ Laat u Koninkryk kom.+ 3 Gee ons elke dag ons brood volgens ons daaglikse behoeftes.+ 4 En vergewe ons ons sondes,+ want ons vergewe ook elkeen wat teen ons gesondig het,*+ en moet ons nie in versoeking bring nie.’”+

5 Toe het hy vir hulle gesê: “Sê nou een van julle het ’n vriend en jy gaan middernag na hom toe en sê vir hom: ‘Vriend, leen vir my drie brode, 6 want een van my vriende het nou net by my aangekom, en ek het niks om vir hom aan te bied nie.’ 7 Maar die man antwoord van binne af: ‘Hou op om my te pla. Die deur is al gesluit, en my jong kinders is saam met my in die bed. Ek kan nie opstaan en vir jou iets gee nie.’ 8 Ek sê vir julle: Al staan die man nie op om vir jou iets te gee omdat jy sy vriend is nie, sal die man beslis opstaan omdat jy aanhoudend vra,+ en die man sal vir jou gee wat jy ook al nodig het. 9 Daarom sê ek vir julle: Hou aan vra,+ en daar sal vir julle gegee word. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en daar sal vir julle oopgemaak word.+ 10 Want elkeen wat vra, ontvang,+ en elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop, sal daar oopgemaak word. 11 Ja, watter pa onder julle sal, as sy seun ’n vis vra, vir hom ’n slang in plaas van ’n vis gee?+ 12 Of sal hy vir hom ’n skerpioen gee as hy ’n eier vra? 13 As julle wat goddeloos is, dan weet hoe om goeie dinge vir julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die Vader in die hemel heilige gees gee vir dié wat hom vra!”+

14 Later het hy ’n demoon uit ’n stom man uitgedryf.+ Nadat die demoon uitgekom het, kon die stom man weer praat, en die skare was verbaas.+ 15 Maar sommige van hulle het gesê: “Hy dryf die demone uit deur Beëlʹsebub,* die heerser van die demone.”+ 16 En om hom te toets, wou ander ’n teken+ uit die hemel van hom hê. 17 Omdat hy geweet het wat hulle dink,+ het hy vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat verdeeld is, word verwoes, en ’n huis wat verdeeld is, val. 18 As Satan dan ook teen homself draai, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat ek die demone deur Beëlʹsebub uitdryf. 19 As ek die demone deur Beëlʹsebub uitdryf, deur wie dryf julle volgelinge hulle uit? Daarom sal hulle julle veroordeel. 20 Maar as ek die demone deur God se vinger+ uitdryf, het die Koninkryk van God julle werklik ingehaal.+ 21 Wanneer ’n sterk, goed gewapende man sy paleis bewaak, bly sy besittings veilig. 22 Maar wanneer iemand wat sterker is as hy, hom aanval en die oorhand oor hom kry, neem daardie man al sy wapens waarop hy vertrou het en verdeel hy die goed wat hy by hom gevat het. 23 Enigiemand wat nie aan my kant is nie, is teen my, en enigiemand wat nie mense saam met my bymekaarmaak nie, dryf hulle uitmekaar.+

24 “Wanneer ’n onrein gees uit ’n mens uitkom, trek hy deur waterlose plekke op soek na ’n rusplek, en wanneer hy nie een gevind het nie, sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my huis waaruit ek getrek het.’+ 25 En wanneer hy daar aankom, sien hy dat die huis skoongevee en versier is. 26 Dan gaan hy en neem hy sewe ander geeste saam wat nog slegter as hy is, en nadat hulle ingegaan het, bly hulle daar. Dan is die uiteinde vir daardie mens erger as sy begin.”

27 Terwyl hy hierdie dinge gesê het, het ’n vrou uit die skare na hom toe uitgeroep: “Gelukkig is die baarmoeder wat u gedra het en die borste wat u gevoed het!”+ 28 Maar hy het gesê: “Nee, gelukkig is dié wat die woord van God hoor en dit gehoorsaam!”+

29 Toe die skare saamstroom, het hy begin sê: “Hierdie geslag is ’n goddelose geslag. Hulle soek ’n teken, maar geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van Jona.+ 30 Want net soos Jona+ ’n teken vir die Nineviete geword het, so sal die Seun van die mens ’n teken vir hierdie geslag wees. 31 Die koningin van die suide+ sal in die oordeel saam met hierdie geslag ’n opstanding kry en sal hulle veroordeel, want sy het van die eindes van die aarde af gekom om die wysheid van Salomo te hoor. Maar kyk! iemand groter as Salomo is hier.+ 32 Die Nineviete sal in die oordeel saam met hierdie geslag opstaan en sal hulle veroordeel, want die Nineviete het berou gehad as gevolg van wat Jona verkondig het.+ Maar kyk! iemand groter as Jona is hier. 33 Nadat iemand ’n lamp aangesteek het, steek hy dit nie weg nie of sit hy dit nie onder ’n emmer* nie, maar op die lampstaander,+ sodat dié wat inkom, die lig kan sien. 34 Die lamp van die liggaam is jou oog. Wanneer jou oog gefokus* is, is jou hele liggaam ook helder,* maar wanneer jou oog vol jaloesie* is, is jou liggaam ook donker.+ 35 Maak seker dat die lig in jou nie duisternis is nie. 36 As jou hele liggaam dan helder is en geen deel daarvan donker is nie, sal dit so helder wees soos wanneer ’n lamp se strale vir jou lig gee.”

37 Toe hy dit gesê het, het ’n Fariseër hom gevra om by hom te kom eet. En hy het ingegaan en sy plek by die tafel ingeneem. 38 Die Fariseër was egter verbaas toe hy sien dat hy nie voor die maaltyd gewas het nie.*+ 39 Maar die Here het vir hom gesê: “Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en skottel skoon, maar aan die binnekant is julle vol gierigheid en goddeloosheid.+ 40 Onredelike mense! Hy wat die buitekant gemaak het, het ook die binnekant gemaak, nie waar nie? 41 Maar wanneer julle geskenke aan die armes* gee, moet dit van binne af kom, en alles omtrent julle sal skoon wees. 42 Maar dit sal sleg gaan met julle, Fariseërs, want julle gee die tiende van die kruisement en van die wynruit* en van elke ander soort kruie,*+ maar julle ignoreer die geregtigheid en die liefde vir God! Dit was nodig dat julle hierdie dinge doen, maar sonder om die ander dinge te ignoreer.+ 43 Dit sal sleg gaan met julle, Fariseërs, want julle hou daarvan om die voorste* sitplekke in die sinagoges te hê en om op die markpleine gegroet te word!+ 44 Dit sal sleg gaan met julle, want julle is soos daardie grafte* wat nie mooi gesien kan word nie*+ en waaroor mense loop sonder om dit te besef!”

45 Een van dié wat die Wet goed geken het, het vir hom gesê: “Leermeester, deur hierdie dinge te sê, beledig u ons ook.” 46 Toe het hy gesê: “Dit sal ook sleg gaan met julle wat die Wet goed ken, want julle belaai die mense met vragte wat moeilik is om te dra, maar julle raak self nie aan die vragte met een van julle vingers nie!+

47 “Dit sal sleg gaan met julle, want julle bou die grafte* van die profete, maar julle voorvaders het hulle doodgemaak!+ 48 Julle is beslis getuies van die dade van julle voorvaders, en tog keur julle dit goed. Hulle het die profete doodgemaak,+ maar julle bou hulle grafte. 49 Daarom het die wysheid van God ook gesê: ‘Ek sal profete en apostels na hulle toe stuur, en hulle sal party van hulle doodmaak en vervolg, 50 sodat hierdie geslag verantwoordelik gehou kan word vir die bloed van al die profete wat van die begin van die mensdom* af uitgestort is,+ 51 van die bloed van Abel+ af tot by die bloed van Sagariʹa, wat tussen die altaar en die tempel* doodgemaak is.’+ Ja, ek sê vir julle, hierdie geslag sal daarvoor verantwoordelik gehou word.

52 “Dit sal sleg gaan met julle wat die Wet goed ken, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem. Julle het self nie ingegaan nie, en julle probeer die mense keer wat wil ingaan!”+

53 En toe hy daar weggaan, het die skrifgeleerdes en die Fariseërs begin om groot druk op hom te plaas en om hom nog baie ander vrae te vra, 54 terwyl hulle gewag het dat hy iets sê wat hulle teen hom kon gebruik.+

12 Intussen het duisende mense bymekaargekom en daar was so baie van hulle dat hulle mekaar amper vertrap het. Toe het Jesus eers vir sy dissipels gesê: “Pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs, wat skynheiligheid is.+ 2 Maar daar is niks wat sorgvuldig weggesteek is wat nie geopenbaar sal word nie, en geen geheim wat nie bekend sal word nie.+ 3 Daarom sal wat julle in die donker sê, in die lig gehoor word, en wat julle in julle huise fluister, van die dakke af verkondig word. 4 Verder sê ek vir julle, my vriende:+ Moenie dié vrees wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie.+ 5 Maar ek sal vir julle wys wie julle moet vrees: Vrees die Een wat nie net die gesag het om dood te maak nie, maar ook die gesag het om in Gehenʹna*+ te gooi. Ja, ek sê vir julle, vrees Hom.+ 6 Vyf mossies word vir twee muntstukke van min waarde* verkoop, nie waar nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet* nie.+ 7 Maar selfs die hare op julle kop is almal getel.+ Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.+

8 “Ek sê vir julle: As iemand voor mense sê dat hy my ken,+ sal die Seun van die mens ook voor die engele van God sê dat hy hom ken.+ 9 Maar as iemand voor mense sê dat hy my nie ken nie, sal ek voor die engele van God sê dat ek hom nie ken nie.+ 10 En as iemand ’n woord teen die Seun van die mens sê, sal hy vergewe word, maar as iemand teen die heilige gees laster, sal hy nie vergewe word nie.+ 11 Wanneer hulle julle voor openbare vergaderinge,* regeringsamptenare en owerhede bring, moet julle nie bekommerd wees oor wat julle moet sê om julle te verdedig of hoe julle dit moet sê nie,+ 12 want die heilige gees sal julle in daardie selfde uur die dinge leer wat julle moet sê.”+

13 Toe het iemand in die skare vir Jesus gesê: “Leermeester, sê vir my broer om die erfenis met my te deel.” 14 Hy het vir hom gesê: “Mens, wie het my as regter aangestel of as die een wat julle erfenis vir julle moet verdeel?” 15 Toe het hy vir hulle gesê: “Pasop en vermy elke vorm van gierigheid,*+ want selfs wanneer iemand ’n oorvloed het, hang sy lewe nie van sy besittings af nie.”+ 16 Toe het hy vir hulle ’n illustrasie vertel en gesê: “Die land van ’n ryk man het ’n goeie opbrengs gelewer. 17 Hy het vir homself begin sê: ‘Wat moet ek doen noudat ek geen plek het om my oes te versamel nie?’ 18 Toe het hy gesê: ‘Ek weet! Ek sal my voorraadskure afbreek en groter voorraadskure bou,+ en ek sal al my graan en al my goedere daar versamel. 19 Ek sal vir myself sê: “Jy* het baie goeie dinge weggesit vir die jare wat voorlê. Ontspan, eet, drink, geniet die lewe.”’ 20 Maar God het vir hom gesê: ‘Onredelike mens, vanaand sal jy sterf.* Wie gaan dan die dinge kry wat jy opgegaar het?’+ 21 So gaan dit met die mens wat vir homself skatte opgaar, maar nie ryk is teenoor God nie.”+

22 Toe het hy vir sy dissipels gesê: “Daarom sê ek vir julle: Hou op om bekommerd te wees oor julle lewens, oor wat julle sal eet, of oor julle liggame, oor wat julle sal aantrek.+ 23 Want die lewe is meer werd as kos, en die liggaam is meer werd as klere. 24 Dink aan die kraaie: Hulle saai nie saad nie en hulle oes nie. Hulle het nie ’n skuur of ’n stoorkamer nie, en tog sorg God dat hulle kos het.+ Is julle nie baie meer werd as voëls nie?+ 25 Wie van julle kan ’n el* by sy lewe voeg deur hom te bekommer? 26 As julle dan nie eers so ’n klein dingetjie kan doen nie, hoekom sal julle bekommerd wees oor al die ander dinge?+ 27 Let op hoe die lelies groei: Hulle sloof hulle nie af nie en hulle spin ook nie, maar ek sê vir julle dat nie eers Salomo met al sy prag en rykdom soos een van hulle geklee was nie.+ 28 As God dan die plantegroei in die veld so klee, wat vandag hier is en môre in ’n oond gegooi word, hoeveel te meer sal hy julle klee! Waar is julle geloof? 29 Hou dus op om te soek wat julle sal eet en wat julle sal drink, en hou op om angstig en gespanne te wees.+ 30 Want al hierdie dinge jaag die nasies van die wêreld gretig na, maar julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.+ 31 Hou eerder aan om sy Koninkryk te soek, en hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.+

32 “Moenie bang wees nie, klein kuddetjie,+ want julle Vader het dit goedgevind om die Koninkryk aan julle te gee.+ 33 Verkoop julle besittings en gee geskenke aan die armes.*+ Maak vir julle geldsakke wat nie stukkend raak nie, dit wil sê ’n skat in die hemel wat nooit opraak nie,+ waar geen dief naby kom nie en waar geen mot verteer nie. 34 Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

35 “Sorg dat julle aangetrek en gereed is,*+ en laat julle lampe brand,+ 36 en julle moet soos mense wees wat vir hulle meester wag om van die huweliksfees af+ terug te kom,+ sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak wanneer hy kom klop. 37 Gelukkig is daardie slawe wanneer die meester kom en sien dat hulle wakker is! Ek verseker julle: Hy sal ’n voorskoot aantrek* en hulle ’n plek by die tafel laat inneem en hulle kom bedien. 38 En gelukkig is hulle as hy in die tweede waak* of selfs in die derde waak* kom en sien dat hulle gereed is! 39 Maar weet dit: As die huiseienaar geweet het hoe laat* die dief kom, sou hy nie toegelaat het dat daar by sy huis ingebreek word nie.+ 40 Julle moet julle ook gereed hou, want die Seun van die mens kom op ’n uur wat julle nie verwag nie.”+

41 Toe het Petrus gevra: “Here, vertel u hierdie illustrasie net vir ons of ook vir almal?” 42 En die Here het gesê: “Wie is werklik die getroue bestuurder,* die verstandige,* wat sy meester oor sy huisknegte* sal aanstel om altyd vir hulle hulle deel van die voedsel op die regte tyd te gee?+ 43 Gelukkig is daardie slaaf as sy meester hom daarmee besig vind wanneer hy kom! 44 Ek vertel julle die waarheid: Sy meester sal hom oor al sy besittings aanstel. 45 Maar as daardie slaaf ooit in sy hart sou sê: ‘My meester vat lank om te kom,’ en hy die diensknegte en die diensmeisies begin slaan en begin eet en drink en dronk word,+ 46 sal die meester van daardie slaaf op ’n dag en ’n uur kom wanneer hy hom nie verwag nie, en hy sal hom baie swaar straf en hom ’n plek gee by die mense wat nie getrou was nie. 47 Dan sal die slaaf wat die wil van sy meester verstaan het maar nie gereedgemaak het of gedoen het wat hy gevra het nie, baie slae kry.+ 48 Maar die een wat nie verstaan het nie en tog dinge gedoen het wat slae verdien, sal min slae kry. Ja, van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie vereis word, en van die een wat in beheer van baie geplaas is, sal meer as gewoonlik vereis word.+

49 “Ek het gekom om ’n vuur op die aarde te maak, en waarvoor kan ek nog wens as dit reeds aangesteek is? 50 Ja, ek het ’n doop om mee gedoop te word, en ek sal angstig bly totdat dit verby is!+ 51 Dink julle ek het gekom om vrede op die aarde te bring? Ek sê vir julle: Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar verdeeldheid.+ 52 Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. 53 Hulle sal verdeeld wees: pa teen seun en seun teen pa, ma teen dogter en dogter teen ma, skoonma teen skoondogter en skoondogter teen skoonma.”+

54 Toe het hy ook vir die skare gesê: “Wanneer julle ’n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: ‘Daar kom ’n storm,’ en dan gebeur dit. 55 En wanneer julle sien dat ’n suidewind waai, sê julle: ‘Daar sal ’n hittegolf wees,’ en dan gebeur dit. 56 Skynheiliges, julle kan sien hoe die weer gaan wees deur na die aarde en die lug te kyk, maar hoekom kan julle nie sien wat in hierdie tyd plaasvind nie?+ 57 Hoekom oordeel julle nie ook vir julleself wat regverdig is nie? 58 Wanneer jy byvoorbeeld na ’n heerser toe gaan met iemand wat ’n saak teen jou gemaak het, moet jy op pad moeite doen om die saak met hom op te los. Anders sal hy jou dalk voor die regter sleep, en die regter sal jou aan die wag oorlewer, en die wag sal jou in die tronk gooi.+ 59 Ek kan jou verseker dat jy beslis nie daar sal uitkom totdat jy jou laaste sent* betaal het nie.”

13 In daardie tyd was daar sommige teenwoordig wat vir hom vertel het van die Galileërs wat deur Pilatus doodgemaak is terwyl hulle offerandes geoffer het. 2 Hy het vir hulle gesê: “Dink julle dat hierdie Galileërs groter sondaars was as al die ander Galileërs omdat hierdie dinge met hulle gebeur het? 3 Nee, sê ek vir julle, maar tensy julle berou het, sal julle almal net so vernietig word.+ 4 Of die 18 wat dood is toe die toring in Siloʹam op hulle geval het – dink julle dat hulle groter skuld gehad het as al die ander mense wat in Jerusalem woon? 5 Nee, sê ek vir julle. Maar as julle nie berou toon nie, sal julle almal vernietig word, net soos hulle.”

6 Toe het hy hierdie illustrasie vertel: “’n Man het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het vrugte daaraan kom soek, maar niks gekry nie.+ 7 Toe het hy vir die wingerdarbeider gesê: ‘Dit is nou al drie jaar dat ek vrugte aan hierdie vyeboom kom soek, maar niks kry nie. Kap dit af! Hoekom moet ek dit in die grond los sonder dat dit vrugte dra?’ 8 Hy het hom geantwoord: ‘Meester, los dit vir nog ’n jaar, totdat ek daarom spit en mis daarom gooi. 9 As dit dan in die toekoms vrugte dra, is dit goed en wel, maar so nie, kan u dit laat afkap.’”+

10 Op die Sabbat het hy mense in een van die sinagoges geleer. 11 En daar was ’n vrou wat 18 jaar lank ’n gees in haar gehad het wat haar siek gemaak het,* en sy was krom getrek en kon glad nie regop staan nie. 12 Toe Jesus haar sien, het hy vir haar gesê: “Vrou, jy is van jou swakheid bevry.”+ 13 Hy het sy hande op haar gelê, en sy het onmiddellik regop gestaan en God begin loof. 14 Maar die hoofbeampte van die sinagoge was kwaad omdat Jesus haar op die Sabbat genees het, en daarom het hy vir die skare gesê: “Daar is ses dae waarop werk gedoen behoort te word.+ Kom dan op daardie dae om genees te word, nie op die Sabbatdag nie.”+ 15 Maar die Here het vir hom gesê: “Skynheiliges,+ maak elkeen van julle nie op die Sabbat sy bul of sy donkie uit die stal los en lei hom weg om hom iets te gee om te drink nie?+ 16 Hierdie vrou is ’n dogter van Abraham, en sy was 18 jaar lank deur Satan gevange gehou. Moet sy dan nie op die Sabbatdag van hierdie boeie verlos word nie?” 17 Toe hy hierdie dinge sê, het al sy teenstanders skaam gekry, maar die hele skare het bly geword oor al die wonderlike dinge wat hy gedoen het.+

18 Toe het hy verder gesê: “Soos wat is die Koninkryk van God, en waarmee kan ek dit vergelyk? 19 Dit is soos ’n mosterdsaadjie wat ’n man in sy tuin geplant het, en dit het gegroei en ’n boom geword, en die voëls van die hemel het in sy takke nes gemaak.”+

20 Hy het weer gesê: “Waarmee kan ek die Koninkryk van God vergelyk? 21 Dit is soos suurdeeg wat ’n vrou met drie groot mate* meel gemeng het, totdat al die deeg gegis het.”+

22 Hy het van stad tot stad en van dorpie tot dorpie gereis terwyl hy mense geleer het en verder na Jerusalem gereis het. 23 En ’n man het vir hom gevra: “Here, is daar min mense wat gered word?” Hy het vir hulle gesê: 24 “Span julle kragtig in om deur die nou deur in te gaan,+ want ek sê vir julle dat baie sal probeer ingaan, maar hulle sal dit nie kan doen nie. 25 Wanneer die huiseienaar opstaan en die deur sluit, sal julle buite staan en aan die deur klop en sê: ‘Here, maak vir ons oop.’+ Maar hy sal antwoord: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.’ 26 Dan sal julle begin sê: ‘Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en u het die mense in ons hoofstrate geleer.’+ 27 Maar hy sal vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Gaan weg van my af, julle wat onregverdige dinge doen!’ 28 Daar sal julle huil en op julle tande kners wanneer julle sien dat Abraham, Isak, Jakob en al die profete in die Koninkryk van God is, maar dat julle buite gegooi is.+ 29 Mense sal ook uit die ooste en die weste en die noorde en die suide kom, en hulle sal ’n plek by die tafel inneem in die Koninkryk van God. 30 Daar is dié wat laaste is wat eerste sal wees, en daar is dié wat eerste is wat laaste sal wees.”+

31 In daardie selfde uur het van die Fariseërs nader gekom en vir hom gesê: “Gaan hier weg, want Herodes wil u doodmaak.” 32 En hy het vir hulle gesê: “Gaan sê vir daardie jakkals: ‘Kyk! Vandag en môre dryf ek demone uit en genees ek mense, en op die derde dag sal ek klaar wees.’ 33 Maar ek moet in elk geval vandag, môre en oormôre verder gaan, want dit kan nie gebeur dat ’n profeet buite Jerusalem doodgemaak word nie.*+ 34 Jerusalem, Jerusalem, wat die profete doodmaak en die mense wat na haar gestuur is, met klippe doodgooi+ – hoe dikwels wou ek jou kinders bymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak! Maar julle wou my nie toelaat nie.+ 35 Kyk! Julle huis sal verlate word.+ Ek sê vir julle: Julle sal my glad nie sien nie totdat julle sê: ‘Geseënd is die een wat in Jehovah* se naam kom!’”+

14 By een geleentheid het hy op die Sabbat ’n maaltyd in die huis van een van die leiers van die Fariseërs gaan eet, en hulle het hom fyn dopgehou. 2 Daar was ’n man voor hom wat aan watersug* gely het. 3 Toe het Jesus vir die Fariseërs en dié wat die Wet goed geken het, gevra: “Mag ’n mens iemand op die Sabbat genees of nie?”+ 4 Maar hulle het nie geantwoord nie. Toe het hy die man geneem, hom gesond gemaak en weggestuur. 5 Daarna het hy vir hulle gevra: “Wie van julle sal nie onmiddellik sy seun of bul uit ’n put trek as hy op die Sabbatdag daarin val nie?”+ 6 En hulle kon niks hierop antwoord nie.

7 Toe hy sien dat die mense wat genooi is, vir hulleself die beste plekke kies, het hy vir hulle ’n illustrasie vertel.+ Hy het gesê: 8 “Wanneer iemand jou na ’n huweliksfees nooi, moet jy nie die beste plek inneem nie.+ Miskien is iemand belangriker as jy ook genooi. 9 Dan sal die persoon wat julle al twee genooi het, vir jou kom sê: ‘Gee jou plek vir hierdie man.’ Dan sal jy skaam kry wanneer jy die verste* plek moet inneem. 10 Maar wanneer jy genooi word, moet jy die verste plek gaan inneem. Wanneer die man wat jou genooi het, dan kom, sal hy vir jou sê: ‘Vriend, kom neem ’n plek in wat nader is.’ Dan sal jy voor al die ander gaste geëer word.+ 11 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word.”+

12 Daarna het hy ook vir die man wat hom genooi het, gesê: “Wanneer jy ’n middagete of ’n aandete hou, moet jy nie jou vriende, jou broers, jou familielede of jou ryk bure nooi nie. Anders nooi hulle jou dalk weer, en dan word jy daarvoor terugbetaal. 13 Maar wanneer jy ’n feesmaal hou, moet jy die armes, die kreupeles, die verlamdes en die blindes nooi,+ 14 en jy sal gelukkig wees, want hulle het niks waarmee hulle jou kan terugbetaal nie. Want jy sal in die opstanding+ van die regverdiges terugbetaal word.”

15 Toe een van die ander gaste hierdie dinge hoor, het hy vir Jesus gesê: “Gelukkig is die een wat aan tafel gaan* in die Koninkryk van God.”

16 Jesus het vir hom gesê: “’n Man het ’n groot aandete gehou,+ en hy het baie mense genooi. 17 Hy het sy slaaf op die uur van die aandete uitgestuur om vir dié wat genooi is, te sê: ‘Kom, want alles is nou gereed.’ 18 Maar hulle almal het verskonings begin maak.+ Die eerste een het vir hom gesê: ‘Ek het ’n landery gekoop en moet daarna gaan kyk. Ek sal ongelukkig nie kan kom nie.’ 19 En ’n ander een het gesê: ‘Ek het vyf paar beeste gekoop en moet hulle gaan ondersoek. Ek sal ongelukkig nie kan kom nie.’+ 20 Nog ’n ander een het gesê: ‘Ek het onlangs getrou, en daarom kan ek nie kom nie.’ 21 Toe het die slaaf hierdie dinge vir sy meester kom vertel. Die meester van die huis het kwaad geword en vir sy slaaf gesê: ‘Gaan gou na die hoofstrate en die gangetjies van die stad, en bring die armes, die kreupeles, die blindes en die verlamdes hier in.’ 22 Toe die slaaf terugkom, het hy gesê: ‘Meester, ek het gedoen wat u beveel het, en daar is nog steeds plek.’ 23 Die meester het vir die slaaf gesê: ‘Gaan na die hoofpaaie en die kleiner paadjies en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.+ 24 Want ek sê vir julle: Nie een van daardie mense wat genooi is, sal my aandete proe nie.’”+

25 En groot groepe mense het saam met hom gereis, en hy het omgedraai en vir hulle gesê: 26 “As iemand na my toe kom en nie sy pa en ma en vrou en kinders en broers en susters, ja, en selfs sy eie lewe haat* nie,+ kan hy nie my dissipel wees nie.+ 27 Elkeen wat nie sy folterpaal* dra en agter my aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.+ 28 Byvoorbeeld, wie van julle wat ’n toring wil bou, gaan bereken nie eers die koste om te sien of hy genoeg het om dit te voltooi nie? 29 Anders lê hy miskien die fondament daarvan, maar hy kan dit nie klaarmaak nie, en almal wat dit sien, sal hom begin spot 30 en sê: ‘Hierdie man het begin bou, maar hy kon nie klaarmaak nie.’ 31 En voordat ’n koning gaan oorlog voer, sal hy tog eers gaan sit en met sy raadgewers bespreek of hy hom met sy 10 000 soldate teen die ander koning kan verdedig, wat hom met 20 000 soldate wil aanval. 32 As hy dit nie kan doen nie, sal hy ’n groep ambassadeurs uitstuur terwyl die ander een nog ver weg is en sal hy vra om vrede te maak. 33 Net so kan julle daarvan seker wees dat niemand my dissipel kan wees as hy nie al sy besittings opgee nie.*+

34 “Sout is beslis goed. Maar as die sout sy krag verloor, hoe sal dit weer sout gemaak word?+ 35 Dit kan nie as grond of as bemesting gebruik word nie. Mense gooi dit weg. Laat die een wat ore het om te luister, luister.”+

15 Al die belastinggaarders* en die sondaars het om hom bly bymekaarkom om na hom te luister.+ 2 En die Fariseërs sowel as die skrifgeleerdes het aanhoudend gekla en gesê: “Hierdie man verwelkom sondaars en eet saam met hulle.” 3 Toe het hy vir hulle die volgende illustrasie vertel: 4 “Sê nou iemand onder julle het 100 skape en een van hulle raak verlore. Sal hy nie die 99 in die wildernis los en die een wat verlore is, gaan soek totdat hy hom vind nie?+ 5 En wanneer hy hom gevind het, is hy baie bly en tel hy hom op sy skouers. 6 Dan gaan hy huis toe en roep hy sy vriende en sy bure bymekaar en sê hy vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap gevind wat verlore was.’+ 7 Ek sê vir julle: Net so sal daar in die hemel meer vreugde wees oor een sondaar wat berou getoon het+ as oor 99 regverdiges wat geen berou nodig het nie.

8 “Of sê nou ’n vrou het tien dragmas* en sy verloor een van hulle. Sal sy nie ’n lamp aansteek en haar huis uitvee en oral daarna soek totdat sy dit vind nie? 9 En wanneer sy dit gevind het, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê sy vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het die dragma* gevind wat ek verloor het.’ 10 Ek sê vir julle: Net so ontstaan daar vreugde onder die engele van God oor een sondaar wat berou toon.”+

11 Toe het hy gesê: “’n Man het twee seuns gehad. 12 En die jongste seun het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee vir my die deel van die eiendom wat ek gaan erf.’ Toe het hy sy besittings tussen hulle verdeel. 13 ’n Paar dae later het die jongste seun al sy besittings bymekaargemaak en na ’n ver land gereis, en daar het hy alles uitgemors deur ’n wilde* lewe te lei. 14 Nadat hy al sy geld uitgegee het, was daar ’n groot hongersnood in daardie hele land, en hy het begin swaarkry. 15 Hy het selfs vir een van die inwoners van daardie land begin werk, wat hom na sy veld gestuur het om varke op te pas.+ 16 En hy het gewens dat hy van die peule* kon eet wat die varke geëet het, maar niemand het vir hom enigiets gegee nie.

17 “Toe hy tot sy sinne kom, het hy gesê: ‘Hoeveel van my pa se gehuurde werkers het meer as genoeg brood, terwyl ek hier van die honger doodgaan! 18 Ek sal opstaan en na my pa toe reis en vir hom sê: “Pa, ek het teen die hemel en teen Pa gesondig. 19 Ek verdien nie meer om Pa se seun genoem te word nie. Maak my soos een van Pa se gehuurde werkers.”’ 20 En hy het vertrek en na sy pa toe gegaan. Terwyl hy nog ’n hele ent weg was, het sy pa hom gesien en baie jammer vir hom gevoel, en hy het gehardloop en hom omhels en hom gesoen. 21 Toe het die seun vir hom gesê: ‘Pa, ek het teen die hemel en teen Pa gesondig.+ Ek verdien nie meer om Pa se seun genoem te word nie.’ 22 Maar die pa het vir sy slawe gesê: ‘Maak gou! Bring ’n kleed, die beste kleed, en trek dit vir hom aan, en sit ’n ring aan sy hand en sandale aan sy voete. 23 En bring die vetgemaakte kalf, slag dit en laat ons eet en feesvier, 24 want my seun was dood en het weer lewend geword.+ Hy was verlore en is gevind.’ Toe het hulle vrolik feesgevier.

25 “Sy oudste seun was op die landery, en toe hy daarvandaan terugkeer en naby die huis kom, het hy gehoor hoe daar musiek gespeel en gedans word. 26 Toe het hy een van die knegte geroep en gevra wat aan die gang is. 27 Die kneg het vir hom gesê: ‘U broer het gekom, en u pa het die vetgemaakte kalf geslag omdat hy hom gesond* teruggekry het.’ 28 Maar hy het kwaad geword en geweier om in te gaan. Toe het sy pa uitgekom en hom begin smeek om in te kom. 29 Hy het sy pa geantwoord: ‘Kyk! Al hierdie jare het ek Pa soos ’n slaaf gedien, en ek was nog nooit ongehoorsaam aan Pa nie, en tog het Pa nog nooit vir my ’n boklam gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie. 30 Maar die oomblik toe hierdie seun wat Pa se geld saam met prostitute gemors* het, hier aankom, het Pa die vetgemaakte kalf vir hom geslag.’ 31 Toe het die pa vir hom gesê: ‘My seun, jy was nog altyd by my, en alles wat myne is, is joune. 32 Maar ons moes eenvoudig feesvier en bly wees, want hierdie broer van jou was dood maar het lewend geword, en hy was verlore en is gevind.’”

16 Toe het hy ook vir die dissipels gesê: “’n Ryk man het ’n bestuurder* gehad wat daarvan beskuldig is dat hy sy meester se huishouding swak bestuur. 2 Toe het hy hom geroep en vir hom gesê: ‘Wat hoor ek omtrent jou? Ek wil ’n verslag hê van wat jy gedoen het, want jy sal nie meer my huis bestuur nie.’ 3 Toe het die bestuurder vir homself gesê: ‘Wat gaan ek doen? Want my meester gaan my nie meer toelaat om sy huis te bestuur nie. Ek is nie sterk genoeg om te spit nie, en ek is te skaam om te bedel. 4 A! Ek weet wat ek sal doen sodat mense my in hulle huise sal verwelkom wanneer ek nie meer die bestuurder is nie.’ 5 Toe het hy elkeen wat sy meester iets geskuld het, na hom toe laat kom. Hy het vir die eerste een gevra: ‘Hoeveel skuld jy my meester?’ 6 Hy het geantwoord: ‘Honderd maat* olyfolie.’ Hy het vir hom gesê: ‘Neem jou skuldbewys terug en gaan sit en skryf gou 50.’ 7 Daarna het hy vir ’n ander een gevra: ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Hy het gesê: ‘Honderd groot maat* koring.’ Hy het vir hom gesê: ‘Neem jou skuldbewys terug en skryf 80.’ 8 En sy meester het die bestuurder geprys, want al was hy onregverdig,* het hy met praktiese wysheid* opgetree. Want die kinders van hierdie wêreld* is in ’n praktiese opsig wyser teenoor mekaar* as wat die kinders van die lig is.+

9 “Ek sê ook vir julle: Maak vir julle vriende deur middel van die rykdom van hierdie onregverdige wêreld,*+ sodat hulle julle in die ewige woonplekke sal ontvang wanneer hierdie rykdom wegval.+ 10 Hy wat in die minste getrou is, is ook in baie getrou, en hy wat in die minste onregverdig is, is ook in baie onregverdig. 11 As julle dan nie getrou was in verband met die rykdom van hierdie onregverdige wêreld* nie, wie sal aan julle toevertrou wat waar is? 12 En as julle nie getrou was in verband met wat aan iemand anders behoort nie, wie sal vir julle iets gee?+ 13 Niemand kan ’n slaaf vir twee meesters wees nie, want hy sal die een haat en die ander een liefhê, of hy sal lojaal wees aan die een en die ander een nie kan verdra nie. Julle kan nie slawe van God en van Rykdom wees nie.”+

14 Die Fariseërs, wat lief was vir geld, het na al hierdie dinge geluister, en hulle het hom begin uitlag.+ 15 Hy het toe vir hulle gesê: “Julle gee voor dat julle regverdig is,+ maar God ken julle harte.+ Want wat mense as belangrik beskou, is iets walgliks in God se oë.+

16 “Die Wet en die woorde van die profete is bekend gemaak totdat Johannes op die toneel verskyn het. Van toe af word die Koninkryk van God as goeie nuus bekend gemaak, en alle soorte mense streef daarna om dit te bereik.+ 17 Ja, dit is makliker vir hemel en aarde om te verdwyn as dat selfs een deeltjie van ’n letter van die Wet nie vervul sal word nie.+

18 “Enigiemand wat van sy vrou skei en met iemand anders trou, pleeg egbreuk, en enigiemand wat met ’n vrou trou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.+

19 “Daar was ’n ryk man wat altyd duur klere gedra het, en hy het van dag tot dag die lewe geniet en in weelde gelewe. 20 Maar ’n bedelaar met die naam Laʹsarus, wat vol swere was, is altyd by sy poort neergesit 21 en wou graag eet van die dinge wat van die ryk man se tafel afgeval het. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. 22 Later het die bedelaar gesterf, en die engele het hom weggedra na ’n plek langs* Abraham.

“Die ryk man het ook gesterf en is begrawe. 23 En in die Graf* het hy opgekyk terwyl hy in pyn was, en hy het Abraham in die verte gesien en Laʹsarus, wat langs hom* is. 24 Toe het hy geroep en gesê: ‘Vader Abraham, betoon genade aan my, en stuur Laʹsarus om die punt van sy vinger in water te steek en my tong af te koel, want ek is in pyn in hierdie vlammende vuur.’ 25 Maar Abraham het gesê: ‘Kind, onthou dat jy in jou lewe baie goeie dinge geniet het, terwyl Laʹsarus slegte dinge ontvang het. Nou word hy egter hier vertroos, maar jy is in pyn. 26 En behalwe dit alles is daar ’n groot kloof tussen ons en julle, sodat niemand van hier af na julle toe kan oorgaan nie en ook niemand van daar af na ons toe kan kom nie.’ 27 Toe het hy gesê: ‘In daardie geval vra ek u, vader, om hom na die huis van my pa te stuur 28 om vir my vyf broers ’n deeglike getuienis te gee sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.’ 29 Maar Abraham het gesê: ‘Hulle het die woorde van Moses en die profete. Laat hulle daarna luister.’+ 30 Toe het hy gesê: ‘Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dood na hulle toe gaan, sal hulle berou toon.’ 31 Maar hy het vir hom gesê: ‘As hulle hulle nie aan die woorde van Moses en die profete steur nie,+ sal hulle ook nie oortuig word as iemand uit die dood opstaan nie.’”

17 Toe het hy vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar struikelblokke sal kom. Maar dit sal sleg gaan met die een wat dit laat kom! 2 Dit sal vir hom beter wees as ’n meulsteen om sy nek gehang word en hy in die see gegooi word as dat hy een van hierdie kleintjies laat struikel.+ 3 Wees versigtig. As jou broer ’n sonde pleeg, wys hom tereg,+ en as hy berou toon, vergewe hom.+ 4 Selfs as hy sewe keer per dag teen jou sondig en sewe keer na jou toe terugkom en sê: ‘Ek het berou,’ moet jy hom vergewe.”+

5 Die apostels het vir die Here gesê: “Gee ons meer geloof.”+ 6 Toe het die Here gesê: “As julle geloof gehad het wat so groot soos ’n mosterdsaadjie is, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: ‘Trek jou wortels uit die grond uit en plant jouself in die see!’ en die boom sou julle gehoorsaam.+

7 “Sê nou iemand het ’n slaaf wat ploeg of die kudde oppas. Sal hy vir hom sê: ‘Kom gou hier en eet iets’ wanneer hy van die land af inkom? 8 Nee, hy sal eerder vir hom sê: ‘Maak iets vir my gereed vir aandete, en sit ’n voorskoot aan en bedien my totdat ek klaar geëet en gedrink het, en daarna kan jy eet en drink.’ 9 Hy sal tog nie dankbaar wees teenoor die slaaf omdat hy al sy opdragte uitgevoer het nie, of hoe? 10 Net so moet julle, wanneer julle al julle opdragte uitgevoer het, sê: ‘Ons is nikswerd slawe. Wat ons gedoen het, is wat ons behoort te gedoen het.’”+

11 Terwyl hy op pad was na Jerusalem het hy deur die grensgebied van Samariʹa en Galileʹa gereis. 12 Toe hy in ’n dorpie ingaan, het tien melaatse mans hom gesien, maar hulle het op ’n afstand gestaan.+ 13 Hulle het uitgeroep: “Jesus, Onderrigter, betoon genade aan ons!” 14 Toe hy hulle sien, het hy vir hulle gesê: “Gaan wys julle vir die priesters.”+ En terwyl hulle weggegaan het, is hulle genees.*+ 15 Een van hulle het teruggedraai en God met ’n harde stem geloof toe hy sien dat hy genees is. 16 En hy het voor Jesus se voete neergeval met sy gesig na die grond toe en hom bedank. Wat meer is, hy was ’n Samaritaan.+ 17 Jesus het vir hom gevra: “Al tien is genees,* nie waar nie? Waar is die ander nege dan? 18 Het niemand anders behalwe hierdie man van ’n ander nasie teruggedraai om God te eer nie?” 19 Hy het toe vir hom gesê: “Staan op en gaan. Jou geloof het jou gesond gemaak.”+

20 Toe die Fariseërs vir hom gevra het wanneer die Koninkryk van God kom,+ het hy hulle geantwoord: “Die Koninkryk van God kom nie op ’n opvallende manier nie. 21 En mense sal ook nie sê: ‘Kyk hier!’ of: ‘Daar!’ nie. Want die Koninkryk van God is by julle.”*+

22 Toe het hy vir die dissipels gesê: “Daar kom ’n tyd wanneer julle graag een van die dae van die Seun van die mens sal wil sien, maar julle sal dit nie sien nie. 23 En mense sal vir julle sê: ‘Kyk daar!’ of: ‘Kyk hier!’ Moenie uitgaan of agter hulle aanloop nie.+ 24 Want net soos die weerlig van een deel van die hemel tot in ’n ander deel van die hemel flits, so sal die Seun van die mens+ in sy dag wees.+ 25 Maar eers moet hy baie ly en deur hierdie geslag verwerp word.+ 26 En net soos dit in die dae van Noag was,+ so sal dit in die dae van die Seun van die mens wees:+ 27 Hulle het geëet, hulle het gedrink, mans het getrou, vrouens is in die huwelik gegee, tot op daardie dag toe Noag in die ark ingegaan het+ en die Vloed gekom het en hulle almal vernietig het.+ 28 Net soos dit ook in die dae van Lot was:+ Hulle het geëet, hulle het gedrink, hulle het gekoop, hulle het verkoop, hulle het geplant, hulle het gebou. 29 Maar op die dag toe Lot uit Sodom uitgegaan het, het dit vuur en swael uit die hemel gereën en hulle almal vernietig.+ 30 Dit sal net so wees op die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.+

31 “Op daardie dag moet die een wat op die dak is maar wie se besittings in die huis is, nie afkom om dit te gaan haal nie, en die een wat buite op die landery is, moet ook nie teruggaan na die dinge wat hy agtergelaat het nie. 32 Dink aan die vrou van Lot.+ 33 Elkeen wat sy lewe probeer red, sal dit verloor, maar elkeen wat dit verloor, sal dit red.+ 34 Ek sê vir julle: In daardie nag sal twee mense in een bed wees. Die een sal saamgeneem word, maar die ander een sal agtergelaat word.+ 35 Daar sal twee vrouens wees wat by dieselfde meul maal. Die een sal saamgeneem word, maar die ander een sal agtergelaat word.” 36 *—— 37 Toe het hulle vir hom gevra: “Waar sal dit gebeur, Here?” Hy het vir hulle gesê: “Waar die liggaam is, daar sal die arende ook bymekaarkom.”+

18 Toe het hy vir hulle ’n illustrasie vertel oor waarom dit nodig is om altyd te bid en nie moed op te gee nie.+ 2 Hy het gesê: “In ’n sekere stad was daar ’n regter wat geen vrees vir God en geen respek vir mense gehad het nie. 3 Daar was ook ’n weduwee in daardie stad, en sy het na hom toe bly gaan en gesê: ‘Oordeel regverdig tussen my en die een teen wie ek ’n regsaak het.’ 4 Wel, ’n ruk lank wou hy dit nie doen nie, maar agterna het hy vir homself gesê: ‘Al het ek geen vrees vir God en geen respek vir mense nie, 5 sal ek ’n regverdige oordeel uitspreek omdat hierdie weduwee my die hele tyd lastig val. Dan sal sy ophou kom en my nie langer uitput met haar versoek nie.’”*+ 6 Toe het die Here gesê: “Hoor wat die regter gesê het, al is hy onregverdig! 7 Sal God dan nie sorg dat dié wat hy uitgekies het en wat dag en nag tot hom uitroep,+ regverdig behandel word terwyl hy geduldig is met hulle nie?+ 8 Ek sê vir julle: Hy sal dadelik sorg dat hulle regverdig behandel word. Maar sal die Seun van die mens werklik hierdie geloof* op die aarde vind wanneer hy kom?”

9 Hy het ook die volgende illustrasie vertel vir party wat gedink het dat hulle regverdig is en wat ander as niks beskou het nie: 10 “Twee mans het na die tempel gegaan om te bid. Die een was ’n Fariseër en die ander een ’n belastinggaarder.* 11 Die Fariseër het gaan staan en by homself begin bid: ‘O God, ek dank u dat ek nie soos al die ander mense is nie – afpersers, onregverdiges, egbrekers – of selfs soos hierdie belastinggaarder nie. 12 Ek vas twee keer per week en ek gee ’n tiende van alles wat ek verkry.’+ 13 Maar die belastinggaarder, wat op ’n afstand gestaan het, wou nie eers na die hemel opkyk nie. Hy het op sy bors bly slaan en gesê: ‘O God, ek is ’n sondaar.+ Betoon genade aan my.’ 14 Ek sê vir julle: Hierdie man het na sy huis gegaan en was regverdiger as daardie Fariseër.+ Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, maar elkeen wat nederig is, sal verhoog word.”+

15 En mense het ook hulle jong kinders na hom toe gebring sodat hy aan hulle kon raak, maar toe die dissipels dit sien, het hulle streng met hulle begin praat.+ 16 Jesus het egter die jong kinders na hom toe geroep en gesê: “Laat die jong kinders na my toe kom, en moet hulle nie probeer keer nie, want die Koninkryk van God behoort aan mense wat soos hulle is.+ 17 Ek verseker julle: Elkeen wat nie die Koninkryk van God soos ’n jong kind ontvang nie, sal glad nie daar ingaan nie.”+

18 Een van die heersers het vir hom gevra: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?”+ 19 Jesus het vir hom gesê: “Hoekom noem jy my goed? Niemand is goed nie, behalwe een, God.+ 20 Jy ken die gebooie: ‘Moenie egbreuk pleeg nie,+ moenie moord pleeg nie,+ moenie steel nie,+ moenie valslik getuig nie,+ eer* jou pa en jou ma.’”+ 21 Toe het hy gesê: “Ek was van kleins af gehoorsaam aan al hierdie dinge.” 22 Nadat Jesus dit gehoor het, het hy vir hom gesê: “Daar is nog een ding wat jy moet doen: Verkoop alles wat jy het en gee die geld vir die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê. En kom word my volgeling.”+ 23 Toe hy dit hoor, het hy baie hartseer geword, want hy was baie ryk.+

24 Jesus het na hom gekyk en gesê: “Hoe moeilik sal dit tog vir mense met geld wees om in die Koninkryk van God in te gaan!+ 25 Om die waarheid te sê, dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die Koninkryk van God in te gaan.”+ 26 Dié wat dit gehoor het, het gevra: “Wie kan dan gered word?”+ 27 Hy het gesê: “Die dinge wat onmoontlik is vir mense, is moontlik vir God.”+ 28 Maar Petrus het gesê: “Ons het alles wat ons gehad het, agtergelaat en u gevolg.”+ 29 Hy het vir hulle gesê: “Ek verseker julle dat elkeen wat huis of vrou of broers of ouers of kinders ter wille van die Koninkryk van God verlaat het,+ 30 in hierdie tyd baie keer soveel sal kry, en in die wêreld wat kom,* die ewige lewe.”+

31 Toe het hy die Twaalf eenkant geneem en vir hulle gesê: “Ons is op pad na Jerusalem, en alles wat deur middel van die profete oor die Seun van die mens geskryf is, sal vervul* word.+ 32 Hy sal byvoorbeeld aan mense van die nasies oorgelewer word+ en sal bespot+ en mishandel word en daar sal op hom gespoeg word.+ 33 Nadat hulle hom met ’n gésel* geslaan het, sal hulle hom doodmaak,+ maar op die derde dag sal hy opstaan.”+ 34 Maar hulle het nie enige van hierdie dinge begryp nie, want die betekenis van hierdie woorde is vir hulle weggesteek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie.

35 En toe Jesus naby Jeʹrigo kom, het ’n blinde man langs die pad gesit en bedel.+ 36 Omdat hy gehoor het dat ’n skare daar verbygaan, het hy begin vra wat aan die gang is. 37 Hulle het vir hom gesê: “Jesus die Nasarener gaan verby!” 38 Toe het hy uitgeroep: “Jesus, Seun van Dawid, betoon genade aan my!” 39 En die mense wat voor geloop het, het hom streng beveel om stil te bly, maar hy het al hoe meer uitgeroep: “Seun van Dawid, betoon genade aan my!” 40 Toe het Jesus stilgestaan en beveel dat die man na hom toe gebring moet word. Nadat hy nader gekom het, het Jesus vir hom gevra: 41 “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” Hy het gesê: “Here, laat my weer sien.” 42 Toe het Jesus vir hom gesê: “Jy kan weer sien. Jou geloof het jou gesond gemaak.”+ 43 En onmiddellik kon hy weer sien, en hy het hom begin volg+ terwyl hy God geloof het. Toe al die mense dit sien, het hulle God ook geloof.+

19 Toe het hy Jeʹrigo binnegegaan en daardeur gereis. 2 En daar was ’n man met die naam Saggeʹus. Hy was ’n hoofbelastinggaarder,* en hy was ryk. 3 Wel, hy het probeer sien wie hierdie Jesus is, maar weens die skare kon hy nie sien nie, want hy was kort. 4 Toe het hy vooruit gehardloop en in ’n vyeboom* geklim om Jesus te sien, want hy sou binnekort daar verbygaan. 5 Toe Jesus by die plek kom, het hy opgekyk en vir hom gesê: “Saggeʹus, maak gou en klim af, want ek moet vandag in jou huis bly.” 6 Toe het hy vinnig afgeklim en hom vreugdevol as ’n gas ontvang. 7 Toe hulle dit sien, het hulle almal gekla en gesê: “Hy is ’n gas in die huis van ’n man wat ’n sondaar is.”+ 8 Maar Saggeʹus het opgestaan en vir die Here gesê: “Kyk! Die helfte van my besittings, Here, gee ek vir die armes, en ek sal die mense wat ek afgepers het,* vier keer soveel terugbetaal.”+ 9 Toe het Jesus vir hom gesê: “Vandag het daar redding na hierdie huis gekom, omdat jy ook ’n seun van Abraham is. 10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.”+

11 Terwyl hulle na hierdie dinge geluister het, het hy nog ’n illustrasie vertel, want hy was naby Jerusalem en hulle het gedink dat die Koninkryk van God dadelik gaan verskyn.+ 12 Daarom het hy gesê: “’n Sekere man uit ’n koninklike gesin het na ’n ver land gereis+ om koning te word, en daarna sou hy terugkeer. 13 Hy het tien van sy slawe geroep, vir hulle tien minas* gegee en vir hulle gesê: ‘Dryf handel hiermee totdat ek kom.’+ 14 Maar die ander inwoners het hom gehaat en ’n groep ambassadeurs agter hom aan gestuur om te sê: ‘Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet word nie.’

15 “Toe hy uiteindelik terugkom nadat hy koning geword het,* het hy die slawe vir wie hy die geld* gegee het, geroep om uit te vind hoeveel hulle gemaak het deur met sy geld handel te dryf.+ 16 Die eerste een het vorentoe gekom en gesê: ‘Heer, met u een mina het ek nog tien minas gekry.’+ 17 Hy het vir hom gesê: ‘Mooi so, goeie slaaf! Omdat jy in ’n baie klein saak getrou was, sal jy beheer hê oor tien stede.’+ 18 En die tweede een het gekom en gesê: ‘Heer, met u een mina het ek nog vyf minas gekry.’+ 19 Hy het ook vir hierdie een gesê: ‘En jy sal beheer hê oor vyf stede.’ 20 Maar ’n ander een het gekom en gesê: ‘Heer, hier is u mina, wat ek in ’n doek weggesteek het. 21 U sien, ek was bang vir u, want u is ’n streng man. U neem wat u nie gedeponeer het nie en oes wat u nie gesaai het nie.’+ 22 Hy het vir hom gesê: ‘Uit jou eie mond oordeel ek jou, jou goddelose slaaf. Jy het mos geweet dat ek ’n streng man is wat neem wat ek nie gedeponeer het nie en oes wat ek nie gesaai het nie.+ 23 Hoekom het jy dan nie my geld* in ’n bank gesit nie? Dan sou ek dit met rente teruggekry het toe ek gekom het.’

24 “Toe het hy vir die mense wat daar gestaan het, gesê: ‘Vat die mina by hom en gee dit vir die een wat die tien minas het.’+ 25 Maar hulle het vir hom gesê: ‘Heer, hy het tien minas!’ 26 Hy het geantwoord: ‘Ek sê vir julle: As iemand het, sal meer aan hom gegee word, maar as iemand nie het nie, sal selfs wat hy het, van hom af weggeneem word.+ 27 En bring my vyande wat nie wou hê dat ek koning oor hulle moet word nie, en maak hulle hier voor my dood.’”

28 Nadat hy hierdie dinge gesê het, het hy verder gegaan na Jerusalem. 29 Toe hy naby Betfaʹge en Betaʹnië kom, by die berg wat die Olyfberg+ genoem word, het hy twee van die dissipels gestuur+ 30 en gesê: “Gaan in die dorpie in wat julle voor julle sien, en nadat julle daar ingegaan het, sal julle ’n jong donkie vind wat vasgemaak is en waarop niemand nog ooit gesit het nie. Maak hom los en bring hom hierheen. 31 En as iemand vir julle vra: ‘Hoekom maak julle hom los?’ moet julle sê: ‘Die Here het hom nodig.’” 32 Toe het dié wat gestuur is, gegaan en dit gevind net soos hy vir hulle gesê het.+ 33 Maar terwyl hulle die jong donkie losgemaak het, het sy eienaars vir hulle gevra: “Hoekom maak julle die donkie los?” 34 Hulle het gesê: “Die Here het hom nodig.” 35 En hulle het hom na Jesus toe gelei, en hulle het hulle bo-klere op die jong donkie gesit en Jesus op die donkie laat sit.+

36 Terwyl hy op die donkie gery het, het hulle hulle bo-klere op die pad uitgesprei.+ 37 Toe hy naby die pad kom wat teen die Olyfberg afloop, het die hele groep dissipels bly geword en God met ’n harde stem begin loof as gevolg van al die kragtige werke wat hulle gesien het. 38 Hulle het gesê: “Geseënd is die een wat in Jehovah* se naam as Koning kom! Vrede in die hemel en alle lof in die hoogtes daar bo!”+ 39 Party van die Fariseërs wat in die skare was, het egter vir hom gesê: “Leermeester, praat met* u dissipels.”+ 40 Maar hy het geantwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”

41 En toe hy naby kom, het hy na die stad gekyk en daaroor gehuil+ 42 en gesê: “As jy, ja jy, op hierdie dag die dinge onderskei het wat met vrede te doen het – maar nou kan jy nie hierdie dinge sien nie.+ 43 Want die dae sal kom wanneer jou vyande ’n versterkte muur met skerp pale rondom jou sal bou en jou sal omsingel en jou van alle kante sal beleër.*+ 44 Hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter,+ en hulle sal nie ’n klip op ’n klip in jou los nie,+ omdat jy nie die tyd waarin jy geïnspekteer is, herken het nie.”

45 Hy het in die tempel ingegaan en dié wat besig was om daar te verkoop, begin uitjaag+ 46 en vir hulle gesê: “Daar staan geskryf: ‘My huis sal ’n huis van gebed wees’,+ maar julle het dit ’n skuilplek vir rowers gemaak.”+

47 Hy het aangehou om mense elke dag in die tempel te leer. Maar die hoofpriesters en die skrifgeleerdes en die leiers van die volk het na ’n manier gesoek om hom dood te maak.+ 48 Maar hulle kon nie ’n manier vind om dit te doen nie, want die hele volk was heeltyd rondom hom om na hom te luister.+

20 Op een van die dae, terwyl hy die volk in die tempel geleer het en die goeie nuus bekend gemaak het, het die hoofpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouermanne gekom 2 en vir hom gevra: “Sê vir ons: Deur watter gesag doen jy hierdie dinge? Wie het jou hierdie gesag gegee?”+ 3 Hy het hulle geantwoord: “Ek sal julle ook ’n vraag vra, en sê julle vir my: 4 Het Johannes se gesag om te doop uit die hemel of van mense gekom?” 5 Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel,’ sal hy vra: ‘Hoekom het julle hom nie geglo nie?’ 6 Maar as ons sê: ‘Van mense,’ sal die hele volk ons met klippe doodgooi, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes ’n profeet was.”+ 7 Daarom het hulle gesê dat hulle nie weet uit watter bron dit was nie. 8 Jesus het vir hulle gesê: “Dan sê ek ook nie vir julle met watter gesag ek hierdie dinge doen nie.”

9 Toe het hy vir die volk hierdie illustrasie begin vertel: “’n Man het ’n wingerd geplant+ en dit aan landbouers verhuur, en hy het vir ’n lang tyd na die buiteland gereis.+ 10 Op die regte tyd het hy ’n slaaf na die landbouers toe gestuur sodat hulle vir hom van die druiwe van die wingerd sou gee. Die landbouers het hom egter geslaan en hom met leë hande weggestuur.+ 11 Maar hy het nog ’n slaaf na hulle toe gestuur. Hulle het hierdie een ook geslaan en verneder* en met leë hande weggestuur. 12 Hy het ook ’n derde slaaf gestuur. Hulle het hierdie een ook gewond en uitgegooi. 13 Die eienaar van die wingerd het toe gesê: ‘Wat sal ek doen? Ek sal my seun, die geliefde, stuur.+ Hulle sal hom tog seker respekteer.’ 14 Toe die landbouers hom sien, het hulle onder mekaar begin redeneer en gesê: ‘Dit is die erfgenaam. Laat ons hom doodmaak sodat die erfenis ons s’n kan word.’ 15 Toe het hulle hom uit die wingerd uitgegooi en hom doodgemaak.+ Wat sal die eienaar van die wingerd dan aan hulle doen? 16 Hy sal hierdie landbouers kom doodmaak en die wingerd vir ander gee.”

Toe hulle dit hoor, het hulle gesê: “Mag dit nooit gebeur nie!” 17 Maar hy het reguit na hulle gekyk en gesê: “Wat beteken die woorde in die Skrif wat sê: ‘Die steen wat die bouers verwerp het, het die belangrikste hoeksteen* geword’?+ 18 Elkeen wat op hierdie steen val, sal vernietig word.+ En elkeen op wie hierdie steen val, sal vergruis word.”

19 Die skrifgeleerdes en die hoofpriesters het toe probeer om hom in daardie selfde uur gevange te neem, maar hulle was bang vir die volk, want hulle het besef dat hy hulle in gedagte gehad het toe hy hierdie illustrasie vertel het.+ 20 Nadat hulle hom fyn dopgehou het, het hulle manne gestuur wat in die geheim gehuur is om voor te gee dat hulle regverdig is. Hulle wou hom kry om iets te sê wat hulle teen hom kan gebruik,+ sodat hulle hom aan die regering en aan die gesag van die goewerneur kan oorlewer. 21 Hulle het vir hom gesê: “Leermeester, ons weet dat die dinge wat u sê en aan ander leer, reg is en dat u nie partydig is nie, maar dat u die waarheid oor God se weg leer. 22 Is dit reg vir ons om belasting aan die keiser te betaal of nie?” 23 Maar hy het geweet dat hulle slinks is en het vir hulle gesê: 24 “Wys vir my ’n denaʹrius.* Wie se beeld en titel is hierop?” Hulle het gesê: “Die keiser s’n.” 25 Hy het vir hulle gesê: “Betaal dan aan die keiser wat aan die keiser behoort,+ maar aan God wat aan God behoort.”+ 26 Hulle kon hom nie kry om iets voor die volk te sê wat hulle teen hom kon gebruik nie, maar hulle was verbaas oor sy antwoord en het niks gesê nie.

27 Party van die Sadduseërs, dié wat sê dat daar geen opstanding is nie,+ het egter vir hom kom sê:+ 28 “Leermeester, Moses het vir ons geskryf: ‘As iemand sterf en sy vrou sonder kinders agterlaat, moet sy broer met die vrou trou en kinders gee vir sy broer wat gesterf het.’+ 29 Daar was sewe broers. Die eerste broer het met ’n vrou getrou, maar hy het gesterf sonder dat hy kinders gehad het. 30 Toe het die tweede broer 31 en daarna die derde broer met haar getrou. En so het al sewe broers gesterf en geen kinders agtergelaat nie. 32 Laastens het die vrou ook gesterf. 33 Wie se vrou sal sy in die opstanding wees? Want al sewe was met haar getroud.”

34 Jesus het vir hulle gesê: “Die kinders van hierdie wêreld* trou en word in die huwelik gegee, 35 maar dié wat waardig geag word vir daardie wêreld* en die opstanding uit die dood, trou nie en word ook nie in die huwelik gegee nie.+ 36 Om die waarheid te sê, hulle kan ook nie meer sterf nie, want hulle is soos die engele, en hulle is God se kinders omdat hulle kinders van die opstanding is. 37 Maar selfs Moses het in die verslag oor die doringbos bekend gemaak dat die dooies wel opgewek word toe hy Jehovah* ‘die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob’ genoem het.+ 38 Hy is nie ’n God van die dooies nie, maar van die lewendes, want vir hom* lewe hulle almal.”+ 39 Party van die skrifgeleerdes het gesê: “Leermeester, wat u gesê het, is waar.” 40 Want hulle het nie meer die moed gehad om hom ’n enkele vraag te vra nie.

41 Toe het hy vir hulle gevra: “Hoekom sê hulle dat die Christus Dawid se seun is?+ 42 Want Dawid sê self in die boek van die Psalms: ‘Jehovah* het vir my Here gesê: “Sit aan my regterhand 43 totdat ek jou vyande ’n voetbank vir jou voete maak.”’+ 44 Dawid noem hom dus Here. Hoe is hy dan sy seun?”

45 Terwyl die hele volk geluister het, het hy vir sy dissipels gesê: 46 “Pasop vir die skrifgeleerdes wat daarvan hou om in lang klere rond te loop en om op die markpleine gegroet te word en wat die voorste* sitplekke in die sinagoges en die beste plekke by aandetes wil hê,+ 47 en wat die weduwees van hulle besittings beroof* en lang gebede doen net om deur mense gesien te word. Hulle sal ’n strenger* oordeel ontvang.”

21 En toe hy opkyk, het hy die rykes hulle bydraes in die skatkiste sien gooi.+ 2 Toe het hy gesien dat ’n arm weduwee twee muntstukkies van baie min waarde* ingooi,+ 3 en hy het gesê: “Ek verseker julle dat hierdie arm weduwee meer as hulle almal ingegooi het.+ 4 Want hulle almal het bydraes ingegooi uit hulle oorvloed, maar al is sy baie arm, het sy alles ingegooi waarvan sy moes lewe.”+

5 Later, toe party oor die tempel praat, hoe dit met pragtige stene en toegewyde dinge versier is,+ 6 het hy gesê: “Die dae kom wanneer al hierdie dinge wat julle sien, afgebreek sal word. Daar sal nie ’n klip op ’n klip gelos word nie.”+ 7 Toe het hulle vir hom gevra: “Leermeester, wanneer sal hierdie dinge dan gebeur, en wat sal die teken wees dat al hierdie dinge gaan plaasvind?”+ 8 Hy het gesê: “Pasop dat julle nie mislei word nie,+ want baie sal kom en my naam gebruik en sê: ‘Dit is ek,’ en: ‘Die vasgestelde tyd is naby.’ Moenie agter hulle aan gaan nie.+ 9 En wanneer julle van oorloë en oproere hoor, moet julle nie bang word nie. Want hierdie dinge moet eers gebeur, maar die einde sal nie onmiddellik kom nie.”+

10 Toe het hy vir hulle gesê: “Nasie sal teen nasie opstaan+ en koninkryk teen koninkryk.+ 11 Daar sal groot aardbewings wees, en voedseltekorte en vreeslike siektes op die een plek ná die ander.+ Mense sal skrikwekkende dinge sien, en daar sal groot tekens van die hemel af wees.

12 “Maar voordat al hierdie dinge gebeur, sal mense teen julle optree en julle vervolg+ en julle aan die sinagoges en die tronke oorlewer. Julle sal ter wille van my naam voor konings en goewerneurs gebring word.+ 13 Dit sal daartoe lei dat julle ’n getuienis gee. 14 Besluit dus in julle harte om nie vooraf te oefen hoe julle julle gaan verdedig nie,+ 15 want ek sal vir julle woorde en wysheid gee, wat al julle teenstanders saam nie sal kan weerstaan of bevraagteken nie.+ 16 Wat meer is, julle sal selfs deur ouers en broers en familielede en vriende oorgelewer* word, en hulle sal party van julle doodmaak,+ 17 en julle sal deur alle mense gehaat word as gevolg van my naam.+ 18 Maar nie eers ’n haar op julle koppe sal verlore gaan nie.+ 19 Deur julle volharding sal julle julle lewens red.+

20 “Maar wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërmagte omsingel is,+ moet julle weet dat haar verwoesting naby gekom het.+ 21 Laat die mense wat in Judeʹa is, dan na die berge begin vlug,+ en laat dié wat in die stad is, uitgaan, en laat dié wat in die platteland is, nie daar ingaan nie, 22 want in daardie dae sal daar regverdig geoordeel en gestraf word,* sodat alles wat geskryf staan, vervul kan word. 23 Dit sal ’n verskriklike tyd wees vir die swanger vrouens en vir dié wat in daardie dae ’n baba borsvoed!+ Want die mense in die land sal baie ly, en hierdie volk sal swaar gestraf word. 24 Hulle sal met die swaard doodgemaak word en as gevangenes na al die nasies weggeneem word,+ en Jerusalem sal deur die nasies* vertrap word totdat die vasgestelde tye van die nasies* verby is.+

25 “En daar sal tekens in die son en maan en sterre wees,+ en die nasies van die aarde sal bang wees en sal nie weet wat om te doen nie as gevolg van die gedreun en onstuimigheid van die see. 26 Mense sal flou word van vrees en spanning as gevolg van die dinge wat oor die bewoonde aarde kom, want die kragte van die hemel sal geskud word. 27 En dan sal hulle die Seun van die mens+ met krag en groot heerlikheid in ’n wolk sien kom.+ 28 Maar wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle koppe op, want julle verlossing kom nader.”

29 Toe het hy vir hulle ’n illustrasie vertel: “Kyk na die vyeboom en al die ander bome.+ 30 Wanneer julle sien dat hulle nuwe blare kry, weet julle dat die somer nou naby is. 31 Net so moet julle, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, ook weet dat die Koninkryk van God naby is. 32 Ek verseker julle: Hierdie geslag sal beslis nie tot ’n einde kom voordat alles gebeur nie.+ 33 Hemel en aarde sal verdwyn, maar my woorde sal nooit verdwyn nie.+

34 “Maar pasop dat julle harte nooit oorweldig word deur te veel te eet en te veel te drink+ en deur die bekommernisse van die lewe nie.+ Anders sal hierdie dag skielik, in ’n oomblik, oor julle kom 35 soos ’n strik.+ Want dit sal oor almal kom wat op die hele aarde woon. 36 Bly dus wakker+ en doen altyd smeekgebede+ sodat julle veilig kan kom deur hierdie dinge wat gaan gebeur en voor die Seun van die mens sal kan staan.”+

37 Gedurende die dag het hy mense in die tempel geleer, maar in die aand het hy uitgegaan na die berg wat die Olyfberg genoem word en die hele nag daar gebly. 38 En die hele volk het vroeg in die oggend na hom toe gekom om in die tempel na hom te luister.

22 Die Fees van die Ongesuurde Brode, wat die Pasga+ genoem word, het nader gekom.+ 2 Die hoofpriesters en die skrifgeleerdes het na ’n doeltreffende manier gesoek om van hom ontslae te raak,+ want hulle was bang vir die volk.+ 3 Toe het Satan in Judas ingevaar, die een wat Iskaʹriot genoem is en wat een van die Twaalf+ was. 4 Judas het na die hoofpriesters en tempelhoofmanne gegaan en met hulle gepraat oor hoe hy Jesus aan hulle kon verraai.+ 5 Hulle was baie bly hieroor en het ooreengekom om vir hom silwergeld te gee.+ 6 Toe het hy ingestem, en hy het na ’n goeie geleentheid begin soek om Jesus aan hulle te verraai sonder dat daar ’n skare by is.

7 Die dag van die Ongesuurde Brode het toe aangebreek, die dag waarop die Pasga-offer geslag moet word.+ 8 Jesus het dus Petrus en Johannes gestuur en vir hulle gesê: “Gaan maak die Pasga vir ons gereed sodat ons dit kan eet.”+ 9 Hulle het vir hom gevra: “Waar wil u hê moet ons dit gereedmaak?” 10 Hy het vir hulle gesê: “Wanneer julle in die stad ingaan, sal ’n man wat ’n waterkruik dra, julle ontmoet. Volg hom tot in die huis waar hy ingaan.+ 11 En sê vir die eienaar van die huis: ‘Die Leermeester vra: “Waar is die gastevertrek waar ek die Pasga saam met my dissipels kan eet?”’ 12 En daardie man sal vir julle ’n groot bo-kamer wys wat ingerig is. Maak dit daar gereed.” 13 Toe het hulle vertrek en dit gevind net soos hy vir hulle gesê het, en hulle het vir die Pasga voorberei.

14 Toe die uur kom, het hy saam met die apostels aan tafel gegaan.+ 15 En hy het vir hulle gesê: “Ek wou baie graag hierdie Pasga saam met julle eet voordat ek ly, 16 want ek sê vir julle: Ek sal dit nie weer eet totdat dit in die Koninkryk van God vervul word nie.” 17 En hy het ’n beker by een van hulle geneem, ’n dankgebed gedoen en gesê: “Neem dit en gee dit vir mekaar aan, 18 want ek sê vir julle: Van nou af sal ek nie weer wyn drink totdat die Koninkryk van God kom nie.”

19 Hy het ook ’n brood geneem+ en ’n dankgebed gedoen. Toe het hy die brood gebreek en dit vir hulle gegee en gesê: “Dit beteken my liggaam,+ wat vir julle gegee sal word.+ Hou aan om dit te doen as ’n herinnering aan my.”*+ 20 Nadat hulle die aandmaal geëet het, het hy dieselfde met die beker gedoen en gesê: “Hierdie beker beteken die nuwe verbond+ wat bevestig* word deur my bloed,+ wat vir julle uitgestort sal word.+

21 “Maar die hand van my verraaier is by my aan tafel.+ 22 Want alles wat oor die Seun van die mens geskryf is, gaan beslis met hom gebeur,+ maar dit sal sleg gaan met die man wat hom verraai!”+ 23 Hulle het toe onder mekaar begin bespreek wie van hulle tog so iets kon doen.+

24 En hulle het ook erg onder mekaar begin stry oor wie van hulle die grootste is.+ 25 Hy het egter vir hulle gesê: “Die konings van die nasies speel oor hulle baas, en dié wat gesag oor hulle het, ontvang spesiale titels daarvoor.*+ 26 Maar julle moenie so wees nie.+ Laat die een wat die grootste onder julle is, soos die jongste word,+ en laat die een wat die leiding neem, soos die een word wat dien. 27 Want watter een is groter: die een wat eet* of die een wat bedien? Is dit nie die een wat eet* nie? Maar onder julle is ek soos die een wat bedien.+

28 “Julle het egter in al my moeilike tye+ by my gebly.+ 29 En ek maak ’n verbond met julle, net soos my Vader ’n verbond met my gemaak het, vir ’n koninkryk,+ 30 sodat julle aan my tafel in my Koninkryk kan eet en drink+ en op trone kan sit+ om die 12 stamme van Israel te oordeel.+

31 “Simon, Simon, kyk! Satan dring daarop aan om julle almal soos koring te sif.+ 32 Maar ek het ’n smeekgebed vir jou gedoen dat jou geloof nie sal verswak nie,+ en nadat jy teruggekeer het, moet jy jou broers versterk.”+ 33 Toe het hy vir hom gesê: “Here, ek is gereed om saam met u in die gevangenis in te gaan en selfs om saam met u te sterf.”+ 34 Maar hy het gesê: “Ek sê vir jou, Petrus, voordat ’n haan vandag kraai, sal jy drie keer sê dat jy my nie ken nie.”+

35 Hy het ook vir hulle gevra: “Het julle enigiets kortgekom toe ek julle sonder ’n geldsak en ’n voedselsak en sandale+ uitgestuur het?” Hulle het gesê: “Nee!” 36 Toe het hy vir hulle gesê: “Maar as iemand nou ’n geldsak het, moet hy dit saamvat, en ook ’n voedselsak, en as iemand nie ’n swaard het nie, moet hy sy bo-kleed verkoop en een koop. 37 Want ek sê vir julle dat die dinge wat geskryf is, in my vervul moet word, naamlik: ‘Hy is onder wetteloses getel.’+ Want hierdie woorde wat oor my geskryf is, word nou vervul.”+ 38 Toe het hulle gesê: “Here, kyk, hier is twee swaarde.” Hy het vir hulle gesê: “Dit is genoeg.”

39 Hy het vertrek en soos gewoonlik na die Olyfberg gegaan, en die dissipels het hom ook gevolg.+ 40 Toe hy daar aankom, het hy vir hulle gesê: “Hou aan bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.”+ 41 Hy het van hulle af weggegaan, omtrent ’n klipgooi ver, en hy het op sy knieë gegaan en begin bid: 42 “Vader, as u wil, neem hierdie beker van my af weg. Maar laat nie my wil nie, maar u wil plaasvind.”+ 43 Toe het ’n engel uit die hemel aan hom verskyn en hom versterk.+ 44 Maar hy het soveel angs ervaar dat hy nog ernstiger gebid het,+ en sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val. 45 Toe hy klaar gebid het, het hy opgestaan en na die dissipels toe gegaan. Hy het gesien dat hulle slaap, want hulle was uitgeput omdat hulle so baie getreur het.+ 46 Hy het vir hulle gesê: “Hoekom slaap julle? Staan op en hou aan bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.”+

47 Terwyl hy nog gepraat het, het ’n skare daar aangekom. Die man met die naam Judas, een van die Twaalf, het voor hulle geloop, en hy het na Jesus toe gekom om hom te soen.+ 48 Maar Jesus het vir hom gevra: “Judas, verraai jy die Seun van die mens met ’n soen?” 49 Toe die mense om hom sien wat gaan gebeur, het hulle gevra: “Here, moet ons hulle met die swaard aanval?” 50 Een van hulle het selfs sy swaard na die slaaf van die hoëpriester geswaai en sy regteroor afgekap.+ 51 Maar Jesus het gesê: “Dit is genoeg.” En hy het aan die man se oor geraak en hom gesond gemaak. 52 Jesus het toe vir die hoofpriesters en hoofmanne van die tempel en ouermanne wat hom daar kom haal het, gesê: “Het julle met swaarde en knuppels gekom asof ek ’n rower is?+ 53 Terwyl ek dag ná dag by julle in die tempel was,+ het julle my nie in hegtenis geneem nie.+ Maar dit is julle uur en die gesag van die duisternis.”+

54 Hulle het hom gearresteer en weggelei+ en hom in die huis van die hoëpriester ingebring, maar Petrus het hulle op ’n afstand gevolg.+ 55 Hulle het ’n vuur in die middel van die binnehof aangesteek en bymekaar gaan sit. Petrus het tussen hulle gesit.+ 56 Maar ’n diensmeisie het hom gesien waar hy in die lig van die vuur sit. Sy het mooi na hom gekyk en toe gesê: “Hierdie man was ook saam met hom.” 57 Maar hy het dit ontken en gesê: “Ek ken hom nie.” 58 Ná ’n rukkie het iemand anders wat hom gesien het, gesê: “Jy is ook een van hulle.” Maar Petrus het vir die man gesê: “Ek is nie.”+ 59 En omtrent ’n uur later het ’n ander man volgehou en gesê: “Hierdie man was beslis ook saam met hom, want hy is ’n Galileër!” 60 Maar Petrus het vir die man gesê: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.” En onmiddellik, terwyl hy nog gepraat het, het ’n haan gekraai. 61 Toe het die Here omgedraai en reguit na Petrus gekyk, en Petrus het die Here se woorde onthou toe hy vir hom gesê het: “Voordat ’n haan vandag kraai, sal jy drie keer sê dat jy my nie ken nie.”+ 62 En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

63 Die manne wat Jesus gevange gehou het, het hom begin spot+ en hom geslaan,+ 64 en nadat hulle sy gesig bedek het, het hulle bly sê: “Profeteer! Wie is dit wat jou geslaan het?” 65 En hulle het nog baie ander lasterlike dinge teen hom gesê.

66 Toe dit dag word, het die groep ouermanne van die volk bymekaargekom, hoofpriesters sowel as skrifgeleerdes,+ en hulle het Jesus na die Sanheʹdrinsaal geneem en vir hom gesê: 67 “As jy die Christus is, sê vir ons.”+ Maar hy het vir hulle gesê: “Al sê ek dit vir julle, sal julle dit glad nie glo nie. 68 En al sou ek julle ’n vraag vra, sal julle nie antwoord nie. 69 Maar van nou af sal die Seun van die mens+ aan die magtige regterhand van God sit.”+ 70 Toe het hulle almal gevra: “Is jy dan die Seun van God?” Hy het vir hulle gesê: “Julle sê self dat ek is.” 71 Hulle het gesê: “Hoekom het ons nog getuienis nodig? Want ons het dit self uit sy eie mond gehoor.”+

23 Die hele skare het opgestaan en hom na Pilatus toe gelei.+ 2 Toe het hulle hom begin beskuldig+ en gesê: “Ons het vasgestel dat hierdie man ons nasie opstandig maak. Hy verbied mense om belasting aan die keiser te betaal+ en sê dat hy Christus, ’n koning, is.”+ 3 Pilatus het vir hom gevra: “Is jy die Koning van die Jode?” Hy het geantwoord: “U sê dit self.”+ 4 Toe het Pilatus vir die hoofpriesters en die skare gesê: “Ek vind nie bewyse dat hierdie man enige misdaad gepleeg het nie.”+ 5 Maar hulle het bly sê: “Hy steek die volk op deur die mense in die hele Judeʹa te leer, van Galileʹa af en selfs tot hier.” 6 Toe Pilatus dit hoor, het hy gevra of die man ’n Galileër is. 7 Nadat hy vasgestel het dat hy uit die regsgebied van Herodes was,+ het hy hom na Herodes toe gestuur, wat ook in daardie dae in Jerusalem was.

8 Toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly. Hy wou Jesus nou al ’n hele ruk lank ontmoet omdat hy al baie van hom gehoor het,+ en hy het gehoop dat Jesus die een of ander teken sou doen. 9 Hy het hom dus baie vrae begin vra, maar Jesus het hom geen antwoord gegee nie.+ 10 Die hoofpriesters en die skrifgeleerdes het egter bly opstaan en hom van allerhande dinge beskuldig. 11 Toe het Herodes en sy soldate Jesus verneder,+ en hy het met hom die spot gedryf+ deur vir hom ’n mooi kleed aan te trek, en daarna het hy hom na Pilatus toe teruggestuur. 12 Herodes en Pilatus was voorheen vyande, maar hulle het op daardie selfde dag vriende geword.

13 Pilatus het toe die hoofpriesters, die heersers en die volk bymekaargeroep 14 en vir hulle gesê: “Julle het hierdie man na my toe gebring as iemand wat die volk opstandig maak. Ek het hom voor julle verhoor, maar ek kon geen bewyse vind van die aanklagte wat julle teen hierdie man inbring nie.+ 15 Herodes kon ook nie enige bewyse vind nie, want hy het hom na ons toe teruggestuur, en hy het niks gedoen wat die dood verdien nie. 16 Ek sal hom dus straf+ en vrylaat.” 17 *—— 18 Maar hulle almal, die hele skare, het uitgeroep en gesê: “Maak hierdie man dood,* en laat Barabʹbas vry!”+ 19 (Hierdie man is in die gevangenis gegooi weens ’n opstand wat in die stad plaasgevind het en weens moord.) 20 Pilatus het weer met hulle gepraat, want hy wou Jesus vrylaat.+ 21 Toe het hulle begin skree: “Hang hom aan die paal! Hang hom aan die paal!”+ 22 Hy het ’n derde keer vir hulle gesê: “Hoekom? Wat het hierdie man gedoen wat sleg is? Ek het niks in hom gevind wat die dood verdien nie. Ek sal hom dus straf en vrylaat.” 23 Toe het hulle met harde stemme daarop begin aandring dat hy aan die paal gehang moet word. En hulle het so baie geskree dat hy ingegee het.+ 24 Toe het Pilatus besluit om te doen wat hulle vra. 25 Hy het die man vrygelaat vir wie hulle gevra het – die man wat weens opstand en moord in die tronk gegooi is – maar hy het Jesus aan hulle oorgelewer sodat hulle met hom kan doen wat hulle wil.

26 En terwyl hulle hom weggelei het, het hulle ’n sekere Simon van Sireʹne, wat van die platteland af gekom het, gegryp en die folterpaal* op hom gesit om dit agter Jesus aan te dra.+ 27 ’n Groot groep mense het hom gevolg, insluitende vrouens wat aanhoudend oor hom getreur en gehuil het. 28 Jesus het omgedraai en vir die vrouens gesê: “Dogters van Jerusalem, hou op om oor my te huil. Huil eerder oor julleself en oor julle kinders,+ 29 want daar kom dae wanneer mense sal sê: ‘Gelukkig is die onvrugbare vrouens en die moederskote wat nie geboorte gegee het nie en die borste wat nie gevoed het nie!’+ 30 Dan sal hulle vir die berge begin sê: ‘Val op ons!’ en vir die heuwels: ‘Bedek ons!’+ 31 As hulle hierdie dinge doen wanneer die boom groen is, wat sal gebeur wanneer dit uitgedroog is?”

32 Twee ander mans, misdadigers, is ook weggelei om saam met hom doodgemaak te word.+ 33 En toe hulle by die plek kom wat Skedel genoem word,+ het hulle hom daar aan die paal gehang met die misdadigers langs hom, een aan sy regterkant en een aan sy linkerkant.+ 34 Maar Jesus het gesê: “Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” En hulle het die lot gewerp om sy klere te verdeel.+ 35 Die volk het gestaan en kyk wat gebeur, maar die heersers het hom uitgelag en gesê: “Hy het ander gered. Laat hy homself red as hy die Christus van God is, die Een wat uitgekies is.”+ 36 Selfs die soldate het hom bespot en nader gekom en vir hom suur wyn aangebied+ 37 en gesê: “As jy die Koning van die Jode is, red jouself.” 38 Daar was ook ’n opskrif bokant sy kop: “Dit is die Koning van die Jode.”+

39 Toe het een van die misdadigers wat daar gehang het, hom begin beledig+ en gesê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en red ons ook!” 40 Die ander een het streng met hom gepraat en gesê: “Het jy geen vrees vir God nie? Jy het dan nou dieselfde oordeel ontvang! 41 Dit is reg dat ons gestraf word, want ons kry ons verdiende loon, maar hierdie man het niks slegs gedoen nie.” 42 Toe het hy gesê: “Jesus, dink aan my wanneer u in u Koninkryk kom.”+ 43 Hy het vir hom gesê: “Ek verseker jou vandag: Jy sal saam met my in die Paradys wees.”+

44 Dit was toe omtrent die sesde uur,* en tog het die hele land donker geword, tot die negende uur* toe,+ 45 want die sonlig het verdwyn. Toe het die gordyn* van die heiligdom+ middeldeur geskeur.+ 46 En Jesus het met ’n harde stem uitgeroep: “Vader, in u hande gee ek my gees oor.”+ Nadat hy dit gesê het, het hy gesterf.*+ 47 Omdat die militêre offisier gesien het wat gebeur het, het hy God begin loof en gesê: “Waarlik, hierdie man was regverdig.”+ 48 Toe die hele skare wat daar bymekaar was, sien wat alles gebeur het, het hulle teruggegaan huis toe terwyl hulle op hulle bors geslaan het. 49 En almal wat hom geken het, het op ’n afstand gestaan. Daar was ook vrouens wat saam met hom van Galileʹa af gereis het wat gesien het wat gebeur het.+

50 Daar was ’n man met die naam Josef, wat ’n lid van die Raad was en wat ’n goeie en regverdige man was.+ 51 (Hierdie man het nie saamgestem met wat hulle beplan en gedoen het nie.) Hy was van Arimateʹa, ’n stad van die Judeërs, en hy het vir die Koninkryk van God gewag. 52 Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en vir Jesus se liggaam gevra. 53 En hy het dit afgehaal+ en dit in fyn linne toegedraai, en hy het hom in ’n graf* neergelê wat in die rots uitgekap was+ en waarin niemand nog ooit neergelê is nie. 54 Dit was die Voorbereidingsdag,+ en die Sabbat+ sou binnekort begin. 55 Maar die vrouens wat saam met Jesus uit Galileʹa gekom het, het Josef gevolg en na die graf* gekyk en gesien hoe sy liggaam neergelê is,+ 56 en hulle het teruggegaan om speserye en lekkerruik-olies voor te berei. Maar hulle het natuurlik op die Sabbat gerus,+ volgens die Wet.

24 Op die eerste dag van die week het hulle baie vroeg na die graf* gekom en die speserye gebring wat hulle voorberei het.+ 2 Maar hulle het gesien dat die klip voor die graf* weggerol is,+ 3 en toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus daar gevind nie.+ 4 Terwyl hulle hieroor verstom was, kyk! toe het twee mans in skitterende klere by hulle gestaan. 5 Die vrouens het bang geword en wou nie opkyk nie, en die mans het vir hulle gevra: “Hoekom soek julle onder die dooies na die een wat lewe?+ 6 Hy is nie hier nie, maar is opgewek. Onthou wat hy vir julle gesê het toe hy nog in Galileʹa was. 7 Hy het gesê dat die Seun van die mens aan sondaars oorgelewer moet word en aan ’n paal gehang moet word en op die derde dag sal opstaan.”+ 8 Toe het hulle sy woorde onthou,+ 9 en hulle het van die graf* af weggegaan en al hierdie dinge vir die Elf en vir al die ander gaan vertel.+ 10 Hulle was Maria Magdalena, Johanna en Maria, die ma van Jakobus. En die res van die vrouens wat saam met hulle was, het ook hierdie dinge vir die apostels vertel. 11 Maar hulle het gedink dat die vrouens hierdie dinge opmaak, en hulle wou hulle nie glo nie.

12 Maar Petrus het opgestaan en na die graf* gehardloop, en toe hy vooroor buk, het hy net die linnedoeke gesien. Toe het hy weggegaan en gewonder wat gebeur het.

13 Maar op daardie selfde dag het twee van hulle gereis na ’n dorpie met die naam Emʹmaus, wat omtrent 11 kilometer* van Jerusalem af was, 14 en hulle het met mekaar gepraat oor alles wat gebeur het.

15 Terwyl hulle gepraat en hierdie dinge bespreek het, het Jesus self na hulle toe gekom en saam met hulle begin loop, 16 maar hulle kon hom nie herken nie.+ 17 Hy het vir hulle gevra: “Waaroor loop julle so en praat?” Hulle het gaan stilstaan en hartseer gelyk. 18 Die een met die naam Kleʹopas het geantwoord: “Is u ’n vreemdeling wat alleen in Jerusalem woon, en weet u nie van* die dinge wat in hierdie dae daar gebeur het nie?” 19 Hy het vir hulle gevra: “Watter dinge?” Hulle het vir hom gesê: “Die dinge oor Jesus die Nasarener,+ ’n profeet wat kragtig was in woord en daad voor God en die hele volk.+ 20 Ons hoofpriesters en heersers het hom oorgelewer om die doodstraf te ontvang,+ en hulle het hom aan ’n paal gehang. 21 Maar ons het gehoop dat hierdie man die een was wat Israel sou verlos.+ Ja, en buiten al hierdie dinge is dit nou al die derde dag sedert dit alles gebeur het. 22 En party vrouens wat saam met ons was, het ons iets vertel wat ons ook verbaas het. Hulle het vroeg na die graf* toe gegaan,+ 23 en toe hulle nie sy liggaam daar vind nie, het hulle kom sê dat engele aan hulle verskyn het en vir hulle gesê het dat hy lewe. 24 Toe het party van dié wat by ons was, na die graf* gegaan,+ en hulle het dit gevind net soos die vrouens gesê het, maar hulle het hom nie gesien nie.”

25 Toe sê hy vir hulle: “O onverstandiges, wat stadig is* om alles te glo wat die profete gesê het! 26 Moes die Christus nie hierdie dinge deurmaak+ om verheerlik te word nie?”+ 27 En hy het by Moses en al die Profete+ begin en aan hulle verduidelik wat in die hele Skrif oor hom gesê is.

28 Uiteindelik het hulle naby die dorpie gekom waarheen hulle op pad was, en hy het gemaak asof hy verder wou reis. 29 Maar hulle het aangedring: “Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is amper verby.” Toe het hy by die huis ingegaan en by hulle gebly. 30 Terwyl hy saam met hulle geëet het,* het hy die brood geneem, gebid, dit gebreek en vir hulle begin gee.+ 31 Toe is hulle oë ten volle geopen en het hulle hom herken, maar hy het voor hulle verdwyn.+ 32 Hulle het vir mekaar gesê: “Het ons harte nie in ons gebrand toe hy op die pad met ons gepraat het, toe hy die Skrif ten volle aan ons verduidelik* het nie?” 33 En in daardie selfde uur het hulle opgestaan en teruggegaan na Jerusalem toe. Hulle het die Elf en dié wat saam met hulle was, bymekaar gevind, 34 wat gesê het: “Die Here is werklik opgewek en het aan Simon verskyn!”+ 35 Toe het die twee dissipels vertel wat op die pad gebeur het en hoe hulle hom herken het toe hy die brood gebreek het.+

36 Terwyl hulle oor hierdie dinge gepraat het, het Jesus self tussen hulle gestaan en vir hulle gesê: “Mag julle vrede hê.”+ 37 Maar omdat hulle gedink het dat hulle ’n gees sien, het hulle geskrik en bang geword. 38 Toe het hy vir hulle gevra: “Hoekom is julle ontsteld, en hoekom twyfel julle in julle harte? 39 Kyk na my hande en my voete. Dit is regtig ek. Raak aan my en kyk, want ’n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat ek het nie.” 40 En terwyl hy dit gesê het, het hy sy hande en sy voete vir hulle gewys. 41 Maar toe hulle van blydskap en verbasing nog nie glo nie, het hy vir hulle gesê: “Het julle iets daar om te eet?” 42 Toe het hulle vir hom ’n stuk geroosterde vis gegee, 43 en hy het dit gevat en dit voor hulle geëet.

44 Daarna het hy vir hulle gesê: “Toe ek nog by julle was, het ek vir julle gesê+ dat alles wat in die Wet van Moses en in die boeke van die profete en die Psalms oor my geskryf is, vervul moet word.”+ 45 Toe het hy hulle verstande ten volle geopen sodat hulle kon verstaan wat die Skrif beteken,+ 46 en hy het vir hulle gesê: “Daar is geskryf dat die Christus sou ly en op die derde dag uit die dood sou opstaan.+ 47 En op grond van sy naam sal daar verkondig word dat mense berou moet toon sodat hulle sondes vergewe kan word.+ Dit sal in Jerusalem begin+ en aan al die nasies verkondig word.+ 48 Julle moet getuies van hierdie dinge wees.+ 49 En ek stuur aan julle wat my Vader belowe het. Julle moet egter in die stad bly totdat julle krag van bo ontvang.”+

50 Toe het hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betaʹnië, en hy het sy hande opgelig en hulle geseën. 51 Terwyl hy hulle geseën het, is hy van hulle geskei en na die hemel opgeneem.+ 52 Hulle het aan hom eer bewys* en met groot vreugde na Jerusalem teruggekeer.+ 53 En hulle was elke dag in die tempel en het God geloof.+

Sien Woordelys.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Of “van sy ma se baarmoeder af”.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Of “’n visioen”.

Of “openbare”.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Of “geen verklaring”.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Of “My hele wese”. Sien Woordelys.

Sien Aanh. A5.

Of “dié wat hoogmoedige bedoelings in hulle harte het”.

Lett. “saad”.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Of “’n kragtige redder”. Sien Woordelys, “Horing”.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Of “mense van welwillendheid”.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Lett. “Alles wat manlik is en ’n baarmoeder oopmaak”.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Lett. “my oë”.

Of “jou siel”.

Lett. “van haar maagdelikheid af”.

Sien Aanh. A5.

Of “gehoorsaam”.

D.w.s. Herodes Antipas. Sien Woordelys.

Lett. “die tetrarg”.

Sien Aanh. A5.

Lett. “vlees”.

Of “sal God se middel tot redding sien”.

Of “Addergebroedsel”.

Of “ekstra klere”.

Persone wat belasting vir die regering invorder.

Of “invorder”.

Of “afpers om geld te kry”.

Of “met julle loon”.

Lett. “in hulle harte geredeneer”.

Sien Aanh. A5.

Of “aan hom alleen heilige diens verrig”.

Of “hoogste punt”.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Of “gereinig”.

D.w.s. die See van Galilea.

Lett. “omsluit”.

Of “rein”.

Of “gereinig”.

Sien Aanh. A5.

Lett. “Wat redeneer julle in julle harte?”

Iemand wat belasting vir die regering invorder.

Of “aan tafel was”.

Of “die aanbiedingsbrode”.

Of “verlamde”.

Of “verlamde”.

Of “siel”.

Of “en julle naam uitwerp”.

D.w.s. sonder rente.

Of “vry te laat”.

Of “vrygelaat”.

Of “Dissipel”.

Lett. “gereinig”.

Of “die beste”.

Lett. “koninklike huise”.

Persone wat belasting vir die regering invorder.

Of “leiding”.

Of “geregverdig deur al sy kinders”.

Of “aan tafel is”.

Sien Aanh. B14.

Of “groot”.

Of “gedenkgrafte”.

Of moontlik “het hom oor ’n lang tyd vasgehou”.

Of “teen die steilte af”.

Lett. “haar gees (asem) het teruggekeer”.

Lett. “silwer”.

Of “ekstra klere”.

D.w.s. Herodes Antipas. Sien Woordelys.

Lett. “die tetrarg”.

Of “moet hy homself verloën”.

Sien Woordelys.

Of “heerlikheid”.

Lett. “tente”.

Lett. “die redenering van hulle hart geken het”.

Of “met ’n omhelsing groet nie”.

Of “Hades”. Sien Woordelys.

Lett. “intellektuele”.

Sien Aanh. A5.

Sien Woordelys.

Sien Aanh. B14.

Lett. “sy woord”.

Of “beste”.

Lett. “wat by ons in die skuld is”.

’n Naam vir Satan.

Of “maatemmer”.

Of “helder”. Lett. “eenvoudig”.

Of “vol lig”.

Of “afguns”. Lett. “sleg; goddeloos”.

D.w.s. dat hy hom nie seremonieel gereinig het nie.

Of “genadegawes”.

’n Plant wat in medisyne gebruik is en om kos te geur.

Of “groente”.

Of “beste”.

Of “gedenkgrafte”.

Of “wat nie gemerk is nie”.

Of “gedenkgrafte”.

Of “grondlegging van die wêreld”.

Lett. “huis”.

Sien Woordelys.

Lett. “twee assarions”. Sien Aanh. B14.

Of “misgekyk”.

Of moontlik “voor sinagoges”.

Of “hebsug”.

Of “Siel, jy”.

Of “eis hulle jou siel van jou”.

Sien Aanh. B14.

Of “genadegawes”.

Lett. “Laat julle lendene omgord wees”.

Of “hom omgord”.

D.w.s. van omtrent 09:00 tot middernag.

D.w.s. van middernag tot omtrent 03:00.

Of “in watter uur”.

Of “huisbestuurder”.

Of “die wyse”.

Of “bediendes”.

Lett. “die laaste lepton”. Sien Aanh. B14.

Of “’n gees van swakheid gehad het”.

Lett. “sea”. ’n Sea was gelyk aan 7,33 l. Sien Aanh. B14.

Of “want dit is ondenkbaar dat ’n profeet buite Jerusalem doodgemaak sal word”.

Sien Aanh. A5.

Of “edeem”, ’n ophoping van vog in die liggaam.

Lett. “laagste”.

Lett. “brood eet”.

Of “minder liefhet”.

Sien Woordelys.

Lett. “nie van al sy besittings afskeid neem nie”.

Persone wat belasting vir die regering invorder.

Sien Aanh. B14.

Sien Aanh. B14.

Of “losbandige; roekelose”.

Lett. “karobpeule”.

Of “veilig”.

Lett. “verslind”.

Of “huisbestuurder”.

Of “bat”. ’n Bat was gelyk aan 22 l. Sien Aanh. B14.

Of “Honderd kor”. ’n Kor was gelyk aan 220 l. Sien Aanh. B14.

Of “oneerlik”.

Of “verstandig; met onderskeidingsvermoë”.

Of “stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Lett. “teenoor hulle eie geslag”.

Lett. “die onregverdige rykdom”.

Lett. “die onregverdige rykdom”.

Lett. “die boesemposisie van”.

Of “Hades”. Sien Woordelys.

Lett. “in sy boesem”.

Lett. “gereinig”.

Lett. “gereinig”.

Of “is in julle midde”.

Sien Aanh. A3.

Of “slaan totdat ek gedaan is nie”.

Of “hierdie soort geloof”. Lett. “die geloof”.

Iemand wat belasting vir die regering invorder.

Of “respekteer”.

Of “komende stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Of “volbring”.

Sien Woordelys.

Iemand wat belasting vir die regering invorder.

Of “wildevyeboom”.

Of “deur valse beskuldiging afgepers het”.

’n Griekse mina het 340 g geweeg en was waarskynlik 100 dragmas werd. Sien Aanh. B14.

Of “koninklike mag verkry het”.

Lett. “silwer”.

Lett. “silwer”.

Sien Aanh. A5.

Lett. “bestraf”.

Of “in benoudheid sal bring”.

Of “oneer aangedoen”.

Lett. “die hoof van die hoek”.

Sien Aanh. B14.

Of “tydperk; stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Of “tydperk; stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Sien Aanh. A5.

Of “uit sy standpunt”.

Sien Aanh. A5.

Of “beste”.

Lett. “wat die huise van die weduwees verslind”.

Of “swaarder”.

Lett. “twee lepta”. Sien Aanh. B14.

Of “verraai”.

Of “want dit is dae van wraak”.

Of “heidene”.

Of “heidene”.

Of “tot my gedagtenis te doen”.

Of “bekragtig”.

Lett. “word Weldoeners genoem”.

Of “aan tafel is”.

Of “aan tafel is”.

Sien Aanh. A3.

Lett. “Neem hierdie man weg”.

Sien Woordelys.

D.w.s. omtrent 12:00.

D.w.s. omtrent 15:00.

Of “voorhangsel”.

Of “sy laaste asem uitgeblaas”.

Of “gedenkgraf”.

Of “gedenkgraf”.

Of “gedenkgraf”.

Of “gedenkgraf”.

Of “gedenkgraf”.

Of “gedenkgraf”.

Lett. “60 stadie”. ’n Stadie was gelyk aan 185 m. Sien Aanh. B14.

Of moontlik “Is u die enigste besoeker in Jerusalem wat nie weet van”.

Of “gedenkgraf”.

Of “gedenkgraf”.

Of “wat traag van hart is”.

Of “aan tafel was”.

Lett. “ten volle vir ons geopen”.

Of “voor hom neergebuig”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel