Ester
7 Toe het die koning en Haman+ ingekom om saam met koningin Ester die feesmaal te hou. 2 En die koning het ook op die tweede dag gedurende die wynfeesmaal+ vir Ester gesê: “Wat is jou bede,+ o koningin Ester? Laat selfs dit aan jou gegee word.+ En wat is jou versoek? Tot die helfte van die koningskap+—laat selfs dit gedoen word!” 3 Hierop het koningin Ester geantwoord en gesê: “As ek guns in u oë gevind het, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my siel+ aan my gegee word op my bede en my volk+ op my versoek. 4 Want ons is verkoop,+ ek en my volk, om verdelg, doodgemaak en uitgeroei te word.+ En as ons as blote slawe+ en as blote diensmeisies verkoop is, sou ek stilgebly het. Maar die benoudheid is nie gepas wanneer dit met skade vir die koning gepaardgaan nie.”
5 Koning Ahasʹveros het toe gesê, ja, hy het verder vir koningin Ester gesê: “Wie is dit,+ en presies waar is die een wat so vermetel+ was om dit te doen?” 6 Toe het Ester gesê: “Die man, die teenstander+ en vyand,+ is hierdie slegte Haman.”
Wat Haman betref, hy het verskrik geword+ weens die koning en die koningin. 7 Wat die koning betref, hy het in sy woede+ van die wynfeesmaal opgestaan om na die tuin van die paleis te gaan; en Haman het opgestaan om by koningin Ester aangaande sy siel versoek te doen,+ want hy het gesien dat die koning+ kwaad teen hom besluit het.+ 8 En die koning het van die tuin van die paleis na die huis van die wynfeesmaal+ teruggekeer; en Haman het juis op die slaapbank+ neergeval waarop Ester was. Gevolglik het die koning gesê: “Gaan die koningin ook nog verkrag word, met my in die huis?” Die woord het uit die koning se mond uitgegaan,+ en hulle het Haman se gesig bedek. 9 Harboʹna,+ een van die hofbeamptes+ voor die koning, het toe gesê: “Daar is ook die paal+ wat in Haman se huis staan—vyftig el hoog—wat Haman gemaak het vir Morʹdegai, wat in belang van die koning gepraat het.”+ Daarop het die koning gesê: “HANG hom daaraan.”+ 10 En hulle het Haman aan die paal gehang+ wat hy vir Morʹdegai+ gereedgemaak het; en die koning se woede het bedaar.