Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • nwt Matteus 1:1-28:20
  • Matteus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Matteus
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Matteus

VOLGENS MATTEUS

1 Die boek van die geskiedenis* van Jesus Christus,* die seun van Dawid,+ die seun van Abraham:+

 2 Abraham het die vader geword van Isak.+

Isak het die vader geword van Jakob.+

Jakob het die vader geword van Juda+ en sy broers.

 3 Juda het die vader geword van Peres en Serag,+ en hulle ma was Tamar.

Peres het die vader geword van Hesron.+

Hesron het die vader geword van Ram.+

 4 Ram het die vader geword van Amminaʹdab.

Amminaʹdab het die vader geword van Nagson.+

Nagson het die vader geword van Salmon.

 5 Salmon het die vader geword van Boas, en sy ma was Ragab.+

Boas het die vader geword van Obed, en sy ma was Rut.+

Obed het die vader geword van Isai.+

 6 Isai het die vader geword van Dawid,+ die koning.

Dawid het die vader geword van Salomo,+ en sy ma was die vrou van Uriʹa.

 7 Salomo het die vader geword van Rehaʹbeam.+

Rehaʹbeam het die vader geword van Abiʹa.

Abiʹa het die vader geword van Asa.+

 8 Asa het die vader geword van Joʹsafat.+

Joʹsafat het die vader geword van Joram.+

Joram het die vader geword van Ussiʹa.

 9 Ussiʹa het die vader geword van Jotam.+

Jotam het die vader geword van Agas.+

Agas het die vader geword van Hiskiʹa.+

10 Hiskiʹa het die vader geword van Manasʹse.+

Manasʹse het die vader geword van Amon.+

Amon het die vader geword van Josiʹa.+

11 Josiʹa+ het die vader geword van Jegonʹja+ en sy broers in die tyd van die wegvoering na Babilon.+

12 Ná die wegvoering na Babilon het Jegonʹja die vader geword van Sealʹtiël.

Sealʹtiël het die vader geword van Serubbaʹbel.+

13 Serubbaʹbel het die vader geword van Abiʹud.

Abiʹud het die vader geword van Eljaʹkim.

Eljaʹkim het die vader geword van Asor.

14 Asor het die vader geword van Sadok.

Sadok het die vader geword van Agim.

Agim het die vader geword van Eliʹud.

15 Eliʹud het die vader geword van Eleaʹsar.

Eleaʹsar het die vader geword van Mattan.

Mattan het die vader geword van Jakob.

16 Jakob het die vader geword van Josef, die man van Maria, en Maria was die ma van Jesus,+ wat Christus genoem word.+

17 Al die geslagte van Abraham tot Dawid was dus 14 geslagte. Van Dawid tot die wegvoering na Babilon, 14 geslagte. Van die wegvoering na Babilon tot die Christus, 14 geslagte.

18 Hier volg die verslag van die geboorte van Jesus Christus. Sy ma, Maria, was verloof aan Josef. Nog voordat hulle getrou het,* het sy swanger geword deur heilige gees.*+ 19 Maar haar man, Josef, was regverdig en wou nie skande oor haar bring nie. Daarom het hy beplan om in die geheim van haar te skei.+ 20 Maar nadat Josef oor hierdie dinge gedink het, kyk! toe het Jehovah* se engel in ’n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om jou vrou, Maria, huis toe te neem nie, want sy het swanger geword deur heilige gees.*+ 21 Sy sal geboorte gee aan ’n seun, en jy moet hom Jesus*+ noem, want hy sal sy volk van hulle sondes red.”+ 22 Al hierdie dinge het in werklikheid gebeur sodat die woorde wat Jehovah* deur middel van sy profeet gesê het, vervul sou word: 23 “Kyk! Die maagd sal swanger word en geboorte gee aan ’n seun, en hulle sal hom Immaʹnuel noem.”+ Dit beteken: “God is met ons.”+

24 Toe het Josef wakker geword en gedoen wat die engel van Jehovah* vir hom gesê het om te doen, en hy het sy vrou huis toe geneem. 25 Maar hy het nie seksuele omgang met haar gehad tot ná die geboorte van haar seun nie,+ en hy het die seun Jesus genoem.+

2 Nadat Jesus in koning Herodes*+ se tyd in Betlehem+ in Judeʹa gebore is, het sterrevoorspellers* uit die Ooste na Jerusalem toe gekom 2 en gevra: “Waar is die kind wat as koning van die Jode gebore is?+ Want ons het sy ster gesien toe ons in die Ooste was, en ons het gekom om aan hom eer te bewys.”* 3 Toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld, en die hele Jerusalem saam met hom. 4 Hy het al die hoofpriesters en skrifgeleerdes van die volk bymekaargeroep en vir hulle gevra waar die Christus* gebore sou word. 5 Hulle het vir hom gesê: “In Betlehem+ in Judeʹa, want die profeet het geskryf: 6 ‘En jy, o Betlehem van die land van Juda, is glad nie die onbelangrikste stad onder die leiers van Juda nie, want uit jou sal ’n leier kom, wat ’n herder vir my volk Israel sal wees.’”+

7 Toe het Herodes die sterrevoorspellers in die geheim laat roep en by hulle uitgevind presies wanneer die ster verskyn het. 8 Hy het hulle na Betlehem gestuur met die opdrag: “Gaan soek oral na die jong kind, en wanneer julle hom gevind het, moet julle vir my kom sê sodat ek ook kan gaan om aan hom eer te bewys.” 9 Nadat die koning met hulle gepraat het, het hulle vertrek. Die ster wat hulle gesien het toe hulle in die Ooste was,+ het voor hulle uit gegaan en het bo die plek waar die jong kind was, gaan staan. 10 Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. 11 Hulle het in die huis ingegaan en die jong kind by sy ma, Maria, gesien. Toe het hulle neergeval en aan hom eer bewys.* Hulle het ook hulle skatte oopgemaak en vir hom geskenke gegee: goud, wierook en mirre. 12 Maar hulle het in ’n droom ’n waarskuwing van God ontvang+ om nie na Herodes toe terug te gaan nie, en daarom het hulle met ’n ander pad na hulle land teruggegaan.

13 Nadat hulle vertrek het, kyk! toe het Jehovah* se engel in ’n droom aan Josef verskyn+ en gesê: “Staan op, neem die jong kind en sy ma en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek vir jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die jong kind te soek om hom dood te maak.” 14 Toe het Josef in die nag opgestaan en met die jong kind en sy ma na Egipte gegaan. 15 Hy het tot Herodes se dood daar gebly. Dit het vervul wat Jehovah* deur middel van sy profeet gesê het: “Uit Egipte het ek my seun geroep.”+

16 Toe Herodes sien dat die sterrevoorspellers nie gedoen het wat hy gesê het nie, het hy woedend geword. Hy het beveel dat al die seuntjies van twee jaar en jonger in Betlehem en in die omliggende gebiede doodgemaak moet word. Dit was op grond van wat hy by die sterrevoorspellers uitgevind het oor die tyd van die ster se verskyning.+ 17 Toe is vervul wat deur middel van die profeet Jeremia gesê is: 18 “’n Stem is in Rama gehoor, ’n gehuil en ’n groot getreur. Dit was Ragel+ wat oor haar kinders huil, en sy wou haar nie laat troos nie, want hulle is nie meer daar nie.”+

19 Toe Herodes gesterf het, kyk! toe het Jehovah* se engel in ’n droom aan Josef in Egipte verskyn+ 20 en gesê: “Staan op, neem die jong kind en sy ma en gaan na die land van Israel, want die mense wat die jong kind wou doodmaak, is dood.” 21 Hy het dus opgestaan en die jong kind en sy ma geneem en na die land van Israel gegaan. 22 Maar toe hy hoor dat Argelaʹus in die plek van sy pa, Herodes, oor Judeʹa regeer, was hy bang om soontoe te gaan. En omdat God hom ook in ’n droom gewaarsku het,+ het hy weggegaan na die gebied van Galileʹa.+ 23 Hy het in ’n stad met die naam Naʹsaret gaan woon,+ sodat vervul sou word wat deur middel van die profete gesê is: “Hy sal ’n Nasarener*+ genoem word.”

3 In daardie dae het Johannes+ die Doper in die wildernis van Judeʹa kom preek+ 2 en gesê: “Toon berou, want die Koninkryk van die hemel het naby gekom.”+ 3 Ja, hy is die een van wie die profeet Jesaja+ gesê het: “Iemand roep in die wildernis uit: ‘Berei die weg van Jehovah* voor! Maak sy paaie reguit.’”+ 4 Johannes se klere was van kameelhaar, en hy het ’n leerlyfband om sy middel gehad.+ Hy het sprinkane en wilde heuning geëet.+ 5 Toe het die mense van Jerusalem en die hele Judeʹa en die hele omgewing om die Jordaanrivier na hom toe gegaan,+ 6 en hulle is deur hom in die Jordaanrivier gedoop,*+ en hulle het hulle sondes openlik bely.

7 Toe hy sien dat baie van die Fariseërs en Sadduseërs+ na die doop toe kom, het hy vir hulle gesê: “Julle spul giftige slange,*+ wie het julle gewaarsku om vir die komende woede te vlug?+ 8 Bring dan vrugte voort wat by berou pas. 9 Moenie dink dat julle vir julleself kan sê: ‘Ons het Abraham as ons vader’ nie.+ Want ek sê vir julle dat God vir Abraham kinders uit hierdie klippe kan voortbring. 10 Die byl lê reeds by die wortel van die boom. Elke boom wat nie goeie vrugte voortbring nie, gaan afgekap en in die vuur gegooi word.+ 11 Ek doop julle met water omdat julle berou getoon het,+ maar die een wat ná my kom, is sterker as ek, en ek is nie waardig om sy sandale uit te trek nie.+ Hy sal julle doop met heilige gees+ en met vuur.+ 12 Die vurk waarmee hy die koring en die kaf skei, is in sy hand, en hy sal sy dorsvloer heeltemal skoonmaak en sy koring in die voorraadskuur bymekaarmaak, maar hy sal die kaf verbrand met vuur+ wat nie geblus kan word nie.”

13 Toe het Jesus van Galileʹa af na die Jordaanrivier toe gekom om deur Johannes gedoop te word.+ 14 Maar Johannes het hom probeer keer deur te sê: “Ek is die een wat deur u gedoop moet word, en u kom na my toe?” 15 Jesus het hom geantwoord: “Laat dit hierdie keer so wees, want dit is goed dat ons op hierdie manier alles doen wat regverdig is.” Toe het Johannes opgehou om hom te probeer keer. 16 Nadat Jesus gedoop is, het hy onmiddellik uit die water opgekom. En kyk! die hemel het oopgegaan,+ en hy* het gesien hoe God se gees soos ’n duif neerdaal en op hom* kom.+ 17 Kyk! ’n Stem het ook uit die hemel+ gesê: “Dit is my geliefde Seun,+ wat ek goedgekeur het.”+

4 Daarna is Jesus deur die gees in die wildernis in gelei om deur die Duiwel+ versoek+ te word. 2 Nadat hy 40 dae en 40 nagte gevas het, was hy honger. 3 En die Versoeker+ het gekom en vir hom gesê: “As jy ’n seun van God is, sê vir hierdie klippe om brode te word.” 4 Maar hy het geantwoord: “Daar staan geskryf: ‘Die mens moenie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit Jehovah* se mond kom.’”+

5 Toe het die Duiwel hom na die heilige stad geneem,+ en hy het hom op die muur* van die tempel laat staan+ 6 en vir hom gesê: “As jy ’n seun van God is, spring af, want daar staan geskryf: ‘Hy sal sy engele beveel om jou te beskerm’, en: ‘Hulle sal jou op hulle hande dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip stamp nie.’”+ 7 Jesus het vir hom gesê: “Daar staan ook geskryf: ‘Jy mag Jehovah* jou God nie toets nie.’”+

8 Daarna het die Duiwel hom na ’n baie hoë berg geneem en vir hom al die koninkryke van die wêreld en hulle mag en rykdom gewys.+ 9 En hy het vir hom gesê: “Ek sal al hierdie dinge vir jou gee as jy neerval en my een keer aanbid.” 10 Toe het Jesus vir hom gesê: “Gaan weg, Satan! Want daar staan geskryf: ‘Jy moet Jehovah* jou God aanbid+ en hom alleen dien.’”*+ 11 Toe het die Duiwel van hom af weggegaan,+ en kyk! engele het gekom en in sy behoeftes voorsien.*+

12 En toe hy hoor dat Johannes in hegtenis geneem is,+ het hy na Galileʹa gegaan.+ 13 Nadat hy Naʹsaret verlaat het, het hy in Kaperʹnaum+ by die see gaan woon, in die gebied van Seʹbulon en Nafʹtali, 14 sodat vervul sou word wat deur middel van die profeet Jesaja gesê is: 15 “O land van Seʹbulon en land van Nafʹtali, wat langs die pad na die see is, aan die oorkant van die Jordaanrivier, Galileʹa van die nasies! 16 Die volk wat in die duisternis gesit het, het ’n groot lig gesien, en lig het begin skyn+ op die inwoners van ’n gebied wat in die skaduwee van die dood was.”+ 17 Van daardie tyd af het Jesus begin preek en gesê: “Toon berou, want die Koninkryk van die hemel het naby gekom.”+

18 Terwyl hy langs die See van Galileʹa geloop het, het hy twee broers gesien: Simon, wat Petrus+ genoem word, en sy broer Andreʹas. Hulle was besig om ’n net in die see uit te gooi, want hulle was vissermanne.+ 19 Hy het vir hulle gesê: “Kom volg my, en ek sal julle vissers van mense maak.”+ 20 Hulle het dadelik hulle nette gelos en hom gevolg.+ 21 Toe hy verder gaan, het hy twee ander broers gesien: Jakobus, die seun van Sebedeʹus, en sy broer Johannes.+ Hulle was in die boot saam met hulle pa, Sebedeʹus, terwyl hulle hulle nette reggemaak het, en Jesus het hulle geroep.+ 22 Hulle het die boot en hulle pa dadelik agtergelaat en hom gevolg.

23 Toe het hy deur die hele Galileʹa gegaan+ en in hulle sinagoges geleer+ en die goeie nuus van die Koninkryk verkondig en elke soort siekte en elke soort kwaal onder die volk genees.+ 24 En die nuus oor hom het deur die hele Sirië versprei, en hulle het almal na hom toe gebring wat weens allerhande siektes en pyne gely het,+ sowel as mense in wie daar demone was,+ wat aan epilepsie gely het+ en wat verlam was, en hy het hulle genees. 25 Gevolglik het groot groepe mense hom gevolg uit Galileʹa en die Dekapoʹlis* en Jerusalem en Judeʹa en van oorkant die Jordaanrivier.

5 Toe hy die skare sien, het hy teen die berg opgegaan. En nadat hy gaan sit het, het sy dissipels na hom toe gekom. 2 Toe het hy begin praat en hulle begin leer en gesê:

3 “Gelukkig is dié wat besef dat hulle God nodig het,*+ want die Koninkryk van die hemel behoort aan hulle.

4 “Gelukkig is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.+

5 “Gelukkig is dié wat saggeaard* is,+ want hulle sal die aarde ontvang.*+

6 “Gelukkig is dié wat honger en dors+ na regverdigheid, want hulle sal versadig word.+

7 “Gelukkig is dié wat genadig is,+ want aan hulle sal genade betoon word.

8 “Gelukkig is dié wat suiwer van hart is,+ want hulle sal God sien.

9 “Gelukkig is dié wat vrede maak,*+ want hulle sal kinders van God genoem word.

10 “Gelukkig is dié wat ter wille van regverdigheid vervolg is,+ want die Koninkryk van die hemel behoort aan hulle.

11 “Gelukkig is julle wanneer mense julle beledig+ en julle vervolg+ en julle valslik beskuldig van allerhande slegte dinge omdat julle my volgelinge is.+ 12 Wees bly en vreugdevol+ omdat julle beloning+ groot is in die hemel, want so het hulle die profete voor julle vervolg.+

13 “Julle is die sout+ van die aarde, maar as die sout sy krag verloor, hoe sal dit weer sout gemaak word? Dit kan vir niks anders gebruik word as om buite gegooi te word+ en deur mense vertrap te word nie.

14 “Julle is die lig van die wêreld.+ ’n Stad kan nie weggesteek word wanneer dit op ’n berg is nie. 15 Mense wat ’n lamp aansteek, sit dit nie onder ’n emmer* nie, maar op die lampstaander, en dit skyn op almal in die huis.+ 16 Net so moet julle julle lig voor mense laat skyn,+ sodat hulle julle goeie werke+ kan sien en julle Vader wat in die hemel is, kan verheerlik.+

17 “Moenie dink dat ek gekom het om ’n einde te maak aan die Wet of die woorde van die profete nie. Ek het nie gekom om ’n einde te maak nie, maar om te vervul.+ 18 Ek verseker julle: Hemel en aarde sal eerder verdwyn as dat die kleinste letter of selfs ’n deeltjie van ’n letter uit die Wet verdwyn. Alles wat daarin geskryf is, sal plaasvind.+ 19 Elkeen wat dan een van hierdie kleinste gebooie breek en ander leer om dit ook te doen, sal die kleinste genoem word in verband met die Koninkryk van die hemel. Maar elkeen wat dit gehoorsaam en dit aan ander leer, sal groot genoem word in verband met die Koninkryk van die hemel. 20 Want ek sê vir julle, as julle nie regverdiger is as die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie,+ sal julle beslis nie in die Koninkryk van die hemel ingaan nie.+

21 “Julle het gehoor dat daar vir die mense van die ou tyd gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie,+ maar elkeen wat ’n moord pleeg, sal deur die hof aanspreeklik gehou word.’+ 22 Ek sê egter vir julle dat elkeen wat kwaad bly vir sy broer,+ deur die hof aanspreeklik gehou sal word, en elkeen wat iets verskrikliks sê om sy broer te beledig, deur die Hooggeregshof aanspreeklik gehou sal word, terwyl elkeen wat sê: ‘Jou nikswerd idioot!’ in die vurige Gehenʹna* kan beland.+

23 “As jy dan jou offer na die altaar bring+ en jy daar onthou dat jou broer iets teen jou het, 24 los jou offer daar voor die altaar en gaan weg. Maak eers vrede met jou broer en kom dan terug en bring jou offer.+

25 “Wees gou om dinge reg te stel met die een wat ’n saak teen jou gemaak het, terwyl jy nog saam met hom op pad hof toe is. Anders sal hy jou dalk op die een of ander manier aan die regter oorlewer, en die regter sal jou aan die hofbeampte oorlewer, en jy sal in die tronk gegooi word.+ 26 Ek kan jou verseker dat jy beslis nie daar sal uitkom totdat jy jou laaste sent* betaal het nie.

27 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’+ 28 Maar ek sê vir julle dat elkeen wat aanhou om na ’n vrou te kyk+ en ’n begeerte na haar ontwikkel, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.+ 29 As jou regteroog dan vir jou ’n struikelblok is, ruk dit uit en gooi dit van jou af weg.+ Want dit is beter vir jou om een van jou liggaamsdele te verloor as dat jou hele liggaam in Gehenʹna* gegooi word.+ 30 En as jou regterhand vir jou ’n struikelblok is, kap dit af en gooi dit van jou af weg.+ Want dit is beter vir jou om een van jou liggaamsdele te verloor as dat jou hele liggaam in Gehenʹna* beland.+

31 “Daar is ook gesê: ‘Laat elkeen wat van sy vrou skei, vir haar ’n skeibrief gee.’+ 32 Ek sê egter vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe weens seksuele onsedelikheid,* haar in ’n posisie plaas waarin sy dalk egbreuk kan pleeg. En enigiemand wat met ’n geskeide vrou trou, pleeg egbreuk.+

33 “Julle het ook gehoor dat daar vir die mense van die ou tyd gesê is: ‘Jy mag nie sweer sonder om jou eed na te kom nie,+ maar jy moet jou geloftes aan Jehovah* betaal.’+ 34 Ek sê egter vir julle: Moet glad nie sweer nie,+ nie by die hemel nie, want dit is God se troon, 35 en ook nie by die aarde nie, want dit is die voetbank van sy voete,+ en ook nie by Jerusalem nie, want dit is die stad van die groot Koning.+ 36 Moenie by jou kop sweer nie, want jy kan nie een haar wit of swart maak nie. 37 Laat julle ‘ja’ net ja wees en julle ‘nee’, nee,+ want enigiets meer as dit is van die Duiwel* af.+

38 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Oog vir oog en tand vir tand.’+ 39 Ek sê egter vir julle: Moenie die een wat goddeloos is, teëstaan nie, maar as iemand jou op jou regterwang klap, draai die ander een ook na hom toe.+ 40 En as iemand jou hof toe wil neem en jou onderkleed wil vat, laat hom ook jou bo-kleed vat,+ 41 en as iemand met gesag jou dwing om een myl* saam met hom te gaan, gaan twee myl saam met hom. 42 Gee aan die persoon wat iets van jou vra, en moenie wegdraai van iemand wat by jou wil leen* nie.+

43 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy moet jou naaste liefhê+ en jou vyand haat.’ 44 Maar ek sê vir julle: Hou aan om julle vyande lief te hê+ en om te bid vir die mense wat julle vervolg,+ 45 sodat julle kan toon dat julle kinders is van julle Vader wat in die hemel is,+ want hy laat sy son opkom oor die goddeloses en die goeies, en hy laat dit reën op die regverdiges en die onregverdiges.+ 46 Want as julle die mense liefhet wat vir julle lief is, watter beloning het julle?+ Is dit nie iets wat die belastinggaarders* ook doen nie? 47 En as julle net julle broers groet, wat doen julle wat buitengewoon is? Is dit nie iets wat die mense van die nasies ook doen nie? 48 Julle moet dus volmaak* wees, soos julle hemelse Vader volmaak is.+

6 “Pasop dat julle nie goeie dade voor mense doen* om deur hulle gesien te word nie,+ want anders sal julle geen beloning hê by julle Vader wat in die hemel is nie. 2 Wanneer jy geskenke aan die armes* gee, moet jy nie ’n trompet voor jou blaas soos die skynheiliges in die sinagoges en in die strate doen nie. Hulle doen dit sodat hulle deur mense geëer kan word. Ek verseker julle: Hulle het reeds hulle volle beloning ontvang. 3 Maar wanneer jy geskenke vir die armes gee, moet jy nie jou linkerhand laat weet wat jou regterhand doen nie, 4 sodat jou geskenke wat jy vir die armes gee, in die geheim kan wees. Dan sal jou Vader wat in die geheim toekyk, jou beloon.+

5 “En wanneer julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie.+ Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die hoofstrate te staan en bid om deur mense gesien te word.+ Ek verseker julle: Hulle het reeds hulle volle beloning ontvang. 6 Maar wanneer jy bid, moet jy in jou binnekamer ingaan, en nadat jy die deur toegemaak het, moet jy bid tot jou Vader wat in die geheim toekyk.+ Dan sal jou Vader wat in die geheim toekyk, jou beloon. 7 Wanneer julle bid, moet julle nie dieselfde dinge oor en oor sê soos die mense van die nasies nie, want hulle dink dat God na hulle sal luister omdat hulle baie woorde gebruik. 8 Moenie soos hulle wees nie, want julle Vader weet wat julle nodig het+ selfs nog voordat julle hom vra.

9 “Julle moet dan só bid:+

“‘Ons Vader in die hemel, laat u naam+ geheilig word.+ 10 Laat u Koninkryk+ kom. Laat u wil+ plaasvind* op die aarde,+ net soos in die hemel. 11 Gee ons vandag ons brood vir hierdie dag,+ 12 en vergewe ons ons sondes,* soos ons ook die mense vergewe het wat teen ons gesondig het.*+ 13 En moet ons nie in versoeking bring nie,+ maar verlos* ons van die Duiwel.’*+

14 “Want as julle mense vir hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe,+ 15 maar as julle mense nie vir hulle oortredings vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie vir julle oortredings vergewe nie.+

16 “Wanneer julle vas,+ moet julle ophou om soos die skynheiliges met ’n lang gesig rond te loop, want hulle trek hulle gesigte* sodat mense kan sien dat hulle vas.+ Ek verseker julle: Hulle het reeds hulle volle beloning ontvang. 17 Maar wanneer jy vas, moet jy olie op jou kop sit en jou gesig was, 18 sodat mense nie sal sien dat jy vas nie, maar net jou Vader wat in die geheim toekyk. Dan sal jou Vader wat in die geheim toekyk, jou beloon.

19 “Hou op om vir julle skatte op die aarde bymekaar te maak,+ waar mot en roes verteer en waar diewe inbreek en steel. 20 Maak eerder vir julle skatte in die hemel bymekaar,+ waar mot en roes nie verteer nie+ en waar diewe nie inbreek en steel nie. 21 Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

22 “Die lamp van die liggaam is die oog.+ As jou oog dan gefokus* is, sal jou hele liggaam helder* wees. 23 Maar as jou oog vol jaloesie* is,+ sal jou hele liggaam donker wees. As die lig in jou in werklikheid duisternis is, hoe groot is daardie duisternis tog!

24 “Niemand kan twee meesters as slaaf dien nie, want hy sal die een haat en die ander een liefhê,+ of hy sal lojaal wees aan die een en die ander een nie kan verdra nie. Julle kan nie slawe van God en van Rykdom wees nie.+

25 “Daarom sê ek vir julle: Hou op om bekommerd te wees+ oor julle lewens,* oor wat julle sal eet of oor wat julle sal drink, of oor julle liggame, oor wat julle sal aantrek.+ Beteken die lewe* nie meer as kos en die liggaam meer as klere nie?+ 26 Hou die voëls van die hemel goed dop.+ Hulle saai nie saad nie en hulle oes nie en hulle maak nie in voorraadskure bymekaar nie, maar tog sorg julle hemelse Vader dat hulle kos het. Is julle nie meer werd as hulle nie? 27 Wie van julle kan een el* by sy lewe voeg deur hom te bekommer?+ 28 En hoekom is julle bekommerd oor klere? Leer ’n les by die lelies van die veld, hoe hulle groei. Hulle sloof hulle nie af nie, en hulle spin ook nie, 29 maar ek sê vir julle dat nie eers Salomo+ met al sy prag en rykdom soos een van hulle geklee was nie. 30 As God dan die plantegroei van die veld so klee, wat vandag hier is en môre in die oond gegooi word, sal hy julle nie veel eerder klee nie? Waar is julle geloof? 31 Moet dan nooit bekommerd wees+ en sê: ‘Wat gaan ons eet?’ of: ‘Wat gaan ons drink?’ of: ‘Wat gaan ons aantrek?’ nie.+ 32 Want al hierdie dinge jaag die nasies gretig na. Julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.

33 “Hou dan aan om eers die Koninkryk en sy regverdigheid te soek, en al hierdie ander dinge sal vir julle bygevoeg word.+ 34 Moet dus nooit bekommerd wees oor die volgende dag nie,+ want die volgende dag sal sy eie bekommernisse hê. Elke dag het genoeg van sy eie probleme.

7 “Hou op om te oordeel,+ sodat julle nie geoordeel word nie, 2 want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word,+ en met die maathouer waarmee julle uitmeet, sal hulle vir julle uitmeet.+ 3 Hoekom kyk jy dan na die splinter in jou broer se oog, maar jy sien nie die balk in jou eie oog nie?+ 4 Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal,’ wanneer daar ’n balk in jou eie oog is? 5 Jou skynheilige! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, en dan sal jy duidelik kan sien hoe om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.

6 “Moenie wat heilig is, vir die honde gee nie, en moet ook nie julle pêrels voor die varke gooi nie,+ sodat hulle dit nie onder hulle pote sal vertrap en omdraai en julle verskeur nie.

7 “Hou aan vra, en daar sal vir julle gegee word.+ Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en daar sal vir julle oopgemaak word.+ 8 Want elkeen wat vra, ontvang,+ en elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop, sal daar oopgemaak word. 9 Ja, wie van julle sal vir sy seun ’n klip gee as hy vir brood vra? 10 Of as hy vir ’n vis vra, sal jy tog nie vir hom ’n slang gee nie, of hoe? 11 As julle wat goddeloos is, dan weet hoe om goeie dinge vir julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie dinge+ gee vir dié wat hom vra!+

12 “Alles wat julle dan wil hê dat mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen,+ want dit is wat die Wet en die boeke van die profete beteken.+

13 “Gaan in deur die nou poort,+ want wyd is die poort en breed is die pad wat na vernietiging lei, en daar is baie mense wat daardeur ingaan, 14 maar nou is die poort en smal is die pad wat na die lewe lei, en daar is min mense wat dit vind.+

15 “Pasop vir die valse profete+ wat in skaapsklere+ na julle toe kom maar wat in werklikheid wolwe is wat julle wil verskeur.+ 16 Julle sal hulle aan hulle vrugte herken. Mense pluk nooit druiwe van dorings of vye van dissels nie, of hoe?+ 17 Net so dra elke goeie boom goeie vrugte, maar elke slegte boom dra waardelose vrugte.+ 18 ’n Goeie boom kan nie waardelose vrugte dra nie, en ’n slegte boom kan ook nie goeie vrugte dra nie.+ 19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word afgekap en in die vuur gegooi.+ 20 Julle sal daardie mense dus aan hulle vrugte herken.+

21 “Nie elkeen wat vir my sê: ‘Here, Here,’ sal in die Koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net die een wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.+ 22 Baie sal in daardie dag vir my sê: ‘Here, Here,+ het ons nie in u naam geprofeteer en in u naam demone uitgedryf en in u naam allerhande kragtige werke gedoen nie?’+ 23 En dan sal ek vir hulle sê: ‘Ek het julle nooit geken nie! Gaan weg van my af, julle wettelose mense!’+

24 “Daarom sal elkeen wat my woorde hoor en dit doen, soos ’n verstandige man wees wat sy huis op die rots gebou het.+ 25 En die reën het neergestort en die vloedwaters het gekom en die winde het gewaai en aan daardie huis geruk, maar dit het nie ineengestort nie, want dit was op die rots gebou. 26 Aan die ander kant sal elkeen wat hierdie woorde van my hoor en dit nie doen nie, soos ’n onverstandige man wees wat sy huis op die sand gebou het.+ 27 En die reën het neergestort en die vloedwaters het gekom en die winde het gewaai en daardie huis getref,+ en dit het ineengestort, en sy ineenstorting was groot.”

28 Nadat Jesus hierdie woorde gesê het, was die skare verstom oor die manier waarop hy geleer het,+ 29 want hy het hulle geleer soos iemand wat gesag het,+ en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.

8 Nadat hy van die berg afgekom het, het groot groepe mense hom gevolg. 2 ’n Melaatse man het nader gekom en aan hom eer bewys* en gesê: “Here, as u net wil, kan u my gesond* maak.”+ 3 Jesus het sy hand uitgesteek en aan hom geraak en gesê: “Ek wil! Word gesond.”*+ Hy is onmiddellik van sy melaatsheid gesond gemaak.*+ 4 Toe het Jesus vir hom gesê: “Moet vir niemand vertel nie,+ maar gaan wys jou vir die priester+ en offer die gawe wat Moses voorgeskryf het.+ Dit sal as ’n getuienis vir hulle dien.”

5 Toe hy in Kaperʹnaum ingaan, het ’n militêre offisier na hom toe gekom en hom gesmeek+ 6 en gesê: “Meneer, my kneg lê verlam by die huis, en hy ly verskriklik.” 7 Hy het vir hom gesê: “Wanneer ek daar aankom, sal ek hom genees.” 8 Die militêre offisier het geantwoord: “Meneer, ek verdien nie dat u onder my dak inkom nie, maar sê net die woord, en my kneg sal gesond word. 9 Want ek is ook ’n man onder die gesag van iemand anders, en ek het soldate onder my, en ek sê vir die een: ‘Gaan!’ en hy gaan, en vir ’n ander een: ‘Kom!’ en hy kom, en vir my slaaf: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.” 10 Toe Jesus dit hoor, was hy verbaas, en hy het vir dié wat hom gevolg het, gesê: “Ek vertel julle die waarheid: Ek het niemand in Israel gevind wat sulke groot geloof het nie.+ 11 Maar ek sê vir julle dat baie uit die ooste en die weste sal kom en ’n plek aan tafel saam met Abraham en Isak en Jakob in die Koninkryk van die hemel sal inneem,+ 12 terwyl die kinders van die Koninkryk in die duisternis daar buite gegooi sal word. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”+ 13 Toe het Jesus vir die militêre offisier gesê: “Gaan. Laat dit gebeur net soos jy geglo het.”+ En die kneg het in daardie uur gesond geword.+

14 Jesus het toe in Petrus se huis ingegaan en gesien dat sy skoonma+ siek in die bed lê met koors.+ 15 Toe het hy aan haar hand geraak,+ en die koors het verdwyn, en sy het opgestaan en hom begin bedien. 16 Maar nadat dit aand geword het, het mense ’n hele aantal persone in wie daar demone was, na hom toe gebring, en hy het die geeste met ’n woord uitgedryf, en hy het almal genees wat gely het, 17 sodat vervul sou word wat deur middel van die profeet Jesaja gesê is: “Hy het ons siektes geneem en ons kwale gedra.”+

18 Toe Jesus ’n skare rondom hom sien, het hy vir hulle gesê dat hulle na die oorkant van die see moet gaan.+ 19 En ’n skrifgeleerde het na hom toe gekom en vir hom gesê: “Leermeester, ek sal u volg waar u ook al gaan.”+ 20 Maar Jesus het vir hom gesê: “Jakkalse het gate en voëls van die hemel het neste, maar die Seun van die mens het nêrens om sy kop neer te lê nie.”+ 21 Toe het ’n ander dissipel vir hom gesê: “Here, laat my toe om eers my pa te gaan begrawe.”+ 22 Jesus het vir hom gesê: “Hou aan om my te volg, en laat die dooies hulle dooies begrawe.”+

23 Hy het toe in ’n boot geklim, en sy dissipels het hom gevolg.+ 24 Skielik het daar ’n groot storm oor die see opgekom, en golwe het bo-oor die boot gespoel, maar Jesus het gelê en slaap.+ 25 Hulle het gekom en hom wakker gemaak en gesê: “Here, red ons, ons staan op die punt om dood te gaan!” 26 Maar hy het vir hulle gevra: “Hoekom is julle so bang? Hoekom het julle so min geloof?”+ Toe het hy opgestaan en die wind en die see bestraf, en ’n groot kalmte het oor die see gekom.+ 27 En die manne was verbaas en het gesê: “Watter soort mens is hy? Selfs die wind en die see gehoorsaam hom.”

28 Toe hy aan die oorkant kom, in die gebied van die Gadareners, het twee mans tussen die grafte* uitgekom na hom toe.+ Daar was demone in hulle, en hulle was so gewelddadig dat niemand die moed gehad het om op daardie pad verby te gaan nie. 29 En hulle het geskree: “Wat het ons met jou te doen, Seun van God?+ Het jy hierheen gekom om ons voor die vasgestelde tyd te pynig?”+ 30 ’n Hele ent van hulle af het ’n groot trop varke gewei.+ 31 Toe het die demone hom begin smeek en gesê: “As jy ons gaan uitdryf, stuur ons in die trop varke in.”+ 32 Hy het vir hulle gesê: “Gaan!” Hulle het dus uitgekom en in die varke ingegaan, en die hele trop het oor die krans* gestorm, in die see in, en in die water verdrink. 33 Maar die oppassers het gevlug, en hulle het in die stad ingegaan en alles vertel, asook wat gebeur het met die mans in wie die demone was. 34 En die hele stad het uitgekom om Jesus te ontmoet. Toe hulle hom sien, het hulle hom gesmeek om hulle gebied te verlaat.+

9 Toe het hy in die boot geklim, na die oorkant gegaan en in sy eie stad ingegaan.+ 2 En daar het hulle ’n verlamde man op ’n draagbed na hom toe gebring. Toe Jesus hulle sterk geloof sien, het hy vir die verlamde man gesê: “Moenie moed verloor nie, kind! Jou sondes is vergewe.”+ 3 Van die skrifgeleerdes het vir hulleself gesê: “Hierdie man laster.” 4 Omdat Jesus geweet het wat hulle dink, het hy gesê: “Hoekom dink julle slegte dinge?+ 5 Wat is byvoorbeeld makliker? Om te sê: ‘Jou sondes is vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en loop’?+ 6 Maar om julle te laat besef dat die Seun van die mens gesag op die aarde het om sondes te vergewe . . . ” Hy het toe vir die verlamde man gesê: “Staan op, tel jou bed op en gaan na jou huis toe.”+ 7 En hy het opgestaan en na sy huis toe gegaan. 8 Toe die skare dit sien, het hulle bang geword, en hulle het God geloof, wat sulke gesag aan mense gegee het.

9 Toe Jesus daarvandaan verder gaan, het hy ’n man met die naam Matteʹus by die belastingkantoor sien sit, en hy het vir hom gesê: “Word my volgeling.” Toe het hy opgestaan en hom gevolg.+ 10 Later, terwyl Jesus in die huis geëet het,* het baie belastinggaarders* en sondaars gekom en saam met hom en sy dissipels begin eet.*+ 11 Maar toe die Fariseërs dit sien, het hulle vir sy dissipels gevra: “Hoekom eet julle leermeester saam met belastinggaarders en sondaars?”+ 12 Hy het hulle gehoor en gesê: “Gesonde mense het nie ’n dokter nodig nie, maar mense wat siek is, het wel.+ 13 Gaan dan en leer wat die volgende beteken: ‘Ek wil hê dat julle genade moet betoon, nie dat julle offerandes bring nie.’+ Want ek het nie gekom om regverdige mense te roep nie, maar sondaars.”

14 Toe het Johannes se dissipels na hom toe gekom en gevra: “Hoekom vas ons en die Fariseërs gereeld, maar u dissipels vas nie?”+ 15 Hierop het Jesus vir hulle gesê: “Die vriende van die bruidegom het geen rede om te treur solank die bruidegom+ by hulle is nie, of hoe? Maar die dae sal kom wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word,+ en dan sal hulle vas. 16 Niemand werk ’n stuk ongekrimpte materiaal op ’n ou bo-kleed vas nie, want die nuwe stuk sal van die kleed lostrek, en die skeur sal erger word.+ 17 Mense gooi ook nie nuwe wyn in ou wynsakke nie. As hulle dit doen, sal die wynsakke bars en die wyn uitloop, en dan is die wynsakke stukkend. Maar mense gooi nuwe wyn in nuwe wynsakke sodat hulle al twee kan behou.”

18 Terwyl hy vir hulle hierdie dinge vertel het, het ’n sekere heerser wat na hom toe gekom het, aan hom eer begin bewys* en gesê: “My dogter is seker nou al dood, maar kom lê u hand op haar, en sy sal weer lewe.”+

19 Toe het Jesus opgestaan, en hy en sy dissipels het die man gevolg. 20 En ’n vrou wat 12 jaar lank aan bloedvloeiing gely het,+ het van agter af gekom en aan die fraiings van sy bo-kleed geraak,+ 21 want sy het heeltyd vir haarself gesê: “As ek net aan sy bo-kleed raak, sal ek gesond word.” 22 Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Moenie moed verloor nie, dogter! Jou geloof het jou gesond gemaak.”+ En die vrou het op daardie oomblik gesond geword.+

23 Toe hy in die heerser se huis kom en die fluitspelers sien, en die skare wat te kere gaan,+ 24 het Jesus gesê: “Verlaat die plek, want die dogtertjie het nie gesterf nie. Sy slaap.”+ Toe het hulle hom begin uitlag. 25 Onmiddellik nadat die skare buitentoe gestuur is, het hy ingegaan en haar hand geneem,+ en die dogtertjie het opgestaan.+ 26 Die nuus hieroor het natuurlik deur daardie hele gebied versprei.

27 Toe Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blinde mans+ hom gevolg en uitgeroep: “Betoon genade aan ons, Seun van Dawid.” 28 Nadat hy in die huis ingegaan het, het die blinde mans na hom toe gekom, en Jesus het vir hulle gevra: “Glo julle dat ek dit kan doen?”+ Hulle het hom geantwoord: “Ja, Here.” 29 Toe het hy aan hulle oë geraak+ en gesê: “Laat dit gebeur volgens julle geloof.” 30 En hulle oë is geopen. En Jesus het hulle streng gewaarsku en gesê: “Maak seker dat niemand hiervan uitvind nie.”+ 31 Maar nadat hulle buitentoe gegaan het, het hulle die nuus omtrent hom in daardie hele gebied vertel.

32 Toe hulle weggegaan het, het mense ’n man na hom toe gebring wat stom was en wat ’n demoon in hom gehad het,+ 33 en nadat die demoon uitgedryf is, het die man wat stom was, gepraat.+ Die skare was verbaas en het gesê: “So iets is nog nooit in Israel gesien nie.”+ 34 Maar die Fariseërs het gesê: “Dit is deur die heerser van die demone dat hy die demone uitdryf.”+

35 En Jesus het op ’n reis gegaan deur al die stede en dorpies en mense in hulle sinagoges geleer en die goeie nuus van die Koninkryk verkondig en elke soort siekte en elke soort kwaal genees.+ 36 Toe hy die skare sien, het hy baie jammer vir hulle gevoel,+ want hulle was verwaarloos en sleg behandel,* soos skape sonder ’n herder.+ 37 Toe het hy vir sy dissipels gesê: “Ja, die oes is groot, maar die werkers is min.+ 38 Smeek dus die Meester van die oes om werkers in sy oes uit te stuur.”+

10 Toe het hy sy 12 dissipels na hom toe geroep en vir hulle gesag oor onrein geeste gegee,+ om hulle uit te dryf en om elke soort siekte en elke soort kwaal te genees.

2 Hier volg die name van die 12 apostels:+ Eerstens, Simon, wat Petrus genoem word,+ en sy broer Andreʹas,+ Jakobus, die seun van Sebedeʹus, en sy broer Johannes,+ 3 Filippus en Bartolomeʹus,+ Tomas+ en Matteʹus,+ die belastinggaarder,* Jakobus, die seun van Alfeʹus, en Taddeʹus, 4 Simon, die Kananeër,* en Judas Iskaʹriot, wat hom later verraai het.+

5 Jesus het hierdie 12 uitgestuur en hulle die volgende instruksies gegee:+ “Moenie afdraai en ’n pad volg wat na die nasies lei nie, en moenie in enige Samaritaanse stad ingaan nie,+ 6 maar hou eerder aan om na die verlore skape van die huis van Israel te gaan.+ 7 Gaan preek en sê: ‘Die Koninkryk van die hemel het naby gekom.’+ 8 Genees siek mense,+ wek dooies op, maak melaatses rein, dryf demone uit. Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee. 9 Moenie goud of silwer of koper in julle geldsakke saamvat nie,+ 10 en moenie ’n voedselsak vir die reis of twee kledingstukke* of sandale of ’n staf saamvat nie,+ want die werker verdien om sy kos te ontvang.+

11 “As julle in ’n stad of dorpie ingaan, moet julle die mense daar soek wat julle boodskap waardig is, en bly daar totdat julle vertrek.+ 12 Wanneer julle in die huis ingaan, groet die huismense. 13 As die huis julle boodskap waardig is, laat die vrede wat julle dit toewens, daaroor kom,+ maar as dit nie julle boodskap waardig is nie, laat julle vrede na julle toe terugkeer. 14 En waar iemand julle nie ontvang of nie na julle woorde luister nie, moet julle die stof van julle voete afskud wanneer julle uit daardie huis of daardie stad uitgaan.+ 15 Ek verseker julle: Dit sal op die Oordeelsdag beter gaan met die land van Sodom en Gomorʹra+ as met daardie stad.

16 “Kyk! Ek stuur julle uit soos skape onder wolwe. Wees dus versigtig soos slange en tog onskuldig soos duiwe.+ 17 Julle moet oppas, want mense sal julle aan plaaslike howe oorlewer,+ en hulle sal julle in hulle sinagoges met gésels* slaan.+ 18 Julle sal voor goewerneurs en konings gebring word+ ter wille van my, as ’n getuienis vir hulle en die nasies.+ 19 Maar wanneer hulle julle oorlewer, moet julle nie bekommerd wees oor wat julle moet sê of hoe julle dit moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie tyd aan julle gegee word,+ 20 want dit is nie net julle wat praat nie, maar dit is die gees van julle Vader wat deur julle praat.+ 21 Verder sal die een broer die ander broer aan die dood oorlewer, en ’n pa sy kind, en kinders sal teen ouers opstaan en hulle laat doodmaak.+ 22 En julle sal deur alle mense gehaat word as gevolg van my naam,+ maar die een wat tot die einde toe volhard, sal gered word.+ 23 Wanneer hulle julle in een stad vervolg, vlug na ’n ander,+ want ek verseker julle dat julle beslis nie die kring van die stede van Israel sal voltooi voordat die Seun van die mens kom nie.

24 “’n Leerling is nie bo sy leermeester nie, en ’n slaaf is ook nie bo sy meester nie.+ 25 Die leerling moet tevrede daarmee wees om soos sy leermeester te word, en die slaaf soos sy meester.+ As mense die meester van die huis Beëlʹsebub* genoem het,+ hoeveel te meer sal hulle sy huismense so noem? 26 Moet dus nie vir hulle bang wees nie, want daar is niks wat bedek is wat nie openbaar gemaak sal word nie, en geen geheim wat nie bekend sal word nie.+ 27 Wat ek vir julle in die donker vertel, moet julle in die lig sê, en wat ek vir julle fluister, moet julle van die dakke af verkondig.+ 28 En moenie dié vrees wat die liggaam doodmaak maar nie die siel* kan doodmaak nie.+ Vrees eerder die Een wat die siel sowel as die liggaam in Gehenʹna* kan vernietig.+ 29 Twee mossies word vir ’n muntstuk van min waarde* verkoop, nie waar nie? Tog sal nie een van hulle op die grond val sonder dat julle Vader daarvan weet nie.+ 30 Maar selfs die hare op julle kop is almal getel. 31 Moet dus nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.+

32 “As iemand dan voor mense sê dat hy my ken,+ sal ek voor my Vader wat in die hemel is, sê dat ek hom ook ken.+ 33 Maar as iemand voor mense sê dat hy my nie ken nie, sal ek voor my Vader wat in die hemel is, sê dat ek hom ook nie ken nie.+ 34 Moenie dink dat ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar ’n swaard.+ 35 Want ek het gekom om verdeeldheid te veroorsaak: ’n man teen sy pa, en ’n dogter teen haar ma, en ’n skoondogter teen haar skoonma.+ 36 Ja, ’n mens se eie familielede* sal sy vyande wees. 37 Enigiemand wat meer geheg is aan sy pa of sy ma as aan my, verdien nie om my dissipel te wees nie, en enigiemand wat meer geheg is aan sy seun of sy dogter as aan my, verdien nie om my dissipel te wees nie.+ 38 En enigiemand wat nie sy folterpaal* aanvaar en my volg nie, verdien nie om my dissipel te wees nie.+ 39 Enigiemand wat sy lewe* probeer red, sal dit verloor, en enigiemand wat sy lewe* ter wille van my verloor, sal dit vind.+

40 “Enigiemand wat julle ontvang, ontvang my ook, en enigiemand wat my ontvang, ontvang ook die Een wat my gestuur het.+ 41 Enigiemand wat ’n profeet ontvang omdat hy ’n profeet is, sal ’n profeet se beloning kry,+ en enigiemand wat ’n regverdige man ontvang omdat hy ’n regverdige man is, sal ’n regverdige man se beloning kry. 42 En ek verseker julle dat enigiemand wat een van hierdie kleintjies net ’n beker koue water gee om te drink omdat hy ’n dissipel is, sy beloning beslis nie sal verloor nie.”+

11 Nadat Jesus vir sy 12 dissipels instruksies gegee het, het hy daarvandaan vertrek om in hulle stede te leer en te preek.+

2 Maar Johannes, wat in die tronk+ gehoor het van die Christus se werke, het sy dissipels gestuur+ 3 om vir hom te vra: “Is u die Een wat sou kom, of moet ons iemand anders verwag?”+ 4 Jesus het vir hulle gesê: “Gaan sê vir Johannes wat julle hoor en sien:+ 5 Die blindes kan nou sien,+ die kreupeles loop, die melaatses+ word genees,* die dowes hoor, die dooies word opgewek en die armes word van die goeie nuus vertel.+ 6 Gelukkig is die een wat geen rede vind om te struikel as gevolg van my nie.”+

7 Toe hulle vertrek, het Jesus met die skare oor Johannes begin praat en gesê: “Waarna wou julle in die wildernis gaan kyk?+ ’n Riet wat deur die wind heen en weer gewaai word?+ 8 Waarna wou julle gaan kyk? ’n Man wat sagte* klere dra? Dié wat sagte klere dra, is in paleise.* 9 Hoekom het julle nou eintlik uitgegaan? Om ’n profeet te sien? Ja, sê ek vir julle, en baie meer as ’n profeet.+ 10 Dit is die een oor wie daar geskryf is: ‘Kyk! Ek stuur my boodskapper voor jou uit, wat jou weg vir jou sal voorberei!’+ 11 Ek verseker julle: Van almal wat al gebore is, is daar niemand groter as Johannes die Doper nie. Tog is die persoon wat die kleinste in die Koninkryk van die hemel is, groter as hy.+ 12 Van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe is die Koninkryk van die hemel die doel wat mense nastreef, en die mense wat dit nastreef, gryp dit aan.+ 13 Want tot Johannes se tyd toe het al die boeke van die profete en die Wet geprofeteer,+ 14 en as julle bereid is om dit te aanvaar: Hy is ‘Eliʹa wat sou kom’.+ 15 Laat die een wat ore het, luister.

16 “Met wie sal ek hierdie geslag vergelyk?+ Dit is soos jong kinders wat op die markpleine sit en na hulle speelmaats roep 17 en sê: ‘Ons het vir julle op die fluit gespeel, maar julle het nie gedans nie. Ons het ’n treurlied gesing, maar julle het nie gehuil nie.’ 18 Net so het Johannes gekom en nie geëet of gedrink nie, maar mense sê: ‘Hy het ’n demoon.’ 19 Die Seun van die mens het gekom en het wel geëet en gedrink,+ maar mense sê: ‘Kyk! ’n Vraat en iemand wat aan wyn verslaaf is, ’n vriend van belastinggaarders* en sondaars.’+ Maar wysheid word reg bewys deur sy resultate.”*+

20 Toe het hy die stede waarin die meeste van sy kragtige werke plaasgevind het, begin veroordeel omdat hulle nie berou gehad het nie. Hy het gesê: 21 “Dit sal sleg gaan met jou, Goʹrasin! Dit sal sleg gaan met jou, Betsaiʹda! Want as die kragtige werke wat in julle plaasgevind het, in Tirus en Sidon plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as berou getoon het.+ 22 Maar ek sê vir julle dat dit op die Oordeelsdag beter sal gaan met Tirus en Sidon as met julle.+ 23 En jy, Kaperʹnaum,+ sal jy miskien hoog opgelig word tot in die hemel? Jy sal afkom na die Graf* toe,+ want as die kragtige werke wat in jou plaasgevind het, in Sodom plaasgevind het, sou dit tot vandag toe bly staan het. 24 Maar ek sê vir julle dat dit op die Oordeelsdag beter sal gaan met die land van Sodom as met julle.”+

25 In daardie tyd het Jesus gesê: “Ek loof u in die openbaar, Vader, Here van hemel en aarde, omdat u hierdie dinge vir die wyse en geleerde* mense weggesteek het en dit aan jong kinders geopenbaar het.+ 26 Ja, o Vader, want u het goedgekeur dat dit op hierdie manier gebeur. 27 My Vader het alles aan my oorgegee,+ en niemand ken die Seun ten volle nie, behalwe die Vader,+ en niemand ken die Vader ten volle nie, behalwe die Seun en enigeen aan wie die Seun bereid is om hom te openbaar.+ 28 Kom na my toe, almal wat uitgeput is en ’n swaar las dra, en ek sal julle nuwe krag gee. 29 Neem my juk op julle en leer by my, want ek is saggeaard en nederig van hart,+ en julle sal nuwe krag kry. 30 Want my juk is maklik om te dra,* en my vrag is lig.”

12 In daardie tyd het Jesus op die Sabbat deur die graanlande geloop. Sy dissipels het honger geword en het graanare begin pluk en dit geëet.+ 2 Toe die Fariseërs dit sien, het hulle vir hom gesê: “Kyk! Jou dissipels doen iets wat ’n mens nie op die Sabbat mag doen nie.”+ 3 Hy het vir hulle gesê: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en die manne by hom honger was nie?+ 4 Hy het in die huis van God ingegaan, en hy en die manne by hom het die offerbrode* geëet,+ al was net die priesters toegelaat om daarvan te eet.+ 5 Of het julle nie in die Wet gelees dat die priesters wat op die Sabbatte in die tempel dien, die Sabbat ontheilig en tog onskuldig bly nie?+ 6 Maar ek sê vir julle dat iets groter as die tempel hier is.+ 7 As julle egter verstaan het wat die volgende beteken: ‘Ek wil hê dat julle genade moet betoon, nie dat julle offerandes bring nie,’+ sou julle nie die onskuldiges veroordeel het nie. 8 Want die Seun van die mens is Here van die Sabbat.”+

9 Nadat hy daarvandaan vertrek het, het hy in hulle sinagoge ingegaan, 10 en daar was ’n man met ’n misvormde* hand.+ Omdat hulle ’n rede gesoek het om Jesus te beskuldig, het hulle hom gevra: “Mag ’n mens iemand op die Sabbat genees?”+ 11 Hy het vir hulle gesê: “As iemand onder julle een skaap het en daardie skaap op die Sabbat in ’n put val, sal hy dit dan nie gaan uithaal nie?+ 12 Hoeveel meer is ’n mens tog werd as ’n skaap! ’n Mens mag dus iets goeds op die Sabbat doen.” 13 Toe het hy vir die man gesê: “Steek jou hand uit.” En hy het dit gedoen, en dit het gesond geword, net soos die ander hand. 14 Maar die Fariseërs het uitgegaan en planne beraam om hom dood te maak. 15 Toe Jesus daarvan uitvind, het hy daarvandaan vertrek. Baie het hom gevolg,+ en hy het hulle almal genees, 16 maar hy het hulle streng beveel om nie bekend te maak wie hy is nie,+ 17 sodat vervul sou word wat deur middel van die profeet Jesaja gesê is:

18 “Kyk! My kneg+ wat ek uitgekies het, my geliefde, wat ek* goedgekeur het!+ Ek sal my gees op hom plaas,+ en hy sal aan die nasies duidelik maak wat geregtigheid is. 19 Hy sal nie met mense stry+ of hard uitroep nie, en niemand sal sy stem in die hoofstrate hoor nie. 20 Hy sal nie ’n beskadigde riet afbreek of ’n lamppit wat dof brand, uitdoof nie,+ totdat hy geregtigheid bring. 21 Ja, nasies sal op sy naam hoop.”+

22 Toe het hulle ’n man na hom toe gebring. Die man het ’n demoon in hom gehad, en hy was ook blind en stom. Jesus het hom genees, en toe kon die stom man praat en sien. 23 Die hele skare was baie verbaas en het begin vra: “Is hy nie miskien die Seun van Dawid nie?” 24 Toe die Fariseërs dit hoor, het hulle gesê: “Hierdie man dryf die demone uit slegs deur Beëlʹsebub,* die heerser van die demone.”+ 25 Omdat hy geweet het wat hulle dink, het hy vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat verdeeld is, word verwoes, en elke stad of huis wat verdeeld is, sal nie bly staan nie. 26 Net so, as Satan Satan uitdryf, het hy teen homself gedraai. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? 27 En as ek die demone deur Beëlʹsebub uitdryf, deur wie dryf julle volgelinge hulle uit? Daarom sal hulle julle veroordeel. 28 Maar as dit deur God se gees is dat ek die demone uitdryf, het die Koninkryk van God julle werklik ingehaal.+ 29 Of hoe kan iemand in die huis van ’n sterk man inkom en sy besittings vat as hy nie die sterk man eers vooraf vasbind nie? Slegs dan kan hy alles in sy huis vat. 30 Enigiemand wat nie aan my kant is nie, is teen my, en enigiemand wat nie mense saam met my bymekaarmaak nie, dryf hulle uitmekaar.+

31 “Daarom sê ek vir julle: Mense sal vergewe word vir elke soort sonde en lastering, maar as iemand teen die gees laster, sal hy nie vergewe word nie.+ 32 Byvoorbeeld, as iemand iets teen die Seun van die mens sê, sal hy vergewe word,+ maar as iemand iets teen die heilige gees sê, sal hy nie vergewe word nie, nee, nie in hierdie tydperk* of in die een wat kom nie.+

33 “Julle boom sal goed wees en goeie vrugte dra, of julle boom sal sleg wees en slegte vrugte dra, want die boom word aan sy vrugte geken.+ 34 Julle spul giftige slange,*+ hoe kan julle goeie dinge sê terwyl julle goddeloos is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.+ 35 Die goeie mens bring goeie dinge uit sy goeie skat, terwyl die goddelose mens goddelose dinge uit sy goddelose skat bring.+ 36 Ek sê vir julle dat mense op die Oordeelsdag verantwoordelik gehou sal word+ vir elke nuttelose woord wat hulle sê, 37 want deur jou woorde sal jy regverdig verklaar word, en deur jou woorde sal jy veroordeel word.”

38 Party van die skrifgeleerdes en die Fariseërs het hom toe geantwoord en gesê: “Leermeester, laat ons ’n teken sien.”+ 39 Hy het hulle geantwoord en gesê: “’n Goddelose en ontroue* geslag hou aan om ’n teken te soek, maar geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.+ 40 Want net soos Jona drie dae en drie nagte in die groot vis se maag was,+ so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.+ 41 Die Nineviete sal in die oordeel saam met hierdie geslag opstaan en sal hulle veroordeel, want die Nineviete het berou gehad as gevolg van wat Jona verkondig het.+ Maar kyk! iemand groter as Jona is hier.+ 42 Die koningin van die suide sal in die oordeel saam met hierdie geslag ’n opstanding kry en sal hulle veroordeel, want sy het van die eindes van die aarde af gekom om die wysheid van Salomo te hoor.+ Maar kyk! iemand groter as Salomo is hier.+

43 “Wanneer ’n onrein gees uit ’n mens uitkom, trek hy deur waterlose plekke op soek na ’n rusplek, maar hy vind nie een nie.+ 44 Dan sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my huis waaruit ek getrek het,’ en wanneer hy daar aankom, sien hy dat die huis leeg staan en skoongevee en versier is. 45 Dan gaan hy en neem hy sewe ander geeste saam met hom wat nog slegter as hy is, en nadat hulle ingegaan het, bly hulle daar. Die uiteinde vir daardie mens is dan erger as sy begin.+ Só sal dit ook met hierdie goddelose geslag gaan.”

46 Terwyl hy nog met die skare gepraat het, het sy ma en broers+ buite gestaan omdat hulle met hom wou praat.+ 47 En iemand het vir hom gesê: “Kyk! U ma en u broers staan buite en wil met u praat.” 48 Toe het hy vir die persoon wat met hom gepraat het, gevra: “Wie is my ma, en wie is my broers?” 49 En hy het sy hand na sy dissipels uitgesteek en gesê: “Kyk! Hier is my ma en my broers!+ 50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, is my broer en suster en ma.”+

13 Op daardie dag het Jesus die huis verlaat en by die see gesit. 2 Daar het so ’n groot groep mense om hom bymekaargekom dat hy in ’n boot geklim het en gaan sit het, terwyl die hele skare op die strand gestaan het.+ 3 Toe het hy hulle baie dinge deur illustrasies+ vertel en gesê: “’n Saaier het uitgegaan om te saai.+ 4 Terwyl hy gesaai het, het van die saad langs die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgeëet.+ 5 Ander saad het op ’n rotsagtige plek geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het onmiddellik opgeskiet omdat die grond nie diep was nie.+ 6 Maar toe die son opkom, is dit verskroei, en omdat dit nie wortels gehad het nie, het dit uitgedroog. 7 Nog ander saad het tussen die dorings geval, en die dorings het opgekom en gekeer dat dit verder groei.+ 8 En ander saad het op die goeie grond geval, en dit het vrug begin dra: hierdie een 100 keer soveel, daardie een 60 keer soveel en die ander een 30 keer soveel.+ 9 Laat die een wat ore het, luister.”+

10 Toe het die dissipels gekom en vir hom gevra: “Hoekom praat u met hulle deur middel van illustrasies?”+ 11 Hy het vir hulle gesê: “Julle het die voorreg ontvang om die heilige geheime+ van die Koninkryk van die hemel te verstaan, maar hulle het nie daardie voorreg ontvang nie. 12 Want aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal ’n oorvloed hê, maar van elkeen wat nie het nie, sal selfs wat hy het, weggeneem word.+ 13 Daarom praat ek deur middel van illustrasies met hulle, want hulle kyk, maar hulle kyk verniet, en hulle hoor, maar hulle hoor verniet, en hulle verstaan ook nie die betekenis daarvan nie.+ 14 Jesaja se profesie word in hulle geval vervul. Dit sê: ‘Julle sal beslis hoor, maar glad nie die betekenis daarvan verstaan nie, en julle sal beslis kyk, maar glad nie sien nie.+ 15 Want die hart van hierdie volk het ongevoelig geword, en met hulle ore het hulle gehoor sonder om te reageer, en hulle het hulle oë toegemaak. Daarom sal hulle nooit met hulle oë sien en met hulle ore hoor en met hulle hart die betekenis daarvan verstaan en terugdraai en deur my genees word nie.’+

16 “Maar gelukkig is julle oë omdat hulle sien, en julle ore omdat hulle hoor.+ 17 Want ek verseker julle: Baie profete en regverdiges wou graag die dinge sien wat julle sien, maar hulle het dit nie gesien nie, en hulle wou die dinge hoor wat julle hoor,+ maar hulle het dit nie gehoor nie.

18 “Luister nou na die illustrasie van die man wat gesaai het.+ 19 Wanneer iemand die woord van die Koninkryk hoor, maar nie die betekenis daarvan verstaan nie, kom die Duiwel*+ en neem hy weg wat in sy hart gesaai is. Dit is die saad wat langs die pad gesaai is.+ 20 Die saad wat op rotsagtige grond gesaai is, is die een wat die woord hoor en dit dadelik met vreugde aanvaar.+ 21 Tog het hy nie wortelgeskiet nie, maar hy bly ’n ruk lank, en wanneer daar weens die woord verdrukking of vervolging ontstaan, struikel hy dadelik. 22 Die saad wat tussen die dorings gesaai is, is die een wat die woord hoor. Maar die bekommernisse van hierdie wêreld*+ en die bedrieglike krag van rykdom keer dat die woord verder groei, en dit word onvrugbaar.+ 23 Die saad wat op die goeie grond gesaai is, is die een wat die woord hoor en die betekenis daarvan verstaan. So iemand dra werklik vrug: hierdie een 100 keer soveel, daardie een 60 keer soveel en die ander een 30 keer soveel.”+

24 Hy het vir hulle nog ’n illustrasie vertel en gesê: “Die Koninkryk van die hemel kan vergelyk word met ’n man wat goeie saad in sy landery gesaai het. 25 Terwyl die mense geslaap het, het sy vyand gekom en onkruid tussen die koring gesaai en weggegaan. 26 Toe die stingels uitspruit en vrug begin dra, het die onkruid ook opgekom. 27 En die slawe van die meester van die huis het gekom en vir hom gevra: ‘Meester, het u nie goeie saad in u landery gesaai nie? Hoekom is daar dan onkruid?’ 28 Hy het vir hulle gesê: ‘’n Vyand, ’n mens, het dit gedoen.’+ Die slawe het vir hom gevra: ‘Wil u hê dat ons moet uitgaan en dit bymekaarmaak?’ 29 Hy het gesê: ‘Nee, want netnou trek julle die koring ook uit terwyl julle die onkruid bymekaarmaak. 30 Laat al twee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir dié wat die oes insamel, sê: “Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, en maak dan die koring in my voorraadskuur bymekaar.”’”+

31 Hy het vir hulle nog ’n illustrasie vertel en gesê: “Die Koninkryk van die hemel is soos ’n mosterdsaadjie wat ’n man in sy landery geplant het.+ 32 Dit is in werklikheid die kleinste van al die sade, maar wanneer dit gegroei het, is dit die grootste van die groentesoorte en word dit ’n boom. Dan kom die voëls van die hemel en vind hulle blyplek tussen sy takke.”

33 Hy het vir hulle nog ’n illustrasie vertel: “Die Koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ’n vrou geneem en met drie groot mate meel gemeng het, totdat al die deeg gegis het.”+

34 Al hierdie dinge het Jesus deur illustrasies vir die skare gesê. Ja, sonder ’n illustrasie het hy nie met hulle gepraat nie,+ 35 sodat vervul sou word wat deur middel van die profeet gesê is: “Ek sal my mond oopmaak met illustrasies. Ek sal dinge verkondig wat van die begin* af geheim gehou is.”+

36 Nadat hy die skare weggestuur het, het hy in die huis ingegaan. Sy dissipels het na hom toe gekom en gesê: “Verduidelik aan ons die illustrasie van die onkruid in die landery.” 37 Hy het geantwoord en gesê: “Die saaier van die goeie saad is die Seun van die mens, 38 en die landery is die wêreld.+ Die goeie saad is die kinders van die Koninkryk, maar die onkruid is die kinders van die Duiwel,*+ 39 en die vyand wat dit gesaai het, is die Duiwel. Die oes verwys na die tyd van die einde,* en dié wat die oes insamel, is engele. 40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit in die tyd van die einde* wees.+ 41 Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal alle struikelblokke en wettelose mense bymekaarmaak en hulle uit sy Koninkryk verwyder, 42 en hulle sal hulle in die vuuroond gooi.+ Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. 43 In daardie tyd sal die regverdiges so helder soos die son skyn+ in die Koninkryk van hulle Vader. Laat die een wat ore het, luister.

44 “Die Koninkryk van die hemel is soos ’n skat wat in die veld weggesteek is, wat ’n man gevind en weggesteek het. Hy was so bly dat hy al sy besittings gaan verkoop het en daardie veld gekoop het.+

45 “Die Koninkryk van die hemel is ook soos ’n reisende handelaar wat mooi pêrels soek. 46 Toe hy een pêrel van groot waarde vind, het hy weggegaan en dadelik alles verkoop wat hy gehad het en dit gekoop.+

47 “Die Koninkryk van die hemel is ook soos ’n sleepnet wat in die see laat sak word en allerhande soorte vis versamel. 48 Toe dit vol was, het hulle dit op die strand uitgesleep, en hulle het gaan sit en die goeie vis+ in mandjies bymekaargemaak, maar hulle het die vis wat hulle nie kon gebruik nie,+ weggegooi. 49 Só sal dit in die tyd van die einde* wees. Die engele sal uitgaan en die goddeloses van die regverdiges skei 50 en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.

51 “Verstaan julle wat al hierdie dinge beteken?” Hulle het vir hom gesê: “Ja.” 52 Toe het hy vir hulle gesê: “In dié geval is elke openbare onderrigter wat van die Koninkryk van die hemel geleer word, soos ’n man, die meester van die huis, wat nuwe en ou dinge uit sy skatkamer bring.”

53 Toe Jesus hierdie illustrasies klaar vertel het, het hy daarvandaan vertrek. 54 Nadat hy in sy tuisgebied gekom het,+ het hy hulle in hulle sinagoge begin leer. Hulle was verstom en het gevra: “Waar het hierdie man hierdie wysheid gekry, en hoe doen hy hierdie kragtige werke?+ 55 Is hy nie die timmerman se seun nie?+ Is sy ma se naam nie Maria en sy broers se name Jakobus en Josef en Simon en Judas nie?+ 56 En is sy susters nie almal by ons nie? Waar het hy sy wysheid gekry, en hoe doen hy al hierdie dinge?”+ 57 Hulle het begin struikel* as gevolg van hom.+ Maar Jesus het vir hulle gesê: “’n Profeet word oral geëer, behalwe in sy tuisgebied en in sy eie huis.”+ 58 En weens hulle gebrek aan geloof het hy min kragtige werke daar gedoen.

14 Toe het Herodes, die distriksheerser,* die nuus oor Jesus gehoor+ 2 en vir sy knegte gesê: “Dit is Johannes die Doper. Hy is uit die dood opgewek, en daarom kan hy hierdie kragtige werke doen.”+ 3 Herodes* het Johannes vroeër gearresteer en hom geboei en hom in die tronk gesit weens Heroʹdias, die vrou van sy broer Filippus.+ 4 Want Johannes het vir hom gesê: “U mag haar nie as vrou hê nie.”+ 5 Maar al wou hy hom doodmaak, was hy bang vir die skare, omdat hulle geglo het dat hy ’n profeet is.+ 6 Maar toe Herodes se verjaarsdag+ gevier is, het die dogter van Heroʹdias by die geleentheid gedans, en Herodes het dit so geniet+ 7 dat hy met ’n eed belowe het om vir haar enigiets te gee waarvoor sy vra. 8 Toe het sy, nadat haar ma haar opgesteek het, gesê: “Gee vir my die kop van Johannes die Doper op ’n skinkbord.”+ 9 Al het dit die koning ontstel, het hy beveel dat dit gegee moet word as gevolg van die ede wat hy gesweer het en die mense wat saam met hom geëet het.* 10 Hy het toe iemand gestuur en Johannes se kop in die tronk laat afkap. 11 Sy kop is op ’n skinkbord gebring en vir die meisie gegee, en sy het dit na haar ma toe geneem. 12 Later het sy dissipels sy lyk kom haal en hom begrawe, en hulle het vir Jesus kom vertel. 13 Toe Jesus dit hoor, het hy met ’n boot daarvandaan vertrek en na ’n afgeleë plek gegaan om alleen te wees. Maar die skare het daarvan gehoor en hom te voet van die stede af gevolg.+

14 Toe hy uit die boot klim, het hy ’n groot skare gesien, en hy het baie jammer vir hulle gevoel+ en die siek mense onder hulle genees.+ 15 Maar toe dit aand word, het sy dissipels na hom toe gekom en gesê: “Ons is op ’n afgeleë plek, en dit is al laat. Stuur die skare weg, sodat hulle in die dorpies kan ingaan en vir hulle kos kan koop om te eet.”+ 16 Maar Jesus het vir hulle gesê: “Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet.” 17 Hulle het vir hom gesê: “Ons het niks hier nie, behalwe vyf brode en twee visse.” 18 Hy het gesê: “Bring dit na my toe.” 19 Nadat hy vir die skare gesê het om op die gras te gaan sit, het hy die vyf brode en twee visse geneem, na die hemel opgekyk en gebid.+ Hy het die brode gebreek en dit vir die dissipels gegee, en die dissipels het dit vir die skare gegee. 20 Toe het hulle almal geëet en versadig geword, en nadat hulle die oorskietstukke opgetel het, was daar 12 mandjies vol.+ 21 Daar was omtrent 5 000 mans wat geëet het, sowel as vrouens en jong kinders.+ 22 Toe het hy sy dissipels dadelik in die boot laat klim en hulle voor hom uit na die oorkantste oewer laat gaan, terwyl hy die skare weggestuur het.+

23 Nadat hy die skare weggestuur het, het hy alleen teen die berg opgegaan om te bid.+ Toe dit aand geword het, was hy alleen daar. 24 Die boot was toe al honderde meters* van die land af en is deur die golwe rondgegooi, want die wind was teen hulle. 25 Maar in die vierde nagwaak* het hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. 26 Toe die dissipels hom op die see sien loop, was hulle geskok en het hulle gesê: “Dit is ’n verskyning!” En hulle het uitgeroep van vrees. 27 Maar Jesus het dadelik vir hulle gesê: “Bedaar! Dit is ek. Moenie bang wees nie.”+ 28 Petrus het hom geantwoord: “Here, as dit u is, beveel my om oor die water na u toe te kom.” 29 Hy het gesê: “Kom!” Toe het Petrus uit die boot geklim en oor die water geloop en na Jesus toe gegaan. 30 Maar toe hy na die windstorm kyk, het hy bang geword. En toe hy begin sink, het hy uitgeroep: “Here, red my!” 31 Jesus het onmiddellik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gevra: “Waar is jou geloof? Hoekom het jy begin twyfel?”+ 32 Nadat hulle in die boot geklim het, het die windstorm gaan lê. 33 Toe het dié in die boot aan hom eer bewys* en gesê: “U is werklik God se Seun.” 34 En hulle het na die oorkant gegaan en in Genneʹsaret aan land gegaan.+

35 Toe die manne van daardie plek hom herken, het hulle die nuus in daardie hele gebied versprei, en die mense het al die siekes na hom toe gebring. 36 En hulle het hom gesmeek om maar net aan die fraiings van sy bo-kleed te kan raak,+ en almal wat daaraan geraak het, het heeltemal gesond geword.

15 Toe het daar Fariseërs en skrifgeleerdes van Jerusalem af na Jesus toe gekom+ en gesê: 2 “Hoekom oortree jou dissipels die tradisies van ons voorvaders? Want hulle was* nie hulle hande voordat hulle eet nie.”+

3 Hy het geantwoord en vir hulle gesê: “Hoekom oortree julle die gebod van God weens julle tradisies?+ 4 God het byvoorbeeld gesê: ‘Eer* jou pa en jou ma’,+ en: ‘Laat die persoon wat sy pa of ma beledig,* doodgemaak word.’+ 5 Maar julle sê: ‘As enigiemand vir sy pa of ma sê: “Alles wat ek het waarmee ek julle sou kon ondersteun, het ek as ’n gawe aan God belowe,”+ 6 dan hoef hy sy pa glad nie te eer nie.’ Só het julle die woord van God weens julle tradisies kragteloos gemaak.+ 7 Julle skynheiliges, Jesaja was reg toe hy oor julle geprofeteer het:+ 8 ‘Hierdie volk eer my met hulle lippe, maar hulle harte is ver van my af. 9 Dit is verniet dat hulle my bly aanbid, want hulle leer gebooie van mense as leerstellings.’”+ 10 Toe het hy die skare nader geroep en vir hulle gesê: “Luister en verstaan die betekenis hiervan:+ 11 Dit is nie wat in ’n mens se mond ingaan wat hom onrein maak nie, maar dit is wat uit sy mond uitkom wat hom onrein maak.”+

12 Toe het die dissipels gekom en vir hom gevra: “Weet u dat die Fariseërs gestruikel* het toe hulle hoor wat u sê?”+ 13 Hy het geantwoord: “Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal met wortel en al uitgeruk word. 14 Los hulle. Hulle is blinde gidse. As een blinde man ’n ander blinde man lei, sal hulle albei in ’n gat val.”+ 15 Petrus het geantwoord: “Verduidelik die illustrasie aan ons.” 16 Toe het hy gesê: “Verstaan julle dit ook nog steeds nie?+ 17 Besef julle nie dat alles wat in die mond ingaan, deur die maag gaan en in die riool beland nie? 18 Maar die dinge wat uit die mond uitkom, kom uit die hart, en hierdie dinge maak ’n mens onrein.+ 19 Uit die hart kom daar byvoorbeeld goddelose redenasies:+ moord, egbreuk, seksuele onsedelikheid,* diefstal, valse getuienis en lastering. 20 Hierdie dinge maak ’n mens onrein, maar om met ongewaste hande* te eet, maak ’n mens nie onrein nie.”

21 Jesus het daarvandaan vertrek en toe na die gebied van Tirus en Sidon gegaan.+ 22 ’n Fenisiese vrou uit daardie gebied het gekom en uitgeroep: “Betoon genade aan my, Here, Seun van Dawid. My dogter het ’n demoon in haar, en sy ly verskriklik as gevolg daarvan.”+ 23 Maar hy het haar nie geantwoord nie. Toe het sy dissipels gekom en vir hom begin sê: “Stuur haar weg, want sy roep die hele tyd agter ons aan.” 24 Hy het geantwoord: “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.”+ 25 Maar die vrou het gekom en aan hom eer bewys* en gesê: “Here, help my!” 26 Hy het gesê: “Dit is nie reg om die kinders se brood te vat en dit vir die hondjies te gooi nie.” 27 Sy het gesê: “Ja, Here, maar die hondjies eet tog van die krummels wat van hulle eienaars se tafel afval.”+ 28 Toe het Jesus vir haar gesê: “Vrou, jou geloof is groot. Laat dit gebeur soos jy wil hê.” En haar dogter was van daardie uur af gesond.

29 Jesus het daarvandaan vertrek en naby die See van Galileʹa gekom.+ Hy het teen die berg opgegaan en daar gaan sit. 30 Toe het groot groepe mense na hom toe gekom en hulle het kreupeles, verminktes, blindes, stommes en baie ander saamgebring, en hulle het hulle by sy voete neergelê, en hy het hulle genees.+ 31 Die mense was verbaas toe hulle sien dat die stommes praat en die verminktes gesond gemaak word en dat die kreupeles loop en die blindes sien, en hulle het die God van Israel geprys.+

32 Maar Jesus het sy dissipels na hom toe geroep en gesê: “Ek voel baie jammer vir die skare,+ want hulle is nou al drie dae by my, en hulle het nog niks geëet nie. Ek wil hulle nie honger wegstuur nie, want hulle sal dalk op die pad flou word.”+ 33 Maar die dissipels het vir hom gevra: “Waar gaan ons op hierdie afgeleë plek genoeg brood kry vir so ’n groot skare?”+ 34 Toe het Jesus vir hulle gevra: “Hoeveel brode het julle?” Hulle het gesê: “Sewe, en ’n paar vissies.” 35 Nadat hy vir die skare gesê het om op die grond te gaan sit, 36 het hy die sewe brode en die visse geneem, en nadat hy ’n dankgebed gedoen het, het hy dit gebreek en dit vir die dissipels begin gee, en die dissipels het dit vir die skare gegee.+ 37 En almal het geëet en versadig geword, en die oorskietstukke wat hulle opgetel het, het sewe groot mandjies* vol gemaak.+ 38 Daar was 4 000 mans wat geëet het, sowel as vrouens en jong kinders. 39 Nadat hy die skare weggestuur het, het hy in die boot geklim en in die gebied van Maʹgadan gekom.+

16 Hier het die Fariseërs en Sadduseërs na hom toe gekom, en om hom te toets, het hulle hom gevra om vir hulle ’n teken uit die hemel te gee.+ 2 Hy het vir hulle gesê: “Wanneer dit aand word, sê julle: ‘Dit gaan mooiweer wees, want die lug is vuurrooi,’ 3 en in die oggend: ‘Dit gaan vandag koud en reënerig wees, want die lug is vuurrooi, maar bewolk.’ Julle kan die weer voorspel deur na die lug te kyk, maar julle kan nie die tekens van die tye verstaan nie. 4 ’n Goddelose en ontroue* geslag hou aan om ’n teken te soek, maar geen teken sal aan hulle gegee word nie,+ behalwe die teken van Jona.”+ Toe het hy hulle agtergelaat en weggegaan.

5 Die dissipels het na die oorkant gegaan en het vergeet om brood saam te vat.+ 6 Jesus het vir hulle gesê: “Hou julle oë oop en pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.”+ 7 Toe het hulle onder mekaar begin redeneer en gesê: “Ons het nie brood saamgebring nie.” 8 Jesus het dit geweet en gesê: “Hoekom praat julle so onder mekaar oor die feit dat julle nie brood by julle het nie? Waar is julle geloof? 9 Verstaan julle nog nie waaroor dit gaan nie? Of het julle vergeet van die vyf brode waarvan die 5 000 geëet het en hoeveel mandjies vol julle opgetel het?+ 10 Of van die sewe brode waarvan die 4 000 geëet het en hoeveel groot mandjies* julle vol gemaak het?+ 11 Hoe is dit dat julle nie verstaan dat ek nie met julle oor brood gepraat het nie? Maar pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.”+ 12 Toe het hulle verstaan dat hy nie gesê het dat hulle moet oppas vir die suurdeeg van brood nie, maar vir die leringe van die Fariseërs en Sadduseërs.

13 Toe Jesus in die gebied van Sesareʹa-Filipʹpi gekom het, het hy sy dissipels gevra: “Wie sê die mense is die Seun van die mens?”+ 14 Hulle het gesê: “Party sê Johannes die Doper,+ ander sê Eliʹa,+ en nog ander sê Jeremia of een van die profete.” 15 Hy het vir hulle gevra: “Maar julle, wie sê julle is ek?” 16 Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus,+ die Seun van die lewende God.”+ 17 Jesus het hom geantwoord: “Gelukkig is jy, Simon seun van Jona, want vlees en bloed* het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemel is.+ 18 Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus,+ en op hierdie rots+ sal ek my gemeente bou, en die poorte van die Graf* sal dit nie oorweldig nie. 19 Ek sal vir jou die sleutels van die Koninkryk van die hemel gee, en wat jy ook al op die aarde bind, sal reeds in die hemel gebind wees, en wat jy ook al op die aarde losmaak, sal reeds in die hemel losgemaak wees.” 20 Toe het hy die dissipels streng beveel om vir niemand te sê dat hy die Christus is nie.+

21 Van daardie tyd af het Jesus aan sy dissipels begin verduidelik dat hy na Jerusalem moet gaan en baie sou ly as gevolg van die ouermanne en hoofpriesters en skrifgeleerdes en dat hy doodgemaak moet word en op die derde dag opgewek sou word.+ 22 Toe het Petrus hom eenkant geneem en ernstig met hom gepraat en gesê: “Wees goed vir uself, Here. Dit sal glad nie met u gebeur nie.”+ 23 Maar hy het omgedraai en vir Petrus gesê: “Gaan agter my, Satan! Jy is vir my ’n struikelblok, want jou gedagtes is nie God se gedagtes nie, maar dié van mense.”+

24 Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “As iemand my volgeling wil word, moet hy ophou om vir homself te lewe* en sy folterpaal* optel en aanhou om my te volg.+ 25 Want enigiemand wat sy lewe wil red, sal dit verloor, maar enigiemand wat sy lewe ter wille van my verloor, sal dit vind.+ 26 Wat sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld wen, maar sy lewe verloor?+ Of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy lewe?+ 27 Want die Seun van die mens en sy engele sal met die mag* van sy Vader kom, en dan sal hy elkeen volgens sy gedrag terugbetaal.+ 28 Ek verseker julle dat party van dié wat hier staan, beslis nie sal sterf voordat hulle die Seun van die mens in sy Koninkryk sien kom nie.”+

17 Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle alleen teen ’n hoë berg opgeneem.+ 2 En sy voorkoms* het voor hulle verander: Sy gesig het geskyn soos die son, en sy bo-klere het skitterend* geword soos die lig.+ 3 En kyk! Moses en Eliʹa het aan hulle verskyn, en hulle het met hom gesels. 4 Toe het Petrus vir Jesus gesê: “Here, dit is goed dat ons hier is. As u wil, sal ek drie skuilings* hier oprig: een vir u, een vir Moses en een vir Eliʹa.” 5 Terwyl hy nog gepraat het, kyk! toe het ’n helder wolk oor hulle gekom, en ’n stem het uit die wolk gesê: “Dit is my Seun, die geliefde, wat ek goedgekeur het.+ Luister na hom.”+ 6 Toe die dissipels dit hoor, het hulle met hulle gesigte na die grond toe neergeval en baie bang geword. 7 Jesus het nader gekom, aan hulle geraak en gesê: “Staan op. Moenie bang wees nie.” 8 Toe hulle opkyk, het hulle niemand behalwe Jesus daar gesien nie. 9 Terwyl hulle van die berg afgekom het, het Jesus hulle beveel: “Moet vir niemand van die visioen vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek is nie.”+

10 Die dissipels het hom gevra: “Hoekom sê die skrifgeleerdes dan dat Eliʹa eers moet kom?”+ 11 Hy het geantwoord: “Eliʹa kom beslis en sal alles herstel.+ 12 Maar ek sê vir julle dat Eliʹa reeds gekom het, en hulle het hom nie herken nie, maar hulle het met hom gedoen net wat hulle wou.+ Net so gaan die Seun van die mens as gevolg van hulle ly.”+ 13 Toe het die dissipels besef dat hy met hulle oor Johannes die Doper gepraat het.

14 Terwyl hulle na die skare toe geloop het,+ het ’n man na hom toe gekom en voor hom gekniel. Die man het vir hom gesê: 15 “Here, betoon genade aan my seun, want hy ly aan epilepsie en is siek. Hy val dikwels in die vuur en dikwels in die water.+ 16 Ek het hom na u dissipels toe gebring, maar hulle kon hom nie genees nie.” 17 Jesus het gesê: “Julle is so ’n ongelowige en verdraaide geslag!+ Hoe lank moet ek by julle bly? Hoe lank moet ek julle verdra? Bring hom hier na my toe.” 18 Toe het Jesus streng met die demoon gepraat, en hy het uit hom uitgekom, en die seun was van daardie uur af genees.+ 19 Die dissipels het alleen na Jesus toe gekom en gevra: “Hoekom kon ons hom nie uitdryf nie?” 20 Hy het vir hulle gesê: “Omdat julle so min geloof het. Want ek verseker julle: As julle geloof het wat so groot soos ’n mosterdsaadjie is, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan van hier af soontoe,’ en dit sal gaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”+ 21 *——

22 Dit was terwyl hulle in Galileʹa bymekaar was dat Jesus vir hulle gesê het: “Die Seun van die mens gaan verraai word en aan mense oorgelewer word,+ 23 en hulle sal hom doodmaak, en op die derde dag sal hy opgewek word.”+ En hulle was baie hartseer.

24 Nadat hulle in Kaperʹnaum aangekom het, het die manne wat die twee dragmas* belasting invorder, na Petrus toe gekom en gevra: “Betaal julle leermeester die twee dragmas belasting?”+ 25 Hy het gesê: “Ja.” Maar toe hy in die huis ingaan, het Jesus met hom begin praat en gevra: “Wat dink jy, Simon? Van wie ontvang die konings van die aarde heffings of hoofbelasting? Van hulle seuns of van die vreemdelinge?” 26 Toe hy sê: “Van die vreemdelinge,” het Jesus vir hom gesê: “Dan hoef die seuns mos nie belasting te betaal nie. 27 Maar sodat ons hulle nie laat struikel nie,+ gaan na die see toe, gooi ’n vishoek in en vat die eerste vis wat jy uittrek, en wanneer jy sy bek oopmaak, sal jy ’n silwermuntstuk* vind. Vat dit en betaal die belasting vir my en vir jou.”

18 In daardie uur het die dissipels na Jesus toe gekom en gevra: “Wie is werklik die grootste in die Koninkryk van die hemel?”+ 2 Toe het hy ’n jong kind nader geroep, hom tussen hulle laat staan 3 en gesê: “Ek verseker julle: As julle nie verander* en soos jong kinders word nie,+ sal julle beslis nie in die Koninkryk van die hemel ingaan nie.+ 4 Elkeen wat so nederig soos hierdie jong kind is, is dus die grootste in die Koninkryk van die hemel,+ 5 en elkeen wat ’n jong kind soos hierdie op grond van my naam ontvang, ontvang my ook. 6 Maar as enigiemand een van hierdie kleintjies wat geloof in my het, laat struikel, sal dit vir hom beter wees as ’n meulsteen* om sy nek gehang word en hy in die oop see gegooi word.+

7 “Dit sal sleg gaan met die mense in die wêreld wat ’n struikelblok vir ander is! Struikelblokke is natuurlik onvermydelik, maar dit sal sleg gaan met die mens wat ’n struikelblok vir ander is! 8 As jou hand of jou voet dan vir jou ’n struikelblok is, kap dit af en gooi dit weg.+ Dit is beter om vermink of kreupel in die lewe in te gaan as om met twee hande of twee voete in die ewige vuur gegooi te word.+ 9 En as jou oog vir jou ’n struikelblok is, ruk dit uit en gooi dit weg. Dit is beter om met een oog in die lewe in te gaan as om met twee oë in die vurige Gehenʹna* gegooi te word.+ 10 Sorg dat julle nie op een van hierdie kleintjies neersien nie, want ek sê vir julle dat hulle engele in die hemel altyd in die teenwoordigheid van my hemelse Vader is.+ 11 *——

12 “Wat dink julle? As ’n sekere man 100 skape het en een van hulle afdwaal,+ sal hy nie die 99 op die berge los en na die een gaan soek wat afgedwaal het nie?+ 13 En as hy hom vind, verseker ek julle dat hy blyer is oor hom as oor die 99 wat nie afgedwaal het nie. 14 Net so wil my* Vader wat in die hemel is, nie hê dat selfs een van hierdie kleintjies verlore gaan nie.+

15 “En as jou broer ’n sonde pleeg, gaan praat alleen met hom en sê vir hom wat hy verkeerd gedoen het.*+ As hy na jou luister, het jy jou broer gewen.+ 16 Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee saam met jou, sodat elke saak deur* twee of drie getuies bevestig kan word.+ 17 As hy nie na hulle luister nie, praat met die gemeente. As hy nie eens na die gemeente luister nie, laat hom vir jou net soos ’n man van die nasies+ en soos ’n belastinggaarder*+ wees.

18 “Ek verseker julle: Alles wat julle op die aarde bind, sal reeds in die hemel gebind wees, en alles wat julle op die aarde losmaak, sal reeds in die hemel losgemaak wees. 19 Ek verseker julle ook: As twee van julle op die aarde saamstem oor enigiets belangriks wat hulle wil vra, sal my Vader in die hemel dit vir hulle laat gebeur.+ 20 Want waar twee of drie in my naam bymekaarkom,+ daar sal ek by hulle wees.”

21 Toe het Petrus gekom en vir hom gevra: “Here, hoeveel keer kan my broer teen my sondig en moet ek hom vergewe? Tot sewe keer?” 22 Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou: nie tot sewe keer nie, maar tot 77 keer.+

23 “Daarom kan die Koninkryk van die hemel vergelyk word met ’n koning wat wou hê dat sy slawe moet teruggee wat hulle hom skuld. 24 Toe hy die geld begin terugvra, is daar ’n man ingebring wat hom 10 000 talente* skuld. 25 Maar omdat hy nie die middele gehad het om dit terug te betaal nie, het sy meester beveel dat hy en sy vrou en sy kinders en al sy besittings verkoop moet word en dat die skuld so terugbetaal moet word.+ 26 Daarom het die slaaf neergeval en aan hom eer bewys* en gesê: ‘Wees geduldig met my, en ek sal alles aan u terugbetaal.’ 27 As gevolg hiervan het die meester van daardie slaaf vir hom jammer gevoel en hom laat gaan en sy skuld afgeskryf.+ 28 Maar daardie slaaf het uitgegaan en een van sy medeslawe gevind wat hom 100 denaʹrii* skuld, en hy het hom gegryp en hom begin wurg en gesê: ‘Betaal terug wat jy skuld.’ 29 Daarom het sy medeslaaf neergeval en hom begin smeek en gesê: ‘Wees geduldig met my, en ek sal jou terugbetaal.’ 30 Maar hy wou nie en het weggegaan en hom in die tronk laat gooi totdat hy sy skuld kon terugbetaal. 31 Toe sy medeslawe sien wat gebeur het, was hulle baie ontsteld, en hulle het hulle meester gaan vertel van alles wat gebeur het. 32 Daarna het sy meester hom laat roep en vir hom gesê: ‘Goddelose slaaf, ek het al jou skuld afgeskryf toe jy my gesmeek het. 33 Moes jy nie ook genade aan jou medeslaaf betoon het soos ek genade aan jou betoon het nie?’+ 34 Sy meester was baie kwaad en het hom dus aan die tronkbewaarders oorgelewer totdat hy al sy skuld terugbetaal het. 35 My hemelse Vader sal julle op dieselfde manier behandel+ as julle nie elkeen sy broer uit die hart vergewe nie.”+

19 Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het hy uit Galileʹa vertrek en by die grens van Judeʹa oorkant die Jordaanrivier gekom.+ 2 En groot groepe mense het hom gevolg, en hy het hulle daar genees.

3 En Fariseërs het na hom toe gekom om hom te toets, en hulle het gevra: “Mag ’n man sommer om enige rede van sy vrou skei?”+ 4 Hy het geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Een wat mense geskep het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie?+ 5 Hy het gesê: ‘Daarom sal ’n man sy pa en sy ma verlaat en sy vrou aankleef, en die twee sal een vlees wees.’+ 6 Hulle is dus nie meer twee nie, maar een vlees. Wat God dan onder een juk saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.”+ 7 Hulle het vir hom gevra: “Hoekom het Moses dan gesê dat ’n skeibrief gegee kan word en dat hy van haar kan skei?”+ 8 Hy het vir hulle gesê: “Moses het die toegewing gemaak dat julle van julle vrouens kan skei omdat julle harte so ongevoelig is,+ maar dit was nie van die begin af so nie.+ 9 Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe op grond van seksuele onsedelikheid,* en met iemand anders trou, egbreuk pleeg.”+

10 Die dissipels het vir hom gesê: “As dít die situasie is met ’n man en sy vrou, is dit beter om nie te trou nie.” 11 Hy het vir hulle gesê: “Nie almal kan hiervoor plek maak nie, maar net dié wat die gawe het.+ 12 Want daar is eunugs wat so gebore is, en daar is eunugs wat deur mense eunugs gemaak is, en daar is eunugs wat hulleself eunugs gemaak het ter wille van die Koninkryk van die hemel. Laat die een wat daarvoor kan plek maak, daarvoor plek maak.”+

13 Toe is jong kinders na hom toe gebring sodat hy hulle kan seën* en vir hulle kan bid, maar die dissipels het streng met hulle gepraat.+ 14 Jesus het egter gesê: “Los die jong kinders, en moet hulle nie probeer keer om na my toe te kom nie, want die Koninkryk van die hemel behoort aan mense wat soos hulle is.”+ 15 En hy het sy hande op hulle gelê en daarvandaan weggegaan.

16 En iemand het na hom toe gekom en gevra: “Leermeester, watter goeie dinge moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?”+ 17 Hy het vir hom gesê: “Hoekom vra jy my oor wat goed is? Daar is net Een wat goed is.+ As jy egter die lewe wil ingaan, moet jy aanhou om die gebooie te gehoorsaam.”+ 18 Hy het vir hom gevra: “Watter gebooie?” Jesus het gesê: “Jy mag nie moord pleeg nie,+ jy mag nie egbreuk pleeg nie,+ jy mag nie steel nie,+ jy mag nie valslik getuig nie,+ 19 eer* jou pa en jou ma+ en jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”+ 20 Die jong man het vir hom gesê: “Ek was gehoorsaam aan al hierdie dinge. Wat moet ek nog doen?” 21 Jesus het vir hom gesê: “As jy volmaak* wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê.+ En kom word my volgeling.”+ 22 Toe die jong man dit hoor, het hy hartseer weggegaan, want hy het baie besittings gehad.+ 23 Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “Ek verseker julle: Dit sal vir ’n ryk man moeilik wees om in die Koninkryk van die hemel in te gaan.+ 24 Ek sê weer vir julle dat dit makliker is vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die Koninkryk van God in te gaan.”+

25 Toe die dissipels dit hoor, was hulle baie verbaas, en hulle het gevra: “Wie kan dan eintlik gered word?”+ 26 Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”+

27 Toe het Petrus hom geantwoord: “Ons het alles agtergelaat en u gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees?”+ 28 Jesus het vir hulle gesê: “Ek verseker julle: In die herskepping, wanneer die Seun van die mens op sy glorieryke troon gaan sit, sal julle wat my gevolg het, op 12 trone sit en die 12 stamme van Israel oordeel.+ 29 En elkeen wat huise of broers of susters of pa of ma of kinders of landerye ter wille van my naam verlaat het, sal 100 keer soveel kry en die ewige lewe ontvang.+

30 “Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en baie wat laaste is, sal eerste wees.+

20 “Want die Koninkryk van die hemel is soos die meester van ’n huis wat vroeg in die oggend uitgegaan het om werkers vir sy wingerd te huur.+ 2 Nadat hy met die werkers ooreengekom het om hulle ’n denaʹrius* per dag te betaal, het hy hulle in sy wingerd uitgestuur. 3 Hy het weer omtrent die derde uur* uitgegaan en ander op die markplein sien staan wat werkloos is. 4 Hy het vir hulle gesê: ‘Gaan ook in die wingerd in, en ek sal julle betaal wat redelik is.’ 5 Toe het hulle gegaan. Hy het omtrent die sesde uur* en die negende uur* weer uitgegaan en dieselfde gedoen. 6 Laastens het hy omtrent die 11de uur* uitgegaan en ander gesien wat daar rondstaan, en hy het vir hulle gevra: ‘Hoekom staan julle al die hele dag hier sonder werk?’ 7 Hulle het hom geantwoord: ‘Omdat niemand ons gehuur het nie.’ Hy het vir hulle gesê: ‘Gaan ook in die wingerd in.’

8 “Toe dit aand word, het die meester van die wingerd vir die man wat oor die werkers toesig gehou het, gesê: ‘Roep die werkers en betaal hulle.+ Begin by die laastes en eindig by die eerstes.’ 9 Toe die manne kom wat van die 11de uur af gewerk het, het hulle elkeen ’n denaʹrius* gekry. 10 Toe die eerstes kom, het hulle dus aangeneem dat hulle meer sou kry, maar hulle het ook ’n denaʹrius* as betaling gekry. 11 Nadat hulle betaal is, het hulle teen die meester van die huis begin kla 12 en gesê: ‘Hierdie laaste manne het net een uur gewerk, en tog het u hulle net soveel betaal as vir ons, wat die hele dag hard gewerk het in die warm son!’ 13 Maar hy het vir een van hulle gesê: ‘Vriend, ek behandel jou nie onregverdig nie. Het ek nie met jou ooreengekom dat ek jou ’n denaʹrius* sou betaal nie?+ 14 Neem wat joune is en gaan. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou. 15 Het ek nie die reg om met my eie goed te doen wat ek wil nie? Of is jy jaloers* omdat ek goed vir hulle was?’*+ 16 So sal die laastes eerste wees, en die eerstes, laaste.”+

17 Terwyl Jesus op pad Jerusalem toe was, het hy die 12 dissipels eenkant geneem en vir hulle gesê:+ 18 “Ons is op pad na Jerusalem, en die Seun van die mens sal aan die hoofpriesters en die skrifgeleerdes oorgelewer word. Hulle sal hom tot die dood veroordeel+ 19 en hom aan mense van die nasies oorlewer om bespot en met ’n gésel* geslaan en aan ’n paal gehang te word,+ en op die derde dag sal hy opgewek word.”+

20 Toe het die ma van die seuns van Sebedeʹus+ saam met haar seuns na hom toe gekom en aan hom eer bewys* en iets van hom gevra.+ 21 Hy het vir haar gevra: “Wat wil jy hê?” Sy het vir hom gesê: “Sê dat hierdie twee seuns van my in u Koninkryk mag sit, een aan u regterhand en een aan u linkerhand.”+ 22 Jesus het geantwoord: “Julle weet nie waarvoor julle vra nie. Kan julle die beker drink wat ek binnekort gaan drink?”+ Hulle het vir hom gesê: “Ons kan.” 23 Hy het vir hulle gesê: “Julle sal beslis my beker drink,+ maar om aan my regterhand en aan my linkerhand te sit, is nie myne om te gee nie, maar dit behoort aan dié vir wie my Vader dit voorberei het.”+

24 Toe die tien ander hiervan hoor, het hulle kwaad geword vir die twee broers.+ 25 Maar Jesus het hulle na hom toe geroep en gesê: “Julle weet dat die heersers van die nasies oor die mense baasspeel en dat die leiers hulle gesag gebruik om mense te oorheers.+ 26 Dit moenie so onder julle wees nie.+ As iemand onder julle groot wil wees, moet hy julle dienaar wees,+ 27 en as iemand onder julle die eerste wil wees, moet hy julle slaaf wees.+ 28 Net so het die Seun van die mens gekom, nie om gedien te word nie, maar om te dien+ en om sy lewe te gee as ’n losprys in ruil vir baie.”+

29 Terwyl hulle uit Jeʹrigo uitgegaan het, het ’n groot skare hom gevolg. 30 En twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbygaan en het uitgeroep: “Here, betoon genade aan ons, Seun van Dawid!”+ 31 Die skare het hulle streng beveel om stil te bly, maar hulle het al hoe harder uitgeroep: “Here, betoon genade aan ons, Seun van Dawid!” 32 Toe het Jesus stilgestaan, hulle geroep en gevra: “Wat wil julle hê moet ek vir julle doen?” 33 Hulle het vir hom gesê: “Here, laat ons asseblief sien.” 34 Jesus het baie jammer vir hulle gevoel. Hy het aan hulle oë geraak,+ en onmiddellik kon hulle weer sien, en hulle het hom gevolg.

21 Toe hulle naby Jerusalem kom en by Betfaʹge op die Olyfberg aankom, het Jesus twee dissipels gestuur+ 2 en vir hulle gesê: “Gaan in die dorpie in wat julle voor julle sien, en julle sal dadelik ’n donkie vind wat vasgemaak is, en ’n jong donkie by haar. Maak hulle los en bring hulle na my toe. 3 As iemand vir julle iets vra, moet julle sê: ‘Die Here het hulle nodig.’ Dan sal hy hulle onmiddellik stuur.”

4 Dit het in werklikheid plaasgevind sodat vervul sou word wat deur middel van die profeet gesê is: 5 “Sê vir die dogter van Sion: ‘Jou koning kom na jou toe.+ Hy is saggeaard+ en hy sit op ’n donkie, ja, op ’n jong donkie, die vul van ’n pakdier.’”+

6 Toe het die dissipels gegaan en gedoen net soos Jesus vir hulle gesê het.+ 7 Hulle het die donkie asook die jong donkie gebring, en hulle het hulle bo-klere op hulle gesit. Toe het Jesus op die jong donkie gaan sit.+ 8 Die meeste mense het hulle bo-klere op die pad uitgesprei,+ terwyl ander takke van bome afgekap het en dit op die pad uitgesprei het. 9 En die skare wat voor hom uit gegaan het en die mense wat hom gevolg het, het bly uitroep: “Red asseblief die Seun van Dawid!+ Geseënd is die een wat in Jehovah* se naam kom!+ Red hom asseblief in die hoogtes daar bo!”+

10 En toe hy in Jerusalem aankom, was die hele stad in rep en roer, en die mense het gevra: “Wie is dit?” 11 Die skare het bly sê: “Dit is die profeet Jesus,+ van Naʹsaret in Galileʹa!”

12 Jesus het in die tempel ingegaan en almal uitgejaag wat in die tempel koop en verkoop. Hy het ook die tafels van die geldwisselaars* en die stoele van die duiweverkopers omgegooi.+ 13 En hy het vir hulle gesê: “Daar staan geskryf: ‘My huis sal ’n huis van gebed genoem word’,+ maar julle maak dit ’n skuilplek vir rowers.”+ 14 Daar was ook blinde mense en kreupel mense wat in die tempel na hom toe gekom het, en hy het hulle genees.

15 Toe die hoofpriesters en die skrifgeleerdes die wonderlike dinge sien wat hy doen, sowel as die seuns wat in die tempel uitroep: “Red asseblief die Seun van Dawid!”+ het hulle kwaad geword.+ 16 Hulle het vir hom gevra: “Hoor jy wat hulle sê?” Jesus het vir hulle gesê: “Ja. Het julle nooit gelees nie: ‘U laat u loof deur die mond van kinders en kleuters’?”+ 17 En hy het hulle agtergelaat en uit die stad uitgegaan na Betaʹnië en daar oornag.+

18 Vroeg die oggend, op pad terug na die stad, het hy honger geword.+ 19 Hy het ’n vyeboom langs die pad gesien en soontoe gegaan, maar hy het net blare daaraan gevind.+ Hy het vir die boom gesê: “Mag jy nooit weer vrugte dra nie.”+ En die vyeboom het dadelik uitgedroog. 20 Toe die dissipels dit sien, was hulle verbaas en het hulle gevra: “Hoe is dit moontlik dat die vyeboom dadelik uitgedroog het?”+ 21 Jesus het vir hulle gesê: “Ek verseker julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie net doen wat ek aan die vyeboom gedoen het nie, maar selfs as julle vir hierdie berg sê: ‘Lig jouself op en gooi jouself in die see,’ sal dit gebeur.+ 22 En alles wat julle in gebed met geloof vra, sal julle ontvang.”+

23 Nadat hy in die tempel ingegaan het, het die hoofpriesters en die ouermanne van die volk na hom toe gekom terwyl hy die mense geleer het. Hulle het gevra: “Met watter gesag doen jy hierdie dinge? En wie het jou hierdie gesag gegee?”+ 24 Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Ek sal julle ook een ding vra. As julle vir my sê wat die antwoord is, sal ek ook vir julle sê met watter gesag ek hierdie dinge doen: 25 Het Johannes se gesag om te doop uit die hemel of van mense gekom?” Maar hulle het onder mekaar begin redeneer en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel,’ sal hy vir ons vra: ‘Hoekom het julle hom dan nie geglo nie?’+ 26 Maar ons is bang vir wat die skare gaan doen as ons sê: ‘Van mense,’ want hulle almal beskou Johannes as ’n profeet.” 27 Hulle het dus vir Jesus gesê: “Ons weet nie.” Toe het hy vir hulle gesê: “Dan sê ek ook nie vir julle met watter gesag ek hierdie dinge doen nie.

28 “Wat dink julle? ’n Man het twee kinders gehad. Hy het na die eerste kind toe gegaan en gesê: ‘Kind, gaan werk vandag in die wingerd.’ 29 Die kind het geantwoord: ‘Ek sal nie,’ maar agterna het hy spyt gevoel en gegaan. 30 Hy het na die tweede kind toe gegaan en dieselfde gesê. Die kind het geantwoord: ‘Ek sal, Pa,’ maar hy het nie gegaan nie. 31 Wie van die twee het die wil van sy pa gedoen?” Hulle het gesê: “Die eerste kind.” Jesus het vir hulle gesê: “Ek verseker julle: Die belastinggaarders* en die prostitute sal voor julle in die Koninkryk van God ingaan. 32 Want Johannes het gekom en vir julle die weg van regverdigheid geleer, maar julle het hom nie geglo nie. Die belastinggaarders en die prostitute het hom egter geglo,+ en selfs toe julle dit gesien het, het julle nie agterna spyt gevoel en hom geglo nie.

33 “Luister na nog ’n illustrasie: Daar was ’n man, ’n landeienaar, wat ’n wingerd+ geplant het en ’n heining daarom gesit het en ’n wynpers daarin uitgekap het en ’n toring+ opgerig het. Toe het hy dit aan landbouers verhuur en na die buiteland gereis.+ 34 Toe die druiweseisoen kom, het hy sy slawe na die landbouers toe gestuur om sy druiwe te gaan haal. 35 Maar die landbouers het sy slawe gevat, en hulle het die een geslaan, ’n ander doodgemaak en nog ’n ander met klippe doodgegooi.+ 36 Hy het ander slawe gestuur, meer as die eerste groep, maar hulle het dieselfde met hierdie slawe gedoen.+ 37 Laastens het hy sy seun na hulle toe gestuur en gesê: ‘Hulle sal my seun respekteer.’ 38 Toe die landbouers die seun sien, het hulle vir mekaar gesê: ‘Dit is die erfgenaam.+ Kom ons maak hom dood sodat ons sy erfenis kan kry!’ 39 Toe het hulle hom gevat en hom uit die wingerd uitgegooi en hom doodgemaak.+ 40 Wat sal die eienaar van die wingerd aan daardie landbouers doen wanneer hy kom?” 41 Hulle het vir hom gesê: “Omdat hulle sleg is, sal hy ’n verskriklike vernietiging oor hulle bring en die wingerd aan ander landbouers verhuur, wat hom in die oestyd sy deel sal gee.”

42 Jesus het vir hulle gesê: “Die Skrif sê: ‘Die steen wat die bouers verwerp het, het die belangrikste hoeksteen* geword.+ Dit het van Jehovah* af gekom, en dit is wonderlik in ons oë.’+ Het julle dit nog nooit gelees nie? 43 Daarom sê ek vir julle: Die Koninkryk van God sal van julle weggeneem word en aan ’n nasie gegee word wat die regte vrugte voortbring. 44 Die persoon wat op hierdie steen val, sal vernietig word.+ En elkeen op wie hierdie steen val, sal vergruis word.”+

45 Toe die hoofpriesters en die Fariseërs sy illustrasies hoor, het hulle geweet dat hy van hulle praat.+ 46 Al wou hulle hom gevange neem, was hulle bang vir die skare omdat die mense hom as ’n profeet beskou het.+

22 Jesus het weer deur middel van illustrasies met hulle gepraat en gesê: 2 “Die Koninkryk van die hemel kan vergelyk word met ’n koning wat ’n huweliksfees+ vir sy seun voorberei het. 3 Hy het sy slawe gestuur om die mense te roep wat na die huweliksfees genooi is, maar hulle wou nie kom nie.+ 4 Hy het weer slawe gestuur en gesê: ‘Sê vir die mense wat genooi is: “Ek het ’n maaltyd voorberei, my bulle en vetgemaakte diere is geslag en alles is gereed. Kom na die huweliksfees.”’ 5 Maar hulle het hulle nie daaraan gesteur nie en het weggegaan, die een na sy landery en die ander na sy besigheid.+ 6 Die res van die mense wat genooi is, het sy slawe gegryp, hulle mishandel en hulle doodgemaak.

7 “Die koning het woedend geword en sy leërmag gestuur en daardie moordenaars doodgemaak en hulle stad afgebrand.+ 8 Toe het hy vir sy slawe gesê: ‘Die huweliksfees is gereed, maar die mense wat genooi is, was nie waardig om uitgenooi te word nie.+ 9 Gaan dan na die paaie wat uit die stad lei, en nooi enigeen wat julle vind na die huweliksfees.’+ 10 Die slawe het dus na die paaie uitgegaan en almal bymekaargemaak wat hulle gevind het, goeie sowel as slegte mense. Toe het die vertrek vir die huwelikseremonie vol geword van die gaste wat vir die maaltyd genooi is.*

11 “Toe die koning inkom om na die gaste te kom kyk, het hy ’n man gesien wat nie gepaste klere vir die huweliksfees aangehad het nie. 12 En hy het vir hom gesê: ‘Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder om gepaste klere vir die huweliksfees aan te hê?’ Die man kon hom nie antwoord nie. 13 Toe het die koning vir sy knegte gesê: ‘Bind sy hande en voete vas en gooi hom in die duisternis daar buite. Daar sal hy huil en op sy tande kners.’

14 “Want baie is genooi, maar min is uitgekies.”

15 Toe het die Fariseërs gegaan en planne beraam sodat hulle Jesus kon kry om iets te sê wat hulle teen hom kan gebruik.+ 16 Daarna het hulle hulle dissipels na hom toe gestuur, saam met party van Herodes se ondersteuners.+ Hulle het gesê: “Leermeester, ons weet dat u opreg is en die waarheid oor God se weg leer, en u soek niemand se goedkeuring nie, want u kyk nie na mense se uiterlike nie. 17 Sê dan vir ons wat u dink: Is dit reg om hoofbelasting aan die keiser te betaal of nie?” 18 Maar Jesus, wat geweet het hoe goddeloos hulle is, het gevra: “Hoekom toets julle my, skynheiliges? 19 Wys my die muntstuk waarmee julle belasting betaal.” Hulle het vir hom ’n denaʹrius* gebring. 20 Hy het vir hulle gevra: “Wie se beeld en titel is hierop?” 21 Hulle het gesê: “Die keiser s’n.” Toe het hy vir hulle gesê: “Betaal dan aan die keiser terug wat aan die keiser behoort, maar aan God wat aan God behoort.”+ 22 Toe hulle dit hoor, was hulle verbaas, en hulle het van hom af weggegaan.

23 Op daardie dag het die Sadduseërs, wat sê dat daar geen opstanding is nie,+ vir hom kom sê:+ 24 “Leermeester, Moses het gesê: ‘As ’n man sterf sonder dat hy kinders het, moet die man se broer met sy vrou trou en kinders gee vir sy broer wat gesterf het.’+ 25 Daar was sewe broers by ons. Die eerste broer het getrou en gesterf, en omdat hy nie kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat. 26 Dieselfde het met die tweede en die derde broer gebeur, en uiteindelik met al sewe broers. 27 Laastens het die vrou gesterf. 28 Wie van die sewe broers se vrou sal sy in die opstanding wees? Want hulle almal was met haar getroud.”

29 Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Julle misgis julle, want julle ken nie die Skrif nie en ook nie die krag van God nie,+ 30 want in die opstanding trou mans nie en word vrouens ook nie in die huwelik gegee nie, maar hulle is soos engele in die hemel.+ 31 Het julle nie gelees wat God vir julle oor die opstanding van die dooies gesê het nie? Hy het gesê: 32 ‘Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.’+ Hy is nie die God van die dooies nie, maar van die lewendes.”+ 33 Toe die skare dit hoor, was hulle verstom oor sy onderrigting.+

34 Nadat die Fariseërs gehoor het dat die Sadduseërs Jesus nie kon antwoord nie, het hulle almal bymekaargekom. 35 En een van hulle, wat die Wet goed geken het, het hom getoets deur te vra: 36 “Leermeester, wat is die grootste gebod in die Wet?”+ 37 Hy het vir hom gesê: “‘Jy moet Jehovah* jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel* en met jou hele verstand.’+ 38 Dit is die grootste en eerste gebod. 39 Die tweede gebod, soortgelyk hieraan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’+ 40 Die hele Wet en die boeke van die profete is op hierdie twee gebooie gebaseer.”+

41 En terwyl die Fariseërs bymekaar was, het Jesus hulle gevra:+ 42 “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is hy?” Hulle het vir hom gesê: “Dawid s’n.”+ 43 Hy het vir hulle gevra: “Hoekom noem Dawid hom dan deur inspirasie+ Here wanneer hy sê: 44 ‘Jehovah* het vir my Here gesê: “Sit aan my regterhand totdat ek jou vyande onder jou voete plaas”’?+ 45 As Dawid hom dan Here noem, hoe is hy sy seun?”+ 46 En niemand kon hom antwoord nie, en van daardie dag af het niemand dit gewaag om hom enigsins verder uit te vra nie.

23 Toe het Jesus met die skare en met sy dissipels gepraat en gesê: 2 “Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het op die stoel van Moses gaan sit. 3 Julle moet dus alles doen en gehoorsaam wat hulle vir julle sê, maar julle moenie soos hulle optree nie, want hulle praat, maar hulle doen nie wat hulle sê nie.+ 4 Hulle bind swaar vragte saam en sit dit op die skouers van mense,+ maar hulle is self nie bereid om met ’n vinger aan die vrag te raak nie.+ 5 Alles wat hulle doen, doen hulle om deur mense gesien te word,+ want hulle maak die geskriftedosies breër wat hulle as beskermmiddel dra,+ en hulle maak die fraiings van hulle klere langer.+ 6 Hulle hou van die beste plekke by aandetes en die voorste* sitplekke in die sinagoges,+ 7 en hulle hou daarvan om op die markpleine gegroet te word en om deur die mense Rabbi* genoem te word. 8 Maar julle moet julle nie Rabbi laat noem nie, want een is julle Leermeester,+ en julle almal is broers. 9 En moet niemand op aarde julle vader noem nie, want julle het net een Vader,+ die Een in die hemel. 10 Moet julle ook nie leiers laat noem nie, want julle het net een Leier, die Christus. 11 Maar die grootste onder julle moet julle dienaar wees.+ 12 Elkeen wat homself verhoog,+ sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word.+

13 “Dit sal sleg gaan met julle, julle skynheilige skrifgeleerdes en Fariseërs! Want julle sluit die Koninkryk van die hemel vir mense. Julle gaan self nie in nie, en julle laat die mense wat wil ingaan, ook nie toe om in te gaan nie.+ 14 *——

15 “Dit sal sleg gaan met julle, julle skynheilige skrifgeleerdes en Fariseërs!+ Want julle reis oor die see en die droë land om een proseliet* te maak, en wanneer hy een word, maak julle hom ’n voorwerp vir Gehenʹna,* twee keer erger as julleself.

16 “Dit sal sleg gaan met julle, julle blinde gidse,+ wat sê: ‘As iemand by die tempel sweer, is dit niks, maar as iemand by die goud van die tempel sweer, is hy onder verpligting.’+ 17 Julle is dwaas en blind! Wat is eintlik belangriker: die goud of die tempel wat die goud geheilig het? 18 En julle sê: ‘As iemand by die altaar sweer, is dit niks, maar as iemand by die offer daarop sweer, is hy onder verpligting.’ 19 Blindes! Wat is in werklikheid belangriker: die offer of die altaar wat die offer heilig? 20 Hy wat dan by die altaar sweer, sweer by die altaar en by alles daarop, 21 en hy wat by die tempel sweer, sweer by die tempel en by die Een wat daarin woon,+ 22 en hy wat by die hemel sweer, sweer by die troon van God en by die Een wat daarop sit.

23 “Dit sal sleg gaan met julle, julle skynheilige skrifgeleerdes en Fariseërs! Want julle gee die tiende van die kruisement en die dille en die komyn,+ maar julle het die belangriker sake van die Wet geïgnoreer, naamlik geregtigheid,+ genade+ en getrouheid. Dit was nodig dat julle hierdie dinge doen, maar sonder om die ander dinge te ignoreer.+ 24 Blinde gidse!+ Julle sif die muggie+ uit maar julle sluk die kameel+ in!

25 “Dit sal sleg gaan met julle, julle skynheilige skrifgeleerdes en Fariseërs! Want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon,+ maar aan die binnekant is dit vol gierigheid*+ en selfsug.+ 26 Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat die buitekant ook skoon kan word.

27 “Dit sal sleg gaan met julle, julle skynheilige skrifgeleerdes en Fariseërs!+ Want julle is soos grafte wat wit geverf is.+ Aan die buitekant lyk dit wel mooi, maar aan die binnekant is dit vol beendere van dooie mense en allerhande onreinheid. 28 Net so lyk julle ook vir mense van buite af regverdig, maar aan die binnekant is julle vol skynheiligheid en wetteloosheid.+

29 “Dit sal sleg gaan met julle, julle skynheilige skrifgeleerdes en Fariseërs!+ Want julle bou die grafte van die profete en versier die grafte* van die regverdiges,+ 30 en julle sê: ‘As ons in ons voorvaders se tyd gelewe het, sou ons nie die profete saam met hulle doodgemaak het nie.’ 31 Daarom getuig julle teen julleself dat julle kinders is van dié wat die profete vermoor het.+ 32 Maak dan die maathouer van julle voorvaders vol.

33 “Julle spul giftige slange,*+ hoe sal julle die oordeel van Gehenʹna* vryspring?+ 34 Daarom stuur ek profete+ en wyse manne en openbare onderrigters+ na julle toe. Julle sal party van hulle doodmaak+ en aan pale hang, en julle sal party van hulle in julle sinagoges met gésels* slaan+ en van stad tot stad vervolg.+ 35 Daarom sal al die regverdige bloed wat op die aarde uitgestort is, oor julle kom, van die bloed van die regverdige Abel+ af tot die bloed van Sagariʹa, die seun van Baragʹja, wat julle tussen die heiligdom en die altaar vermoor het.+ 36 Ek verseker julle: Al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.

37 “Jerusalem, Jerusalem, wat die profete doodmaak en die mense wat na haar gestuur is, met klippe doodgooi+ – hoe dikwels wou ek jou kinders bymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak! Maar julle wou my nie toelaat nie.+ 38 Kyk! Julle huis sal verlate word.*+ 39 Want ek sê vir julle: Julle sal my van nou af glad nie sien nie totdat julle sê: ‘Geseënd is die een wat in Jehovah* se naam kom!’”+

24 Terwyl Jesus van die tempel af weggegaan het, het sy dissipels na hom toe gekom om die tempelgeboue vir hom te wys. 2 Toe het hy vir hulle gesê: “Sien julle nie al hierdie dinge nie? Ek verseker julle: Hier sal beslis nie ’n klip op ’n klip gelos word wat nie afgebreek sal word nie.”+

3 Terwyl hy op die Olyfberg gesit het, het die dissipels alleen na hom toe gekom en gevra: “Sê vir ons: Wanneer sal hierdie dinge gebeur, en wat sal die teken wees van u teenwoordigheid*+ en dat die einde van die wêreldstelsel naby is?”*+

4 Jesus het hulle geantwoord en gesê: “Pasop dat niemand julle mislei nie,+ 5 want baie sal kom en my naam gebruik en sê: ‘Ek is die Christus,’ en hulle sal baie mense mislei.+ 6 Julle sal van oorloë en berigte van oorloë hoor. Moenie bang wees nie, want hierdie dinge moet gebeur, maar dit is nog nie die einde nie.+

7 “Want nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk,+ en daar sal voedseltekorte+ en aardbewings op die een plek ná die ander wees.+ 8 Al hierdie dinge is die begin van ’n baie moeilike tyd.*

9 “Dan sal mense julle vervolg+ en julle doodmaak,+ en julle sal deur al die nasies gehaat word as gevolg van my naam.+ 10 Baie sal dan ook gestruikel word en mekaar verraai en mekaar haat. 11 Baie valse profete sal verskyn, en hulle sal baie mense mislei.+ 12 En omdat daar al hoe meer wetteloosheid sal wees, sal die liefde van die meeste mense afkoel. 13 Maar die een wat tot die einde toe volhard, sal gered word.+ 14 Hierdie goeie nuus van die Koninkryk sal oor die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies,+ en dan sal die einde kom.

15 “Wanneer julle dan die walglike ding wat verwoesting veroorsaak, waarvan die profeet Daniël gepraat het, in ’n heilige plek sien staan+ (hier het die leser insig nodig), 16 moet die mense wat in Judeʹa is, na die berge begin vlug.+ 17 Laat die man wat op die dak is, nie afkom om die goed uit sy huis te gaan haal nie, 18 en laat die man wat op die landery is, nie teruggaan om sy bo-kleed te gaan haal nie. 19 Dit sal ’n verskriklike tyd wees vir die swanger vrouens en vir dié wat in daardie dae ’n baba borsvoed! 20 Hou aan bid dat julle nie in die winter of op die Sabbatdag moet vlug nie, 21 want dan sal daar groot verdrukking+ wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie plaasgevind het nie, en ook nie weer sal plaasvind nie.+ 22 Om die waarheid te sê, as daardie dae nie verkort word nie, sal niemand* gered word nie, maar weens dié wat uitgekies is, sal daardie dae verkort word.+

23 “As iemand dan vir julle sê: ‘Kyk! Hier is die Christus,’+ of: ‘Daar is hy!’ moet julle dit nie glo nie.+ 24 Want valse christusse en valse profete+ sal verskyn en sal groot tekens en wonderwerke doen om selfs dié wat uitgekies is, te probeer mislei.+ 25 Maar onthou, ek het julle vooraf gewaarsku. 26 As mense dan vir julle sê: ‘Kyk! Hy is in die wildernis,’ moet julle nie uitgaan nie. Of as hulle sê: ‘Kyk! Hy is in die binnekamers,’ moet julle dit nie glo nie.+ 27 Want net soos die weerlig uit die ooste kom en tot in die weste skyn, so sal die teenwoordigheid* van die Seun van die mens wees.+ 28 Waar die karkas ook al is, daar sal die arende bymekaarkom.+

29 “Onmiddellik ná die verdrukking van daardie dae sal die son donker word,+ en die maan sal nie sy lig gee nie, en die sterre sal uit die hemel val, en die kragte van die hemel sal geskud word.+ 30 Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en al die stamme van die aarde sal treur,+ en hulle sal die Seun van die mens+ met krag en groot heerlikheid op die wolke van die hemel sien kom.+ 31 Hy sal sy engele uitstuur met ’n harde trompetgeluid, en hulle sal dié wat vir hom uitgekies is, bymekaarmaak uit die vier windrigtings, van die een einde van die hemel af tot by die ander einde daarvan.+

32 “Leer nou uit die volgende illustrasie van die vyeboom: Sodra sy jong takkies uitloop en die boom blare kry, weet julle dat die somer naby is.+ 33 Net so moet julle, wanneer julle al hierdie dinge sien, ook weet dat hy naby is, voor die deur.+ 34 Ek verseker julle: Hierdie geslag sal beslis nie tot ’n einde kom voordat al hierdie dinge gebeur nie. 35 Hemel en aarde sal verdwyn, maar my woorde sal nooit verdwyn nie.+

36 “Niemand weet wanneer daardie dag en uur sal kom nie,+ nie die engele van die hemel nie en ook nie die Seun nie, maar net die Vader.+ 37 Net soos die dae van Noag was,+ so sal die teenwoordigheid* van die Seun van die mens wees.+ 38 Want in die dae voor die Vloed het mense geëet en gedrink, en mans het getrou en vrouens is in die huwelik gegee, tot die dag dat Noag in die ark ingegaan het.+ 39 Hulle het geen aandag geskenk totdat die Vloed gekom het en hulle almal weggespoel het nie.+ Die teenwoordigheid van die Seun van die mens sal net so wees. 40 Dan sal twee manne op die landery wees. Die een sal saamgeneem word en die ander een sal agtergelaat word. 41 Twee vrouens sal by die handmeul maal. Die een sal saamgeneem word en die ander een sal agtergelaat word.+ 42 Hou dus aan waak, want julle weet nie op watter dag julle Here kom nie.+

43 “Maar een ding moet julle weet: As die huiseienaar geweet het hoe laat in die nag* die dief kom,+ sou hy wakker gebly het en nie toegelaat het dat daar by sy huis ingebreek word nie.+ 44 Daarom moet julle ook gereed wees,+ want die Seun van die mens kom op ’n uur wanneer julle dit nie verwag nie.

45 “Wie is werklik die getroue en verstandige* slaaf wat deur sy meester oor sy huisknegte aangestel is om hulle hulle voedsel op die regte tyd te gee?+ 46 Gelukkig is daardie slaaf as sy meester hom daarmee besig vind wanneer hy kom!+ 47 Ek verseker julle: Sy meester sal hom oor al sy besittings aanstel.

48 “Maar as daardie slegte slaaf ooit in sy hart sê: ‘My meester vat lank om te kom,’+ 49 en hy sy medeslawe begin slaan en saam met die dronkaards eet en drink, 50 sal die meester van daardie slaaf op ’n dag en ’n uur kom wanneer hy dit nie verwag nie+ 51 en hy sal hom baie swaar straf en hom ’n plek by die skynheiliges gee. Daar sal hy huil en op sy tande kners.+

25 “Dan kan die Koninkryk van die hemel vergelyk word met tien maagde wat hulle lampe+ gevat het en uitgegaan het om die bruidegom+ te ontmoet. 2 Vyf van hulle was onverstandig, en vyf was verstandig.*+ 3 Die onverstandige maagde het hulle lampe gevat, maar hulle het geen olie saamgevat nie, 4 terwyl die verstandige maagde elkeen ’n fles olie saam met hulle lampe gevat het. 5 Die bruidegom het lank gevat om te kom, en hulle almal het vaak geword en aan die slaap geraak. 6 In die middel van die nag het iemand uitgeroep: ‘Hier is die bruidegom! Gaan uit om hom te ontmoet.’ 7 Toe het al die maagde opgestaan en hulle lampe reggekry.+ 8 Die onverstandige maagde het vir die verstandiges gesê: ‘Gee vir ons van julle olie, want ons lampe is besig om dood te gaan.’ 9 Die verstandiges het geantwoord: ‘Miskien is daar nie genoeg vir ons en vir julle nie. Gaan liewer na die mense wat olie verkoop en koop julle eie olie.’ 10 Terwyl hulle olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Die maagde wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die huweliksfees,+ en die deur is gesluit. 11 Ná die tyd het die res van die maagde ook gekom en gesê: ‘Meneer, Meneer, maak vir ons oop!’+ 12 Hy het geantwoord: ‘Ek vertel julle die waarheid: Ek ken julle nie.’

13 “Hou dus aan waak,+ want julle weet nie wanneer daardie dag en uur sal kom nie.+

14 “Dit is net soos ’n man wat op die punt gestaan het om na die buiteland te reis en wat sy slawe laat roep het en vir hulle gesê het om na sy besittings om te sien.+ 15 Hy het vir een slaaf vyf talente* gegee, vir ’n ander slaaf twee en vir nog ’n ander slaaf een, vir elkeen volgens sy eie vermoë, en hy het na die buiteland gegaan. 16 Onmiddellik het die een wat die vyf talente ontvang het, weggegaan en daarmee handel gedryf en nog vyf bygekry. 17 Net so het die een wat die twee ontvang het, nog twee bygekry. 18 Maar die een wat net een ontvang het, het weggegaan en ’n gat in die grond gegrawe en sy meester se geld* daarin weggesteek.

19 “Ná ’n lang tyd het die meester van daardie slawe gekom en vir hulle gevra wat hulle met sy besittings gedoen het.+ 20 Toe het die een wat die vyf talente ontvang het, met nog vyf talente vorentoe gekom en gesê: ‘Meester, u het vir my vyf talente gegee. Kyk, ek het nog vyf talente bygekry.’+ 21 Sy meester het vir hom gesê: ‘Mooi so, goeie en getroue slaaf! Jy was getrou oor ’n paar dinge. Ek sal jou oor baie dinge aanstel.+ Wees bly saam met jou meester.’+ 22 Daarna het die een wat die twee talente ontvang het, vorentoe gekom en gesê: ‘Meester, u het vir my twee talente gegee. Kyk, ek het nog twee talente bygekry.’+ 23 Sy meester het vir hom gesê: ‘Mooi so, goeie en getroue slaaf! Jy was getrou oor ’n paar dinge. Ek sal jou oor baie dinge aanstel. Wees bly saam met jou meester.’

24 “Uiteindelik het die slaaf wat die een talent ontvang het, vorentoe gekom en gesê: ‘Meester, ek het geweet dat u ’n man is wat baie vereis, wat oes waar u nie gesaai het nie en bymekaarmaak waarvoor u nie gewerk het nie.*+ 25 Toe het ek bang geword en u talent in die grond gaan wegsteek. Hier is die talent wat aan u behoort.’ 26 Sy meester het geantwoord: ‘Jou goddelose en lui slaaf, jy het dan geweet dat ek geoes het waar ek nie gesaai het nie en bymekaargemaak het waar ek nie gewerk het nie. 27 Dan moes jy mos my geld* gebank het, en dan sou ek dit met rente teruggekry het toe ek gekom het.

28 “‘Vat dan nou die talent by hom en gee dit vir die slaaf wat die tien talente het.+ 29 Want as iemand het, sal meer aan hom gegee word, en hy sal ’n oorvloed hê. Maar as iemand nie het nie, sal selfs wat hy het, van hom af weggeneem word.+ 30 Gooi die nikswerd slaaf uit in die duisternis daar buite. Daar sal hy huil en op sy tande kners.’

31 “Wanneer die Seun van die mens+ in sy heerlikheid kom, en al die engele saam met hom,+ sal hy op sy glorieryke troon gaan sit. 32 Al die nasies sal voor hom versamel word, en hy sal die mense van mekaar skei, net soos ’n herder die skape van die bokke skei. 33 En hy sal die skape+ aan sy regterhand sit, maar die bokke aan sy linkerhand.+

34 “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterhand sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is, erf die Koninkryk wat van die begin van die mensdom* af vir julle voorberei is. 35 Want ek het honger geword, en julle het vir my iets gegee om te eet. Ek het dors geword, en julle het vir my iets gegee om te drink. Ek was ’n vreemdeling, en julle het my gasvry ontvang.+ 36 Ek was kaal,* en julle het vir my klere gegee.+ Ek het siek geword, en julle het my versorg. Ek was in die tronk, en julle het my kom besoek.’+ 37 Dan sal die regverdiges hom antwoord: ‘Here, wanneer het ons gesien dat u honger is en vir u kos gegee, of gesien dat u dors is en vir u iets gegee om te drink?+ 38 Wanneer het ons gesien dat u ’n vreemdeling is en u gasvry ontvang, of gesien dat u kaal is en vir u klere gegee? 39 Wanneer het ons gesien dat u siek of in die tronk is en u kom besoek?’ 40 Die Koning sal hulle antwoord: ‘Ek verseker julle: Alles wat julle vir een van die minste van my broers gedoen het, het julle ook vir my gedoen.’+

41 “Dan sal hy vir dié aan sy linkerhand sê: ‘Gaan weg van my af,+ julle wat vervloek is, in die ewige vuur+ in wat vir die Duiwel en sy engele voorberei is.+ 42 Want ek het honger geword, maar julle het vir my niks gegee om te eet nie, en ek het dors geword, maar julle het vir my niks gegee om te drink nie. 43 Ek was ’n vreemdeling, maar julle het my nie gasvry ontvang nie. Ek was kaal, maar julle het nie vir my klere gegee nie. Ek was siek en in die tronk, maar julle het my nie versorg nie.’ 44 Dan sal hulle ook antwoord en sê: ‘Here, wanneer het ons gesien dat u honger of dors of ’n vreemdeling of kaal of siek of in die tronk is en u nie gehelp nie?’ 45 Dan sal hy hulle antwoord: ‘Ek verseker julle: Alles wat julle nie vir een van die minste van my broers gedoen het nie, het julle ook nie vir my gedoen nie.’+ 46 Hulle sal vir ewig afgesny* word,+ maar die regverdiges sal die ewige lewe ontvang.”+

26 Nadat Jesus al hierdie dinge gesê het, het hy vir sy dissipels gesê: 2 “Julle weet dat die Pasga oor twee dae plaasvind,+ en die Seun van die mens gaan oorgelewer word om aan ’n paal gehang te word.”+

3 Toe het die hoofpriesters en die ouermanne van die volk in die binnehof van die hoëpriester, Kaʹjafas, bymekaargekom.+ 4 Hulle het planne beraam+ om Jesus op ’n slinkse manier gevange te neem en dood te maak, 5 maar hulle het gesê: “Nie by die fees nie, sodat die volk nie miskien in opstand kom nie.”

6 Terwyl Jesus in Betaʹnië was, in die huis van Simon die melaatse,+ 7 het ’n vrou met ’n albasterfles met duur lekkerruik-olie na hom toe gekom, en sy het dit op sy kop begin uitgooi terwyl hy aan tafel was. 8 Toe die dissipels dit sien, het hulle kwaad geword en gevra: “Hoekom mors sy die olie so? 9 Dit kon vir baie geld verkoop word, wat dan vir die armes gegee kon word.” 10 Jesus het dit opgemerk en vir hulle gesê: “Hoekom maak julle dit so moeilik vir die vrou? Sy het iets goeds vir my gedoen. 11 Want julle het altyd die armes by julle,+ maar julle sal my nie altyd hê nie.+ 12 Toe sy hierdie olie op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen om my vir my begrafnis voor te berei.+ 13 Ek verseker julle: Oral waar hierdie goeie nuus in die wêreld verkondig word, sal wat hierdie vrou gedoen het, ook vertel word, en sy sal hiervoor onthou word.”+

14 Toe het een van die Twaalf, die een wat Judas Iskaʹriot+ genoem is, na die hoofpriesters toe gegaan+ 15 en gevra: “Wat sal julle vir my gee om hom aan julle te verraai?”+ Hulle het vir hom 30 silwerstukke+ aangebied. 16 Daarom het hy van toe af na ’n goeie geleentheid gesoek om hom te verraai.

17 Op die eerste dag van die Ongesuurde Brode+ het die dissipels na Jesus toe gekom en gevra: “Waar wil u hê moet ons gaan voorberei sodat u die Pasga kan eet?”+ 18 Hy het gesê: “Gaan in die stad na So-en-so toe en sê vir hom: ‘Die Leermeester sê: “Die tyd wat vir my vasgestel is, is naby. Ek sal die Pasga saam met my dissipels in jou huis vier.”’” 19 Toe het die dissipels gedoen wat Jesus vir hulle gesê het, en hulle het vir die Pasga voorberei.

20 Toe dit aand geword het,+ was hy saam met die 12 dissipels aan tafel.+ 21 Terwyl hulle geëet het, het hy gesê: “Hiervan kan julle seker wees: Een van julle sal my verraai.”+ 22 Hulle was baie hartseer hieroor, en daarom het elkeen van hulle vir hom begin vra: “Here, dit is tog seker nie ek nie?” 23 Hy het geantwoord: “Die een wat sy hand saam met my in die bak steek, is die een wat my sal verraai.+ 24 Dit is waar dat die Seun van die mens weggaan, net soos daar oor hom geskryf is, maar dit sal sleg gaan+ met die man deur wie die Seun van die mens verraai word!+ Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nooit gebore was nie.”+ 25 Judas, wat op die punt gestaan het om hom te verraai, het geantwoord: “Dit is tog seker nie ek nie, Rabbi?” Jesus het vir hom gesê: “Jy het dit self gesê.”

26 Terwyl hulle verder geëet het, het Jesus ’n brood geneem, en nadat hy gebid het, het hy dit gebreek+ en dit vir die dissipels gegee en gesê: “Neem, eet. Dit beteken my liggaam.”+ 27 Hy het ook ’n beker geneem, ’n dankgebed gedoen en dit vir hulle gegee en gesê: “Drink almal daaruit,+ 28 want dit beteken my ‘bloed+ van die verbond’,+ wat uitgestort sal word sodat baie mense+ se sondes vergewe kan word.+ 29 Maar ek sê vir julle: Ek sal beslis nie weer van hierdie wyn drink tot op die dag wanneer ek nuwe wyn saam met julle in die Koninkryk van my Vader drink nie.”+ 30 Uiteindelik het hulle, nadat hulle lofliedere* gesing het, na die Olyfberg gegaan.+

31 Toe het Jesus vir hulle gesê: “Vanaand sal julle almal struikel as gevolg van my, want daar is geskryf: ‘Ek sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word.’+ 32 Maar nadat ek opgewek is, sal ek voor julle uit gaan na Galileʹa.”+ 33 Toe het Petrus vir hom gesê: “Al struikel al die ander as gevolg van u, sal ek nooit struikel nie!”+ 34 Jesus het vir hom gesê: “Ek verseker jou: Vanaand, voordat ’n haan kraai, sal jy drie keer sê dat jy my nie ken nie.”+ 35 Petrus het vir hom gesê: “Selfs al moet ek saam met u sterf, sal ek nooit sê dat ek u nie ken nie.”+ Al die ander dissipels het ook dieselfde gesê.

36 Toe het Jesus saam met hulle by die plek gekom wat Getseʹmane+ genoem word, en hy het vir die dissipels gesê: “Sit hier terwyl ek daar gaan bid.”+ 37 Hy het Petrus en die twee seuns van Sebedeʹus saamgeneem, en hy het baie hartseer en erg ontsteld geword.+ 38 Toe het hy vir hulle gesê: “Ek is verskriklik hartseer, ja, tot die dood toe. Bly hier en bly wakker saam met my.”+ 39 Hy het ’n entjie verder gegaan en met sy gesig na die grond toe neergeval en gebid:+ “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker+ by my verbygaan. Maar laat dit nie wees soos ek wil nie, maar soos u wil.”+

40 Hy het teruggegaan na die dissipels toe en gesien dat hulle slaap, en hy het vir Petrus gesê: “Kon julle nie eers een uur saam met my wakker bly nie?+ 41 Hou aan waak+ en bid aanhoudend,+ sodat julle nie in versoeking kom nie.+ Die gees is natuurlik gretig,* maar die vlees is swak.”+ 42 Hy het weer, ’n tweede keer, weggegaan en gebid: “My Vader, as dit nie moontlik is dat dit verbygaan sonder dat ek dit drink nie, laat u wil plaasvind.”*+ 43 En hy het teruggekom en gesien dat hulle slaap, want hulle kon nie hulle oë oophou nie. 44 Toe het hy hulle gelos en weer weggegaan en ’n derde keer gebid en dieselfde woorde gesê. 45 Hy het teruggegaan na die dissipels en vir hulle gesê: “Op ’n tyd soos hierdie slaap julle en rus julle! Die tyd het gekom vir die Seun van die mens om verraai te word en aan sondaars oorgelewer te word. 46 Staan op, laat ons gaan. Kyk! My verraaier is naby.” 47 Terwyl hy nog gepraat het, het Judas, een van die Twaalf, daar aangekom. Daar was ’n groot skare by hom wat swaarde en knuppels by hulle gehad het en wat deur die hoofpriesters en die ouermanne van die volk gestuur is.+

48 Sy verraaier het met hulle afgespreek om vir hulle ’n teken te gee. Hy het gesê: “Die een wat ek soen, dit is hy. Neem hom in hegtenis.” 49 En hy het reguit na Jesus toe gegaan en gesê: “Goeiedag, Rabbi!” en hy het hom gesoen. 50 Maar Jesus het vir hom gevra: “Vriend, hoekom is jy hier?”+ Toe het hulle nader gekom en Jesus gegryp en hom in hegtenis geneem. 51 Maar een van die mans wat saam met Jesus was, het sy swaard uitgetrek en dit na die slaaf van die hoëpriester geswaai en sy oor afgekap.+ 52 Toe het Jesus vir hom gesê: “Sit jou swaard terug in sy plek,+ want almal wat die swaard gebruik, sal met die swaard doodgemaak word.+ 53 Of dink jy dat ek nie my Vader kan vra om op hierdie oomblik meer as 12 legioene engele+ na my toe te stuur nie? 54 Hoe sal die Skrif wat sê dat dit so moet gebeur, dan vervul word?” 55 Op daardie oomblik het Jesus vir die skare gesê: “Het julle met swaarde en knuppels gekom om my in hegtenis te neem asof ek ’n rower is? Dag ná dag het ek in die tempel gesit en die mense geleer,+ en tog het julle my nie in hegtenis geneem nie.+ 56 Maar al hierdie dinge het gebeur sodat wat die profete geskryf het,* vervul sou word.”+ Toe het al die dissipels hom verlaat en gevlug.+

57 Die mense wat Jesus in hegtenis geneem het, het hom weggelei na Kaʹjafas,+ die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die ouermanne bymekaargekom het.+ 58 Maar Petrus het hom op ’n goeie afstand bly volg, tot by die binnehof van die hoëpriester, en nadat hy daar ingegaan het, het hy by die huisknegte gaan sit om te sien wat sou gebeur.+

59 Intussen het die hoofpriesters en die hele Sanheʹdrin valse getuienis teen Jesus gesoek om hom dood te maak,+ 60 maar hulle het niks gevind nie, al het baie valse getuies na vore gekom.+ Later het twee getuies gekom 61 en gesê: “Hierdie man het gesê: ‘Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou.’”+ 62 Toe het die hoëpriester opgestaan en vir hom gevra: “Het jy niks om te sê nie? Hoor jy nie waarvan hierdie mans jou beskuldig nie?”+ 63 Maar Jesus het stilgebly.+ Toe het die hoëpriester vir hom gesê: “Ek beveel jou om voor die lewende God te sweer dat jy die waarheid sal praat en vir ons sal sê of jy die Christus, die Seun van God, is!”+ 64 Jesus het vir hom gesê: “U het dit self gesê. Maar ek sê vir julle: Van nou af sal julle die Seun van die mens+ aan die regterhand van die Magtige sien sit+ en op die wolke van die hemel sien kom.”+ 65 Toe het die hoëpriester sy bo-klere geskeur en gesê: “Hy het gelaster! Waarvoor het ons nog getuies nodig? Nou het julle self gehoor hoe hy laster. 66 Wat dink julle?” Hulle het geantwoord: “Hy verdien om te sterf.”+ 67 Toe het hulle in sy gesig gespoeg+ en hom met hulle vuiste geslaan.+ Ander het hom in die gesig geklap+ 68 en gesê: “Profeteer vir ons, Christus. Wie het jou geslaan?”

69 Terwyl Petrus in die binnehof gesit het, het ’n diensmeisie na hom toe gekom en gesê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër!”+ 70 Maar hy het dit voor hulle almal ontken en gesê: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.” 71 ’n Ander meisie het hom gesien toe hy na die poorthuis gaan, en sy het vir die mense daar gesê: “Hierdie man was saam met Jesus die Nasarener.”+ 72 Hy het dit weer ontken en gesweer: “Ek ken nie die man nie!” 73 Ná ’n rukkie het die mense wat daar rondgestaan het, nader gekom en vir Petrus gesê: “Jy is beslis ook een van hulle, want jou dialek* verraai jou.” 74 Toe het hy begin sweer dat hy die waarheid praat, en hy het gesê: “Ek ken nie die man nie!” En onmiddellik het ’n haan gekraai. 75 En Petrus het onthou dat Jesus gesê het: “Voordat ’n haan kraai, sal jy drie keer sê dat jy my nie ken nie.”+ En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

27 Toe dit oggend geword het, het al die hoofpriesters en die ouermanne van die volk bymekaargekom om planne te beraam om Jesus dood te maak.+ 2 Nadat hulle hom geboei het, het hulle hom weggelei en hom aan Pilatus, die goewerneur, oorgelewer.+

3 Toe Judas, sy verraaier, sien dat Jesus veroordeel is, het hy spyt gevoel en die 30 silwerstukke na die hoofpriesters en ouermanne teruggeneem+ 4 en gesê: “Ek het gesondig toe ek onskuldige bloed verraai het.” Hulle het gesê: “Wat het dit met ons te doen? Dit is jou probleem!” 5 Toe het hy die silwerstukke in die tempel gegooi en weggegaan. Daarna het hy homself gaan ophang.+ 6 Maar die hoofpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: “Dit mag nie in die heilige skatkamer gesit word nie, want dit is bloedgeld.” 7 Nadat hulle die saak bespreek het, het hulle die pottebakker se stuk grond met die geld gekoop om vreemdelinge daar te begrawe. 8 Daarom word daardie stuk grond tot vandag toe Bloedgrond+ genoem. 9 Toe is vervul wat deur middel van die profeet Jeremia gesê is: “En hulle het die 30 silwerstukke geneem, die prys wat vir die man vasgestel is, die een vir wie ’n prys vasgestel is deur party van die Israeliete, 10 en hulle het dit vir die pottebakker se stuk grond gegee, volgens wat Jehovah* my beveel het.”+

11 Jesus het toe voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het vir hom gevra: “Is jy die Koning van die Jode?” Jesus het geantwoord: “U het dit self gesê.”+ 12 Maar terwyl hy deur die hoofpriesters en ouermanne beskuldig is, het hy niks gesê nie.+ 13 Toe het Pilatus vir hom gevra: “Hoor jy nie al die dinge waarvan hulle jou beskuldig nie?” 14 Maar hy het hom nie geantwoord nie, nee, hy het nie ’n woord gesê nie, en die goewerneur was baie verbaas.

15 By elke fees het die goewerneur gewoonlik vir die skare ’n gevangene van hulle keuse vrygelaat.+ 16 In daardie tyd het hulle ’n berugte misdadiger met die naam Barabʹbas gevange gehou. 17 Pilatus het dus vir die mense wat daar bymekaargekom het, gevra: “Watter een wil julle hê moet ek vir julle vrylaat: Barabʹbas of Jesus die sogenaamde Christus?” 18 Want Pilatus het geweet dat hulle hom uit jaloesie* oorgelewer het. 19 En terwyl hy op die regterstoel gesit het, het sy vrou vir hom die volgende boodskap gestuur: “Jy moet niks met daardie regverdige man te doen hê nie, want ek het vandag in ’n droom baie gely as gevolg van hom.” 20 Maar die hoofpriesters en die ouermanne het die skare oorreed om te vra dat Barabʹbas vrygelaat moet word,+ maar dat Jesus doodgemaak moet word.+ 21 Die goewerneur het vir hulle gevra: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” Hulle het gesê: “Barabʹbas.” 22 Pilatus het vir hulle gevra: “Wat moet ek dan met Jesus die sogenaamde Christus doen?” Hulle het almal gesê: “Hang hom aan die paal!”+ 23 Toe vra hy: “Hoekom? Wat het hy gedoen wat sleg is?” Maar hulle het al hoe harder uitgeroep: “Hang hom aan die paal!”+

24 Toe Pilatus sien dat hy niks bereik nie, maar dat ’n oproer besig was om te ontstaan, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: “Ek is nie verantwoordelik vir hierdie man se bloed nie. Dit is julle saak.” 25 Toe het die hele volk geantwoord: “Ons en ons kinders sal verantwoordelikheid neem vir sy bloed.”+ 26 Hy het Barabʹbas toe vir hulle vrygelaat, maar hy het Jesus met ’n sweep laat slaan+ en hom oorgelewer om aan ’n paal gehang te word.+

27 Toe het die goewerneur se soldate Jesus in die goewerneur se woning laat ingaan en die hele afdeling rondom hom bymekaar laat kom.+ 28 En hulle het sy klere uitgetrek en ’n helderrooi mantel om hom gehang,+ 29 en hulle het ’n kroon van dorings gevleg en dit op sy kop gesit en ’n riet in sy regterhand gesit. Hulle het voor hom gekniel en hom bespot en gesê: “Goeiedag, Koning van die Jode!” 30 Hulle het op hom gespoeg+ en die riet gevat en hom op sy kop begin slaan. 31 Uiteindelik, nadat hulle hom bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en sy bo-klere vir hom aangetrek en hom weggelei om aan ’n paal gehang te word.+

32 Terwyl hulle uitgegaan het, het hulle ’n man van Sireʹne met die naam Simon gevind. Hulle het hierdie man gedwing om Jesus se folterpaal* te dra.+ 33 Toe het hulle by ’n plek gekom wat Golʹgota genoem word. Dit beteken “skedelplek”.+ 34 Daar het hulle vir hom wyn gegee wat met gal* gemeng is,+ maar toe hy dit proe, het hy geweier om dit te drink. 35 Nadat hulle hom aan die paal gehang het, het hulle sy bo-klere onder mekaar verdeel deur die lot te werp,+ 36 en hulle het daar gesit en wag gehou. 37 Hulle het ook ’n bord bokant sy kop gesit waarop die aanklag teen hom geskryf is: “Dit is Jesus, die Koning van die Jode.”+

38 Toe is twee rowers langs hom aan pale gehang, een aan sy regterkant en een aan sy linkerkant.+ 39 Die mense wat daar verbygegaan het, het hom beledig.+ Hulle het hulle koppe geskud+ 40 en gesê: “Jy wat die tempel sou afbreek en dit in drie dae sou opbou,+ red jouself! As jy ’n seun van God is, kom van die folterpaal* af!”+ 41 Die hoofpriesters, die skrifgeleerdes en die ouermanne het hom ook begin bespot en gesê:+ 42 “Hy het ander gered, maar hy kan homself nie red nie! Hy is Koning van Israel.+ Laat hom nou van die folterpaal* afkom en dan sal ons in hom glo. 43 Hy het op God vertrou. Laat Hy hom nou red as Hy hom wil hê,+ want hy het gesê: ‘Ek is God se Seun.’”+ 44 Selfs die rowers wat langs hom aan pale gehang is, het hom beledig.+

45 Van die sesde uur* af het die hele land donker geword, tot die negende uur* toe.+ 46 Ongeveer die negende uur het Jesus met ’n harde stem uitgeroep en gesê: “Eli, Eli, lama sabagtaʹni?” Dit beteken: “My God, my God, waarom het u my verlaat?”+ 47 Toe hulle dit hoor, het party van dié wat daar gestaan het, begin sê: “Hierdie man roep Eliʹa.”+ 48 En onmiddellik het een van hulle gehardloop en ’n spons vol suur wyn gemaak. Hy het dit op ’n riet gesit en dit vir hom gegee om te drink.+ 49 Maar die res van hulle het gesê: “Wag! Kom ons kyk of Eliʹa hom kom red.” 50 Jesus het weer met ’n harde stem uitgeroep en sy laaste asem uitgeblaas.*+

51 Toe het die gordyn* van die heiligdom+ van bo tot onder in twee geskeur,+ en die aarde het geskud, en die rotse het geskeur. 52 En die grafte* is geopen en baie liggame van die heiliges wat gesterf het, het uitgekom,* 53 en baie mense kon hulle sien. (Nadat Jesus opgewek is, het mense wat van die grafte af gekom het, in die heilige stad ingegaan.) 54 Maar toe die militêre offisier en die wagte wat Jesus bewaak het, die aardbewing sien, sowel as die dinge wat gebeur, het hulle baie bang geword en gesê: “Hy was beslis God se Seun.”+

55 En daar was baie vrouens wat alles van ’n afstand af dopgehou het. Hulle het saam met Jesus gegaan toe hy Galileʹa verlaat het om hom te bedien.+ 56 Onder hulle was Maria Magdaleʹna en Maria, wat die ma van Jakobus en Joses was, asook die ma van die seuns van Sebedeʹus.+

57 Toe dit laatmiddag was, het ’n ryk man gekom wat van Arimateʹa was. Sy naam was Josef, en hy het ook ’n dissipel van Jesus geword.+ 58 Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en vir Jesus se liggaam gevra,+ en Pilatus het beveel dat dit vir hom gegee moet word.+ 59 Josef het die liggaam geneem, dit in skoon, fyn linne toegedraai+ 60 en dit in sy nuwe graf* neergelê,+ wat hy in die rots uitgekap het. Hy het ’n groot klip voor die ingang van die graf* gerol en toe weggegaan. 61 Maar Maria Magdaleʹna en die ander Maria het daar gebly en voor die graf gesit.+

62 Die volgende dag, wat ná die Voorbereidingsdag+ was, het die hoofpriesters en die Fariseërs voor Pilatus bymekaargekom 63 en gesê: “Meneer, ons onthou wat daardie bedrieër gesê het toe hy nog gelewe het: ‘Ná drie dae sal ek opgewek word.’+ 64 Beveel dan dat die graf tot die derde dag toe bewaak moet word, sodat sy dissipels nie dalk kom en hom steel+ en vir die volk sê: ‘Hy is uit die dood opgewek!’ nie. Anders sal hierdie laaste bedrog erger wees as die eerste.” 65 Pilatus het vir hulle gesê: “Julle kan ’n wag kry. Pas dit so goed op as wat julle kan.” 66 Toe het hulle gegaan en die graf met ’n klip verseël en ’n wag daar geplaas.

28 Ná die Sabbat, toe dit begin lig word op die eerste dag van die week, het Maria Magdaleʹna en die ander Maria na die graf kom kyk.+

2 Daar was ’n groot aardbewing, want Jehovah* se engel het uit die hemel neergedaal en gekom en die klip weggerol, en hy het daarop gesit.+ 3 Sy voorkoms was soos weerlig en sy klere was so wit soos sneeu.+ 4 Die wagte het so groot geskrik toe hulle hom sien dat hulle gebewe het en soos dooie mans geword het.

5 Maar die engel het vir die vrouens gesê: “Moenie bang wees nie, want ek weet dat julle na Jesus soek, wat aan ’n paal gehang is.+ 6 Hy is nie hier nie, want hy is opgewek, soos hy gesê het.+ Kom kyk na die plek waar hy gelê het. 7 Gaan gou en sê vir sy dissipels dat hy uit die dood opgewek is, want hy gaan voor julle uit na Galileʹa,+ en julle sal hom daar sien. Dit is wat ek vir julle gesê het.”+

8 Toe het hulle met vrees en groot vreugde vinnig van die graf* af weggegaan en gehardloop om vir sy dissipels te gaan vertel.+ 9 Jesus het hulle ontmoet en gesê: “Goeiedag!” Hulle het nader gegaan en hom aan sy voete gegryp en aan hom eer bewys.* 10 Toe het Jesus vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie! Gaan vertel my broers, sodat hulle na Galileʹa kan gaan, en daar sal hulle my sien.”

11 Terwyl hulle op pad was, het party van die wagte+ in die stad ingegaan en vir die hoofpriesters alles vertel wat gebeur het. 12 Nadat hierdie manne saam met die ouermanne bymekaargekom het en die saak bespreek het, het hulle vir die soldate baie silwerstukke gegee 13 en gesê: “Julle moet sê: ‘Sy dissipels het in die nag gekom en hom gesteel terwyl ons geslaap het.’+ 14 En as die goewerneur daarvan hoor, sal ons die saak aan hom verduidelik,* en julle sal nie bekommerd hoef te wees nie.” 15 Toe het hulle die silwerstukke geneem en gedoen wat vir hulle gesê is, en hierdie storie word tot vandag toe onder die Jode versprei.

16 Die 11 dissipels het egter na Galileʹa gegaan,+ na die berg waar Jesus met hulle afgespreek het om hulle te ontmoet.+ 17 Toe hulle hom sien, het hulle aan hom eer bewys,* maar party het getwyfel. 18 Jesus het nader gekom en vir hulle gesê: “Alle gesag in die hemel en op die aarde is aan my gegee.+ 19 Gaan dus en maak dissipels van mense van al die nasies,+ en doop hulle+ in die naam van die Vader en van die Seun en van die heilige gees, 20 en leer hulle om alles te gehoorsaam wat ek julle beveel het.+ En wees verseker: Ek is met julle al die dae tot aan die einde van die wêreldstelsel.”*+

Of “geslagslyn”.

Of “die Messias; die Gesalfde”.

Lett. “verenig is”.

Of “werkende krag”.

Die eerste van 237 plekke in die Christelike Griekse Geskrifte waar God se naam, Jehovah, in die hoofteks van hierdie vertaling verskyn. Sien Aanh. A5.

Of “wat in haar verwek is, is deur heilige gees”.

Kom ooreen met die Hebreeuse naam Jesua, of Josua, wat “Jehovah is redding” beteken.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Sien Woordelys.

Of “towenaars”.

Of “om voor hom neer te buig”.

Of “die Messias; die Gesalfde”.

Of “en voor hom neergebuig”.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Waarskynlik van die Hebreeuse woord vir “spruit”.

Sien Aanh. A5.

Of “onderdompel”.

Of “Addergebroedsel”.

Waarskynlik Johannes.

Jesus.

Sien Aanh. A5.

Of “hoogste punt”.

Sien Aanh. A5.

Sien Aanh. A5.

Of “aan hom alleen heilige diens verrig”.

Of “en hom versterk”.

Of “die Streek van Tien Stede”.

Of “wat bewus is van hulle geestelike behoefte; wat bedelaars vir die gees is”.

Of “sagmoedig”.

Lett. “beërf”.

Of “vredeliewend is”.

Of “maatemmer”.

Die plek buite Jerusalem waar vullis verbrand is. Sien Woordelys.

Lett. “quadrans”. Sien Aanh. B14.

Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.

Sien Aanh. A5.

Lett. “die Bose”.

Sien Aanh. B14.

D.w.s. leen sonder rente.

Persone wat belasting vir die regering invorder.

Of “volkome”.

Lett. “julle regverdigheid voor mense beoefen”.

Of “genadegawes”.

Of “geskied”.

Lett. “skulde”.

Lett. “ons skuldenaars vergewe het”.

Of “red”.

Lett. “die Bose”.

Of “verwaarloos hulle voorkoms”.

Of “helder”. Lett. “eenvoudig”.

Of “vol lig”.

Of “afguns”. Lett. “sleg; goddeloos”.

Of “siele”.

Of “die siel”.

Sien Aanh. B14.

Of “voor hom neergebuig”.

Lett. “rein”.

Lett. “gereinig”.

Lett. “gereinig”.

Of “gedenkgrafte”.

Of “teen die steilte af”.

Of “aan tafel was”.

Persone wat belasting vir die regering invorder.

Of “aan tafel gegaan”.

Of “voor hom neergebuig”.

Lett. “gestroop en rondgegooi”.

Iemand wat belasting vir die regering invorder.

Of “die ywerige”.

Of “ekstra klere”.

Sien Woordelys.

’n Naam vir Satan, die leier, of heerser, van die demone.

Of “lewe”, d.w.s. die vooruitsig op toekomstige lewe.

Sien Woordelys.

Lett. “’n assarion”. Sien Aanh. B14.

Of “huismense”.

Sien Woordelys.

Of “siel”.

Of “siel”.

Lett. “gereinig”.

Of “die beste”.

Lett. “huise van konings”.

Persone wat belasting vir die regering invorder.

Of “geregverdig deur sy werke”.

Of “Hades”. Sien Woordelys.

Lett. “intellektuele”.

Of “is sag”.

Of “die aanbiedingsbrode”.

Of “verlamde”.

Of “my siel”.

’n Naam vir Satan.

Of “stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Of “Addergebroedsel”.

Of “owerspelige”.

Lett. “die Bose”.

Of “stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Of moontlik “die begin van die mensdom; die grondlegging van die wêreld”.

Lett. “die Bose”.

Of “’n voleinding van ’n stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Of “in die voleinding van die stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Of “in die voleinding van die stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Of “aanstoot neem”.

Lett. “die tetrarg”.

D.w.s. Herodes Antipas. Sien Woordelys.

Of “aan tafel was”.

Lett. “baie stadieë”. ’n Stadie was gelyk aan 185 m.

D.w.s. van omtrent 03:00 tot sonsopkoms, wat omtrent 06:00 is.

Of “voor hom neergebuig”.

Verwys na ’n seremoniële reiniging.

Of “Respekteer”.

Of “uitskel”.

Of “aanstoot geneem”.

Die meervoud van die Griekse woord por·neiʹa. Sien Woordelys.

Verwys na hande wat nie seremonieel gereinig is nie.

Of “voor hom neergebuig”.

Of “voorraadmandjies”.

Of “owerspelige”.

Of “voorraadmandjies”.

Of “’n mens”.

Of “Hades”. Sien Woordelys.

Of “moet hy homself verloën”.

Sien Woordelys.

Of “heerlikheid”.

Of “gedaante”.

Of “wit”.

Of “tente”.

Sien Aanh. A3.

Lett. “die dubbele dragmas”. Sien Aanh. B14.

Lett. “statermunt”, waarskynlik die tetradragma. Sien Aanh. B14.

Of “omdraai”.

Of “’n meulsteen wat deur ’n donkie gedraai word”.

Sien Woordelys.

Sien Aanh. A3.

Of moontlik “julle”.

Of “wys hom tereg”.

Of “uit die mond van”.

Iemand wat belasting vir die regering invorder.

10 000 talente silwer was gelyk aan 60 000 000 denarii. Sien Aanh. B14.

Of “voor hom neergebuig”.

Sien Aanh. B14.

Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.

Of “sy hande op hulle kan lê”.

Of “respekteer”.

Of “volkome”.

Sien Aanh. B14.

D.w.s. omtrent 09:00.

D.w.s. omtrent 12:00.

D.w.s. omtrent 15:00.

D.w.s. omtrent 17:00.

Sien Aanh. B14.

Sien Aanh. B14.

Sien Aanh. B14.

Lett. “is jou oog goddeloos”.

Of “vrygewig is”.

Sien Woordelys.

Of “voor hom neergebuig”.

Sien Aanh. A5.

D.w.s. mense wat wins gemaak het deur een geldsoort vir ’n ander te ruil.

Persone wat belasting vir die regering invorder.

Lett. “die hoof van die hoek”.

Sien Aanh. A5.

Of “aan tafel gegaan het”.

Sien Aanh. B14.

Sien Aanh. A5.

Sien Woordelys.

Sien Aanh. A5.

Of “beste”.

Of “Leermeester”.

Sien Aanh. A3.

Of “bekeerde”.

Sien Woordelys.

Of “plunder”.

Of “gedenkgrafte”.

Of “Slange, addergebroedsel”.

Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

Of moontlik “word verwoes vir julle agtergelaat”.

Sien Aanh. A5.

Sien Woordelys.

Of “en van die voleinding van die stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Lett. “van geboortepyne”.

Lett. “geen vlees”.

Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

Of “in watter nagwaak”.

Of “wyse”.

Of “wys”.

’n Griekse talent was gelyk aan 20,4 kg. Sien Aanh. B14.

Lett. “silwer”.

Of “wat u nie uitgewan het nie”.

Lett. “silwer”.

Of “grondlegging van die wêreld”.

Of “Ek het nie genoeg klere aangehad nie”.

D.w.s. van die lewe. Lett. “afgekap; afgesnoei”.

Of “psalms”.

Of “gewillig”.

Of “geskied”.

Of “die geskrifte van die profete”.

Of “aksent”.

Sien Aanh. A5.

Of “afguns”.

Sien Woordelys.

’n Bitter vloeistof.

Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

D.w.s. omtrent 12:00.

D.w.s. omtrent 15:00.

Of “die gees gegee; gesterf”.

Of “voorhangsel”.

Of “gedenkgrafte”.

Lett. “is opgerig”.

Of “gedenkgraf”.

Of “gedenkgraf”.

Sien Aanh. A5.

Of “gedenkgraf”.

Of “voor hom neergebuig”.

Lett. “sal ons hom oorreed”.

Of “voor hom neergebuig”.

Of “die voleinding van die stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel