Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • nwt Spreuke 1:1-31:31
  • Spreuke

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Spreuke
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Spreuke

SPREUKE

1 Die spreuke van Salomo,+ die seun van Dawid,+ die koning van Israel.+

 2 Hierdie spreuke bied wysheid+ en dissipline

en hulp om wyse woorde te verstaan.

 3 Dit gee dissipline+ wat lei tot insig,

regverdigheid,+ goeie oordeel+ en beginselvastheid.

 4 Dit maak iemand wat onervare is, verstandig.+

Dit gee aan ’n jong man kennis en denkvermoë.+

 5 ’n Wyse persoon luister en neem meer kennis in.+

’n Verstandige man vra vir wyse leiding+

 6 om ’n spreuk en ’n moeilike gesegde,*

die woorde van wyses en hulle raaisels,+ te verstaan.

 7 Vrees* vir Jehovah is die begin van kennis.+

Net dwase haat wysheid en dissipline.+

 8 Luister, my seun, na die dissipline van jou pa,+

en moenie die onderrigting* van jou ma verwerp nie.+

 9 Dit is ’n aantreklike krans vir jou kop+

en ’n pragtige versiering vir jou nek.+

10 My seun, as sondaars jou probeer mislei, moet jy hulle nie volg nie.+

11 Hulle sê dalk: “Kom saam met ons.

Laat ons iemand voorlê en hom doodmaak.

Ons sal wegkruip en wag vir onskuldige slagoffers.

12 Ons sal hulle lewend insluk net soos die Graf,*

heel, soos dié wat diep in die aarde afdaal.

13 Laat ons al hulle kosbare skatte vat.

Ons sal ons huise daarmee vul.

14 Kom saam met ons,

en ons sal alles wat ons steel, gelykop verdeel.”

15 My seun, jy moet hulle nie volg nie.

Bly weg van hulle paaie.+

16 Want hulle is haastig om slegte dinge te gaan doen.

Hulle kan nie wag om iemand te vermoor nie.+

17 Dit help nie om ’n vangnet te span waar ’n voël dit kan sien nie.

18 Daarom lê hulle mense voor om hulle dood te maak.

Hulle wag in hulle wegkruipplekke om mense te vermoor.

19 So tree mense op wat op ’n oneerlike manier wins probeer maak.

Dié wat dit verkry, sal hulle lewe verloor.+

20 Ware wysheid+ roep uit in die straat.+

Dit roep hard uit op die openbare pleine.+

21 Op die hoek van die besige strate roep dit uit.

By die ingange van die stadspoorte sê dit:+

22 “Onervarenes, hoe lank sal julle lief wees vir onervarenheid?

Spotters, hoe lank sal julle dit geniet om te spot?

En dwase, hoe lank sal julle kennis haat?+

23 Luister* wanneer ek julle teregwys.+

Dan sal ek vir julle wysheid* gee.

Ek sal my woorde aan julle bekend maak.+

24 Want ek het geroep, maar julle wou nie luister nie.

Ek het my hand uitgesteek, maar niemand het aandag geskenk nie.+

25 Julle het al my raad bly ignoreer

en my teregwysing verwerp.

26 Daarom sal ek lag wanneer rampspoed julle tref.

Ek sal spot wanneer dit wat julle vrees, oor julle kom,+

27 wanneer dit wat julle vrees, soos ’n storm kom

en julle rampspoed soos ’n stormwind aankom,

wanneer moeilike tye en probleme julle tref.

28 Dan sal hulle na my bly roep, maar ek sal nie antwoord nie.

Hulle sal my bly soek, maar hulle sal my nie vind nie.+

29 Want hulle het kennis gehaat+

en hulle het gekies om Jehovah nie te vrees nie.+

30 Hulle het my raad verwerp.

Hulle het geen respek vir my teregwysing gehad nie.

31 Daarom sal hulle die gevolge van hulle dade dra,+

en hulle sal in al hulle planne verstik.

32 Want die hardkoppigheid van die onervarenes sal tot hulle dood lei,

en die oorgerustheid van die dwase sal hulle vernietig.

33 Maar die een wat na my luister, sal in veiligheid woon+

en sal nie vir rampspoed bang wees nie.”+

2 My seun, as jy my woorde aanneem

en my gebooie as ’n skat bewaar+

 2 deur aandagtig na wysheid te luister+

en jou hart oop te maak om insig te verkry;+

 3 en as jy na begrip roep+

en vir insig vra;+

 4 as jy daarna bly soek soos na silwer+

en hard daarna bly soek soos na versteekte skatte;+

 5 dan sal jy verstaan wat dit beteken om Jehovah te vrees,+

en jy sal God leer ken.+

 6 Want Jehovah gee wysheid,+

en sy woorde gee ’n mens kennis en insig.

 7 Hy bewaar praktiese wysheid as ’n skat vir dié wat reg lewe.

Hy is ’n skild vir dié wat ’n weg van integriteit* volg.+

 8 Hy waak oor die paaie van geregtigheid,

en hy sal sy lojales op hulle weg beskerm.+

 9 Dan sal jy verstaan wat reg en regverdig is

en wat die goeie weg is.+

10 Wanneer wysheid in jou hart ingaan+

en jou siel* lief word vir kennis,+

11 sal denkvermoë oor jou wag hou+

en sal insig jou beskerm.

12 Dit sal jou beskerm teen die slegte weg,

teen mense wat verkeerde dinge sê,+

13 teen dié wat die regte pad verlaat

om die weë van duisternis te volg,+

14 teen dié wat dit geniet om verkeerde dinge te doen,

wat vreugde vind in uiters goddelose dinge,

15 dié wie se paaie krom is

en wat altyd bedrieglik is.

16 Dit sal jou beskerm teen die slegte* vrou,

teen die verleidelike woorde van die onsedelike* vrou,+

17 wat haar man* verlaat+

en wat die verbond tussen haar en God vergeet.

18 Want haar huis lei na die dood,

en haar paaie lei na die graf.+

19 Niemand wat by haar ingaan,* sal terugkeer nie,

en hulle sal nie weer die paaie na die lewe vind nie.+

20 Daarom moet jy die weg van goeie mense volg

en op die paaie van die regverdiges bly.+

21 Want net die goeie mense sal op die aarde woon,

en dié wat ’n rein lewe lei,* sal daarop oorbly.+

22 Maar goddelose mense sal van die aarde af uitgeroei word,+

en bedrieglike mense sal daarvan weggeruk word.+

3 My seun, moenie vergeet wat ek jou leer nie,*

en gehoorsaam my gebooie met jou hele hart,

 2 want dan sal jy ’n lang lewe

en vrede geniet.+

 3 Moenie dat lojale liefde en getrouheid* jou verlaat nie.+

Bind dit om jou nek.

Skryf dit op jou hart.*+

 4 Dan sal jy die goedkeuring van God en van mense geniet,

en hulle sal jou beskou as iemand met insig.+

 5 Vertrou op Jehovah+ met jou hele hart,

en moenie op jou eie begrip staatmaak nie.+

 6 Neem hom in ag in alles wat jy doen,+

en hy sal jou paaie gelykmaak.+

 7 Moenie wys word in jou eie oë nie.+

Vrees Jehovah en vermy wat sleg is.

 8 Dit sal vir jou* genesing bring

en vir jou* nuwe krag gee.

 9 Eer Jehovah met jou waardevolle dinge+

en met die beste* van jou hele oes.*+

10 Dan sal jou voorraadskure heeltemal vol wees,+

en jou vate* sal oorloop van nuwe wyn.

11 My seun, moenie die dissipline van Jehovah verwerp nie,+

en moenie sy teregwysing haat nie,+

12 want Jehovah dissiplineer dié wat hy liefhet,+

net soos ’n pa ’n geliefde seun dissiplineer.+

13 Gelukkig is die mens wat wysheid vind+

en die mens wat insig verkry.

14 Om dit te verkry, is beter as om silwer te verkry,

en om dit te besit, is beter as om goud te besit.+

15 Dit is kosbaarder as korale.*

Niks wat jy begeer, kan daarmee vergelyk word nie.

16 Met die een hand gee wysheid ’n lang lewe,

en met die ander hand rykdom en eer.

17 Sy weë is aangenaam,

en al sy paaie is vreedsaam.+

18 Dit is ’n boom van die lewe vir dié wat dit vasgryp,

en dié wat dit stewig vashou, sal gelukkig genoem word.+

19 Jehovah het die fondamente van die aarde met wysheid gelê.+

Hy het die hemele met insig stewig gevestig.+

20 Deur sy kennis is die waterdieptes geskei

en het dou uit die bewolkte lug gedrup.+

21 My seun, hou dit* altyd in gedagte.

Bewaar praktiese wysheid en denkvermoë.

22 Dit sal vir jou lewe gee

en ’n versiering om jou nek wees.

23 Dan sal jy veilig op jou pad loop,

en jy sal nie struikel* nie.+

24 Wanneer jy gaan lê, sal jy nie bang wees nie.+

Jy sal gaan lê, en jy sal rustig slaap.+

25 Jy sal nie bang wees vir ’n skielike ramp+

of vir die storm wat die goddeloses sal tref nie.+

26 Want Jehovah sal jou vertroue wees.+

Hy sal keer dat jy in ’n strik beland.+

27 Moenie die goeie terughou van dié wat dit nodig het*+

as dit vir jou moontlik is om te help nie.+

28 Moenie vir iemand sê: “Gaan eers weg, en kom later terug! Ek sal jou môre help,”

as jy nou kan help nie.

29 Moenie beplan om iets slegs te doen aan iemand+

wat vol vertroue by jou woon nie.

30 Moenie sonder rede met iemand stry+

as hy niks aan jou gedoen het nie.+

31 Moenie jaloers raak op ’n gewelddadige man nie,+

en moenie doen wat hy doen nie.

32 Want Jehovah haat mense wat bedrieglik is,+

maar hy is ’n goeie vriend van dié wat reg lewe.+

33 Jehovah vervloek die huis van die goddeloses,+

maar hy seën die huis van die regverdiges.+

34 Hy bespot dié wat spot,+

maar hy gee sy goedkeuring aan die nederiges.+

35 Die wyses sal eer ontvang,

maar die dwase is trots op dinge wat tot skande lei.+

4 Luister, my seuns, na die dissipline van ’n pa.+

Skenk aandag sodat julle begrip kan verkry,

 2 want ek sal julle goeie onderrigting gee.

Bly by wat ek julle leer.*+

 3 Ek was ’n ware seun vir my pa,+

en die een vir wie my ma besonder lief was.+

 4 Hy het my geleer en gesê: “Bewaar my woorde in jou hart.+

Gehoorsaam my gebooie en bly lewe.+

 5 Verkry wysheid, verkry begrip.+

Moenie my woorde vergeet nie, en bly by wat ek sê.

 6 Moet dit nie verlaat nie, en dit sal jou beskerm.

Wees lief daarvoor, en dit sal jou veilig hou.

 7 Wysheid is van die grootste belang.+ Verkry dus wysheid,

en maak seker dat jy ook begrip verkry.+

 8 Beskou dit as baie waardevol, en dit sal vir jou eer bring.+

Dit sal vir jou respek bring omdat jy lief is daarvoor.+

 9 Dit sal ’n pragtige krans op jou kop wees.

Dit sal jou versier soos ’n pragtige kroon.”

10 Luister, my seun, en aanvaar wat ek sê.

Dan sal jy ’n lang lewe hê.+

11 Ek sal jou leer wat die weg van wysheid is.+

Ek sal jou lei sodat jy die regte pad kan volg.+

12 Wanneer jy loop, sal daar niks in jou pad wees nie.

En as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

13 Hou vas aan dissipline. Moet dit nie laat gaan nie.+

Bewaar dit, want dit beteken jou lewe.+

14 Moenie op die pad van die goddeloses loop nie,

en moenie die weg van slegte mense volg nie.+

15 Vermy dit, moenie daarop loop nie.+

Draai weg daarvan en gaan verby.+

16 Want hulle kan nie slaap as hulle nie slegte dinge doen nie.

Hulle lê wakker as hulle nie iemand se ondergang kan veroorsaak nie.

17 Goddeloosheid is vir hulle soos brood,

en geweld is vir hulle soos wyn.

18 Maar die pad van die regverdiges is soos die helder oggendlig

wat al hoe helderder word totdat dit heeltemal dag is.+

19 Die weg van die goddeloses is soos die donker.

Hulle weet nie waaroor hulle struikel nie.

20 My seun, skenk aandag aan my woorde.

Luister mooi na wat ek sê.

21 Moet dit nooit vergeet nie.

Bewaar dit diep in jou hart.+

22 Want dit beteken lewe vir dié wat dit vind+

en gesondheid vir hulle hele liggaam.

23 Beskerm* jou hart meer as enigiets anders wat jy beskerm,+

want jou lewe hang af van wat in jou hart is.

24 Moenie leuens vertel nie,+

en moet nooit misleidende dinge sê nie.

25 Kyk reguit vorentoe.

Ja, hou jou oë gefokus op wat voor jou is.+

26 Verwyder die struikelblokke op jou pad,*+

dan sal jy in veiligheid daarop kan loop.

27 Moet hierdie pad glad nie verlaat nie,+

en bly weg van wat sleg is.

5 My seun, skenk aandag aan my wysheid.

Luister mooi na wat ek jou oor insig leer,+

  2 sodat jy jou denkvermoë kan beskerm

en altyd met kennis kan praat.+

 3 Want die lippe van die slegte* vrou drup soos ’n heuningkoek+

en haar mond is gladder as olie.+

 4 Maar op die ou end is sy so bitter soos als+

en veroorsaak sy pyn soos ’n skerp* swaard.+

 5 Haar voete gaan af na die dood.

Haar voetstappe lei reguit na die Graf.*

 6 Sy stel nie belang in die pad na die lewe nie.

Sy swerf rond en weet nie waarheen sy gaan nie.

 7 En nou, my seuns, luister na my

en bly by wat ek julle leer.

 8 Bly ver weg van haar.

Moenie naby die ingang van haar huis kom nie,+

 9 sodat jy nie jou waardigheid aan ander gee+

of die res van jou lewe ly nie;+

10 sodat vreemdelinge nie jou besittings* kry,+

en ander die dinge waarvoor jy hard gewerk het nie.

11 Anders sal jy aan die einde van jou lewe swaarkry

wanneer jou hele liggaam wegteer.+

12 En dan sal jy sê: “Hoekom het ek dissipline so gehaat,

en hoekom het my hart teregwysing gehaat?

13 Ek het nie na die stem van my onderrigters geluister

of aandag geskenk aan die mense wat my geleer het nie.

14 Ek staan op die rand van die afgrond,

en almal kan dit sien.”*+

15 Drink water uit jou eie reënput

en strome* water uit jou eie fontein.+

16 Moet jou fonteine dan op verskillende plekke versprei wees,

en jou waterstrome op die openbare pleine?+

17 Laat jou waterstrome vir jou alleen wees,

en nie vir vreemdelinge nie.+

18 Mag jou eie fontein geseënd wees,

en vind vreugde in die vrou van jou jeug,+

19 ’n lieflike wildsbokkie, ’n pragtige bergbokkie.+

Laat haar borste jou te alle tye vreugde gee.

Mag jy altyd groot genot vind in haar liefde.+

20 My seun, hoekom moet jy dan by ’n slegte* vrou genot vind

of ’n onsedelike* vrou* omhels?+

21 Want Jehovah sien die weë van die mens,

en hy ondersoek al sy paaie.+

22 Die goddelose persoon word vasgevang in sy eie oortredings,

en hy sal deur die toue van sy eie sonde gevang word.+

23 Hy sal sterf omdat daar geen dissipline was nie

en afdwaal as gevolg van sy groot dwaasheid.

6 My seun, as jy vir jou medemens borg gestaan het,+

as jy ’n ooreenkoms gemaak het* met ’n vreemdeling,+

 2 as jy verstrik geraak het deur wat jy belowe het

en vasgevang is deur jou eie woorde,+

 3 dan moet jy die volgende doen, my seun, en jouself bevry,

want jy het in die mag* van jou medemens beland:

Gaan verneder jou voor jou medemens en pleit by hom.+

 4 Moenie rus nie

en moenie jou oë toemaak om te slaap nie.

 5 Bevry jouself soos ’n wildsbok uit die hand van die jagter

en soos ’n voël uit die hand van die voëlvanger.

 6 Gaan na die mier, jou luiaard.+

Hou hom dop en word wys.

 7 Hoewel hy geen bevelvoerder, opsigter of leier het nie,

 8 berei hy sy kos in die somer voor+

en samel hy sy kosvoorraad tydens die oes in.

 9 Hoe lank sal jy daar lê, jou luiaard?

Wanneer gaan jy wakker word en opstaan?

10 Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer,

nog ’n bietjie handevou om te rus,+

11 en jou armoede sal kom soos ’n dief,

en swaarkry sal jou oorval soos ’n gewapende man.+

12 ’n Nikswerd en goddelose man versprei leuens.+

13 Hy knip sy oog,+ beduie met sy voet en gee tekens met sy vingers.

14 Omdat sy hart sleg is,

beplan hy heeltyd slegte dinge+ en maak hy moeilikheid waar hy ook al gaan.+

15 Daarom sal rampspoed hom skielik tref.

In ’n oomblik sal sy ondergang kom, en daar sal geen genesing wees nie.+

16 Daar is ses dinge wat Jehovah haat;

ja, sewe dinge wat vir hom afskuwelik is:

17 Oë vol hoogmoed,+ ’n tong wat leuens vertel+ en hande wat onskuldige mense doodmaak,+

18 ’n hart wat goddelose dinge beplan+ en voete wat gou is om na slegtheid te hardloop,

19 ’n valse getuie wat die een leuen ná die ander vertel+

en iemand wat onenigheid tussen broers veroorsaak.+

20 My seun, gehoorsaam die gebod van jou pa

en moenie die onderrigting* van jou ma verwerp nie.+

21 Bind dit vir altyd om jou hart;

bind dit om jou nek.

22 Wanneer jy loop, sal dit jou lei;

wanneer jy gaan lê, sal dit oor jou wag hou;

en wanneer jy wakker word, sal dit vir jou sê wat om te doen.*

23 Want die gebod is ’n lamp,+

en die wet is ’n lig,+

en teregwysing en dissipline is die weg na die lewe.+

24 Dit sal jou beskerm teen die slegte vrou,+

teen die verleidelike tong van die onsedelike* vrou.+

25 Moet haar nie in jou hart begeer omdat sy mooi is nie,+

en moenie toelaat dat sy jou met haar verleidelike oë vang nie.

26 Want weens ’n prostituut sal ’n man net ’n brood oorhê,+

maar ’n ander man se vrou kan ’n man sy lewe kos.

27 Kan iemand brandende kole teen sy lyf hou sonder dat sy klere aan die brand raak?+

28 Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brand?

29 So gaan dit ook met iemand wat seksuele omgang het met ’n ander man se vrou.

Niemand wat aan haar raak, sal ongestraf bly nie.+

30 Mense hou dit nie teen ’n dief

as hy steel omdat hy honger is nie.

31 Maar as hy gevang word, sal hy sewe keer soveel moet terugbetaal.

Hy sal al die waardevolle dinge in sy huis moet gee.+

32 Enigiemand wat met ’n vrou egbreuk pleeg, het geen verstand nie.

Die een wat dit doen, bring rampspoed oor homself.+

33 Hy sal net pyn en vernedering oor homself bring,+

en sy skande sal nie uitgewis word nie.+

34 Want jaloesie sal die vrou se man woedend maak.

Hy sal geen genade betoon wanneer hy wraak neem nie.+

35 Daar is niks wat jy kan doen om te vergoed nie.

Geen geskenk sal hom tot bedaring bring nie, al is dit ook hoe groot.

7 My seun, gehoorsaam my woorde,

en bewaar my gebooie soos ’n skat.+

 2 Gehoorsaam my gebooie en bly lewe.+

Laat my onderrigting* vir jou so kosbaar wees soos die appel van jou oog.

 3 Bind hulle om jou vingers.

Skryf hulle op jou hart.*+

 4 Sê vir wysheid: “Jy is my suster,”

en beskou begrip as ’n familielid.

 5 Dit sal jou beskerm teen die slegte* vrou,+

teen die onsedelike* vrou en haar verleidelike woorde.+

 6 Ek het deur die venster van my huis,

deur die traliewerk, afgekyk

 7 en ek het die onervarenes gesien.

Tussen die jongmense was daar ’n jong man wat onverstandig was.+

 8 Hy het in die straat geloop, en toe hy by haar hoek kom,

het hy in die rigting van haar huis gestap,

 9 in die skemer, vroeg in die aand,+

toe dit begin donker word.

10 Toe het ek ’n vrou na hom toe sien gaan.

Sy was soos ’n prostituut aangetrek+ en sy was baie slinks.

11 Sy is lawaaierig en uitdagend.+

Sy bly nooit by die huis nie.

12 Die een oomblik is sy in die straat, dan is sy op die openbare pleine.

Sy is op die loer naby elke straathoek.+

13 Sy gryp hom en soen hom.

Skaamteloos sê sy vir hom:

14 “Ek moes vrede-offers* bring.+

Vandag het ek my geloftes betaal.

15 Daarom het ek uitgekom om jou te ontmoet.

Ek het jou kom soek, en ek het jou gevind!

16 Ek het my bed met pragtige beddegoed oorgetrek,

met kleurvolle linne uit Egipte.+

17 Ek het mirre, aalwyn en kaneel+ op my bed gesprinkel.

18 Kom, laat ons drink van die liefde tot die oggend toe.

Laat ons passievolle liefde saam geniet,

19 want my man is nie by die huis nie.

Hy is op ’n lang reis.

20 Hy het ’n sak geld saam met hom geneem,

en hy kom eers op die dag van die volmaan terug.”

21 Sy mislei hom met haar mooipraatjies.+

Sy verlei hom met haar gladde woorde.

22 Skielik loop hy agter haar aan, soos ’n bul wat geslag gaan word,

soos ’n dwaas wat in kettings* gestraf gaan word,+

23 en dan deurboor ’n pyl sy lewer.

Soos ’n voël wat in ’n vangnet invlieg, weet hy nie dat dit hom sy lewe sal kos nie.+

24 En nou, my seuns, luister na my.

Skenk aandag aan wat ek sê.

25 Maak seker dat jou hart jou nie in haar rigting lei nie.

Bly weg van haar paaie,+

26 want baie het al haar slagoffers geword,+

en sy het die dood van baie veroorsaak.+

27 Haar huis lei na die Graf.*

Dit lei na die binnekamers van die dood.

8 Roep wysheid nie uit nie?

Laat insig nie sy stem hoor nie?+

 2 Dit staan op die hoogtes+ langs die pad

en by die kruispaaie.

 3 Langs die stadspoorte

en by die ingange

bly dit hard uitroep:+

 4 “Na julle, o mense, roep ek.

Ek laat elkeen my stem hoor.

 5 Onervarenes, julle moet verstandig word.+

Dwase, julle moet ’n wyse hart verkry.

 6 Luister, want wat ek sê, is belangrik.

Ek vertel julle wat reg is.

 7 Want die waarheid kom saggies uit my mond,

en my lippe haat wat goddeloos is.

 8 Al die woorde van my mond is regverdig.

Dit is nie verdraaid of vals nie.

 9 Dit is verstaanbaar vir almal wat insig het,

en dié wat kennis gevind het, weet dat dit reg is.

10 Kies my dissipline eerder as silwer

en kennis eerder as die suiwerste goud.+

11 Want wysheid is beter as korale.*

Niks wat ’n mens kan begeer, kan daarmee vergelyk word nie.

12 Ek, wysheid, woon by verstandigheid.

Ek besit kennis en denkvermoë.+

13 Vrees vir Jehovah beteken om te haat wat sleg is.+

Ek haat selfverheerliking en trots+ en die slegte weg en bedrieglike woorde.+

14 Ek het goeie raad en praktiese wysheid.+

Verstandigheid+ en krag+ behoort aan my.

15 Deur my hou konings aan om te regeer

en neem hoë amptenare regverdige besluite.+

16 Deur my hou leiers aan om te regeer

en oordeel heersers met regverdigheid.

17 Ek is lief vir dié wat my liefhet,

en dié wat my soek, sal my vind.+

18 By my is daar waardevolle dinge en eer,

blywende rykdom* en regverdigheid.

19 Wat ek gee, is beter as goud, as suiwer goud,

en wat ek voortbring, is beter as die beste silwer.+

20 Ek loop op die pad van regverdigheid,

in die middel van die paaie van geregtigheid.

21 Ek gee ’n groot erfdeel aan dié wat my liefhet,

en ek maak hulle stoorkamers vol.

22 Jehovah het my voortgebring as die begin van sy weg,+

die eerste van sy werke van lank gelede.+

23 In die verre verlede is ek in my plek geplaas,+

van die begin af, voordat die aarde bestaan het.+

24 Ek is voortgebring toe daar nog nie diep waters was nie,+

toe daar nog nie fonteine vol water was nie.

25 Voordat die berge op hulle plek geplaas is,

voordat die heuwels bestaan het, is ek voortgebring,

26 voordat hy die aarde en sy vlaktes gemaak het

of die eerste grondkluite van die aarde gevorm het.

27 Ek was daar toe hy die hemele gemaak het,+

toe hy die horison* op die oppervlak van die waters afgemerk het,+

28 toe hy die wolke daar bo geplaas het,

toe hy die bronne van die waterdieptes gevestig het,

29 toe hy grense vir die see gestel het,

sodat die waters nie verder sou gaan as wat hy beveel het nie,+

toe hy die fondamente van die aarde gelê het.

30 Toe het ek as ’n meesterwerker saam met hom gewerk.+

Ek was die een vir wie hy dag ná dag besonder lief was.+

Ek was die hele tyd vreugdevol voor hom.+

31 Ek was vreugdevol oor die aarde, wat bewoon kon word,

en ek was besonder lief vir die mensekinders.*

32 En nou, my seuns, luister na my.

Gelukkig is dié wat my weë volg.

33 Luister na dissipline+ en word wys,

en moet dit nooit verwerp nie.

34 Gelukkig is die mens wat na my luister,

wat dag ná dag vroeg by my deure is,*

wat by my deurposte wag.

35 Want die een wat my vind, vind die lewe+

en ontvang Jehovah se goedkeuring.

36 Maar die een wat my ignoreer, benadeel homself,

en dié wat my haat, is lief vir die dood.”+

9 Ware wysheid het sy huis gebou.

Hy het sy sewe pilare uitgekap.

 2 Hy het sy vleis voorberei.

Hy het sy wyn gemeng,

en hy het sy tafel gedek.

 3 Hy het sy slavinne uitgestuur

om op die hoogtes van die stad uit te roep:+

 4 “Laat enigiemand wat onervare is, hierheen kom.”

Hy sê vir die een wat onverstandig is:

 5 “Kom, eet my brood

en drink van die wyn wat ek gemeng het.

 6 Los jou onervarenheid* en bly lewe.+

Gaan vorentoe op die weg van verstandigheid.”+

 7 Die een wat ’n spotter teregwys, bring oneer oor homself,+

en enigiemand wat ’n goddelose persoon bestraf, sal seerkry.

 8 Moenie ’n spotter teregwys nie, want hy sal jou haat.+

Gee ’n wyse persoon ’n teregwysing, en hy sal jou liefhê.+

 9 Gee raad aan ’n wyse persoon, en hy sal nog wyser word.+

Leer ’n regverdige, en hy sal meer kennis kry.

10 Vrees vir Jehovah is die begin van wysheid,+

en kennis van die Allerheiligste+ lei tot insig.

11 Want deur my sal jou dae baie wees+

en sal jare by jou lewe gevoeg word.

12 As jy wys word, is dit tot jou eie voordeel.

As jy ’n spotter is, sal jy self die gevolge dra.

13 ’n Dwase vrou is lawaaierig.+

Sy is sonder kennis en weet absoluut niks.

14 Sy sit by die ingang van haar huis,

op ’n stoel op die hoogtes van die stad.+

15 Sy roep na dié wat verbygaan,

na dié wat reguit op hulle pad loop:

16 “Laat enigiemand wat onervare is, hierheen kom.”

Sy sê vir die een wat onverstandig is:+

17 “Gesteelde waters is soet,

en kos wat in die geheim geëet word, is lekker.”+

18 Maar hy weet nie dat dié wat magteloos is in die dood, by haar is nie,

dat haar gaste in die dieptes van die Graf* is nie.+

10 Spreuke van Salomo.+

’n Wyse seun maak sy pa bly,+

maar ’n dwase seun maak sy ma hartseer.

 2 Skatte wat op ’n goddelose manier verkry word, sal geen voordeel bring nie,

maar regverdigheid red ’n mens van die dood.+

 3 Jehovah laat die regverdige nie honger ly nie,+

maar hy weier om die begeertes van die goddeloses te bevredig.

 4 Lui hande bring armoede,+

maar hardwerkende hande bring rykdom.+

 5 Die seun wat met insig optree, samel die oes gedurende die somer in,

maar die seun wat skandelik optree, is vas aan die slaap gedurende die oes.+

 6 Die regverdige word geseën,+

maar die goddeloses hou hulle gewelddadige planne geheim.

 7 Die regverdiges sal onthou word en sal geseën word,+

maar die naam van die goddeloses sal verdwyn.+

 8 Die wyse persoon* sal raad* aanvaar,+

maar die een wat dwase dinge sê, sal tot ’n val kom.+

 9 Die een wat ’n weg van integriteit* volg, sal veilig wees,+

maar as iemand ’n verkeerde weg volg, sal dit bekend word.+

10 Die een wat skelm oogknip, veroorsaak pyn,+

en die een wat dwase dinge sê, sal tot ’n val kom.+

11 Die mond van die regverdiges is ’n bron van lewe,+

maar die mond van die goddeloses hou hulle gewelddadige planne geheim.+

12 Haat veroorsaak onenigheid,

maar liefde bedek alle oortredings.+

13 Wysheid is op die lippe van die een wat insig het,+

maar straf wag op die een wat onverstandig is.*+

14 Wyse mense bewaar kennis as ’n skat,+

maar die mond van die dwaas lei tot sy ondergang.+

15 Die rykdom van ’n ryk man is vir hom soos ’n sterk stad.

Die armoede van die armes is hulle ondergang.+

16 Die werk van die regverdige lei tot die lewe,

maar die goddelose gebruik sy inkomste om te sondig.+

17 Die een wat dissipline aanvaar, is soos ’n pad* na die lewe,

maar die een wat teregwysing ignoreer, bring ander op ’n dwaalspoor.

18 Die een wat sy haat geheim hou, vertel leuens,+

en die een wat skadelike skinderstories* versprei, is dwaas.

19 As iemand baie praat, sal dit tot oortreding lei,+

maar die een wat sy lippe beheer, tree verstandig op.+

20 Die tong van die regverdige is soos die suiwerste silwer,+

maar die hart van die goddelose is min werd.

21 Die woorde van die regverdige versterk* baie,+

maar die dwase sterf omdat hulle geen verstand het nie.+

22 Dit is die seën van Jehovah wat ’n mens ryk maak,+

en Hy voeg geen pyn* daarby nie.

23 Skandelike gedrag is vir die dwaas soos ’n speletjie,

maar wysheid behoort aan die man wat insig het.+

24 Wat die goddelose vrees, sal oor hom kom,

maar die begeerte van die regverdige sal bevredig word.+

25 Wanneer die storm verby is, sal die goddelose nie meer daar wees nie,+

maar die regverdige is soos ’n ewige fondament.+

26 Soos asyn vir die tande en rook vir die oë,

so is die luiaard vir iemand wat hom stuur om iets te doen.*

27 Vrees vir Jehovah lei tot ’n langer lewe,+

maar die jare van die goddeloses sal kortgeknip word.+

28 Die hoop* van die regverdiges bring vreugde,+

maar die hoop van die goddeloses sal verdwyn.+

29 Die weg van Jehovah is ’n vesting vir dié wat ’n rein lewe lei,*+

maar dit beteken ondergang vir dié wat slegte dinge doen.+

30 Die regverdiges sal nooit val nie,+

maar die goddeloses sal nie op die aarde bly woon nie.+

31 Wysheid kom uit die mond van die regverdige,

maar die slegte tong sal vernietig word.

32 Die lippe van die regverdige weet wat aangenaam is,

maar die mond van die goddeloses is vol slegtheid.

11 ’n Bedrieglike weegskaal is vir Jehovah afskuwelik,

maar akkurate gewigte maak hom bly.+

 2 Oneer kom oor dié wat vermetel* is,+

maar wysheid is by dié wat beskeie is.+

 3 Die getroues word deur hulle integriteit* gelei,+

maar die valsheid van die bedrieglikes sal tot hulle vernietiging lei.+

 4 Rykdom sal niks help op die dag van woede nie,+

maar regverdigheid sal ’n mens van die dood red.+

 5 Die regverdigheid van die getroues maak hulle pad gelyk,

maar die goddeloosheid van die goddeloses sal tot hulle ondergang lei.+

 6 Die regverdigheid van dié wat reg lewe, sal hulle red,+

maar dié wat bedrieglik is, sal deur hulle eie begeertes gevang word.+

 7 Wanneer ’n goddelose mens sterf, verdwyn sy hoop,

en vertroue op sy krag kom ook tot ’n einde.+

 8 Die regverdige word uit moeilikhede gered,

en die goddelose neem sy plek in.+

 9 Die mond van die afvallige* veroorsaak sy medemens se ondergang,

maar deur kennis word die regverdiges gered.+

10 Die goedheid van die regverdiges maak ’n stad vreugdevol,

en wanneer die goddeloses sterf, is daar ’n vreugdevolle uitroep.+

11 Weens die seën van die getroues word ’n stad belangrik,+

maar die mond van die goddeloses breek dit af.+

12 Die een wat onverstandig is, verkleineer* sy medemens,

maar die man wat insig het, bly stil.+

13 ’n Lasteraar praat oor vertroulike dinge,+

maar die betroubare persoon kan iets vertroulik hou.*

14 Sonder wyse leiding gaan die volk onder,

maar met baie raadgewers word sukses* behaal.+

15 Dit sal beslis sleg gaan met iemand wat vir ’n vreemdeling borg staan,+

maar die een wat nie so ’n ooreenkoms maak nie,* sal veilig wees.

16 ’n Vrou met ’n mooi geaardheid verkry eer,+

maar genadelose manne kry rykdom in die hande.

17 ’n Goedhartige man* vind baat by sy goedhartigheid,*+

maar die wrede man bring moeilikheid* oor homself.+

18 Die goddelose ontvang ’n waardelose loon,+

maar die een wat regverdigheid saai, ontvang ’n ware beloning.+

19 Die een wat vir regverdigheid vasstaan, is op pad na die lewe,+

maar die een wat slegte dinge najaag, is op pad na die dood.

20 Dié wat ’n slegte hart het, is vir Jehovah afskuwelik,+

maar dié wat ’n rein lewe lei, gee hom vreugde.+

21 Hiervan kan jy seker wees: ’n Goddelose mens sal nie ongestraf bly nie,+

maar die kinders van die regverdige sal wegkom.

22 Soos ’n goue ring in ’n vark se snoet,

so is ’n mooi vrou wat nie haar verstand gebruik nie.

23 Die begeerte van die regverdiges lei na die goeie,+

maar die dinge waarop die goddeloses hoop, lei tot God se woede.

24 Daar is een wat baie gee en meer bykry.+

’n Ander gee nie wat hy behoort te gee nie en word arm.+

25 Die vrygewige persoon sal voorspoedig wees,+

en die een wat ander versterk,* sal self versterk word.+

26 Die volk sal die een vervloek wat graan terughou,

maar hulle sal die een seën wat dit verkoop.

27 Die een wat hom inspan om te doen wat goed is, soek goedkeuring,+

maar die een wat slegte dinge najaag, sal deur slegte dinge getref word.+

28 Die een wat op sy rykdom vertrou, sal tot ’n val kom,+

maar die regverdige sal floreer soos groen blare.+

29 Iemand wat probleme* oor sy huisgesin bring, sal net die wind erf,+

en die dwaas sal die slaaf word van die wyse persoon.*

30 Die dade van die regverdige is ’n boom van die lewe,+

en die een wat siele* wen, is wys.+

31 As die regverdige op die aarde ontvang wat hom toekom,

dan sal dit beslis die geval wees met die goddelose en die sondaar!+

12 Die een wat dissipline liefhet, het kennis lief,+

maar die een wat teregwysing haat, is verstandeloos.+

 2 Die goeie mens verkry Jehovah se goedkeuring,

maar Hy veroordeel die man wat goddelose planne beraam.+

 3 Niemand verkry veiligheid deur goddelose dade nie,+

maar die regverdige sal nooit uitgeruk word nie.

 4 ’n Goeie vrou is ’n kroon vir haar man,+

maar die vrou wat haar skandelik gedra, is vir haar man soos ’n verterende siekte.*+

 5 Die gedagtes van die regverdiges is regverdig,

maar die leiding van die goddeloses is bedrieglik.

 6 Die woorde van die goddeloses is ’n dodelike strik,+

maar die mond van dié wat reg lewe, red hulle.+

 7 Wanneer die goddeloses tot ’n val kom, is dit verby met hulle,

maar die huis van die regverdiges sal bly staan.+

 8 ’n Man word geprys wanneer hy met insig praat,+

maar mense sal geen respek hê vir ’n man wat ’n goddelose hart het nie.+

 9 Dit is beter om onbelangrik te wees en ’n slaaf te hê

as om jouself te verheerlik en nie kos te hê nie.+

10 Die regverdige sorg vir sy diere,+

maar selfs die genade van die goddeloses is wreed.

11 Die een wat sy grond bewerk, sal genoeg kos hê,+

maar die een wat waardelose dinge najaag, is onverstandig.

12 Die goddelose begeer wat ander slegte mense verkry het,

maar die regverdige is soos ’n diepgewortelde boom wat vrug dra.

13 Die goddelose word deur sy eie sondige woorde verstrik,+

maar die regverdige bevry homself uit moeilikhede.

14 Weens ’n man se woorde sal hy goeie dinge ondervind,+

en die werk van sy hande hou vir hom ’n beloning in.

15 Die weg van die dwaas is reg in sy eie oë,+

maar die wyse persoon aanvaar raad.+

16 ’n Dwaas wys dadelik dat hy hom vererg het,+

maar die verstandige man sien ’n belediging oor.

17 ’n Betroubare getuie praat die waarheid,

maar ’n valse getuie vertel leuens.

18 As ’n mens praat sonder om te dink, sal jou woorde soos swaardsteke wees,

maar die tong van die wyses is genesend.+

19 Woorde van waarheid bly vir ewig,+

maar leuens duur net vir ’n oomblik.+

20 Bedrog is in die hart van dié wat slegte dinge beplan,

maar dié wat vrede bevorder, is vreugdevol.+

21 Niks skadeliks sal die regverdige tref nie,+

maar die goddeloses sal baie rampspoed ondervind.+

22 Lippe wat leuens vertel, is vir Jehovah afskuwelik,+

maar mense wat betroubaar is, gee hom vreugde.

23 ’n Verstandige mens bly stil oor wat hy weet,

maar die dwaas* verkondig sy dwaasheid.+

24 Hardwerkende mense sal regeer,+

maar lui mense sal as slawe werk.+

25 Angstigheid in ’n mens se hart maak hom terneergedruk,*+

maar ’n goeie woord maak sy hart bly.+

26 Die regverdige ondersoek sy weiveld,

maar die weg van die goddeloses bring hulle op ’n dwaalspoor.

27 Lui mense sal nie eers jag om kos te kry nie,+

maar om hard te werk, is vir ’n man ’n kosbare skat.

28 Die pad van regverdigheid lei na die lewe.+

Hierdie pad lei nie na die dood nie.

13 ’n Wyse seun aanvaar sy pa se dissipline,+

maar die spotter luister nie wanneer hy bestraf word nie.+

 2 Weens ’n man se woorde sal hy die goeie eet,+

maar dié wat bedrieglik is, smag na geweld.

 3 Die een wat ’n wag voor sy mond sit,* bewaar sy lewe,+

maar die een wat sy lippe wyd oopmaak, sal rampspoed ondervind.+

 4 Die luiaard wil baie dinge hê, tog het hy niks,+

maar die een wat hard werk, sal ’n oorvloed hê.+

 5 Die regverdige haat leuens,+

maar die dade van die goddelose bring skande en oneer.

 6 Regverdigheid beskerm die onskuldige,+

maar goddeloosheid lei tot die sondaar se ondergang.

 7 Party gee voor dat hulle ryk is, tog het hulle niks.+

Ander gee voor dat hulle arm is, tog is hulle baie ryk.

 8 Rykdom is die losprys vir ’n ryk man se lewe,+

maar die arme word nie eers bedreig nie.*+

 9 Die lig van die regverdige skyn helder,+

maar die lamp van die goddeloses sal uitgedoof word.+

10 Vermetelheid* lei net tot onenigheid,+

maar wysheid behoort aan dié wat raad soek.*+

11 Rykdom wat vinnig verkry word, sal minder word,+

maar die rykdom van die een wat dit bietjie vir bietjie bymekaarmaak, sal meer word.

12 ’n Uitgestelde verwagting* maak die hart siek,+

maar ’n vervulde begeerte is ’n boom van die lewe.+

13 Die een wat onderrigting verwerp, sal die gevolge dra,+

maar die een wat die gebod respekteer, sal beloon word.+

14 Die onderrigting* van die wyse is ’n bron van lewe.+

Dit hou ’n mens weg van die strikke van die dood.

15 Goeie insig wen die goedkeuring van ander,

maar die weg van dié wat bedrieglik is, sal moeilik wees.

16 ’n Verstandige persoon tree met kennis op,+

maar ’n dwaas openbaar sy dwaasheid.+

17 ’n Goddelose boodskapper beland in die moeilikheid,+

maar ’n betroubare boodskapper* bring genesing.+

18 Armoede en skande wag op enigiemand wat dissipline verwerp,

maar die een wat teregwysing aanvaar, sal eer ontvang.+

19 ’n Vervulde begeerte is vir ’n mens soet,+

maar die dwaas haat dit om weg te draai van wat sleg is.+

20 Die een wat met wyse persone assosieer, sal wys word,+

maar dit sal sleg gaan met die een wat met dwase te doen het.+

21 Sondaars word deur rampspoed agtervolg,+

maar die regverdiges word met voorspoed beloon.+

22 Iemand wat goed is, laat ’n erfenis na vir sy kleinkinders,

maar die sondaar se rykdom sal vir die regverdige bewaar word.+

23 Die geploegde grond van ’n arm man lewer baie kos op,

maar dit* kan deur ongeregtigheid weggevee word.

24 Die een wat sy seun nie dissiplineer nie,* haat hom,+

maar die een wat sy seun liefhet, dissiplineer hom wanneer dit nodig is.*+

25 Die regverdige eet en word versadig,+

maar die maag van die goddelose is leeg.+

14 ’n Vrou wat waarlik wys is, bou haar huis op,+

maar ’n dwase vrou breek dit met haar eie hande af.

 2 Iemand wat reg lewe, vrees Jehovah,

maar die een wat ’n verkeerde weg volg, het geen respek vir Hom nie.

 3 Die hoogmoedige mond van ’n dwaas is soos ’n lat,

maar die lippe van die wyses sal hulle beskerm.

 4 Waar daar nie beeste is nie, is die krip skoon,

maar die krag van ’n bul lewer ’n groot oes op.

 5 ’n Betroubare getuie sal nie lieg nie,

maar ’n valse getuie vertel die een leuen ná die ander.+

 6 Die spotter soek wysheid en vind dit nie,

maar ’n verstandige mens verkry maklik kennis.+

 7 Bly weg van die dwaas,

want jy sal nie kennis by hom vind nie.+

 8 Wysheid laat ’n verstandige man sy weg verstaan,

maar die dwase word mislei* deur hulle dwaasheid.+

 9 Dwase lag oor* hulle sondes,+

maar die getroues is bereid om dinge reg te stel.

10 Net jy ken die pyn* in jou hart,

en ander kan nie jou vreugde ondervind nie.

11 Die huis van die goddeloses sal vernietig word,+

maar die tent van die getroues sal floreer.

12 Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk,+

maar op die ou end lei dit na die dood.+

13 Selfs as iemand lag, kan daar pyn in sy hart wees,

en blydskap kan in trane eindig.

14 Die een wat ’n ongehoorsame hart het, sal die gevolge van sy dade dra,+

maar die goeie man sal vir sy dade beloon word.+

15 Iemand wat onervare is, glo elke woord,

maar die verstandige persoon dink mooi voordat hy iets doen.+

16 Die wyse is versigtig en vermy wat sleg is,

maar die dwaas is roekeloos en het te veel selfvertroue.

17 Die een wat gou kwaad word, tree dwaas op,+

maar die man wat dinge goed deurdink, word gehaat.

18 Die onervarenes sal net dwaasheid erf,

maar die verstandiges word met kennis gekroon.+

19 Slegte mense sal voor die goeies moet neerbuig,

en goddelose mense sal by die poorte van die regverdiges neerbuig.

20 ’n Arm man word selfs deur sy bure gehaat,+

maar ’n ryk man het baie vriende.+

21 Die een wat niks voel vir sy medemens nie, sondig,

maar die een wat goedhartigheid betoon aan die hulpeloses, is gelukkig.+

22 Sal dié wat slegte dinge beplan, nie op ’n dwaalspoor beland nie?

Maar dié wat vasbeslote is om goeie dinge te doen, sal lojale liefde en getrouheid ontvang.+

23 Elke soort harde werk hou voordele in,

maar om net te praat, lei tot armoede.+

24 Die kroon van die wyses is hulle rykdom,

maar die dwaasheid van die dwase is maar net dwaasheid.+

25 ’n Getuie wat die waarheid praat, red lewens,

maar ’n valse getuie vertel die een leuen ná die ander.

26 Die mens wat Jehovah vrees, het sterk vertroue,+

en dit sal vir sy kinders ’n beskerming* wees.+

27 Vrees vir Jehovah is ’n fontein van die lewe.

Dit hou ’n mens weg van die strikke van die dood.

28 ’n Groot volk is die prag van ’n koning,+

maar sonder onderdane is ’n heerser niks nie.

29 Die een wat nie gou kwaad word nie, het groot insig,+

maar die een wat ongeduldig is, wys hoe dwaas hy is.+

30 ’n Kalm hart beteken lewe* vir die liggaam,

maar jaloesie vreet ’n mens op.*+

31 Die een wat die hulpeloses uitbuit, beledig sy Maker,+

maar die een wat goedhartigheid betoon aan die armes, verheerlik Hom.+

32 Die goddelose sal deur sy eie goddeloosheid tot ’n val kom,

maar die regverdige se integriteit* sal vir hom ’n beskerming* wees.+

33 Wysheid lê rustig in die hart van ’n verstandige persoon,+

maar die dwase voel dat hulle dit moet bekend maak.

34 Regverdigheid bring eer vir ’n nasie,+

maar sonde bring skande oor ’n volk.

35 ’n Kneg wat met insig optree, maak ’n koning bly,+

maar ’n koning word woedend vir die een wat hom skandelik gedra.+

15 ’n Sagte antwoord laat woede bedaar,+

maar harde woorde* laat woede opvlam.+

 2 Die tong van die wyses maak goed gebruik van kennis,+

maar dwaasheid borrel uit die mond van die dwase.

 3 Die oë van Jehovah is oral.

Hy hou die slegtes en die goeies dop.+

 4 ’n Kalm* tong is ’n boom van die lewe,+

maar ’n slegte tong veroorsaak moedeloosheid.*

 5 ’n Dwaas steur hom nie aan sy pa se dissipline nie,+

maar ’n verstandige persoon aanvaar teregwysing.+

 6 Die huis van die regverdige is vol skatte,

maar wat die goddelose inbring, bring vir hom moeilikheid.+

 7 Die lippe van die wyses versprei kennis,+

maar dit is nie die geval met die hart van die dwase nie.+

 8 Die offerande van die goddeloses is vir Jehovah afskuwelik,+

maar die gebed van die getroues is vir hom aangenaam.+

 9 Jehovah haat die weg van die goddelose,+

maar hy is lief vir die een

wat regverdigheid nastreef.+

10 Die een wat die weg verlaat, hou nie van dissipline nie,+

maar iemand wat teregwysing haat, sal sterf.+

11 Jehovah kan tot in die Graf* en die plek van vernietiging* sien.+

Hoeveel te meer kan hy sien wat in die harte van mense is!+

12 Die spotter is nie lief vir die een wat hom teregwys nie.+

Hy sal nie die wyses vir raad vra nie.+

13 ’n Vreugdevolle hart laat ’n mens gelukkig lyk,

maar ’n hart vol pyn breek ’n mens se gees.+

14 Die verstandige hart soek na kennis,+

maar die mond van die dwaas streef dwaasheid na.+

15 Vir die een wat swaarkry, is elke dag sleg,+

maar vir die een met ’n vrolike hart is die lewe ’n fees.+

16 Dit is beter om min te hê en Jehovah te vrees+

as om groot rykdom en baie bekommernisse te hê.+

17 ’n Bak groente waar daar liefde is,+

is beter as ’n vetgemaakte bul waar daar haat is.+

18 ’n Man wat gou kwaad word, maak moeilikheid,+

maar die een wat nie gou kwaad word nie, laat stryery ophou.+

19 Die weg van die luiaard is soos ’n doringheining,+

maar die pad van die getroues is gelyk.+

20 ’n Wyse seun maak sy pa bly,+

maar ’n dwase mens het geen respek vir sy ma nie.+

21 Dwaasheid is ’n vreugde vir iemand wat onverstandig is,+

maar die mens wat insig het, bly op die regte pad.+

22 Planne misluk as ’n saak nie bespreek word nie,

maar as daar baie raadgewers is, lei dit tot sukses.+

23 ’n Man is bly as hy die regte antwoord gee,+

en hoe goed is ’n woord op die regte tyd tog!+

24 Die pad van die lewe loop opwaarts vir iemand met insig.+

Dit lei hom weg van die Graf* daar onder.+

25 Jehovah sal die huis van hoogmoedige mense afbreek,+

maar hy sal die grens van die weduwee beskerm.+

26 Jehovah haat die planne van die goddelose,+

maar aangename woorde is vir Hom rein.+

27 Die een wat op ’n oneerlike manier wins maak, bring moeilikheid* oor sy eie huisgesin,+

maar die een wat omkopery haat, sal bly lewe.+

28 Die hart van die regverdige dink mooi* voordat hy antwoord,+

maar die mond van die goddeloses laat slegte dinge uitborrel.

29 Jehovah is ver van die goddeloses af,

maar hy luister na die gebed van die regverdiges.+

30 Oë wat straal van vreugde, maak die hart bly.

’n Goeie berig doen ’n mens goed.*+

31 Die een wat na lewegewende teregwysing luister,

voel tuis by die wyses.+

32 Iemand wat dissipline verwerp, haat sy eie lewe,+

maar die een wat na teregwysing luister, verkry insig.+

33 Vrees vir Jehovah leer ’n mens wysheid,+

en nederigheid lei tot eer.+

16 ’n Mens berei die gedagtes van sy hart voor,

maar die antwoord wat hy gee,* kom van Jehovah af.+

 2 ’n Mens dink dat alles wat hy doen, reg is,+

maar Jehovah kyk na die rede waarom hy dit doen.*+

 3 Vertrou alles wat jy doen, aan Jehovah toe,+

dan sal jou planne suksesvol wees.

 4 Jehovah laat alles tot sy voorneme bydra,

selfs die goddeloses op die dag van rampspoed.+

 5 Elkeen wat trots is,* is vir Jehovah afskuwelik.+

Wees verseker dat hy nie ongestraf sal bly nie.

 6 Deur lojale liefde en getrouheid is vergifnis van sonde moontlik,+

en vrees vir Jehovah laat ’n mens slegte dinge vermy.+

 7 As Jehovah gelukkig is met die manier waarop ’n man lewe,

gee hy hom selfs vrede met sy vyande.+

 8 Dit is beter om min te hê en regverdig te wees+

as om ’n groot inkomste te hê en oneerlik te wees.+

 9 ’n Man kan in sy hart beplan wat hy wil doen,

maar Jehovah rig sy voetstappe.+

10 God se besluite moet op die lippe van ’n koning wees.+

Hy moet altyd met geregtigheid optree.+

11 ’n Akkurate weegskaal kom van Jehovah,

en al die gewigte in die sak is deur hom gemaak.+

12 Konings haat goddelose dade,+

want die troon word stewig gevestig deur regverdigheid.+

13 Woorde van regverdigheid is vir konings aangenaam.

Hulle is lief vir mense wat die waarheid praat.+

14 Die koning se woede is soos ’n boodskapper van die dood,+

maar die wyse man laat dit bedaar.*+

15 ’n Koning se goedkeuring beteken lewe.

Sy goedkeuring is soos ’n reënwolk in die lente.+

16 Dit is baie beter om wysheid te verkry as goud!+

En om verstandigheid te verkry, is beter as silwer.+

17 Die grootpad van dié wat reg lewe, lei hulle weg van wat sleg is.

Die een wat seker maak dat hy op die regte pad bly, bewaar sy lewe.+

18 Trots lei tot ondergang,

en hoogmoed kom voor ’n val.+

19 Dit is beter om nederig te wees saam met nederige mense+

as om te deel in die rykdom* van hoogmoedige mense.

20 Die een wat met insig optree, sal suksesvol wees,

en gelukkig is die een wat op Jehovah vertrou.

21 Die persoon met ’n wyse hart, sal verstandig genoem word,+

en die een wat vriendelik praat,* het die vermoë om ander te oorreed.+

22 Insig is ’n fontein van die lewe vir dié wat dit besit,

maar dwase word gestraf deur hulle eie dwaasheid.

23 ’n Wyse persoon kies sy woorde versigtig,+

en daarom kan sy woorde mense oorreed.

24 Aangename woorde is soos heuning,*

soet vir die siel* en genesend vir die liggaam.*+

25 Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk,

maar op die ou end lei dit na die dood.+

26 ’n Werker se eetlus* motiveer hom om hard te werk,

want sy honger spoor hom aan.+

27 ’n Slegte man grawe slegte dinge op.+

Sy woorde is soos ’n vernietigende vuur.+

28 ’n Moeilikheidmaker* veroorsaak onenigheid,+

en ’n lasteraar dryf goeie vriende uitmekaar.+

29 ’n Gewelddadige man mislei ander

en laat hulle die verkeerde pad volg.

30 Hy knip sy oog terwyl hy slegte dinge beplan.

Hy pers sy lippe saam terwyl hy slegte dinge doen.

31 Grys hare is ’n pragtige kroon*+

wanneer dit op die weg van regverdigheid gevind word.+

32 Die een wat nie gou kwaad word nie,+ is beter as ’n sterk man,

en hy wat sy woede beheer,* as die een wat ’n stad verower.+

33 Die lot word in die skoot gewerp,+

maar elke besluit daardeur kom van Jehovah af.+

17 ’n Stuk droë brood waar daar vrede* is,+

is beter as ’n feesmaal in ’n huis* waar daar gestry word.+

 2 ’n Kneg wat insig het, sal heers oor ’n seun wat skandelik optree.

Hy sal saam met die broers ’n erfdeel kry.

 3 Die smeltpot is vir silwer en die smeltoond vir goud,+

maar Jehovah is die Een wat harte ondersoek.+

 4 Die goddelose man skenk aandag aan skadelike praatjies,

en ’n bedrieglike man luister na ’n gemene tong.+

 5 Die een wat ’n arm persoon spot, beledig sy Maker,+

en die een wat bly is oor ’n ander se ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.+

 6 Kleinkinders is ’n kroon vir oumense,

en ouers* is die trots van hulle kinders.*

 7 Opregte* woorde pas nie by ’n dwaas nie.+

Nog minder pas leuens by ’n heerser!+

 8 ’n Geskenk is soos ’n edelsteen vir die eienaar daarvan.+

Waar hy ook al gaan, bring dit vir hom sukses.+

 9 Die een wat ’n oortreding vergewe,* bevorder liefde,+

maar die een wat oor ’n oortreding bly praat, dryf goeie vriende uitmekaar.+

10 ’n Teregwysing het ’n groter uitwerking op ’n verstandige persoon+

as wat 100 houe op ’n dwaas het.+

11 ’n Slegte mens stel net belang in opstandigheid,

maar ’n wrede boodskapper sal gestuur word om hom te straf.+

12 Dit is beter om ’n beer teë te kom wie se kleintjies afgevat is

as om ’n dwaas in al sy dwaasheid teë te kom.+

13 As iemand die goeie met die slegte terugbetaal,

sal daar altyd rampspoed in sy huis wees.+

14 As ’n stryery begin, is dit asof ’n dam se sluise oopgemaak word.

Gaan dus weg voordat die stryery begin.+

15 Die een wat die goddelose onskuldig verklaar en die een wat die regverdige skuldig verklaar+

– hulle albei is vir Jehovah afskuwelik.

16 Wat baat dit dat die dwaas die geleentheid het om wysheid te verkry

as hy dit nie wil verkry nie?*+

17 ’n Ware vriend betoon altyd liefde+

en is ’n broer gedurende* moeilike tye.+

18 ’n Onverstandige man maak ’n ooreenkoms*

en stem in om borg te staan in die teenwoordigheid van sy naaste.+

19 Die een wat daarvan hou om te stry, hou van oortreding.+

Iemand wat sy ingang hoog maak, soek sy eie ondergang.+

20 Die een wat ’n slegte hart het, sal nie suksesvol wees nie,+

en die een wat bedrieglike dinge sê, kom tot ’n val.

21 Die pa van ’n dwase kind sal hartseer ondervind,

en die pa van ’n verstandelose kind het geen vreugde nie.+

22 ’n Vreugdevolle hart is soos goeie medisyne,+

maar ’n gebroke gees beroof jou van jou krag.*+

23 ’n Goddelose man sal ’n omkoopgeskenk in die geheim aanvaar

om die reg te verdraai.+

24 Iemand wat insig het, hou wysheid voor oë,

maar die gedagtes* van die dwaas dwaal oral rond.+

25 ’n Dwase seun maak sy pa hartseer

en bring trane* vir sy ma.+

26 Dit is nie goed om die regverdige te straf* nie,

en dit is nie reg om gerespekteerde mense te slaan nie.

27 ’n Man wat kennis het, hou sy woorde terug,+

en ’n man wat insig het, sal kalm bly.+

28 Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is,

en wanneer iemand sy mond toehou, kan dit lyk of hy verstandig is.

18 Iemand wat hom afsonder, jaag sy eie selfsugtige begeertes na.

Hy verwerp alle praktiese wysheid.

 2 ’n Dwaas wil nie insig verkry nie.

Hy openbaar eerder wat in sy eie hart is.+

 3 Wanneer ’n goddelose kom, verdwyn respek.

En saam met skandelike gedrag kom oneer.+

 4 Die woorde van ’n man se mond is diep waters.+

Dit is ’n fontein van wysheid, ’n borrelende stroom.

 5 Dit is nie goed om die goddelose te bevoordeel+

of om te keer dat die regverdige geregtigheid kry nie.+

 6 Die woorde van die dwaas lei tot stryery,+

en met die dinge wat hy sê, soek hy ’n pak slae.+

 7 Die mond van die dwaas is sy ondergang,+

en sy lippe stel sy lewe in gevaar.

 8 Die woorde van ’n lasteraar is soos lekker eetgoed+

wat vinnig ingesluk word en tot in die maag afgly.+

 9 Iemand wat lui is om te werk,

is ’n broer van die een wat skade aanrig.+

10 Die naam van Jehovah is ’n sterk toring.+

Die regverdige hardloop daarin en word beskerm.+

11 Die rykdom van die ryk man is vir hom soos ’n sterk stad.

Dit is soos ’n beskermende muur in sy verbeelding.+

12 Hoogmoed in ’n mens se hart lei tot ondergang,+

en nederigheid lei tot eer.+

13 Iemand wat op ’n saak antwoord voordat hy die feite hoor,

is dwaas en kom in die skande.+

14 ’n Mens se gesindheid* kan hom help om sy siekte te verdra,+

maar wie kan uithou as hy ’n gebroke gees het?*+

15 Die hart van die verstandige verkry kennis,+

en die oor van die wyses probeer kennis vind.

16 ’n Geskenk maak deure oop.+

Dit gee ’n mens toegang tot belangrike mense.

17 Dit lyk altyd of die een wat sy saak eerste stel, reg is,+

maar dan kom die ander party en ondervra hom.+

18 Wanneer die lot gewerp word, maak dit ’n einde aan geskille+

en word daar geoordeel tussen* sterk teenstanders.

19 Om ’n broer te paai wat aanstoot geneem het, is moeiliker as om ’n sterk stad in te neem,+

en daar is geskille wat soos die grendels van ’n vesting is.+

20 Weens ’n man se woorde sal sy maag vol wees.+

Hy sal vol word van die opbrengs van sy lippe.

21 Dood en lewe is in die mag van die tong.+

Dié wat daarvan hou om dit te gebruik, sal die vrug daarvan eet.+

22 Die een wat ’n goeie vrou vind, het iets goeds gevind,+

en hy verkry Jehovah se goedkeuring.+

23 Die arm man soebat,

maar die ryk man gee ’n harde antwoord.

24 Daar is vriende wat mekaar verwoes,+

maar daar is ’n vriend wat lojaler is as ’n broer.+

19 Dit is beter om arm te wees en ’n weg van integriteit* te volg+

as om dwaas te wees en leuens te vertel.+

 2 Dit is nie goed vir ’n mens om geen kennis te hê nie,+

en die een wat oorhaastig optree, sondig.

 3 ’n Man se eie dwaasheid laat hom ’n verkeerde weg volg,

en dan word hy* woedend vir Jehovah.

 4 Rykdom bring baie vriende,

maar die arm man se vriende laat hom in die steek.+

 5 ’n Valse getuie sal nie ongestraf bly nie,+

en ’n leuenaar sal nie wegkom nie.+

 6 Baie mense wil die goedkeuring van ’n belangrike* persoon verkry,

en almal is ’n vriend van die man wat geskenke gee.

 7 As al die broers van ’n arm man hom haat,+

hoeveel te meer sal sy vriende hom dan vermy!+

Hy probeer hulle iets vra, maar niemand reageer nie.

 8 Die een wat wysheid verkry, het homself lief.+

Die een wat insig as ’n skat

bewaar, sal suksesvol wees.+

 9 ’n Valse getuie sal nie ongestraf bly nie,

en ’n leuenaar sal sterf.+

10 Dit is nie gepas dat ’n dwaas in weelde lewe nie.

Nog minder dat ’n kneg oor leiers regeer!+

11 Insig keer dat ’n mens gou kwaad word,+

en dit is mooi van hom om ’n oortreding oor te sien.+

12 ’n Koning se woede is soos die gebrul van ’n leeu,*+

maar sy goedkeuring is soos dou op die plante.

13 ’n Dwase seun veroorsaak probleme vir sy pa,+

en ’n stryerige* vrou is soos ’n dak wat aanhoudend lek.+

14 ’n Huis en rykdom erf ’n mens by jou pa,

maar ’n verstandige vrou kom van Jehovah.+

15 ’n Lui persoon wil net slaap,

en iemand wat traag is, sal honger ly.+

16 Die een wat die gebod gehoorsaam, sal bly lewe.+

Die een wat nie omgee hoe hy lewe nie, sal sterf.+

17 Die een wat goed is vir die armes, leen aan Jehovah,+

en Hy sal hom terugbetaal* vir wat hy doen.+

18 Dissiplineer jou seun terwyl daar nog hoop is,+

en moenie verantwoordelik word vir sy dood nie.+

19 ’n Man wat gou kwaad word, sal die gevolge daarvan dra.

As jy hom teen die gevolge probeer beskerm, sal jy dit keer op keer moet doen.+

20 Luister na raad en aanvaar dissipline,+

sodat jy in die toekoms wys kan word.+

21 Daar is baie planne in ’n man se hart,

maar die raad* van Jehovah sal bly staan.+

22 Wat ’n mens aantreklik maak, is sy lojale liefde,+

en dit is beter om arm te wees as om ’n leuenaar te wees.

23 Vrees vir Jehovah lei tot die lewe.+

Die een wat hom vrees, sal rustig slaap en niks oorkom nie.+

24 Die luiaard steek sy hand in die feesbak,

maar hy doen nie die moeite om dit na sy mond te bring nie.+

25 Slaan die spotter,+ sodat die onervarene verstandig kan word,+

en dissiplineer die verstandige, sodat hy meer kennis kan kry.+

26 Die seun wat sy pa sleg behandel en sy ma wegjaag,

veroorsaak skande en oneer.+

27 My seun, as jy ophou om na dissipline te luister,

sal jy afwyk van die woorde van kennis.

28 ’n Nuttelose getuie bespot geregtigheid,+

en die mond van die goddeloses sluk goddeloosheid in.+

29 Spotters sal gestraf word,+

en dwase sal geslaan word.+

20 Wyn maak mense belaglik;+ alkohol maak hulle lawaaierig,+

en elkeen wat as gevolg daarvan van die regte pad afdwaal, is nie wys nie.+

 2 ’n Koning veroorsaak net soveel vrees soos ’n leeu* wat brul.+

Die een wat hom kwaad maak, waag sy lewe.+

 3 Dit bring vir ’n man eer as hy ’n stryery vermy,+

maar elke dwaas raak betrokke daarby.+

 4 Die luiaard ploeg nie in die winter nie.

Daarom sal hy in die oestyd bedel, wanneer hy niks het nie.*+

 5 Die gedagtes* van ’n man se hart is soos diep waters,

maar die man wat insig het, sal dit na die oppervlak bring.

 6 Baie mense sê dat hulle lojale liefde het,

maar wie kan ’n getroue man vind?

 7 Die regverdige volg ’n weg van integriteit.*+

Gelukkig is sy kinders wat ná hom kom.+

 8 Wanneer ’n koning op die troon sit om te oordeel,+

stel hy ondersoek in en raak hy ontslae van alle goddeloosheid.*+

 9 Wie kan sê: “Ek het my hart gereinig.+

Ek het geen sonde nie”?+

10 Valse gewigte en valse maathouers*

– albei is vir Jehovah afskuwelik.+

11 Deur sy dade wys ’n kind

of sy gedrag rein en reg is.+

12 Die oor wat hoor en die oog wat sien

– Jehovah het hulle al twee gemaak.+

13 Moenie slaap liefhê nie, want dan sal jy arm word.+

Maak jou oë oop, dan sal jy genoeg kos hê.+

14 “Dit is sleg, dit is sleg!” sê die koper.

Dan gaan hy weg en spog oor wat hy gekoop het.+

15 Daar is goud en ook baie korale,*

maar die lippe van kennis is kosbaar.+

16 Neem ’n man se kleed as hy vir ’n vreemdeling borg gestaan het,+

en as hy dit vir ’n onsedelike vrou* gedoen het, moet jy van sy besittings as sekuriteit neem.+

17 Kos wat oneerlik verkry is, smaak vir ’n man lekker,

maar agterna sal sy mond vol klippies wees.+

18 As planne bespreek word, sal dit suksesvol wees,+

en met wyse leiding moet jy jou oorlog voer.+

19 ’n Lasteraar praat oor vertroulike dinge.+

Moenie assosieer met iemand wat daarvan hou om te skinder nie.

20 As jy jou pa en jou ma vervloek,

sal jou lamp uitgedoof word wanneer die duisternis kom.+

21 Rykdom wat deur gierigheid verkry word,

sal op die ou end nie ’n seën wees nie.+

22 Moenie sê: “Ek sal jou terugbetaal vir wat jy aan my gedoen het!” nie.+

Hoop op Jehovah,+ en hy sal jou red.+

23 Valse gewigte* is vir Jehovah afskuwelik,

en ’n bedrieglike weegskaal is nie goed nie.

24 ’n Mens se voetstappe word deur Jehovah gerig.+

Hoe kan ’n mens self weet waarheen hy moet gaan?*

25 Dit is vir ’n mens ’n strik om oorhaastig te belowe om iets aan God te gee+

en eers later te dink aan wat hy belowe het.+

26 ’n Wyse koning sif die goddeloses uit+

soos kaf van die koring geskei word.+

27 Die asem van die mens is die lamp van Jehovah.

Dit openbaar wat diep binne hom is.

28 Lojale liefde en getrouheid beskerm ’n koning.+

Deur lojale liefde staan sy troon vas.+

29 Die prag van jong manne is hulle krag,+

en die versiering van ou manne is hulle grys hare.+

30 Kneusplekke en wonde verwyder goddeloosheid,+

en ’n pak slae maak ’n mens se innerlike skoon.

21 ’n Koning se hart is soos waterstrome in Jehovah se hand.+

Hy lei dit waarheen Hy wil.+

 2 ’n Mens dink dat alles wat hy doen, reg is,+

maar Jehovah ondersoek die hart.*+

 3 Om te doen wat goed en reg is,

is vir Jehovah beter as ’n offerande.+

 4 Hoogmoedige oë en ’n trotse hart

– die lamp wat die goddeloses lei – is sonde.+

 5 Die planne van hardwerkende mense lei tot sukses,*+

maar almal wat oorhaastig is, sal arm word.+

 6 Om skatte deur leuens te verkry,

is soos mis wat verdwyn, ’n dodelike strik.*+

 7 Die geweld van die goddeloses sal hulle vernietig,+

want hulle weier om te doen wat reg is.

 8 Die weg van ’n skuldige man is sleg,

maar ’n onskuldige man doen wat reg is.+

 9 Dit is beter om op ’n hoek van die dak te woon

as in dieselfde huis saam met ’n stryerige* vrou.+

10 Die goddelose man smag na wat sleg is.+

Hy gee nie om vir ander mense nie.+

11 Wanneer ’n spotter gestraf word, word die onervarenes wyser,

en wanneer ’n wyse persoon insig kry, weet hy wat om te doen.*+

12 Die Regverdige hou die huis van die goddelose dop.

Hy veroorsaak die ondergang van die goddeloses.+

13 Die een wat nie wil luister wanneer die armes om hulp roep nie,

sal geen antwoord kry wanneer hy self roep nie.+

14 ’n Geskenk wat in die geheim gegee word, laat woede afkoel,+

en ’n geheime omkoopgeskenk laat groot woede bedaar.

15 Dit is vir die regverdige ’n vreugde om te doen wat reg is,+

maar dit is iets verskrikliks vir die een wat goddelose dinge doen.

16 Die man wat afdwaal van die weg van insig,

sal beland by dié wat magteloos is in die dood.+

17 Die een wat agter plesier aanloop, sal arm word.+

Die een wat wyn en olie liefhet, sal nie ryk word nie.

18 Die goddelose is ’n losprys vir die regverdige,

en die een wat bedrieglik is, vir die een wat reg lewe.+

19 Dit is beter om in die wildernis te woon

as saam met ’n stryerige* en moeilike vrou.+

20 Daar is kosbare skatte en olie in die huis van die wyse,+

maar die dwase man vermors wat hy het.+

21 Die een wat regverdigheid en lojale liefde nastreef,

sal die lewe, regverdigheid en eer vind.+

22 ’n Wyse man kan teen die stadsmuur van die magtiges opklim*

en die dinge* afbreek waarop hulle vertrou.+

23 Die een wat sy mond en sy tong beheer,

bly uit die moeilikheid.+

24 Iemand word ’n vermetele,* trotse grootprater genoem

as sy vermetele optrede geen perke het nie.+

25 Die begeerte van die luiaard sal sy dood veroorsaak,

want sy hande weier om te werk.+

26 Die hele dag lank wil die luiaard net meer hê,

maar die regverdige gee en hou niks terug nie.+

27 Die offerande van die goddelose is afskuwelik.+

Hoeveel te meer wanneer hy dit met slegte bedoelings* offer!

28 ’n Getuie wat leuens vertel, sal sterf,+

maar die getuienis van die man wat luister, sal suksesvol wees.

29 ’n Goddelose man maak asof hy baie selfvertroue het,+

maar die weg van die getroues is seker.+

30 Daar is geen wysheid, geen insig en geen raad teen Jehovah nie.+

31 Die perd word vir die dag van oorlog gereedgemaak,+

maar redding behoort aan Jehovah.+

22 ’n Goeie naam* is beter as baie rykdom.+

Dit is beter om gerespekteer te word as om silwer en goud te hê.

 2 Die ryke en die arme het die volgende in gemeen:

Jehovah het hulle albei gemaak.+

 3 Die verstandige sien die gevaar en vermy dit,

maar die onervarene gaan voort en moet die gevolge dra.

 4 Nederigheid en vrees vir Jehovah

lei tot rykdom en eer en die lewe.+

 5 Daar is dorings en strikke op die weg van die slegte man,

maar die een wat sy lewe liefhet, bly ver weg daarvan.+

 6 Lei ’n kind* op in die weg wat hy moet volg.+

Selfs as hy oud word, sal hy dit nie verlaat nie.+

 7 Die ryke heers oor die armes,

en die lener is ’n slaaf van die man by wie hy leen.+

 8 Die een wat onregverdigheid saai, sal rampspoed oes,+

en sy oorheersing van ander* sal tot ’n einde kom.+

 9 Die vrygewige persoon sal geseën word,

want hy deel sy kos met die armes.+

10 Jaag die spotter weg,

dan sal stryery verdwyn,

en regsake* en beledigings sal ophou.

11 Die een wie se hart rein is* en wie se woorde aangenaam is,

sal die koning as sy vriend hê.+

12 Jehovah bewaar kennis,

maar hy laat die woorde van bedrieglike mense misluk.+

13 Die luiaard sê: “Daar is ’n leeu buite!

Ek sal op die openbare plein doodgemaak word!”+

14 Die woorde van slegte* vrouens is soos ’n diep gat.+

Die een wat deur Jehovah veroordeel word, sal daarin val.

15 Dwaasheid sit vas in die hart van ’n kind,*+

maar die lat van dissipline sal dit ver van hom af verwyder.+

16 Die een wat die armes uitbuit sodat hy ryker kan word+

en die een wat geskenke aan die rykes gee,

sal arm word.

17 Skenk aandag aan die woorde van die wyses,+

sodat jy my kennis in jou hart kan laat insink.+

18 Want dit is goed om dit diep binne-in jou te bewaar,+

sodat jy altyd oor al hierdie dinge sal praat.+

19 Ek gee jou vandag kennis,

sodat jy op Jehovah sal vertrou.

20 Het ek nie reeds aan jou geskryf

en jou raad en kennis gegee nie?

21 Ek het jou ware en betroubare woorde geleer,

sodat jy ’n akkurate verslag kan terugneem na die een wat jou gestuur het.

22 Moenie die arm man beroof omdat hy arm is nie,+

en moenie die hulpelose in die stadspoort onderdruk nie,+

23 want Jehovah sal hulle verdedig,+

en hy sal die lewe neem van dié wat hulle uitbuit.

24 Moenie assosieer met iemand wat gou kwaad word nie,

en moenie betrokke raak by iemand wat geneig is om woedend te word nie,

25 sodat jy nooit sy weë sal aanleer

en so in ’n strik beland nie.+

26 Moenie onder dié wees wat ’n ooreenkoms maak

om borg te staan vir ’n lening nie.+

27 As jy nie kan betaal nie,

sal jou bed onder jou uit geneem word!

28 Moenie ’n grensmerker verskuif

wat jou voorvaders lank gelede daar gesit het nie.+

29 Het jy ’n man gesien wat sy werk goed kan doen?

Hy sal voor konings staan.+

Hy sal nie voor gewone mense staan nie.

23 As jy by ’n koning gaan eet,

moet jy mooi kyk na wat voor jou is.

 2 Sit ’n mes teen jou keel*

as jy ’n groot eetlus* het.

 3 Moenie sy lekker kos begeer nie,

want dit kan jou bedrieg.

 4 Moenie jouself uitput om rykdom te verkry nie.+

Hou op en wees eerder verstandig.*

 5 Terwyl jy nog daarna kyk, verdwyn dit,+

want dit sal vlerke kry soos dié van ’n arend en wegvlieg.+

 6 Moenie ’n suinige persoon se kos eet nie.

Moenie sy lekker kos begeer nie.

 7 Want hy is soos iemand wat boekhou van alles.*

“Eet en drink,” sê hy vir jou, maar hy bedoel dit nie.

 8 Wat jy geëet het, sal jy opgooi,

en jou komplimente sou verniet gewees het.

 9 Moenie met die dwaas praat nie,+

want hy sal jou wyse woorde verag.+

10 Moenie ’n grensmerker verskuif wat lank gelede daar gesit is nie+

of grond van weeskinders neem nie.

11 Want hulle Verlosser* is sterk.

Hy sal hulle saak teen jou verdedig.+

12 Maak jou hart oop vir dissipline,

en skenk aandag aan die woorde van kennis.

13 Moenie dissipline terughou van ’n kind* nie.+

As jy hom slaan,* sal hy nie sterf nie.

14 Jy moet hom slaan*

om hom van die Graf* te red.

15 My seun, as jou hart wys word,

dan sal my hart bly wees.+

16 Diep binne my sal ek* vreugdevol wees

wanneer dit wat reg is, uit jou mond kom.

17 Moenie* jaloers wees op sondaars nie,+

maar vrees Jehovah die hele dag lank,+

18 want dan sal jy ’n toekoms hê,+

en jou hoop sal nie verdwyn nie.

19 Luister, my seun, en word wys,

en laat jou hart die regte weg volg.

20 Bly weg van mense wat te veel wyn drink+

of wat hulle ooreet aan vleis,+

21 want ’n dronkaard en ’n vraat sal arm word,+

en slaperigheid sal ’n mens stukkende klere laat dra.

22 Luister na jou pa wat jou geboorte veroorsaak het,

en moenie neersien op jou ma net omdat sy oud geword het nie.+

23 Koop* waarheid en moet dit nooit verkoop nie,+

ook wysheid en dissipline en verstandigheid.+

24 Die pa van ’n regverdige sal vir seker vreugdevol wees.

Die pa van ’n wyse seun sal bly wees oor hom.

25 Jou pa en jou ma sal vreugdevol wees,

en sy wat aan jou geboorte gegee het, sal bly wees.

26 My seun, gee tog jou hart aan my,

en mag jy vreugde vind in my weë.+

27 Want ’n prostituut is soos ’n diep gat,

en ’n onsedelike* vrou is soos ’n nou put.+

28 Sy lê en wag soos ’n rower.+

Sy laat die een man ná die ander ontrou word.

29 Wie kla en kerm? Wie voel onrustig?

Wie stry heeltyd? Wie het klagtes?

Wie het wonde sonder rede? Wie het dowwe oë?

30 Dié wat lank by die wyn bly,+

dié wat gemengde wyn soek.*

31 Moenie na die wyn se rooi kleur kyk,

terwyl dit in die beker vonkel en glad afgly nie,

32 want op die ou end byt dit soos ’n slang

en skei dit gif af soos ’n adder.

33 Jou oë sal vreemde dinge sien,

en jou hart sal jou verkeerde dinge laat sê.+

34 En jy sal soos iemand wees wat op die oop see lê,

soos iemand wat bo-op ’n skip se mas lê.

35 Jy sal sê: “Hulle het my geslaan, maar ek het dit nie* gevoel nie.

Hulle het my hard geslaan, maar ek het dit nie geweet nie.

Wanneer sal ek wakker word?+

Ek het nog ’n drankie nodig.”

24 Moenie jaloers wees op goddelose mense nie,

en moenie hulle geselskap begeer nie,+

 2 want hulle* dink heeltyd aan geweld,

en hulle praat net van moeilikheid maak.

 3 Deur wysheid word ’n huis* opgebou,+

en deur insig sal dit vasstaan.

 4 Deur kennis word die kamers gevul

met allerhande mooi en kosbare skatte.+

 5 ’n Wyse man is sterk,+

en deur kennis kry ’n man meer krag.

 6 Voer jou oorlog met wyse leiding.+

Met baie raadgewers sal jy oorwin.*+

 7 ’n Dwaas kan nie ware wysheid verkry nie.+

In die stadspoort het hy niks om te sê nie.

 8 Iemand wat beplan om goddelose dinge te doen,

kry ’n naam as ’n skelm.+

 9 Die planne van ’n dwaas* is sonde,

en mense hou niks van ’n spotter nie.+

10 As jy mismoedig word in moeilike tye,

sal jy min krag hê.

11 Red dié wat weggeneem word na die dood,

en hou dié terug wat op pad is na die slagting.+

12 As jy sê: “Maar ons het nie daarvan geweet nie,”

sal die Een wat harte* ondersoek, dit opmerk.+

Ja, die Een wat sy oog op jou hou, sal weet

en sal elkeen volgens sy dade terugbetaal.+

13 My seun, eet heuning, want dit is goed.

Heuning uit die heuningkoek is soet.

14 Net so moet jy weet dat wysheid goed is vir jou.+

As jy dit vind, sal jy ’n toekoms hê,

en jou hoop sal nie verdwyn nie.+

15 Moenie goddeloos wees en die regverdige naby sy huis gaan voorlê nie.

Moenie sy rusplek verwoes nie.

16 Want die regverdige kan sewe keer val, en hy sal weer opstaan,+

maar die goddelose sal weens rampspoed val en bly lê.+

17 Wanneer jou vyand val, moet jy nie bly wees nie,

en wanneer hy struikel, moet jou hart nie vreugdevol wees nie,+

18 anders sal Jehovah dit sien en ontevrede wees,

en Hy sal nie meer vir jou vyand kwaad wees nie.+

19 Moenie ontsteld wees oor slegte mense nie.

Moenie jaloers wees op goddelose mense nie.

20 Want daar is geen toekoms vir iemand wat sleg is nie.+

Die lamp van die goddeloses sal uitgedoof word.+

21 My seun, vrees Jehovah en die koning.+

Moenie assosieer met dié wat in opstand kom* nie,+

22 want hulle ondergang sal skielik kom.+

Wie weet watter rampspoed God en die koning oor hulle sal bring?+

23 Hierdie woorde behoort aan wyse mense:

Dit is nie goed om partydig te wees wanneer jy oordeel nie.+

24 Iemand wat vir die goddelose sê: “Jy is regverdig,”+

sal deur die volke vervloek word en deur die nasies veroordeel word.

25 Maar dit sal goed gaan met dié wat hom teregwys.+

Hulle sal geseën word met goeie dinge.+

26 Mense sal iemand respekteer* wat ’n eerlike antwoord gee.*+

27 Reël eers jou werk wat buite gedoen moet word, en maak alles op die landery gereed.

Daarna moet jy jou huis* bou.

28 Moenie sonder rede teen jou medemens getuig nie.+

Moenie jou lippe gebruik om ander te bedrieg nie.+

29 Moenie sê: “Ek gaan aan hom doen net soos hy aan my gedoen het.

Ek gaan hom terugbetaal vir wat hy gedoen het” nie.+

30 Ek het by die landery van die luiaard verbygegaan,+

by die wingerd van die onverstandige mens.

31 Ek het gesien dat dit toegegroei was van die onkruid.

Die grond was toe onder die brandnetels,

en sy klipmuur was afgebreek.+

32 Ek het daarna gekyk en daaroor nagedink.

Ek het dit gesien en hierdie les geleer:

33 Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer,

nog ’n bietjie handevou om te rus,

34 en jou armoede sal kom soos ’n dief,

en swaarkry sal jou oorval soos ’n gewapende man.+

25 Hier is nog spreuke van Salomo,+ wat die manne van Hiskiʹa,+ die koning van Juda, opgeskryf* het:

 2 God word verheerlik omdat hy ’n saak geheim hou,+

en konings word geëer omdat hulle ’n saak ondersoek.

 3 Net soos niemand weet hoe hoog die hemel is of hoe diep die aarde is nie,

weet niemand wat in die hart van konings aangaan nie.

 4 Verwyder die metaalskuim van die silwer,

en dit sal heeltemal suiwer wees.+

 5 Verwyder die goddelose man voor die koning,

en sy troon sal stewig gevestig word in regverdigheid.+

 6 Moenie jouself voor die koning eer nie,+

en moenie tussen belangrike mense gaan staan nie.+

 7 Want dit is beter dat hy vir jou sê: “Kom hierheen,”

as dat hy jou voor ’n belangrike persoon verneder.+

 8 Moenie haastig wees om ’n saak teen jou medemens te maak nie,

want wat sal jy agterna doen as hy jou verneder?+

 9 Praat die saak uit met jou medemens.+

En moenie vertroulike sake* openbaar nie.+

10 Anders sal die een wat luister, skande oor jou bring,

en jy sal ’n slegte berig* versprei wat jy nie kan terugtrek nie.

11 ’n Woord op die regte tyd

is soos goue appels in silwerhouers.*+

12 Soos ’n oorring van goud en juwele van suiwer goud,

so is ’n wyse persoon se teregwysing vir ’n oor wat bereid is om te luister.+

13 Soos die koelheid van sneeu op die oesdag,

so is ’n getroue boodskapper vir dié wat hom gestuur het,

want hy gee sy meester nuwe moed.+

14 Soos wolke en wind wat geen reën bring nie,

so is ’n man wat spog oor ’n geskenk wat hy nooit gee nie.+

15 Deur geduld word ’n bevelvoerder oorreed,

en ’n vriendelike* tong kan ’n been breek.+

16 As jy heuning vind, moet jy net genoeg eet,

want as jy te veel daarvan eet, sal jy dit dalk opgooi.+

17 Moenie te veel by jou medemens kuier nie,

sodat hy nie vir jou moeg raak en jou begin haat nie.

18 Soos ’n knuppel en ’n swaard en ’n skerp pyl,

so is iemand wat valslik getuig teen sy medemens.+

19 Soos ’n gebreekte tand of ’n voet wat swik,

so is vertroue in ’n onbetroubare* persoon in moeilike tye.

20 Soos iemand wat ’n kleed op ’n koue dag uittrek,

en soos asyn wat op soda* gegooi word,

so is die een wat liedjies sing vir iemand wat terneergedruk is.+

21 As jou vyand* honger is, gee hom iets om te eet,

en as hy dors is, gee hom iets om te drink,+

22 want dit sal wees asof jy brandende kole op sy kop sit,*+

en Jehovah sal jou beloon.

23 Die noordewind bring ’n stortreën,

en ’n tong wat skinder, bring woede.+

24 Dit is beter om op ’n hoek van die dak te woon

as in dieselfde huis saam met ’n stryerige* vrou.+

25 ’n Goeie berig wat uit ’n ver land kom,

is soos koue water vir ’n siel* wat moeg is.+

26 Soos ’n modderige fontein en ’n vuil put,

so is ’n regverdige wat toegee aan* ’n goddelose.

27 Dit is nie goed om te veel heuning te eet nie,+

en dit is ook nie goed om jou eie eer te soek nie.+

28 Soos ’n stad sonder ’n muur,*

so is die man wat nie sy humeur onder beheer kan hou nie.+

26 Sneeu pas nie by die somer nie, en reën pas nie by die oestyd nie.

Net so pas eer nie by ’n dwaas nie.+

 2 Soos ’n voël rede het om te vlug en ’n swaeltjie om te vlieg,

so kom ’n vervloeking nie sonder ’n goeie rede nie.*

 3 ’n Sweep is vir die perd, ’n toom is vir die donkie+

en die lat is vir die rug van die dwaas.+

 4 Moenie ’n dwaas volgens sy dwaasheid antwoord nie,

sodat jy nie aan hom gelyk word nie.

 5 Antwoord ’n dwaas volgens sy dwaasheid,

sodat hy nie dink dat hy wys is nie.+

 6 Soos iemand wat sy eie voete vermink en homself seermaak,

so is die een wat sake aan ’n dwaas toevertrou.

 7 Soos die slap bene van die verlamdes,

so is ’n spreuk in die mond van dwase mense.+

 8 Soos iemand wat ’n klip aan ’n slingervel vasbind,

so is die man wat eer aan ’n dwaas gee.+

 9 Soos ’n doringbos in die hand van ’n dronkaard,

so is ’n spreuk in die mond van dwase mense.

10 Soos ’n boogskutter wat blindelings skiet,*

so is die een wat ’n dwaas of ’n verbyganger huur.

11 Soos ’n hond wat terugkeer na wat hy opgegooi het,

herhaal die dwaas sy dwaasheid.+

12 Het jy ’n man gesien wat dink dat hy wys is?+

Daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir hom.

13 Die luiaard sê: “Daar is ’n jong leeu op die pad,

’n leeu op die openbare plein!”+

14 ’n Deur bly draai op sy skarniere,

en die luiaard op sy bed.+

15 Die luiaard steek sy hand in die feesbak,

maar hy is te moeg om dit na sy mond te bring.+

16 Die luiaard dink dat hy wyser is

as sewe mense wat ’n verstandige antwoord gee.

17 Soos iemand wat ’n hond aan die ore gryp,

so is ’n verbyganger wat woedend word oor* ’n stryery wat niks met hom te doen het nie.+

18 Soos ’n mal mens wat brandende en dodelike pyle afskiet,

19 so is die man wat sy medemens bedrieg* en sê: “Dit was net ’n grap!”+

20 Waar daar geen hout is nie, gaan die vuur dood,

en waar daar geen lasteraar is nie, hou die stryery op.+

21 Soos houtskool op gloeiende kole en hout op ’n vuur,

so laat ’n skoorsoeker ’n stryery opvlam.+

22 Die woorde van ’n lasteraar is soos lekker eetgoed

wat vinnig ingesluk word en tot in die maag afgly.+

23 Soos ’n silwerlagie op ’n gebreekte kleipot,

so is liefdevolle woorde uit ’n goddelose hart.+

24 Die een wat ander haat, steek dit weg agter sy woorde,

maar in sy hart is daar bedrog.

25 Al praat hy vriendelik, moet jy hom nie vertrou nie,

want daar is sewe afskuwelike dinge in sy hart.*

26 Al steek hy sy haat weg deur middel van bedrog,

sal sy goddeloosheid in die gemeente aan die lig kom.

27 Die een wat ’n gat grawe, sal daarin val,

en die een wat ’n klip wegrol, sal daardeur getref word.+

28 ’n Valse tong haat dié wat hy seermaak,

en ’n vleiende mond is verwoestend.+

27 Moenie spog oor wat jy môre gaan doen nie,

want jy weet nie wat môre gaan gebeur nie.+

 2 Laat iemand anders jou prys, en nie jou eie mond nie.

Laat ander dit doen, en nie jou eie lippe nie.+

 3 ’n Klip is swaar en sand weeg baie,

maar die irritasie wat ’n dwaas veroorsaak, is swaarder as al twee.+

 4 Woede is wreed, en dit is soos vernietigende vloedwaters,

maar wie kan voor jaloesie staande bly?+

 5 ’n Openlike teregwysing is beter as liefde wat weggesteek word.+

 6 Al maak ’n vriend se teregwysing seer, bewys dit sy getrouheid,+

maar ’n vyand gee baie soene.*

 7 As iemand genoeg geëet het, wil hy nie eers heuning uit ’n heuningkoek hê nie,

maar as ’n mens honger is, smaak selfs wat bitter is, soet.

 8 Soos ’n voël wat ver van sy nes af is,*

so is ’n man wat ver van sy huis af is.

 9 Olie en reukwerk maak die hart bly,

so ook die vriendskap van iemand wat jou opregte raad gee.+

10 Moenie jou rug draai op jou vriend of jou pa se vriend nie,

en moenie na jou broer se huis gaan as rampspoed jou tref nie.

’n Buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver weg is.+

11 Wees wys, my seun, en maak my hart bly,+

sodat ek hom wat my uittart, ’n antwoord kan gee.+

12 Die verstandige sien die gevaar en vermy dit,+

maar die onervarene gaan voort en moet die gevolge dra.

13 Neem ’n man se kleed as hy

vir ’n vreemdeling borg gestaan het,

en as hy dit vir ’n onsedelike vrou* gedoen het, moet jy van sy besittings as sekuriteit neem.+

14 As iemand sy medemens vroeg in die oggend met ’n harde stem seën,

sal dit as ’n vloek beskou word.

15 ’n Stryerige* vrou is soos ’n dak wat aanhoudend lek op ’n reënerige dag.+

16 Iemand wat haar kan beheer, kan die wind beheer

en kan olie in sy regterhand vashou.

17 Soos yster deur yster geslyp word,

so vorm* vriende mekaar.+

18 Die een wat ’n vyeboom versorg, sal die vrugte daarvan eet,+

en die een wat vir sy meester sorg, sal geëer word.+

19 Soos water ’n mens se gesig weerspieël,

so weerspieël die hart van een mens dié van ’n ander.

20 Die Graf en die plek van vernietiging* raak nooit versadig nie,+

en die oë van ’n mens raak ook nooit versadig nie.

21 Soos die smeltpot vir silwer is en die smeltoond vir goud,+

so word ’n mens getoets deur die lof wat hy ontvang.

22 Graan word met ’n stamper fyngemaal.

Maar al doen jy dit met ’n dwaas,

sal jy nie sy dwaasheid uit hom kry nie.

23 Jy moet weet hoe dit met jou kudde gaan.*

Sorg goed vir* jou skape,+

24 want rykdom hou nie vir ewig nie,+

en ’n kroon ook nie tot in alle geslagte nie.

25 Die groen gras verdwyn, nuwe gras verskyn

en voer word uit die berge ingebring.

26 Die jong ramme voorsien wol vir jou klere,

en die bokramme wat jy verkoop, voorsien geld vir ’n stuk grond.

27 En daar sal genoeg bokmelk vir jou,

jou huisgesin en jou diensmeisies wees.

28 Die goddeloses vlug sonder dat iemand hulle jaag,

maar die regverdiges het die moed van ’n leeu.*+

 2 Wanneer daar opstand* in die land is, sal daar een leier ná die ander wees,+

maar ’n leier sal lank regeer as iemand met insig en kennis hom help.+

 3 ’n Arm man wat die hulpeloses uitbuit,+

is soos stortreën wat al die kos wegspoel.

 4 Dié wat die wet ignoreer, prys die goddelose,

maar dié wat die wet gehoorsaam, vererg hulle vir die goddelose.+

 5 Slegte mense kan nie verstaan wat reg is nie,

maar dié wat Jehovah se hulp vra,* kan alles verstaan.+

 6 ’n Arm man wat ’n weg van integriteit* volg,

is beter as ’n ryk man wie se weë sleg is.+

 7 ’n Verstandige seun gehoorsaam die wet,

maar iemand wat met vrate vriende is, steek sy pa in die skande.+

 8 Die een wat rykdom verkry deur rente+ en onregverdige wins,

maak dit bymekaar vir die een wat goed is vir die armes.+

 9 As iemand weier om die wet te gehoorsaam,

is selfs sy gebed iets afskuweliks.+

10 Die een wat die getroues mislei om ’n verkeerde pad te volg, sal in sy eie strik trap,+

maar dié wat ’n rein lewe lei, sal met goeie dinge beloon word.+

11 ’n Ryk man is wys in sy eie oë,+

maar ’n arm man met insig kan dwarsdeur hom sien.+

12 Dit is wonderlik wanneer die regverdiges oorwin,

maar wanneer die goddeloses begin regeer, kruip mense weg.+

13 Iemand wat sy oortredings geheim hou, sal nie sukses hê nie,+

maar die persoon wat dit bely en ophou daarmee, sal genade ontvang.+

14 Gelukkig is die man wat altyd waaksaam is,*

maar die een wat sy hart verhard, sal deur rampspoed getref word.+

15 Soos ’n brullende leeu en ’n beer wat op ’n mens afstorm,

so is ’n goddelose heerser wat oor ’n hulpelose volk regeer.+

16 ’n Leier sonder insig misbruik sy mag,+

maar die een wat oneerlike wins haat, sal lank lewe.+

17 ’n Man wat vir iemand se dood verantwoordelik is, sal vlug totdat hy in die graf is.+

Niemand moet hom help nie.

18 Die een wat ’n rein lewe lei, sal gered word,+

maar die een wat ’n verkeerde weg volg, sal skielik val.+

19 Die een wat sy grond bewerk, sal baie kos hê,

maar die een wat nuttelose dinge najaag, sal arm word.+

20 ’n Betroubare man sal baie seëninge kry,+

maar die een wat probeer om vinnig ryk te word, sal nie onskuldig bly nie.+

21 Dit is nie goed om partydig te wees nie,+

maar iemand sal dalk iets verkeerds doen vir ’n stukkie brood.

22 ’n Gierige* man jaag rykdom na,

maar hy besef nie dat armoede hom sal inhaal nie.

23 Die een wat iemand teregwys,+ sal agterna meer waardeer word+

as die een wat sy tong gebruik om te vlei.

24 Die een wat van sy pa en ma steel en sê: “Dit is nie verkeerd nie,”+

is so goed as ’n misdadiger.+

25 ’n Gierige* persoon veroorsaak onenigheid,

maar iemand wat op Jehovah vertrou, sal voorspoedig wees.+

26 Die een wat op sy eie hart vertrou, is dwaas,+

maar die een wat wys optree, sal veilig wees.+

27 Iemand wat aan die armes gee, sal niks kortkom nie,+

maar baie vervloekinge wag op die een wat die armes ignoreer.

28 Wanneer die goddeloses begin regeer, kruip mense weg,

Maar wanneer hulle sterf, word die regverdiges baie.+

29 ’n Man wat hardkoppig bly nadat hy herhaaldelik tereggewys is,+

sal skielik tot ’n val kom en geen hoop op genesing hê nie.+

 2 Wanneer die regverdiges baie is, is die volk bly,

maar wanneer ’n goddelose regeer, sug die volk.+

 3 ’n Man wat wysheid liefhet, maak sy pa bly,+

maar die een wat met prostitute assosieer, vermors sy rykdom.+

 4 Deur geregtigheid bring ’n koning stabiliteit in ’n land,+

maar ’n man wat omkoopgeskenke wil hê, verwoes dit.

 5 ’n Man wat sy medemens vlei,

lei hom in ’n strik.+

 6 ’n Slegte man se oortreding verstrik hom,+

maar die regverdige roep vreugdevol uit en is bly.+

 7 Die regverdige is besorg oor die regte van die armes,+

maar die goddelose is glad nie besorg daaroor nie.+

 8 Grootpraters veroorsaak oproerigheid in ’n stad,+

maar die wyses laat woede bedaar.+

 9 Wanneer ’n wyse man ’n saak maak teen ’n dwaas,

sal daar ’n geskree en ’n gespot wees, maar daar sal geen oplossing wees nie.+

10 Bloeddorstige manne haat onskuldige* mense,+

en hulle wil dié doodmaak wat reg lewe.*

11 ’n Dwaas beheer nie sy woede nie,+

maar die wyse man bly kalm.+

12 As ’n heerser hom aan leuens steur,

sal al sy knegte goddeloos wees.+

13 Die arm man en die onderdrukker het die volgende in gemeen:

Jehovah gee hulle albei lewe.*

14 Wanneer ’n koning die armes regverdig oordeel,+

sal sy troon nooit in gevaar wees nie.+

15 Die lat* en teregwysing gee wysheid,+

maar ’n kind wat aan homself oorgelaat word, steek sy ma in die skande.

16 Hoe meer goddeloses daar is, hoe meer oortredings is daar,

maar die regverdiges sal die ondergang van die goddeloses sien.+

17 Dissiplineer jou seun, en jy sal rus hê,

en hy sal vir jou* groot vreugde bring.+

18 Sonder God se leiding* ruk die volk handuit,+

maar dié wat die wet gehoorsaam, is gelukkig.+

19 Dit help nie om ’n kneg met woorde tereg te wys nie,

want al verstaan hy, luister hy nie.+

20 Het jy ’n man gesien wat praat sonder om te dink?*+

Daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir hom.+

21 As ’n kneg van jongs af bederf word,

sal hy later ondankbaar word.

22 ’n Man wat gou kwaad word, maak moeilikheid,+

en iemand wat geneig is om woedend te word, begaan baie oortredings.+

23 Hoogmoed lei tot vernedering,+

maar die een wat nederig is, sal eer verkry.+

24 Die handlanger van ’n dief haat homself.

Al hoor hy dat getuies geroep word,* sê hy niks.+

25 Om vir mense bang te wees, is ’n strik,+

maar die een wat op Jehovah vertrou, sal beskerm word.+

26 Baie wil hulle saak aan ’n heerser stel,*

maar Jehovah sorg dat ’n mens geregtigheid kry.+

27 ’n Onregverdige man is vir die regverdiges afskuwelik,+

maar die een wat die regte weg volg, is vir die goddeloses afskuwelik.+

30 Die woorde van Agur, die seun van Jake. Die belangrike boodskap wat hy aan Iʹtiël, aan Iʹtiël en Ugal, oorgedra het.

 2 Ek is dommer as enigiemand anders,+

en ek het nie die insig wat ’n mens moet hê nie.

 3 Ek het nie wysheid geleer nie,

en ek het nie die kennis van die Allerheiligste nie.

 4 Wie het na die hemel opgevaar en toe neergedaal?+

Wie het die wind in die palms van sy hande versamel?

Wie het die waters in sy kleed toegedraai?+

Wie het al die eindes van die aarde vasgestel?+

Wat is sy naam en die naam van sy seun – weet jy dalk?

 5 Elke woord van God is suiwer.+

Hy is ’n skild vir dié wat beskerming by hom soek.+

 6 Moet niks by sy woorde voeg nie,+

anders sal hy jou teregwys,

en dit sal duidelik wees dat jy ’n leuenaar is.

 7 Ek vra dat u hierdie twee dinge

vir my doen solank as wat ek lewe:

 8 Verwyder valsheid en leuens ver van my af.+

Moenie vir my rykdom of armoede gee nie.

Gee my net die kos wat ek nodig het,+

 9 sodat ek nie te veel het en ontrou word aan u en sê: “Wie is Jehovah?” nie.+

Laat my ook nie arm word en steel en skande oor die naam van my God bring nie.

10 Moenie ’n kneg vals beskuldig* by sy meester nie,

anders sal hy jou vervloek en jy sal skuldig bevind word.+

11 Daar is mense* wat hulle pa vervloek

en wat hulle ma nie seën nie.+

12 Daar is mense* wat rein is in hulle eie oë,+

maar hulle vuilheid* is nie van hulle afgewas nie.

13 Daar is mense* wat baie hoogmoedig is

en wie se oë vol trots is!+

14 Daar is mense* wie se tande swaarde is

en wie se kakebene slagmesse is.

Hulle verslind die hulpeloses van die aarde

en die armes onder die mensdom.+

15 Die bloedsuiers het twee dogters wat roep: “Gee! Gee!”

Daar is drie dinge wat nie versadig raak nie,

vier wat nooit sê: “Genoeg!” nie:

16 Die Graf*+ en ’n onvrugbare baarmoeder,

’n land wat nie water kry nie

en vuur wat nooit sê: “Genoeg!” nie.

17 Die oog van die een wat sy pa bespot en wat ongehoorsaam is aan sy ma,+

sal deur die kraaie van die vallei* uitgepik word

en deur die jong arende opgeëet word.+

18 Daar is drie dinge wat ek nie kan begryp nie

en vier wat ek nie verstaan nie:

19 Hoe ’n arend in die lug vlieg,

hoe ’n slang oor ’n rots seil,

hoe ’n skip op die oop see seil

en hoe ’n man hom by ’n jong vrou gedra.

20 ’n Vrou wat egbreuk pleeg, tree soos volg op:

Sy eet, sy vee haar mond af,

en dan sê sy: “Ek het niks verkeerds gedoen nie.”+

21 Daar is drie dinge wat die aarde laat skud

en vier dinge wat dit nie kan verdra nie:

22 Wanneer ’n slaaf as koning regeer,+

wanneer ’n dwaas te veel kos het om te eet,

23 wanneer ’n vrou wat gehaat word,* as vrou geneem word,

en wanneer ’n diensmeisie die plek van haar meesteres inneem.+

24 Daar is vier dinge op die aarde wat klein is,

maar hulle is instinktief* wys:+

25 Miere is nie sterk nie,

en tog bêre hulle hulle kos in die somer.+

26 Klipdassies+ is nie magtig nie,

en tog maak hulle hulle huis in die kranse.+

27 Sprinkane+ het geen koning nie,

en tog beweeg hulle as ’n georganiseerde groep.+

28 Die geitjie+ klou met sy pootjies vas,

en hy gaan in die paleis van ’n koning in.

29 Daar is drie lewende dinge, ja vier,

wat indrukwekkend lyk wanneer hulle beweeg:

30 Die leeu, wat die magtigste onder die diere is

en wat vir niemand vlug nie,+

31 die windhond, die bokram

en ’n koning wie se leërmag by hom is.

32 As jy so dwaas was om jouself te verheerlik+

of as jy beplan het om dit te doen,

moet jy jou hand oor jou mond sit.+

33 Want as jy melk karring, kry jy botter,

as jy iemand op die neus slaan, loop die bloed,

en as jy iemand kwaad maak, lei dit tot stryery.+

31 Die woorde van koning Lemʹuel, die belangrike boodskap wat sy ma gegee het om hom te onderrig:+

 2 Wat moet ek vir jou sê, o my seun,

my seun wat ek in die wêreld gebring het?

Ja, wat moet ek sê, o seun van my geloftes?+

 3 Moenie jou krag op vrouens vermors nie,+

en moenie weë volg wat konings vernietig nie.+

 4 Dit is nie gepas vir konings nie, Lemʹuel,

dit is nie gepas vir konings om wyn te drink

of vir heersers om te vra: “Waar is my drankie?” nie,+

 5 sodat hulle nie drink en die wet vergeet

en die regte van die armes vertrap nie.

 6 Gee alkohol aan dié wat naby die dood is+

en wyn aan dié wat bitterlik ly.+

 7 Laat hulle drink en hulle armoede vergeet.

Laat hulle nie meer aan hulle probleme dink nie.

 8 Praat namens dié wat nie self kan praat nie.

Verdedig die regte van almal wat naby die dood is.+

 9 Praat, en oordeel regverdig.

Verdedig die regte van die hulpeloses en die armes.+

א [Alef]

10 Wie kan ’n goeie vrou vind?+

Sy is baie meer werd as korale.*

ב [Bet]

11 Haar man vertrou haar met sy hele hart,

en hy kom niks kort nie.

ג [Gimel]

12 Sy laat dit goed gaan met hom, nie sleg nie,

al die dae van haar lewe.

ד [Dalet]

13 Sy kry wol en linne,

en sy geniet dit om met haar hande te werk.+

ה [He]

14 Sy is soos die skepe van ’n handelaar,+

sy bring haar kos van ver af in.

ו [Waw]

15 Sy staan op terwyl dit nog nag is

en gee kos vir haar huisgesin

en vir haar diensmeisies hulle deel.+

ז [Zajin]

16 Nadat sy dit deeglik oorweeg het, koop sy ’n stuk grond,

en sy plant ’n wingerd van wat sy verdien het.*

ח [Get]

17 Sy is gereed om hard te werk,*+

en sy span haar in.*

ט [Tet]

18 Sy sien dat sy wins maak,

en haar lamp gaan nie uit in die nag nie.

י [Jod]

19 Sy werk met die spinstok,

en haar hande is besig met die spinwiel.+

כ [Kaf]

20 Sy steek haar handpalm uit na die hulpeloses,

en sy maak haar hand oop vir die armes.+

ל [Lamed]

21 Sy is nie bekommerd oor haar huisgesin as dit sneeu nie,

want haar hele huisgesin het warm* klere.

מ [Mem]

22 Sy maak haar eie beddegoed.

Haar klere is van linne en pers wol gemaak.

נ [Noen]

23 Haar man is bekend in die stadspoorte,+

waar hy saam met die ouermanne van die land sit.

ס [Samek]

24 Sy maak en verkoop linneklere,

en voorsien belde aan die handelaars.

ע [Ajin]

25 Sy het* innerlike krag en waardigheid,

en sy is vol vertroue oor die toekoms.

פ [Pe]

26 Sy praat met wysheid,+

en sy onderrig ander met liefde.*

צ [Tsade]

27 Sy hou toesig oor haar huishouding,

en sy is glad nie lui nie.*+

ק [Kof]

28 Haar kinders staan op en noem haar gelukkig.

Haar man staan op en prys haar.

ר [Resj]

29 Daar is baie goeie vrouens,

maar jy – jy oortref hulle almal.

ש [Sjin]

30 Sjarme kan misleidend wees, en ’n mooi voorkoms hou nie vir altyd nie,+

maar die vrou wat Jehovah vrees, sal geprys word.+

ת [Taw]

31 Beloon haar vir wat sy doen,*+

en laat haar werke haar in die stadspoorte prys.+

Of “’n gelykenis”.

Of “Diep respek”.

Of “wet”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “Draai om”.

Lett. “my gees”. Verwys moontlik na wysheid wat deur God se gees voorsien word.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

Lett. “vreemde”. Blykbaar ’n vrou wat sedelik vervreemd is van God.

Lett. “uitlandse”. Blykbaar ’n vrou wat sedelik vervreemd is van God.

Lett. “die hegte vriend van haar jeug”.

Of “seksuele omgang met haar het”.

Of “wat hulle integriteit behou”. Sien Woordelys.

Of “moenie my wet vergeet nie”.

Of “waarheid”.

Of “die tablet van jou hart”.

Lett. “jou naeltjie”.

Lett. “jou gebeente”.

Of “eerstelinge”. Sien Woordelys.

Of “inkomste”.

Of “wynperse”.

Sien Woordelys.

Verwys blykbaar na God se eienskappe wat in die vorige verse genoem word.

Of “sal nooit jou voet teen iets stamp”.

Of “dié aan wie dit toekom”.

Of “my wet”.

Of “Bewaak”.

Of moontlik “Dink goed na oor die pad wat jy wil volg”.

Lett. “vreemde”. Sien Spr 2:16.

Lett. “tweesnydende”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “krag”.

Lett. “in die gemeenskap en die gemeente”.

Of “vars”.

Lett. “vreemde”. Sien Spr 2:16.

Lett. “uitlandse”. Sien Spr 2:16.

Of “die boesem van ’n onsedelike vrou”.

Of “hand geskud het”.

Lett. “hand”.

Of “wet”.

Of “jou onderrig”.

Lett. “uitlandse”. Sien Spr 2:16.

Of “my wet”.

Of “die tablet van jou hart”.

Lett. “vreemde”. Sien Spr 2:16.

Lett. “uitlandse”. Sien Spr 2:16.

Of “gemeenskapsoffers”.

Of “in die blok”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

Of “oorgeërfde waardes”.

Lett. “’n sirkel”.

Of “die mensdom”.

Of “by my deure wakker bly”.

Of “die onervarenes”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “Die persoon wat wys van hart is”.

Lett. “gebooie”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Lett. “die lat is vir die rug van die onverstandige”.

Of moontlik “is op die pad”.

Of “gerugte”.

Of “voed; lei”.

Of “hartseer; swaarkry”.

Of “vir sy werkgewer”.

Of “verwagting”.

Of “die onberispelike”.

Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “goddelose”.

Of “sien neer op”.

Lett. “bedek ’n saak”.

Of “redding”.

Lett. “wat dit haat om hand te skud”.

Of “’n Man wat lojale liefde betoon”.

Of “doen goed aan sy eie siel”.

Of “skande”.

Lett. “wat vryelik water gee”.

Of “skande”.

Lett. “die een wat wys van hart is”.

Sien Woordelys.

Lett. “soos verrotting in sy gebeente”.

Lett. “die hart van die dwaas”.

Of “depressief”.

Of “wat let op wat hy sê”.

Lett. “hoor geen bestrawwing nie”.

Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.

Of “dié wat saam beraadslaag”.

Of “hoop”.

Of “wet”.

Of “gesant”.

Of “hy”.

Lett. “wat sy lat terughou”.

Of moontlik “onmiddellik”.

Of moontlik “mislei ander”.

Of “lag oor vergoeding vir”.

Lett. “bitterheid”.

Of “skuilplek”.

Of “gesondheid”.

Of “is verrotting vir die gebeente”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “skuilplek”.

Of “woorde wat pyn veroorsaak”.

Of “Genesende”.

Of “breek die gees”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “en Abaddon”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “skande”.

Of “dink na”.

Lett. “maak die gebeente vet”.

Of “die regte antwoord”.

Lett. “ondersoek die geeste”.

Of “met ’n trotse hart”.

Of “vermy dit”.

Of “buit”.

Of “en aangename spraak”. Lett. “en soetheid van lippe”.

Lett. “’n heuningkoek”.

Sien Woordelys.

Lett. “gebeente”.

Of “siel”.

Of “Iemand wat slinkse planne beraam”.

Of “’n kroon van eer”.

Lett. “oor sy gees heers”.

Of “stilte”.

Lett. “as ’n huis vol offerandes”.

Lett. “pa’s”.

Lett. “seuns”.

Of “Goeie”.

Lett. “bedek”.

Of “geen verstand het nie”.

Of “is ’n broer wat gebore is vir”.

Lett. “skud hand”.

Of “droog die gebeente uit”.

Lett. “oë”.

Lett. “bitterheid”.

Of “beboet”.

Lett. “gees”.

Of “heeltemal moedeloos is”.

Lett. “en skei dit”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Lett. “sy hart”.

Of “vrygewige”.

Of “jong maanhaarleeu”.

Of “neulerige”.

Of “beloon”.

Of “voorneme”.

Of “jong maanhaarleeu”.

Of moontlik “Hy sal in die oestyd soek, maar niks vind nie”.

Of “bedoelings”. Lett. “raad”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “sif hy alle goddeloosheid met sy oë uit”.

Of “Twee verskillende gewigte en twee verskillende maathouers”.

Sien Woordelys.

Of “’n uitlander”.

Of “Twee verskillende gewigte”.

Of “sy eie weg verstaan”.

Of “motiewe”.

Of “voordeel”.

Of moontlik “vir dié wat die dood soek”.

Of “neulerige”.

Of “verkry hy kennis”.

Of “neulerige”.

Of “kan die stad van die magtiges verower”.

Lett. “die krag”.

Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.

Of “saam met skandelike gedrag”.

Of “’n Goeie reputasie”. Lett. “’n Naam”.

Lett. “seun”. Of “jongmens”.

Lett. “die stok van sy woede”.

Of “geskille”.

Lett. “wat ’n rein hart liefhet”.

Lett. “vreemde”. Sien Spr 2:16.

Lett. “seun”. Of “jongmens”.

Of “Hou jou in”.

Of “siel vol verlange”.

Of moontlik “Hou op om op jou eie begrip te vertrou”.

Of “wat in sy siel berekeninge maak”.

Of “Verdediger”.

Lett. “seun”. Of “jongmens”.

Lett. “met die lat slaan”. Kan verwys na dissipline of straf.

Lett. “met die lat slaan”. Kan verwys na dissipline of straf.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Lett. “My niere sal”.

Lett. “Laat jou hart nie”.

Of “Verkry”.

Lett. “uitlandse”. Sien Spr 2:16.

Of “bymekaarkom om gemengde wyn te drink”.

Of “geen pyn”.

Lett. “hulle hart”.

Of “huisgesin”.

Of “suksesvol wees; redding kry”.

Of “Dwase planne”.

Of “motiewe”.

Of “wat ’n verandering wil hê”.

Lett. “sal die lippe soen”.

Of moontlik “Om ’n reguit antwoord te gee, is soos om ’n soen te gee”.

Of “huisgesin”.

Of “oorgeskryf en saamgestel”.

Of “die geheime van ander”.

Of “kwaadwillige storie”.

Of “silwersnywerk”.

Of “sagte”.

Of moontlik “bedrieglike”.

Of “alkali”.

Lett. “die een wat jou haat”.

D.w.s. om iemand se hart sag te maak en sy hardheid te laat wegsmelt.

Of “neulerige”.

Sien Woordelys.

Lett. “wankel voor”.

Of “met ’n afgebreekte muur”.

Of moontlik “so kom daar niks van ’n onverdiende vervloeking nie”.

Of “wat almal wond”.

Of moontlik “betrokke raak by”.

Of “wat sy medemens ’n skadelike poets bak”.

Of “want sy hart is heeltemal afskuwelik”.

Of moontlik “’n vyand se soene is vals”.

Of “wat van sy nes af vlug”.

Of “’n uitlander”.

Of “Neulerige”.

Lett. “slyp”.

Of “Sjeool en Abaddon”.

Of “die voorkoms van jou kudde goed ken”.

Of “Rig jou hart op; Skenk aandag aan”.

Of “jong leeu”.

Of “oortreding”.

Lett. “Jehovah soek”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “wat nooit sonder vrees is nie”.

Of “Afgunstige (Jaloerse)”.

Of moontlik “Hoogmoedige”.

Of “onberispelike”.

Of moontlik “maar dié wat reg lewe, wil hulleself beskerm”.

Lett. “verlig albei se oë”.

Of “Dissipline; Straf”.

Of “jou siel”.

Of “’n profetiese visioen; ’n openbaring”.

Of “wat haastig is met sy woorde”.

Of “’n eed wat met ’n vloek gepaardgaan”.

Of moontlik “die goedkeuring van ’n heerser verkry”.

Of “belaster”.

Lett. “’n geslag”.

Lett. “’n geslag”.

Lett. “ontlasting”.

Lett. “’n geslag”.

Lett. “’n geslag”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “wadi”. Sien Woordelys.

Of “wat nie geliefd is nie”.

Of “besonder”.

Sien Woordelys.

Lett. “van die vrug van haar hande”.

Lett. “omgord haar heupe met krag”.

Lett. “versterk haar arms”.

Lett. “dubbele”.

Of “is beklee met”.

Lett. “die wet van lojale liefde is op haar tong”.

Lett. “sy eet nie die brood van luiheid nie”.

Lett. “Gee haar van die vrug van haar hande”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel